safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Eekhoring-plaag se oorsaak gevind

[ Top ]


weekDIE grys eekhorings waaroor Paarliete so kla, is deesdae meer lastig weens die afkap van die dennebome teen Paarlberg.

So meen dr San Viljoen, plaaslike soöloog.

Dié uitheemse diere van Amerikaanse oorsprong is nie 'n bedreiging vir mens of dier nie en kan eintlik 'n toeriste-attraksie wees, sê sy.

Dr Viljoen het gereageer nadat 'n heftige polemiek - vir en teen - die "oulike ou goedjies" of soos ander dit stel, die "rotte met harige sterte" begin voer het.

Die eerste eekhorings, Sciurus Carolinensis, is in 1876 van die VSA na Engeland geneem en omstreeks 1900

KONING. In Bergstraat, Paarl, lewe daar 'n eekhoring soos 'n koning. Hy glip soggens deur Lindie Cloete se slaapkamervenster en eet hom trommeldik aan die muesli (met baie amandels) wat vir hom uitgesit word. Foto's: Ada Cloete

deur premier Cecil John Rhodes op die Groote Schuur landgoed in Kaapstad vrygelaat.

Die eekhorings het vinnig vermeerder en is vir die eerste keer in 1914 in Suider-Paarl opgemerk.

Tussen 1918 en 1922 is belonings betaal vir meer as 11 000 eekhorings wat in die Kaap en Stellenbosch munisipale gebiede geskiet is. Hierdie stelsel is afgeskaf omdat dit nie sy doel bereik het nie.

Hul verspreiding word beperk tot gebiede met groot saaddraende bome soos akkerbome en dennebome, sê dr Viljoen.

Volgens haar het studies in die Boland getoon dat die werklike skade aangerig deur die grys eekhoring op plase minimaal was.

In voorstedelike tuine en plotte waar byvoorbeeld amandelbome voorkom, is hulle as lastig beskou.

"Maar wie van ons het hierdie avokado's en amandels werklik nodig as voedselbron?", vra Viljoen.

Boere en tuiniers stem nie met haar saam nie, en avokado- en neutboorde is al vervang met ander produkte wat minder aanloklik is vir eekhorings.

Dr Viljoen raai as afskrikmiddel vir eekhorings aan dat groot hoeveelhede naftaleen of paradichlorobenzene (mottegiwwe) by die ingang tot hul neste, plafonne en dakke geplaas word.

Om hulle van hout weg te hou, word 'n oplossing van kopernaphthenaat in lynolie gebruik.

Om eekhorings uit individuele bome (sonder takverbindingspaadjies) te hou, kan een meter wye metaalplaat gevou rondom die stam geplaas word, sowat twee tot drie meter vanaf die grond.

"'n Mens kan vir hulle 'n stewige nes vasmaak aan die buitekant van die huis, of aan 'n boomstomp, en 'n voertafel opstel.

Amandels

"Geniet dit om hulle dop te hou, eerder as om aan te hou baklei teen hierdie stukkie van ons plaaslike natuurlewe."

In Bergstraat is daar 'n gesin wat 'n slaapkamervenster ooplaat sodat 'n mak eekhoring sy daaglikse amandel-ontbyt kan nuttig en 'n uiltjie kan knip (sien foto's).

Dr Viljoen het probeer om eekhorings te vang met "have-a-heart-live-traps" hoog bo in akkerbome gestel, "maar hulle was heeltemal te slim vir die hoeveelheid tyd wat ek daaraan kon spandeer.

"Ek het egter wel sowat nege rotte gevang. Ek vermoed dus dat rotte ook skade aan avokado's en neute kan doen - hulle is toegerus met dieselfde tande.

"'n Vriendin op 'n plaas naby Franschhoek, noem dat daar sowat 50 eekhorings is, waarvan sommige bedags op die plafon baljaar, maar geen skade aan die elektriese drade doen nie.

"Eekhorings is dagdiertjies en dis onwaarskynlik dat hulle snags te kere sal gaan op die plafon of dat hul 'urine teen die muur sal afloop', soos een briefskrywer beweer. Moontlik was dit dan ook rotte?"

