safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


lssplitFOKUS. Donna Taylor van die Wellington Gimnastiekklub konsentreer hard op die ongelyke brug tydens 'n interklubkompetisie wat Saterdag in die Paarl gehou is. Sowat 130 gimnaste van Paarl, Somerset-Wes, Wellington en Worcester het aan die jaarlikse kompetisie deelgeneem wat deur Stella's Gimnastiekklub aangebied word. Die gimnaste sal van 29 Junie tot 1 Julie aan die Suid-Kaap proewe by Hottentots-Holland, Somerset-Wes deelneem. Foto: Leon Steenkamp 


Boland moet afrigter kry

[ Top ]


DIE aanstelling van Omar Henry, afrigter van die Boland krieketspan, as sameroeper van die nasionale keurkomitee beteken dat dié provinsiale span nou 'n afrigter kort.

Henry sal in samewerking met Haroon Lorgat, Douglas Maku, Hugh Page en Pat Symcox die nasionale span kies en hoop om Suid-Afrikaanse krieket weer op die wenpad te kry voor die Wêreldbekertoernooi aanstaande jaar.

Volgens die uitvoerende bestuurder van Boland, Pietie Williams, sal sy bestuur en die afrigtingskomitee Dinsdag vergader om kandidate vir die Bolandse afrigterspos te bespreek.

Williams wou nie bespiegel oor wie moontlik in aanmerking geneem sou word nie, maar het Boland se heelhartige ondersteuning van Henry bevestig.

"Ons is trots op enige Bolander wat die hoogste vlak van die sport bereik, hetsy dit 'n speler of 'n administrateur is en wens hom alle sterkte toe met sy taak vorentoe," het Williams oor Henry se aanstelling gesê.

Volgens Williams verloop die opgraderings aan BoE Park ter voorbereiding van die drie Wêreldbekerwedstryde wat hier gespeel gaan word, tot dusver vlot.

"Die nuwe dreineringstelsel asook die opgraderings aan die veld en kolfblad is reeds voltooi en bouwerk aan die spelerslosie, sekuriteitskamers, toilette vir parapleë asook perslosies sal in Junie of Julie begin. Dit behoort einde September of vroeg Oktober voltooi te wees," het Williams gesê.

Die nuwe veld en geriewe sal op 6 Desember sy eerste volwaardige "toetslopie" deurmaak, wanneer die Proteas en Pakistan mekaar hier in 'n eendaagse wedstryd die stryd aansê.

SA speel twee toetse en vyf eendagwedstryde teen dié land ter voorbereiding vir die 2003 Wêreldbekertoernooi wat 9 Februarie op Nuweland begin.


First qualifier for Berg

[ Top ]


RAIN will play a key role in this weekend's first qualifying race for the Berg River Canoe Marathon which takes place from 3 to 6 July.

If the predicted showers for the week raise the water level sufficiently, hopeful competitors will paddle from the Jim Fouché bridge near Franschhoek and finish in Paarl.

If there is not enough water in this section of the river however, paddlers will race from the Paarl Canoe Club and finish at Skooltjie some 10km from Wellington for the first of the five qualifying legs.

Paddlers must complete a minimum of three legs and finish in good time to qualify.

The decision where the race will be held, will be confirmed this afternoon, according to Herbert Conradie, chairman of Paarl Canoe Club. Canoeists can call Conradie at 082-922-7596 or the Canoe Hotline at 551-1770.

"We expect around 350 entries for the marathon this year and the big prizes are sure to draw the big names like the Protea paddler, Graham Solomon, multiple Berg River winner Michael Cheesman, and Martin Dryer of WP once again," says Conradie.

Saturday's race will start at 10:00 and the first paddlers are expected to finish an hour and 15 minutes later. The prizegiving will follow after the cut-off time at Nelson's Creek.


Youngsters excel at canoe champs

[ Top ]


THE Boland was well represented at the SA Championships held at Roodeplaat Dam in Pretoria last weekend.

