safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Slang-somer

Malané Bosman

[ Top ]


'n BOER van Wellington het sy Kersvakansie kortgeknip toe twee van die gesin se troetelhonde verlede week deur 'n slang doodgebyt is.

Die derde hond het oorleef, 'n Kaapse kobra dood voor sy pote.

Die Malans van die plaas Olifantskop was maar een van drie Wellingtonse gesinne wat die afgelope weke vyf honde aan slangbyt verloor het.

Nog nooit het die vallei so gekrioel van slange soos vanjaar nie, sê inwoners. En daar was ook lanklaas soveel kos vir slange, met rotte en muise wat ewe goed aangeteel het verlede jaar.

Die goeie slangjaar is te wyte aan 'n gunstige klimaat, wat gemaak het dat slange met die vorige nat somer meer as een broeisel gehad het, sê slangkenner Danie Malherbe.

Die Malans se huishulp, Spasie Selon, het die middag vir Lucky, die vier-jaar-oue worshondjie, dood aangetref.

Hulp is dadelik ontbied, maar die veearts kon Nandy, die vyf-jaar-oue Rottweiler teef, nie red nie. Sy is vier uur later dood. Hitler, die jong reun, is vermoedelik nie raakgepik nie.

Hy het mistroostig, maar ongedeerd, op die stoep waggehou, met 'n stuk van die dooie kobra by hom.

In dieselfde omgewing, op die plaas Nesenhof aan die Soetendalpad, het Theo en Eloise Heydenrych se kinders die middag saam met hul boerboel in die gras gespeel.

Eloise was vir 'n halfuur weg en toe sy terugkom het sy Rigter, die nege-maande-oue boerboel, stuiptrekkend en blou om die bek in sy hondehok aangetref.

Rigter het op pad na die veearts beswyk. 'n Na-doodse ondersoek het twee tandmerkies in sy dikgeswelde wang opgelewer.

Op die buurplaas Soetendal, het Heinie Grobler vroeër vandeesmaand op sy dooie Jack Russell reuntjie afgekom. Die tefie het nog tien minute gelewe voordat sy ook dood is.

Tussen die hondjies, John en Tienkie, het 'n Kaapse kobra in twee stukke gelê.

Kinders en arbeiders moet gewaarsku word om nie in dik, droë gras te speel of te werk sonder om seker te maak dat daar nie slang skuil nie, het Malherbe gemaan.

Slange is nie normaalweg aanvallend nie, maar hulle sal nie skroom om te pik as hulle bedreig of deur honde aangeval word nie.

* At least five dogs have died after being bitten by snakes in the Wellington area.


Noodoproepe na slangman

Malané Bosman

[ Top ]


BY Danie Malherbe se slangsentrum in Noorder-Paarl lui die telefoon onophoudelik, met benoude stemme wat gril vir slange.

Dan moet hy 'n slang uit 'n woning of 'n tuin verwyder en dan weer uit 'n boord sodat die werkers ongestoord kan vrugte pluk.

Danie word ook oorval met navraag na die enigste "huismedisyne", 'n apparaatjie waarmee slanggif uitgesuig kan word.

Die apparaat, Aspivenin, kos wel 'n stywe R200, maar het al menige lewe gered. Dit is net so effektief teen die steek van 'n skerpioen of 'n by.

Onlangs het Danie 'n noodoproep gekry toe 'n bergklimmer in Du Toitskloof gepik is toe hy 'n kleinerige slangetjie opgetel het.

Die klimmers het die slang beskryf, asook die vreeslike brand. Danie het dadelik besef dit is 'n bergadder en die mans gemaan om vinnig by die naaste dokter en slangbytserum te kom.

Die man het dit oorleef.

Oor Nuwe Jaar het Danie in twee weke vyf boomslange in 'n boer se tuin teen Du Toitskloof moes gaan vang.

Die grootste gevaar in die Paarlvallei is egter van die Kaapse kobra.

Dit is 'n baie senuagtige slang en hy is altyd gereed om sy nek plat te trek, sê Danie.

Staan doodstil as jy hierdie of bruin, of geel, of gespikkelde kobra teëkom.

Hy sal jou skrikmaak deur na jou te kap, maar hy sal eerder retireer en net aanval wanneer hy vasgedruk word en bedreigd voel.

By Die Vonds slangsentrum het Danie 'n nege jaar oue, 2,5m lange Asiatiese rotslang te koop.

Teen R2000 is hy 'n goedkoop waghond, meen die slangboer.

"Hy is nie giftig nie, maar hy sal jou huis goed oppas, en hy is beslis goedkoper as 'n hond.

Hy eet net een keer per week," sê Danie.

Daar was nou die dag 'n baie opgewonde koper, maar die man se vrou het die slang een kyk gegee en baie beslis gesê: "Dis of ek of die slang."

