|
|
 |
 |
|
Letters - Briewe |
 |
 |
|
Squirrels are not just rats with fluffy tails |
|
|
 |
|
|
|
 |
SQUIRRELS are a beautiful and wonderful addition to our country - lending serenity and beauty to our surroundings.
I would hate for them to be annihilated here or in our town Paarl. Last year when I visited the United States, I noticed how many different species of squirrels adorned Washington DC - and everyone loves them.
I can see that they pose a problem at home and in gardens, but surely they cannot be held responsible for all damages? Let them enjoy an avocado pear or two - aren't there enough for everyone?
How about learning to share with them? Damage inside a home is surely the responsibility of the home owner - close up your roof properly.
Cats and dogs often cause problems too - I have not heard anyone complaining.
They certainly are not rats with fluffy tails. Please do not categorise them as such.
Damage done by any animal cannot be measured against the damage done by humans.
We should learn to live and let live. Come on Paarl - let our little squirrels be.
Maria Grobbelaar |
|
 |
|
 |
 |
|
Dankie aan behulpsame Wellington Polisie |
|
|
 |
 |
|
EK verwys na u voorbladberig in die Paarl Post van 16 Mei.
Die storie van ds. Eric Bernardo se motor wat besteel is, is een deel van die volle verhaal.
Gedurende dieselfde pinksterdiens op Sondagaand, 12 Mei, en op dieselfde parkeerterrein het die boosdoeners ook my motor se wieldoppe gesteel en daarmee verdwyn sonder dat die sekuriteitswagte dit agtergekom het.
Na die diens het ek die diefstal ontdek en by die Wellingtonse polisiekantoor aangemeld.
Dinsdagnamiddag ontvang ek 'n telefoonoproep vanaf die polisiekantoor: "Meneer, ons het jou wieldoppe in Verlatekloof gekry!"
Omdat ek nie toe 'n voertuig tot my beskikking gehad het nie, het die polisiebeamptes dit ewe vriendelik by my huis kom aflaai.
Baie dankie, Wellington Polisie!
Etienne Smit |
 |
 |
|
Onderwyseresse trek toe aan die kortste end |
|
|
 |
|
|
|
 |
ONDERWYSERS is deesdae baie gesteld op hul menseregte, en veral vroue se regte het oneindig verbeter in die afgelope twintig jaar.
Om die verbetering te waardeer, moet 'n mens insae hê in 'n onderwyskontrak van 1923 met die Beheerraad van Onderwys waarin die arme juffrou beslis aan die kortste ent trek.
Volgens die kontrak is sy nie toegelaat om in die geselskap van mans te wees nie en sou sy haar werk verloor as sy trou.
Daar was van haar verwag om tussen die ure van 20:00 en 06:00 tuis te wees, tensy teenwoordig by 'n skoolfunksie. Die kontrak het haar ook verbied om te draal in roomys-winkels, die dorp te verlaat sonder die toestemming van die voorsitter van die Raad van Trustees, te rook of bier, wyn of whisky te drink.
Sy was ook nie toegelaat om met mans anders as haar broer of vader in 'n voertuig te ry nie, in helder kleure aan te trek nie of haar hare te kleur nie en rokke mag nie hoër as twee duim bo haar enkels hang nie.
Die klaskamervloer moes daagliks gevee word en een keer per week met warm water en seep geskrop word, die swartbord moes een keer per dag skoongemaak word en sy was ook verplig om teen 07:00 'n vuur aan te steek sodat die klaskamer teen 08:00, wanneer die leerlinge opdaag, warm kan wees.
Laastens was sy verbied om enige grimering (gesigpoeier, maskara of lipstiffie) te dra. Ja sowaar, dit staan alles in dié kontrak!
Luzelle Möller |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Huisarres is geen straf vir oortreders |
|
|
 |
|
|
|
 |
DAAGLIKS verhoog misdaad en dit is geen wonder dat dit so lekker gaan nie, want die straf wat sommige misdadigers ontvang, is so lekker!
Ek maak ten sterkste beswaar teen die "straf" van huisarres. Die veronderstelling met huisarres is dat die misdadiger se huis as sy tronk dien.
Die meeste misdadigers wat onder huisarres is, beweeg vrylik rond en gooi dit oor die boeg van "ons werk nie daagliks in 'n kantoor nie, maar ons werk is van so 'n aard dat ons tussen mense moet beweeg".
Hulle besoek vriende, kuier in restaurante waar hulle heerlik eet en alkohol gebruik en gaan hou vakansie, wat natuurlik volgens hulle altyd in die "aard van hul beroep" is.
Daar is veronderstel om kontrole oor hierdie mense te wees - wat daar nie is nie. Mens kan seker nie die owerhede verantwoordelik hou nie, want hulle het nie altyd die mannekrag om die misdadigers te kontroleer nie, maar dan moet hierdie tipe straf nie opgelê word nie.
Iemand wat die wet oortree, is 'n misdadiger en moet dienooreenkomstig gestraf word. As die oortreding dan nie te ernstig is nie, kan die tronkstraf korter wees.
Maar hou asseblief hierdie mense van ons strate af! Hulle voorbeeld stel ander mense in die versoeking om ook misdade te pleeg, want ai, daar is dan geen straf nie!
Doen weg met huisarres en die misdaadsyfer mag dalk aansienlik daal.
Anti-huisarres |
 |
|
 |
 |
|
Dankie aan verkeersmanne |
|
|
 |
 |
|
ELKE oggend as ek werk toe ry, besef ek die waarde van die mans en dames van ons verkeersafdeling wat diens doen op die besigste plekke. Deur reën, wind, hitte en koue is hulle op hulle pos.
Alle ouers wat kinders by Gim aflaai, sal seker die chaos kan indink sonder iemand wat jou weer inlaat by Hoofstraat!
Daarom wil ek graag baie dankie sê aan elke persoon wat sy/haar passies moet maak om die verkeer te laat vloei.
Marietjie Lombard |
 |
 |
|
Paarliete gee nog om |
|
|
 |
 |
|
DIE volgende gebeurtenis bewys weereens dat die gemeenskap van die Paarl nog omgee vir sy medemens!
Op Woensdag 15 Mei was my seun betrokke in 'n ongeluk in Hoofstraat, Paarl. Die omstanders het vinnig reageer en hom na veiligheid op die sypaadjie gedra en onmiddellik reëlings getref vir 'n ambulans, asook ons in kennis gestel van die gebeurtenis.
Graag wil ons almal betrokke baie dankie sê en in besonder Charlotte Loubser, wat haar selfoon gebruik het om ons so gou op die toneel te kry. Wees verseker van ons dankbaarheid. Mense van die Paarl julle is nommer een.
Die Smit gesin |
 |
Editorial: |
 |
|
Thanks for nothing |
|
|
 |
 |
|
THE Drakenstein Municipality seems to have its priorities wrong.
While motorists are dodging stray cattle at the risk of their lives, officials shrug their shoulders and put up a sign warning against stray cattle.
Just in case they get sued.
What every ratepayer rightly expects, that something is done to control the cattle which are grazing illegally on public land and fine their owners, does not happen.
No cattle are impounded, no owners are prosecuted.
Instead, Paarl's traffic department is more concerned about collecting abandoned cars and selling them for a profit.
And where are the vehicles kept? In the cattle pound of course.
So much for road safety.
Can we still believe our officials when they they say they care about Drakenstein and its people? |
|
|