Paddlers from La Rochelle Girls' High, Paulus Joubert Secondary, Charleston Hill High, El Shaddai Christian School and Paarl Boys' High competed as part of the Paarl Development Team. Paddlers from Bridge House also took to the water.

Paul Lombard of Boys' High was the most successful of the Paarl contingent, winning medals for his performances in the K2 with his partner from Paul Roos.

He was also selected to represent South Africa in the Federation Team to compete in the African Championships in Natal later this year.

Melissa Moss of La Rochelle teamed up with Kelly Howe from Natal and won gold in all K2 events. 

Michael Watson of Bridge House clinched a gold in the 200m K2 sprint, as well as silver and bronze medals for the other distances.

Julie Robertson and Melissa Boy of Bridge House also won gold in their K2 race. Brian Farley and Julian Atkinson showed that even at u.10 level the Boland was going to be a tough side to beat, by winning medals in most races.

Melissa Moss, Paul Lombard and Julie Robertson were selected as members of the SA Schools Squad to be earmarked for extra coaching and development.

* During the Bontebok race which was held on the Breede River at Swellendam recently, several Paarl paddlers performed well.

In the senior women's category Sandy Moss finished the route of 35km in a time of 3:37. Paul Lombard finished second among the juniors with his time of 3:07.

The up and coming development canoeist, Moses Afrika, also crossed the finishing line in second place and recorded a time of 2:56 in the u.21 category.

Mynhardt Marais won the veterans class with his time of 2:48 and finished fourth over all. 


Gryse naweek vir HJS

[ Top ]


woeDIT was 'n naweek van klipharde skolerugby toe Boishaai teen Grey Kollege van Bloemfontein en Paarl-Gim teen Hoër Landbouskool Boland te staan gekom het.

HJS het erg te kort geskiet in sy kragmeting teen Grey. Die Vrystaters het deurgaans met harde, fisiese spel die span van die Paarl probeer intimideer.

Die taaiste kompetisie was egter in die skrums. Grey se pak het soos een man ingeklim en die voorry van HJS het gereeld soos kurkproppe by die skrum uitgedop.

STORM. Mario Ruster van Paarl Gim ruk hom los van 'n Boland Landbou verdediger in Saterdag se taai wedstryd. Gim het 40-6 gewen. Foto: Leon Steenkamp

'n Gebrek aan besit en voortdurende druk het HJS van min aanvalsgeleenthede voorsien en dié wat daar was, is met gewelddadige verdediging in die kiem gesmoor.      

Boishaai moet egter erkenning kry vir hul goeie verdediging wat verseker het dat Grey nie met 'n groter oorwinning van die veld gestap het nie.

Teen rustyd het die Paarliete nog goed gehou met die telling op 7-3 in Grey se guns, maar die damwal het gebreek in die tweede helfte. Grey se 23-6 oorwinning het drie drieë, 'n doelskop en twee strafskoppe ingesluit.

HJS se punte is deur die skopskoen van senter Alwyn Burger aangeteken met twee strafskoppe.

Paarl Gim het gewys dat hulle nie deur reputasies afgeskrik word nie, toe hulle Hoër Landbouskool Boland, wenners van die onlangse Sanix o.18 rugbytoernooi in Japan, oortuigend geklop het.

Gim het vinnig die bal aan die rol gesit, toe Etienne Duvenage (10) met 'n strafskop slaag in die eerste minute.

Kort daarna het Gim met 'n drie opgevolg toe CP Mouton (13) 'n aangee net buite sy kwartgebied onderskep en regdeur nael vir die tuisspan se eerste drie.

Onverpoosde aanvalle, waar stormlope deur die Gim-voorspelers Boland se verdediging tot die uiterste beproef het, het die loskopstut, Pieter Nel, van 'n drie voorsien.

Kort voor rustyd slaag Boland Landbou se skrumskakel, Tobie Botes, met 'n strafskop wat die halftydtelling op 13-3 bring.

