safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Familie ongelukkig met saak wat sloer

Leigh Reitz

[ Top ]


wsit23DIE Van Schoor-gesin in Steenkampstraat en die Hendrickse in Nicollstraat, Paarl, is verslae, nadat die klag van strafbare manslag vir vonnisoplegging teen Karel Coetzee (62) weer onlangs uitgestel is.

Mary van Schoor en haar skoonsuster, Katriena Hendricks, is twee jaar gelede grusaam deur Coetzee se motor vergruis

LEë HUIS. Ruben Hendricks (links), Katriena van Schoor en Elizabeth van Schoor rou nog steeds oor die heengaan van 'n eggenote, dogter en suster.

toe hulle vanaf die Paarl Liggiefees teruggekeer het huis toe.

Van Schoor se skedel was met die

impak vergruis, terwyl Hendricks se liggaam byna in twee geskeur was.

Die saak is dié keer glo uitgestel, omdat die korrektiewe toesigbeampte wat 'n verslag moes saamstel vir Coetzee se verskyning op 14 Januarie, op verlof was en die verslag nie voltooi was nie.

Elizabeth van Schoor, suster van Mary, sê hulle is uiters teleurgesteld, omdat die saak nou al vir meer as 'n jaar sloer.

"Hy is uit-en-uit 'n moordenaar en ons wil hê dat die saak nou na 'n kant toe moet gaan.

"Ons is teleurgesteld in die regstelsel, waar misdadigers mos deesdae soos slagoffers behandel word. My suster se kinders kan nou nog nie hul moeder se dood verwerk nie.

"Ons families wil gemoedsrus hê en ons sal dit eers kry die dag wanneer Coetzee agter tralies is," meen sy.

Van Schoor se bejaarde moeder, Katriena, vee kort-kort trane uit haar oë wanneer sy van die verskriklike aand vertel, toe mense vir haar kom sê het haar dogter se liggaam lê stukkend in Klein Drakensteinweg, nadat sy omgery is.

"Ek weet nie of ek dit sal kan hanteer as Coetzee nie 'n lang vonnis kry nie. Ons gaan soms tot twee keer per maand hof toe en moet vervoeruitgawes betaal en dan word die saak net eenvoudig uitgestel," vertel sy bewoë.

Ook Ruben Hendricks, eggenoot van die oorlede Katriena, wil graag sien dat Coetzee gestraf word.

Coetzee verskyn weer op 20 Februarie in die Paarlse Landdroshof.

* The families of two victims of a road accident two years ago, were apalled when the case was again postponed. The accused will appear in the regional court on 20 February.


Hy wil net noord

Marié Smidt

[ Top ]


AL ooit aan 'n heeltemal ander bestemming as die gewone gedink? Wat dan van een van die Pole - Noord of Suid!?

Dit klink mos nou onmoontlik, sal jy sê. Nie as dit afhang van Hans van Heukelum, wat toere na Antarktika en Arktika reël nie.

Hans het besluit om Paarliete die geleentheid te gee om dit ook te kan meemaak. Klink nogal aanloklik om na die yswêreld te gaan as 'n mens dink aan die somerhitte wat nog vir ons voorlê.

Voordat Hans hom in die ysige koue begewe het, het hy ook 'n draai in die Paarl gemaak. Hy het sy loopbaan begin as student aan die Paarl-Opleidingskollege, waar hy twee jaar kuns studeer het.

Hy het sy kunsstudie op Stellenbosch voltooi en daarna 'n jaar lank onderwys aan die toe pasgestigte kunssentrum in die Paarl gegee.

Maar sy voete het gejeuk en hy het allerhande rigtings uitgetoets totdat hy agtien maande gelede met sy eie toeronderneming begin het. Eers was dit net die Pooltoere - waarmee hy in elk geval al nege jaar besig is - maar daar het nog ander bygekom, waarvan die mees onlangse toere met die Trans-Siberiese Sneltrein is.

Luister 'n mens na hoe opgewonde Hans oor die twee Pole raak, kry jy self lus om dit te beproef. Daar wag geensins ontberings op die toeris nie.

Ysbrekers is spesiaal ingerig om luukse huisvesting te verskaf en goeie kos word voorgesit. Kleiner, ysversterkte bote word ook gebruik.

Die beste tyd om Antarktika toe te gaan, is tussen November en Maart, want dan is dit somer en lig. Vir die Noordpool is Mei tot September weer die aangewese tyd.

Hans kan nie uitgepraat raak oor die wonder van die ongerepte natuurskoon nie. En die ongelooflike stilte, wat dit amper soos 'n pelgrimstog maak, kos vir die siel.

Maar gaan luister liewer self na Hans, want hy het al hierdie wonderlike bestemmings self meegemaak.

'n Lesing en skyfievertoning van die Poolgebiede word op Dinsdag 4 Februarie om 18:30 in die Paarl Museum deur Hans aangebied. Skakel Emma Kriel by (021) 872-5563 of 083-364-1463 as jy belang stel om dit by te woon.


Community worker passes away

[ Top ]


A MUCH-LOVED community worker in Mbekweni, Miriam James (60), has died.

Miriam was the backbone of the Help and Healthy Feeding Scheme in the township, seeing to the needs of children and others.

She died after suffering a heart attack in her 112 H-Block home on Saturday January 11.

"It was so sudden," Violet Kota,  said.

"Miriam was so kind and she will be missed by all. It is especially the children who are very sad. She really loved the children and she gave so much to the community.

"It will not be easy to find someone to take her place."

Miriam leaves four children. A burial service will be held at 11:00 on Saturday in the Mbekweni Community Hall.


Trotse tuisversorgers

[ Top ]


REHABILITASIE geniet groot aandag by Korrektiewe Dienste en hulle is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede.

Só is tien gevangenes van Allandale onlangs deur die Rooikruis opgelei in tuisversorging.

Die intensiewe weekkursus het baie van die manne geverg, aangesien sommige van hulle glad nie kan lees of skryf nie.

Volgens suster Ester Lottering maak die groep die lewe baie meer gemaklik vir die mediese personeel asook vir hulle mede-gevangenes.

Hulle versorg pasiënte wat nie siek genoeg is om siekeboeg of  hospitaal toe te gaan nie, in hulle selle.

"Hulle het self 'n diensrooster uitgewerk en verpleeg die siekes 24 uur per dag."

Hulle gaan ook volgende jaar uitgeplaas word na die Luthando tehuis vir verswakte pasiënte om daar praktiese ervaring op te doen.

Allandale het 'n ruk gelede ook 'n groep Dots-versorgers opgelei om na TB pasiënte om te sien. Hulle werk met groot sukses onder die gevangenes.

Suster Lottering sê sowel die tuisversorgers as die Dots-versorgers kry sertifikate en word op 'n buiteregister gelys sodat hulle ná ontslag hulle nuwe vaardighede in die gemeenskap kan gaan gebruik.

Suster Lottering het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die Rooikruis en ook Drakenstein Rotariërs, wat vir verversings gesorg het tydens die kursus.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za