|
Ou Mutual Paarl is tans besig om hul verkoopsmag in die area uit te brei en verlang die dienste van 'n
VERKOOPSBESTUURDER
Van suksesvolle kandidate sal verwag word om:
•'n span vaardige Finansiële Adviseurs te bou, af te rig en te ontwikkel;
•'n kultuur van hoë prestasie professionele kwaliteit advies te skep en te verseker;
•'n fokus op kliëntediens te behou binne 'n omgewing van aanhoudende leer, opleiding en ontwikkeling;
•die lewering van toepaslike advies en produkte wat op individuele behoefte-ontledings gegrond is, te verseker;
•spanprestasie en onderlinge steun op te bou en te verbeter;
•verkope en die verkoopsproses sowel as sleutel prestasie-aanwysers soos gegrond op die Area se besigheidsplan, te moniteer en uit te bou
•Instelling van prestasie vir sukses
•Bou van positiewe werksverhoudings
•Kommunikasie
•Afrigting
•Beplanning en Organisering
•Aanpasbaarheid
•Voortgesette leer
Aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen:
•Vorige verkoopsondervinding in die finansiële dienste omgewing en/of toepaslike bestuursondervinding is 'n voorvereiste
•Rekenaargeletterdheid
•Die persoonlike dryfkrag om sukses te behaal en om andere te inspireer om besigheidsdoelwitte te behaal
Ons is trots op ons uitstaande opleiding en ondersteuning wat jou sal toerus om die uitdagings van hierdie rol die hoof te bied. Jy sal 'n basiese bestuurstoelaag ontvang. Na 'n tydsperiode sal jou potensiële verdienste, gegrond op jou span se prestasie, so hoog wees soos jou bevoegdheid.
Indien hierdie vereistes jou soos 'n handskoen pas, stuur 'n e-pos of faks aan Maliney Ontong om haar te bereik voor 15 Junie.
Slegs persone met die toepaslike ondervinding en vaardighede word genooi om aansoek te doen. Voorsien asseblief volle besonderhede van jou werksondervinding en kwalifikasies.
Verseker asseblief dat die pos waarvoor u aansoek doen, spesifiek genoem word.
Sluitingsdatum: 15 Junie 2002
Kontakpersoon: Maliney Ontong
Kontaknommer: (021) 872-3181
Faksnommer: (021) 872-3311
E-pos adres: OM40081@oldmutual.com |