Boland Landbou het die eerste punte in die tweede helfte aangeteken nadat Botes weer met 'n strafskop slaag.

Dit was egter die laaste punte vir die span van Agter-Paarl.

Mouton, Pieter Burger, Hennie Daniller en Riaan Bailie druk nog vier drieë vir Gim terwyl Duvenage met twee doelskoppe en nog 'n strafskop slaag vir die tuisspan se 40-6 oorwinning.

Labori kan ongelukkig voel om in 'n baie gelykop-stryd met twee punte te verloor teen Hoërskool Diamantveld van Kimberley.

Baie ongedwonge foute en 'n onvermoë om geleenthede in punte te omskep, het bygedra tot die Paarliete se 17-19 nederlaag.

Labori se drieë is gedruk deur Oswald Sitzer (flank), Jan de Lange (slot) en Robert Lesch (skrumskakel). Die senter, Jacques Connan, het met 'n doelskop geslaag.

De Lange is vir sy uitstekende spel as man van die wedstryd aangewys.   


Landloop-liga goed op dreef

[ Top ]


'N GROEP van 110 langasems het Saterdag aan die derde Boland landloop-ligabyeenkoms op Robertson deelgeneem.

Een van die plaaslike uitblinkers was Sphelo Ginyigazi van Wellington wat in 'n tyd van 19:46 die 5km vir seuns o.17 gewen het.

In die 7km wedloop vir seuns o.19 het nog twee Wellingtonners, Mee-Ka-Eez Pietersen (23:21) en Siyabonga Zola (23:59), onderskeidelik derde en vyfde geëindig.

Onder die senior mans het Mzohi Fulumeni (Wellington) sewende geëindig met 11:49 in die 3,5km wedloop. Roger Smith, ook van Wellington, het negende klaargemaak met 'n tyd van 12:01.

In die 10,5km het Wilmore Benn (36:42) en Salemo Dampies (38:38) albei van Wellington sewende en elfde geëindig.

Paarliet Afrika Koopman het in die 8,5km wedloop vir sub-veterane met die tweede plek weggeloop. Hy het in 33:30 die wenstreep oorgesteek.

Eddie Williams van Wellington het in die vyfde plek klaargemaak met 'n tyd van 41:30.

Frans Kotze van Paarl het die 7km mans meesterswedloop gewen met 'n tyd van 26:32.

Volgens Chris Davids, voorsitter van Boland Landloop, is daar 'n groot behoefte aan skoolatlete wat op klubvlak wil meeding.

"Dit is goed as atlete wat op skool landloop doen, ook by 'n klub aansluit. Atlete kan so ook op klubvlak vir Boland kleure kwalifiseer en daar is kontinuïteit as die kind die skool verlaat. Sy betrokkenheid by die klub verseker dat hy as senior atleet met die sport voortgaan," sê Davids.

Hy het ook uitgewys dat klubs en skole daarby kan baat as die datums en plekke van klub- en USSASA landloopbyeenkomste gesinchroniseer word sodat skoliere ook aan die senior kompetisies kan deelneem.

"Kinders hoef dan nie te kies tussen 'n liga- of 'n skoolbyeenkoms nie, maar kan aan beide deelneem.

"Die kompetisie wat die kinders op klubvlak teëkom, kan hulle beter tye laat hardloop en so beter prestasies vir die skool beteken," sê Davids.

Daar bly nog net vyf ligabyeenkomste oor en atlete moet aan vyf van die agt byeenkomste deelneem om vir die Boland Kampioenskappe in aanmerking te kom.

Die volgende ligabyeenkoms word Saterdag om 14:00 deur Mr Price Maties Atletiekklub by die Danie Craven Stadion op Stellenbosch aangebied.

Vir meer inligting skakel Chris Davids by 083-315-0773/864-1385 of Anneline Geldenhuys by 883-9205.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]