ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 23 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 30 September  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Begrawe die ampsmotor nou

[ Top ]


DIE burgemeester se poging om sy ampsmotor te regverdig skiet ver te kort. 

Skynbaar verwar hy (of sy finansiële raadgewers) die volle vervangingswaarde en onderhoud teen R2.16 per kilometer met brandstofuitgawes. 

As die Burgemeester in 'n jaar 16 743 kilometer afgelê het, sou dit nie meer as R8400 se petrol wees nie. 

Indien onderhoudskoste en versekering ensovoorts by getel word, laat sy reistoelaag van R52 022 per jaar nog ruimskoots R33 000 oftewel R2750 per maand om 'n voertuig aan te koop.

Voltydse raadslede wat kantoorspasie in die grys gebou het, is nie geregtig op 'n kantoortoelaag nie. 

Die reistoelaag wat gewone raadslede ontvang, is om hul onkostes te dek in die uitvoering van hul amptelike pligte en hul privaatvoertuie word vir daardie doel gebruik. 

Hoekom moet uitvoerende raadslede (burgemeester en onderburgemeester) wat van 'n ampsmotor gebruik wil maak, nog steeds 'n reistoelaag ontvang? 

As mnr Bailey en mev Sheldon 'n ampsmotor wil hê, moet hul reistoelae opgeskort word. 

Andersins kan dit, volgens die Finansiële Wet op Munisipaliteite, as 'n "fruitless and wasteful expenditure" gesien word.

In sy kommentaar oor salarisse en voordele vir raadslede, skuil mnr Bailey agter die Staatsdienskommissie se riglyne. 

Wat hy egter baie gerieflik verswyg, is dat die kerf van vergoeding wat 'n munisipale raad vir homself kan toe-eien, aan die totale diskressie van die raad vir besluitneming oorgelaat is. 

Die huidige ANC-raad het, in weerwil van groot protes deur die DA, die maksimum toelaatbare vergoedingskerf vir hulself ge-eien.

Tree die huidige uitvoerende gesag verantwoordelik op en word die inwoners se behoeftes (byvoorbeeld die onderhoud van vullisvragmotors met vullisverwydering) na omgesien, indien die eerste prioriteit selfverryking blyk te wees? 

Begrawe nou asseblief die ampsmotor en laat lewering van dienste waarvoor die publiek betaal, weer eerste prioriteit raak.

Deetlefs du Toit


Confidence restored

[ Top ]


MY confidence has been restored in Drakenstein Municipality.

After many months of pleading and nagging, the used car lot has been removed at the picturesque northern entrance to Paarl, and the beautiful scenery restored.

Thank you, thank you - you have done yourself proud, and the residents a huge favour.

Double Trouble


Verskaf óók werk

[ Top ]


NA aanleiding van u brief in Paarl Post (16 September) wil ek u aandag daarop vestig dat daar vyf verskillende verspreiders van Kaapstad hier werk.

U moet moontlik u brief in 'n Kaapse koerant plaas en hulle só vra om nie pamflette in u duur hek te sit nie.

Ek voorsien twintig mense van werk en as elkeen 'n vrou en een kind het, dan word sestig mense gevoed.

Ek het my werkers opdrag gegee om nie in u hek pamflette te plaas nie, nadat u my gekontak het.

Ek respekteer enige mens se wens, ook my werkers s'n.

Enige persoon wat nie pamflette wil hê nie, kan  my skakel en ek sal dadelik daaraan aandag gee.

Ons probeer 'n lewe maak soos enige ander. Ek is trots op my twintig werkers wat in wind, son en reën werk.

Ek haal my hoed vir hulle af. Ek is trots op wat ek doen, dit is ook my lewe.

As u kyk na die werkloosheid syfer is dit vir my onmoontlik om nog twintig werkers af te dank.

Trotse werkgewer


Groete uit USA

[ Top ]


EK mis Suid-Afrika, en die prag van die Boland.

Ek is in nou al 'n paar maande in Stroudsburg, Pennsylvania (VSA) vir 'n somerkamp. So terwyl julle bibber van die koue, geniet ek die warm weer hier.

Ek besoek Paarl Post se webtuiste elke week om op hoogte van sake te bly. Dankie vir julle harde werk, want dit is altyd lekker om te lees wat klap so in jou 'home country' as jy so ver weg van jou familie en vriende is.

Dankie vir vars nuus en 'updates' alles in my moedertaal. Wat 'n voorreg! Paarl Post is TOPS!

Clinton Plaatjies


Mense gee nie meer om vir hul honde

[ Top ]


DIT is weer hondetyd. Die pad krioel van honde wat blaffend en keffend agter elke teef aandraf.

Dit is gewoonlik die klein reuntjies wat die slegste daarvan afkom as hulle ook ewe kordaat aandraf om hul manlikheid te bewys.

