ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 23 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 30 September  2004 at 17:30

Nuus - News

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Een, twee drie...druk

[ Top ]

Malané Bosman


OM geboorte te skenk is "so simpel soos een, twee, drie... druk", maar moet dié intree-vroedvrou net nie vra om die baba vas te hou nie.

Dan kry Brian Johnson (33) van Paarl-Oos die bewerasie en maak hy hom vinnig uit die voete.

Johnson het Saterdagnag heerlik in sy buitekamer  geslaap toe hy hoor sy ma skree in haar Springbokwoonstel in Chicago.

wbrian

FYNTJIES. Ma Pamela Johnson van Chicago en klein Hildene is baie dank aan "vroedvrou" Brian Johnson te danke, al is hy nou skrikkerig om aan die fyn bondeltjie te vat.

"Ek het in die huis gehardloop en toe hoor ek net die klomp groot vrouens skree 'Daar's die kop' en hulle hardloop uit die huis uit," vertel hy.

"My suster het benoud geroep dat ek moet kom help. Die vrouens het al almal kinders in die lewe gebring, maar toe gee hulle pad.

"Ek sê toe Pamela, nou maak jy soos ek sê. Een, twee, drie...druk. Nes ek al baie op televisie gesien het.

"En daar is sy uit. Die baba was doodstil, toe gee ek haar 'n tikkie. En daar skree sy, die mooiste skree. Dis so simpel soos dit."

Die ambulans het opgedaag en polisievoertuie het gestop, en net gou is die naelstring geknip en kon ma en baba - en natuurlik die vroedvrou - verder rus.

Hildene het twee weke te vroeg haar opwagting gemaak en hierdie week drink sy gulsig, so asof sy besef sy moet haar fyn lyfie vinnig sterk kry sodat sy behoorlik vir oom Brian kan dankie sê.

* A Paarlite could assist in child birth with know-ledge gained from watching television.


We are the champions

[ Top ]


THE Paarl Post practically swept the board at the Sanlam Community Awards banquet held in Johannesburg at the weekend.

Not only was Paarl Post adjudged the Newspaper of the Year (over 10 000 circulation), but on top of that, Malané Bosman won the award for Journalist of the Year.

This prestigious award is presented to the outstanding journalist with the most versatile portfolio among those entered by 446 journalists from 152 weekly community newspapers countrywide.

During the past 15 years Paarl Post has won the Cronwright Trophy for Newspaper of the Year five times. The award is for excellence in content as well as presentation.

Leon Steenkamp won the prize for best sport photograph and was first runner-up in the category sport writing. (See page 2.)

Leon and Malané among them were awarded four prizes for photography among the 715 pictures entered, while Paarl Post journalists featured among the top ten in virtually every category.

The Hultzer Award for Newspaper of the Year (under 10 000 circulation) went to Eikestadnuus in Stellenbosch, with the Cape thus dominating the awards.

A total of 1504 individual entries were received by Sanlam for this annual competition.

Paarl Post prints six of the top 23 newspapers in the competition: Paarl Post (1st in Cronwright), Distrikspos (4th in Cronwright), Eikestadnuus (1st in Hultzer), Hermanus Times (7th in Hultzer), Worcester Standard (8th in Hultzer) and West Express (2nd in Upcoming Publishers).


Aanval in Wellington supermark

[ Top ]


GEWAPENDE rowers het 'n supermark in Wellington die naweek ingeval en die  eienares met 'n pistool teen die vloer geslaan.

Om 17:00 Sondag het 'n vrou wat glo by die Weltevrede Kwikspar kom inkopies doen het, na bewering 'n hoender gesteel.

Met die aandag op haar, het vyf mans die winkel ingestorm en vuurwapens op die personeel gerig.

'n Sekuriteitsbeampte het die pad af gehardloop en 'n motoris voorgekeer om die polisie te skakel.

Intussen het die rowers waarskuwings geskree dat hulle nie sou huiwer om te skiet indien die alarm geaktiveer word nie. 'n Skoot is in die kantoor afgevuur voordat die winkelassistente  in die bakkery toegesluit is.

Eienares Gwen Muller moes  hospitaalbehandeling ontvang nadat sy oor die kop geslaan is.

Die rowers is daar weg met sowat R4000 munisipale kraggeld, asook  etlike duisende rande uit die kluis.

Die Mullers se motor, waarmee die rowers gevlug het, is later naby die treinspoor in die OR-buurt gekry.

Die polisie se vingerafdrukdeskundiges het leidrade op die toneel gekry wat deur speur-insp Kernen Philander (873-3333) opgevolg word.