Nee, sê die huiseienaar. Dit is beslis eekhorings. Sy sien hulle dan. En aan die rotgif wat sy op die dak gelaat het, het die eekhorings nie geraak nie.

"Ook nie rotte nie, want ons het nie eekhorings sonder wolsterte nie."

Viljoen meen ook dat eekhorings baie selde klein voëltjies of eiers sal vreet.

"Daar is bevind dat hul dieet feitlik uitsluitlik plantaardig van aard is, waaronder sowat 19% akkers is en 18% dennesaad, terwyl voëleiers skaars 2,8% en klein voëltjies slegs 1,2% van hul kos uitmaak.

"Ek beskou die eekhoring as deel van die Paarl se natuurlewe, tewens die enigste plaaslike soogdiertjie wat baie van ons in die dorp ooit sien."


Marcelle Krogman oorlede

[ Top ]


DIE begrafnis van Marcelle Krogmann (40) van die Paarl, wat Dinsdag in Tygerberg Hospitaal oorlede is aan brandwonde, is môre om 11:00 in die Toringkerk.

Marcelle, vrou van die bekende Maak 'n Las TV-kok Andries Krogmann, het derdegraadse brandwonde opgedoen toe sy drie weke gelede haar bewussyn verloor het in 'n stort by 'n private kliniek in die stad.

Sy het sedertdien verskeie operasies en veloorplantings ondergaan in die Tygerberg Hospitaal, maar  het long-, nier- en hartprobleme opgedoen en is Dinsdagaand 22:00 oorlede. Krogmann het die personeel van die brandwond-eeenheid en die dokters bedank vir alles wat hulle gedoen het: "Ek wil aan God al die eer gee vir die krag en genade wat ons ontvang het."

Hy het ook almal bedank wat die gesin ondersteun en vir hulle gebid het, "veral die Toringkerk en Laerskool Gimnasium, vir alles wat hulle gedoen het".

Die egpaar het twee kinders, Andri (12) en Ferdinand (10).


Man sterf in bad

[ Top ]


'n MAN (30) het Maandagaand in die bad in sy ouerhuis in Kareelaan, New Orleans in die Paarl, verdrink.

Clinton Steyn se moeder het bekommerd geraak toe sy besef het dat hy ongewoon lank die water in die bad laat inloop het.

Hy is leweloos met sy gesig in die water gevind. Bloed het uit 'n wond aan sy agterkop in die bad gedrup.

Steyn was ongetroud en fisies gestremd. Hy word oorleef deur sy ouers, Douglas en Elaine Steyn, 'n broer en 'n suster.

Die tuisdiens is Saterdag om 10:00 te Kareelaan 7 met die kerkdiens om 11:00 in die Immanuel Kerk.


Seuntjie volg ganse, sterf

[ Top ]


'n DRIEJARIGE seuntjie wat ganse gejaag het, het hulle tot in 'n plaasdam gevolg en verdrink.

Volgens Austin Dean Abrahams se ma, Marileze (23), was haar seuntjie net 'n kort rukkie weg, nadat hy met die ganse gespeel het op die plaas Dekkersvlei waar hulle woon.

Toe sy maatjie Damien sopnat by die huis aankom, en droë klere vra sodat hy verder in die dam kan gaan "swem", het hulle onraad vermoed en vir Damien gevra om te wys waar hy en Austin Dean dan "geswem" het.

Die seuntjie se lewelose liggaam het naby die kant van die dam gedryf, op die buurplaas Mountain Shadows.

Hoewel die paniekbevange moeder met haar seuntjie dorp toe gejaag het om hulp, en die ambulans hulle halfpad ontmoet het, is daar tevergeefs om sy lewe geveg.

Die begrafnis was Saterdag in die Ascension Kerk.

Hy word oorleef deur sy moeder, sy vader Adiel de Kock, en sy grootouers Maria Abrahams en Maxie en Mannie de Kock.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]