Gewoonlik gee die eienaar van hierdie brawe diertjies nie 'n flenter om of hulle vrek in die proses nie.

Hoekom kan die eienaar van die teefhond haar nie toesluit en self 'n geskikte reun vir haar teef uitsoek nie?

Nou paradeer sy die straat soos 'n goedkoop prostituut en almal se rus en vrede word versteur deur haar aanhangers.

Kom kyk gerus in Paarl-Oos hoe loop die goed met bosluise, brandsiekte en allerhande siektes as gevolg van wanvoeding - niemand gee om nie.

Ek dink dis 'n skande!

Diereliefhebber


Dié vroue laat mens dink

[ Top ]


DIE opskrif  "Tronk toe na moord" in die Paarl Post van 9 September, laat 'n mens  dink, mense maak mekaar dood, en kom dan salig daarvan af.

Veronderstel as hierdie vrou se 4 jaar of minder verby is, dan is sy weer 'n vrye mens, dan kan sy weer aangaan met haar lewe.

Daar is die soort wat verlief raak op ander mans, soos al die ander vroumense wat nie 'n vaste man wil hê nie, die soort wat hou van partytjie saam met ander mans, met ander woorde ('n loslappie).

Jy kry vandag baie van hulle, veral by kroeë of by ander drankplekke.

Hul eie mans is vir hulle 'n groot probleem, dit is hoekom moord beplan word, want hulle kan nie hul ding doen nie.

Jammer vir die manne met los vroue


Hartseer oor kind se graf

[ Top ]


WATTER soort persoon voel so min vir sy medemens?

OP Vrydag 10 September het ek 23 rooi rose op my dogter se graf gesit - dit sou haar 23ste verjaardag gewees het.

Dit is die minste wat ek vir haar op haar verjaardag kan doen nou dat sy nie meer met ons is nie, maar telkemale is die blomme nie langer as 'n dag op haar graf nie dan vat 'n gewetenlose individu haar blomme vir hom of haarself.

Tussen 11:00 en 18:00 het haar bos rose net skoonveld verdwyn, helder oordag in die week en niemand het enigiets opgemerk nie.

Waarvoor het ek dan so baie geld betaal vir haar finale rusplek by Klein Parys Begraafplaas? Glo my maar, kla help net mooi niks nie, die opsigter het nog nie 'n vinger gelig om die begraafplaas se sekuriteit te verbeter nie, hulle maak net dieselfde verskonings.

Kyk gerus maar op ander dorpe hoe netjies is die begraafplase, hulle het hoë wit mure wat die vandale van hul geliefdes se grafte weghou.

As ek maar vooraf geweet het in watter haglike omstandighede my kind ter ruste gelê moes word in Klein Parys, het ek liewer verassing oorweeg.

A Derks


Wat is hulle?

[ Top ]


ONS is nuwe intrekkers in die Paarl. Voordat ons hier gekoop het, het almal ons vertel van die wonderlike, vriendelike mense en die pragtige plek.

'n Pragtige plek is dit beslis, maar vandat ons hier ingetrek het ongeveer vier maande terug het van die jaagduiwels in Oranjestraat my kat kruppel gery, ons posbus is gesteel wat ágter die sekuriteitsheining in die grond was en die droomhuis het na die eerste reën begin kraak, die verf dop af en die vensterbank lig. 

Ná briewe en gesprekke word dit alles geïgnoreer of weggepraat, nadat daar darem al kom kyk is hoe erg dit dan nou kan wees.

Waar is die mense wat ons van gehoor het? Bly hulle dalk in 'n ander meer vriendelike deel?

Ek wonder maar net


Town of thieves

Editorial

[ Top ]


HAS Paarl become a town of thieves? It is a sad day when a newcomer to the town, who left Durban because of escalating crime, asks that question.

The businessman has barely moved into the peaceful pearl of the Boland and already he has fallen prey to five burglaries in fourteen days.

Incredible? No, reality. Hardly a residential street or industrial area in Paarl remains untouched by the fingers of thieves.

Why are these crimes committed? And who are the criminals?

Is it to still hunger pains? Or is it because of greed?

It is crystal clear that the burglars have no respect for their fellowman and their property. They come by train, by car and on foot, and they take whatever they want.

When they are confronted, they have no qualms about injuring the man, woman or child who stand between them and their free shopping.

Rummaging through the belongings of others and walking off with what takes their fancy is far more interesting than concentrating in a classroom.

Selling the stolen items on the street or to shebeen owners is far more lucrative than nine to five employment.

The youths and their older rolemodels who are brought to book all agree, "Who needs to go to school and who needs a regular job when stealing is as easy as pie, and as sweet as cake."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]