Paarlse polisie vas oor perlemoen

[ Top ]


TWEE Paarlse polisiemanne het Maandag in die hof verskyn op aanklagte van hulle beweerde aandeel aan onwettige perlemoenhandel aan die Gansbaaikus.

Inspekteurs Eugene Delport en Frans Rossouw van die Area Misdaadvoorkomingseenheid is verlede week deur hul kollegas in die misdaad-intelligensiediens en eenheid teen georganiseerde misdaad aangekeer.

Daar is ook toegeslaan op vier lede van die Gansbaai polisie en een van Stanford.

Volgens kapt Eugene Sitzer, provinsiale polisiewoordvoerder, het die optrede gevolg op 'n maandelange ondersoek. Die klagtes wissel van korrupsie tot dwarsboming van die gereg.

Van die polisiemanne was deel van Operasie Neptunus, wat perlemoenstropery moes keer.

Die aangeklaagdes is op borgtog vrygelaat en verskyn weer op 6 Oktober in die hof.

"Ek kan die gemeenskap verseker dat siviele eise ná ons inhegtenisname sal volg," het insp Delport hierdie week gesê.

"Geregtigheid sal in die hof geskied."


Council reconstituted

[ Top ]


LOCAL government is now in its final phase of transformation, said Herman Bailey, Executive Mayor of Drakenstein at the event of the reconstitution of the town council on Monday.

"During this term of office government announced two periods during which councillors could exercise an option to cross the floor to become a member of another poltical party. 

"Between 1 and 15 September councillors in Drakenstein used their option to cross the floor," Bailey said.

This lead to the reconstitution of the Council, which took place on Monday.

The ANC now has 37 councillors (compared to 27), the NNP 2 (17), the DA 13 (11), the ACDP 1 (2), the UDM 1 (10) the ID 3 (0) and the FD 1 (0).

Bailey said Councillors really used this opportunity to move to the party which make political sense to them.

"The governing party, the ANC not only grew, with 37 members now and two from the NNP, but smaller, new parties joined us.

"The political landscape in South Africa has changed dramatically over the last decade. 

"Not too long ago government and for that matter, the economy and social structures, were in the hands of only one sector of society in South Africa.

"Today, however, we have a situation where all South Africans can freely participate in government with the right to vote and to be voted for. 

"Freedom of association is guaranteed and citizens may be members of the political parties of their choice.

"The term of office of this council runs out towards the end of 2005 or the beginning of 2006. 

"New elections will then be held and I believe that we will all soon get in the mood of electioneering and campaigning. 

"This council wil see an enhancement in its inner boundaries (ward boundaries), which will result in the number of councillors increasing from 58 to 61.

"We still have a number of challenges ahead of us. The 2004/5 IDP addresses these challenges and we all know that the provision of housing, job creation, social infrastructure and community safety, are the top priorities.

"Our council must be seen to be serious to fulfill our people's contract.

"I also wish to ask the opposition to be constructive in their criticism. 

"It is in the interest of the people we serve and those who have put their trust in us.

"We are looking forward to co-operation and working towards making Drakenstein a winning municipality. 

"May God bless us all in our endeavours in striving to make our citizens a truly happy, peaceful and prosperous community."


Saak uitgestel oor siek getuie

[ Top ]


DIE aangeklaagde in 'n saak van strafbare manslag moes verlede week by die Wellington landdroshof omdraai toe 'n belangrike getuie nie opgedaag het nie.

Ewe emosievol was die vader van die student wat die nag 12 maande gelede gesterf het in die motorongeluk wat, soos deur die staat beweer, deur Hein Stofberg (20) van Murraystraat veroorsaak  is.

Oosthen van Wyk (21) was die passasier in die motor waarmee Hein die nag, tydens 'n verjaardagpartytjie, op die Malmesbury-Wellingtonpad teen 'n stadiger vragmotor gebots het.

Ondersteun deur sy pa en suster (sy ma werk as siviele klerk by die hof), het Hein verlede Donderdag by die landdroshof fotograwe probeer ontduik.

Oosthen se pa, Riaan van Wyk, is deur simpatieke hofgangers onderskraag.

Insp Roger de Vries van die Paarl was die nag eerste op die ongelukstoneel. Hy is deur die hof gedagvaar om die verhoor as getuie by te woon, maar is tans met siekverlof.

Die saak is uitgestel tot 27 Oktober.


Werkswinkel vir huurder-eisers

[ Top ]


ALLE Paarl huurder-eisers (M1614) is deur die Grondeise Kommissie gevra om 'n werkswinkel by te woon op Donderdag 30 September van 08:00 tot 16:00 in die Annunciation saal, Paarl.