Danie kan bereik word by tel 869-8309.

* The owner of a snake centre in Paarl is inundated with calls to remove snakes from homes and gardens.


Werkers van Saron kry vergoeding

[ Top ]


'n BEDRAG van R200 000 is Maandag aan 29 voormalige werknemers van die ontbinde Saron Munisipaliteit betaal vir verlies aan inkomste wat hulle gely het as gevolg van die beweerde onbillike beëindiging van hul dienste in 1995.

"Dit is duidelik dat die Saron 29 te lank moes wag vir dít wat hulle wettiglik toegekom het," het premier Marthinus van Schalkwyk by die funksie gesê.

"Dit het 'n regering geverg wat ernstig is om die lot van arm mense te verlig en 'n verskil te maak aan die kwaliteit van lewe van al die mense in ons provinsie, om hierdie betreurenswaardige hoofstuk in die lewens van hierdie werkers en hul gesinne af te sluit."

Die beweerde onregmatige ontslag van die werkers het in Februarie 1995 plaasgevind, as deel van hewige politieke woelinge op die dorp.

Cobus Dowry, toe lid van die parlement vir die gebied, het die saak by die provinsiale regering aanhangig gemaak.

'n Aanbod is in 1999 gemaak vir betaling van die 29 werkers, maar die aanbod is deur die Saron raad van die hand gewys.

Met die totstandkoming van die nuwe munisipale bedeling het die Drakenstein Munisipaliteit en die werkers tot 'n skikking gekom.

Maandag is 'n simboliese tjek vir R200 000 aan burgemeester Herman Bailey oorhandig, wat onderneem het om die uitbetalings aan die werkers teen die einde van die week af te handel.

Dowry, nou Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, sê die oorhandiging sluit ook aan by sy persoonlike visie om plaaslike regering tot diens te stel van die groter gemeenskap van die Wes-Kaap en in besonder die agtergeblewe gemeenskappe.

"Ons het 'n lang pad om te loop, ook hier in die Wes-Kaap, maar deur ons infrastruktuur program poog ons juis om die lot van die agtergeblewe gemeenskappe te verbeter."

* An amount of R200 000 was paid to 29 former workers of the Saron Municipality.


Treinramp 'geen menslike fout'

[ Top ]


wmervynDIE oorlewendes van die treinramp is dit eens, die ongeluk wat tien van hul mede pendelaars se lewens op 7 Januarie geëis het, was nie as gevolg van 'n menslike fout nie.

Dit was as gevolg van die "ou treine", sê dié wat gelukkig was om met hul lewens af te kom van die gru-botsing by Muldersvlei.

Mans en vroue met nekstutte en verbande, asook die naasbestaandes van oorledenes, het Maandag hul opinie

gelug by die openbare verhoor na die oorsaak van die ongeluk.

Metrorail beplan om Maandag 27 Januarie hul bevindings bekend te maak.

"Dit is onaanvaarbaar dat die drywer gekruisig word. Ons wil vir hom dankie sê dat hy ons lewens gespaar het," het Neville Caeser van Wellington gesê.

"Het hy gerem toe hy die goederewaens sien, het die hele trein dalk gefrommel en dan was ons almal dood.

SEER. Treindrywer Mervyn Matthee van Wellington ken die meeste van die pendelaars van die 16:08 tussen Kaapstad en Wellington persoonlik. Hy besorg hulle al die afgelope 25 jaar veilig tussen werk en woning. Vandag wag hy self in spanning vir die uitslag van die ondersoek na die ramp. Hy is Donderdag verlede week uit die hospitaal ontslaan nadat penne in drie tone gesit en veloorplantings gedoen is om sy linkervoet, wat met die botsing drie uur lank vasgeknel was, te herstel.  

"Hy kon uitgespring het, maar hy het manhaftig bly staan, al het hy geweet hy kan sterf.

"Metrorail behoort al te weet wat die oorsaak is, dis die ou treine. Dis al lankal tyd om die treine te vervang.

"Hoe is dit moontlik dat 'n mens ry in 'n wa waar die vloer net eenvoudig uitval?"

Caeser het ná die ongeluk vorentoe gestap op die spoorlyn en na die goederewaens gaan kyk.

"Ons het gesien die vier waens van die goederetrein kon nie beweeg het met die botsing nie. Hulle was toe al reeds afgebreek van die res van die trein en het stilgestaan op die spoor waarmee ons aangekom het."

Soos sy mede pendelaars kry Caeser, 'n Wellingtonner werksaam by die Onderwysdepartement in Kaapstad, nou angsaanvalle.

"Ek is bekommerd dat ek heelwat later 'n sielkundige probleem sal hê, en dan is daar nie meer hulp nie."

Hy was saam met agt kollegas van die Kaapse onderwysdepartement in die doodswa van die trein.

