safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


wkers23KERS-GESINDHEID. Die kinders in Franschhoek se plakkerskamp is verlede Kersfees weer lekker trakteer op 'n Kersete deur Vivienne Jefthas ("Auntie Viv"), 'n voormalige lid van die stadsraad. Dis die vyfde jaar dat sy 'n reuse-ete vir 300 kinders reël. Auntie Viv samel voor die tyd die benodigdhede vir die feesmaal in en nog nooit was daar te min kos nie. Kersvader met sy rooi gewaad en klok lok die kinders en deel vrugte aan almal uit. Christo Strydom het 'n reuse krat perskes geskenk, waaruit almal hulself kon help. Jefthas is nie net Kersfees besig om na haar mense om te sien nie, sy is ook verantwoordelik vir 'n weeklikse sopkombuis wat voedsel voorsien aan behoeftige lede van die gemeenskap. Foto: Yolanda de Villers


Volwasse klasse begin in Simondium

[ Top ]


DIE Simondium Volwasse Onderwyssentrum se registrasie vir alle leerders is Dinsdag 4 Februarie om 19:00 by Simondium Primêr.

Die sentrum bied Abet 1 tot 4 (graad 1-9), asook graad 12.

Die deposito is R10 en leerders moet hul eie vervoer reël vir die registrasie.

Navrae by die sentrumhoof, Jeremy van Wyk, (021) 862-3821 of 082-436-6393.


Bybelskool heropen

[ Top ]


DIE Pearl Bybelskool in Belmontstraat 2, Denneburg begin op Maandag 3 Februarie met klasse. Die oriëntering is reeds op 1 Februarie.

Die skool bied 'n drie jaar diplomakursus aan dmv aandklasse, asook basiese rekenaarvaardighede vir dié studente.

Enigeen, ongeag ouderdom, huidige posisie of skolastiese agtergrond, is welkom en fooie word volgens elkeen se omstandighede vasgestel.

Vir navrae kontak Howard Garland (862-0970/083-352-7206) of die hoof, Mun-Yeong Kim (872-6283/083-341-1093).


Monitor bloedsuiker

[ Top ]


DIE Westermans Diabetes Ondersteuningsgroep bied Woensdag om 19:00 'n praatjie aan in die Holy Trinity saal in die Paarl.

Die onderwerp is 'Bloedsuiker Monitering' - hoe dit toegepas moet word, riglyne en vereiste vlakke wat gehandhaaf moet word. Dit word aangebied deur Novo Nordisk.

Vir navrae, kontak Pat Hayman by (021) 872-7590.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za