Die rede hiervoor is dat die bedrag van R17 500 wat oorspronklik aan huurder-eisers toegeken is, vermeerder is tot R25 580.

Gevolglik moet alle huurder-eisers wat reeds aanduiding gegee het dat hulle finansiële vergoeding verkies, weer vorms voltooi om te kwalifiseer vir die verhoogde bedrag.

Neem asseblief kennis dat slegs die hoofeisers die vorm moet voltooi.

Alle hoofeisers met betrekking tot die Paarl huurders-eis word dus versoek om die werkswinkel by te woon om 'n aanduiding te gee van watter vorm van restitusie hulle verkies. Hulle moet hulle identiteitsdokumente saamneem.

Vir enige navrae, kontak Willem Nero by die Kommissie, 426-2930.


Tandarts rot en kaal besteel

[ Top ]


DIE spogwoning van 'n Paarlse tandarts wat in die buiteland praktiseer, is feitlik al leeggedra deur inbrekers.

Dr Wayne Carollisen en sy gesin sal eers in Desember na sy huis in McGregorsingel, Elrich Estate, terugkeer nadat hulle drie jaar gelede na Engeland vertrek het.

'n Reeks inbrake het die woning in 'n warboel gelaat. Verlede Maandag is daar drie keer na mekaar ingebreek, dit ten spyte van 'n alarmstelsel.

Wanneer die inbrekers vertrek, word die skuifdeure weer netjies agter hulle toegetrek sodat alles vir verbygangers in orde lyk.

Televisiestelle is uitgedra, kaste is leeggemaak, 'n tweeplaat stoof met oond, ketel, yster en breekgoed is uitgedra en kartondose waarin die gesin baie van hul besitting gepak het om dit in hul afwesigheid te beskerm, is dolleeg.

Daar is tot in die voertuie in die motorhuis ingebreek.

"Ons sal eers weet hoe erg die skade is wanneer hulle terugkeer," het familielede hierdie week gesê.

"Intussen maak ons reg wat gebreek word, reageer AC Rottweiler op die alarm wanneer dit geaktiveer word, en probeer die polisie die inbrekers aankeer."

Speur-insp Daniel Jansen (807-4000) ondersoek die inbrake.


Town of thieves

[ Top ]


A Paarlite has suffered five burglaries in the past fortnight in his home in Central Paarl.

"Almost everything in the house  been stolen," a frustrated Snowy Smith of 100 Breda Street said this week.

Smith has not yet lived in the house, and had security gates, burglar bars and locks fitted to every external as well as inside door and window.

"They simply use a crowbar and smash the bars and locks," Smith said.

"When the Police arrest the thieves, others come."

His computor, drilling machines and other tools, paint, the stove, clothing, a hundred wooden puzzles, books, 500 new ladies bra's which he was selling, and many other items have disappeared.

"I was moving from Durban to Paarl because the crime in Durban is very bad, but now it seems that crime in Paarl is even worse."

Smith is offering a R1000 reward for information leading to a successful arrest and the whereabouts of his property. He can be contacted on 082-964-8877.

"People in Paarl better wake up and stand together against crime otherwise there will be nothing left to steal," Smith said.


Ma en babas sterf

[ Top ]


'n JONG Paarlse moeder en haar twee babas het Sondag saam in 'n motorongeluk op pad na Kaapstad gesterf.

Genevieve Gilfellan (22), haar seuntjie Zinedine (2) en dogtertjie Camilla (vier maande) was op die N1 by Joostenbergvlakte toe 'n band van die motor vermoedelik gebars het.

Sy het beheer oor die motor verloor en al drie het gesterf toe die motor teen 'n reling gerol en in vlamme uitgebars het.

Genevieve was die aand by 'n troue op Stellenbosch en het familielede in die Paarl gaan aflaai voordat sy en haar kinders na haar jarelange vriend in Seepunt vertrek het.

Die bedroefde vader van die kinders, Fadiel Solomons, is tuis van die ongeluk ingelig nadat sy besigheidskaartjie in die wrak ontdek is.

Genevieve was 'n oud-leerder van Amstelhof Primêr en matrikulant van Paulus Joubert Se-nior Sekondêre Skool.

Sy het so gehou van lag, het haar bedroefde gesin hierdie week onthou.

Benewens Fadiel laat sy haar moeder Jennifer, jonger broer Andrew, 'n groot familie en wye vriendekring agter.

Die gedenkdiens is Saterdag om 09:00 tuis te Upingtonstraat 15, Paarl, en om 10:00 in die Batesda Selkerk in Beukesstraat, Paarl.

* A young Paarl mother and her two babies have been killed in a road accident.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]