"Ons ry al jare lank met die 16:08 uit Kaapstad," het Charles Botman gesê.

"As ek my oë toemaak, sien ek die verminkte mense oor my lê. Ek ruk nou nog in my slaap wakker. Dan hoor ek die drywer om hulp roep, en hoe sy stem sagter, en sagter word," sê Botman.

Vergaderings

Dinsdag is tydens 'n vergadering in die VGK kerk in Weltevrede aan beseerdes die versekering gegee dat hul eise om skadevergoeding na behore hanteer sal word.

Daar is besluit om die gratis dienste te aanvaar van 'n onafhanklike prokureur uit die gemeenskap, sodat toegesien word dat eisers nie te na gekom word nie.

Die naasbestaandes en beseerdes wat eise teen Metrorail wil instel, vergader weer op 18 Februarie in die kerksaal.

Betrokkenes is deur Metrorail gerus gestel dat hulle ook vergoed sal word vir werksdae wat verlore gaan deur die bywoning van vergaderings.

Vergaderings waartydens fondse deur die Spoorpendelkorporasie voorgeskiet sal word aan weekliks besoldigde beseerdes wat nou geen inkomste het nie, is gereël vir 23 en 30 Januarie, in dieselfde lokaal.


Helikoptermanne hou Vallei se paaie veilig

[ Top ]


'n HELIKOPTER wat op 27 Desember laag oor die Vallei gehang en geregsdienaars op verskillende plekke afgelaai het, het inwoners terdeë bewus gemaak van die slaankrag teen wetsoortreders.

Meer as 'n honderd dagvaardigings vir oortredings met veral onpadwaardige voertuie, het die verkeersowerhede R60 000 in die sak gebring en die paaie beslis veiliger gemaak.

Die Paarl kommando, Paarl polisie en die provinsiale en plaaslike verkeer het dié dag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Lugmag 21 padblokkades gehou.

Roterende, lugneergelate voertuigbeheerpunte is in die Paarl omgewing gehou, met vier lugmaglede, 13 weermaglede, 22 verkeersmanne, 33 polisiemanne en agt reserviste wat aan die operasie deelgeneem het.

Dit was deel van die program vir veiligheid en die voorkoming van misdaad in die Wes-Kaap. Volgens statistieke was aangemelde misdaad daardie dag op 'n laagtepunt.

* Police and traffic officials fight crime in the Valley from an army helicopter.


Rower aangekeer

[ Top ]


EEN van die drie gewapende rowers wat Vrydagoggend 'n geldleenfirma in die Paarlse middedorp beroof het, is agter tralies.

Dit is net 'n kwessie van tyd voordat sy makkers, wat vermoedelik in Mbekweni skuil, ook aangekeer is, meen die ondersoekbeampte, insp Victor Carolus.

Die drie mans het om 10:00 by die veiligheidstoegang van die gebou in Jan Phillipsplein ingegaan toe die deur vir werknemers van Radio KC oopgesluit is.

Hulle het voorgegee dat hulle kliënte is van Bolandvallei Lenings, ook op die eerste verdieping.

Volgens insp Carolus het twee van die mans die werknemers van die leningsfirma met vuurwapens aangehou terwyl hul makker buite die deur met 'n lang mes waggestaan het.

Die werknemers moes op die vloer lê terwyl die bestuurder se hande voor hom vasgebind is en sy mond met kleeflind gesnoer is.

Die rowers is met R20 000 in 'n swart sak daar weg.

Nadat 'n lid van die publiek die alarm gemaak het, het Radio KC paniekknoppies gedruk, die polisie geskakel en die voorval uitgesaai.

"Almal wat die uitsending gehoor het, het saam gesoek," sê insp Carolus. "Ook taxi's het in die strate rondgery om te help soek."

Die eerste vermeende rower is drie uur later in Simondium aangekeer.

* A robber was arrested after a R20 000 cash heist in central Paarl.


Kerkman vermoor in stiltetyd

[ Top ]


'n KERKMAN wat oudergewoonte stiltetyd onder 'n boom in Paarl-Oos gehou het, is Dinsdagoggend oor sy Bybel vermoor.

Die aanvallers het Cavin Diergaardt (34) van Runellistraat 12 vir dood gelos en met sy ou rooi fiets weggetrap.

Diergaardt het net na 09:00 met sy fiets na die boom tussen die N1 en Loeriewoonstelle gery.

Hy het die afgelope jare elke oggend wanneer hy eers middagskof as operateur by Kohler werk, sy stiltetyd daar gaan hou.

Ná die aanval het die bloeiende man tot by die N1 gestruikel en daar inmekaargesak. 'n Ryloper het die liggaam gesien en hom uit die pad van aankomende verkeer gesleep.

Met die koms van ambulanspersoneel, was Cavin reeds oorlede. Hy is met 'n mes in die kuiltjie gesteek.

Toe polisie op die toneel kom, was sy rugsak en Bybel nog onder die boom. Van die fiets was daar geen teken nie.

"Daar moes ooggetuies van die aanval wees," sê die ondersoekbeampte, insp Anton Labuschagne (807-4000).

"Die aanvallers wou klaarblyklik net die fiets hê. Daar is nie eens aan sy sak of polshorlosie geraak nie.

Die fiets kan dalk uitgeken word aan 'n silwerkleurige ketting met kombinasieslot wat altyd om die saal vasgemaak was.

Cavin laat sy ma, Gertruida Diergaardt, ses susters en een broer agter.

Die roudiens is Saterdag om 09:00 vanaf die huis en om 10:00 vanuit die Ware Evangelie Kerk in Amstelhoflaan.


Ronny in good spirit

[ Top ]


RONNY SRNKA, the young man we reported on last week who had the serious fall in Du Toitskloof, is now able to start his rehabilitation program.

Before the program, which should take about three months, could be started, he needed to have surgery on his left knee to replace a ligament. The operation was a success. He now sits in a wheelchair for a few hours per day.

"Although he faces a tough time, he is of good spirit and very motivated to get on with life," says his mother, Dana Steyl. "He can use his upper body and his mind has not been damaged."

Ronny is still in much pain. The pain he experienced after his fall, is also very vivid in his mind.

"But", said Ronny, "even worse was the state of shock I was in. I realised after the fall that something really bad had happened to me. And I had to wait a while to be rescued as it was quite a distance to the nearest farm."

Ronny will be in hospital for at least four months, which put the family in a financial predicament. They have opened a bank account for him for anyone who wishes to donate towards his rehabilitation.

He will also need a car that must be specially adapted for a wheelchair, a special bed and mattress, and a wheelchair.

The account is in the name of Ronald W Srnka, Standard Bank, Paarl and the account nr is 076-890-260.


Tieners deur bende verkrag

[ Top ]


DRIE tienermeisies is die naweek deur 'n bende mans langs Groenheuwel verkrag.

Die meisies was Vrydagaand by 'n kuierplek in Mbekweni waarna hulle kort na middernag oor die oop land langs Groenheuwel teruggestap het na hul wonings in Greenfields.

Agt onbekende mans het skielik hul pad versper en die drie meisies - een is 16 en die ander 19 - vasgedruk. Elke meisie is twee keer verkrag.

Een van die meisies, 'n maagd, het later aan die polisie vertel dat sy die aand voordat sy uitgegaan het gemeen het sy kan verkragting voorkom deur 'n broekie, 'n lang onderbroek, 'n sweetpakbroek en 'n paar jeans bo-oor mekaar aan te trek.

Sy het haar woes teëgesit en is deur een van die aanvallers met 'n mes in die linkerbors gesteek. Die lem het 'n long geraak.

Die erg getraumatiseerde meisie het ná die aanval kaal en bebloed tot by die naaste huis in Groenheuwel gestrompel. Die huisbewoners het met haar na die dokter gehaas terwyl polisie ontbied is.

Die meisie is behandel en ontslaan, maar is later die naweek weer in die hospitaal opgeneem omdat sy erg siek geword het van die medikasie wat aan slagoffers van verkragting gegee word.

Paarl speur-insp Lizl Burden (807-4000) is die ondersoekbeampte.

* Three girls are gangraped at Groenheuwel.


Abduction and rape a ritual?

[ Top ]


A YOUNG woman who took the wrong train and ended up in Mbekweni, was locked up in a shack and raped repeatedly in what might have been a ritual.

"We need to interview sangomas to establish whether the abduction, annointment and rapes were part of a ritual," a police spokesman said.

The victim (22) was on her way from Kuils River to Somerset West on Saturday January 11 when she arrived on Muldersvlei station and realised she was lost.

She approached five Xhosa-speaking men, whom she later described as well-dressed, and asked for information.

The men told her they were also en route to Somerset West and she should board their train.

When the train arrived at Paarl station the men assured her that the train was taking an alternative route to Somerset West.

The next she saw, they were at Mbekweni station. The woman refused to disembark, but she was forced from the train and manhandled to a shack near the railway line.

She later told police how the five men raped her the moment they set foot in the shack.

As they left, a woman in traditional clothing arrived to wash and oil her body.

She was left locked up until the Sunday, when the same woman arrived with food and again washed and oiled the prisoner.

On Monday the men arrived and raped her in the same order as before.

When the Xhosa woman next attended the victim, she hung beads around her ankles and middle.

She was raped again on Thursday. On Saturday one of the rapists accompanied the woman to the Paarl railway station, where she was left.

Insp Simpi Mpoli (868-3036) investigates.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za