|
informele afvalhandelaars alle moontlike skroot begin verwyder het.
Die bewoners kry hul water van die verkeersdepartement en ry met hul trollies by die oopgebreekte hekke in om deur hul buit te grawe.
Die uitgekrapte sakke groei soos 'n berg agter die tronkgebou en menslike afval lê oral rond.
Gerugte dat die tronk en grond deur die Departement verkoop is kon nie bevestig word nie omdat woordvoerders "met vakansie" is, "in 'n vergadering" is, of "nie kommentaar kan lewer" nie.
Die Paarl munisipaliteit, wat die afgelope jare telkens skriftelik aansoek gedoen het om die tronk te koop en onder andere in 'n toerismekantoor te omskep, het nog nie 'n dooie woord van die Departement ontvang nie.
Die laaste gevangene is reeds 12 jaar gelede uit die selle en sedertdien staan die tronk leeg.
Die werf en historiese gebou is telkens gebruik vir die maak van videos en films. Verlede maand is stilfoto's vir 'n advertensie daar geneem nadat skoonmakers twee dae lank die werf opgeruim het.
Nou is dit totaal onmoontlik om in die agterplaas en in die gebou te beweeg tussen die afval.
Deur die jare was daar al baie belangstelling in die ou gebou, maar niemand het met 'n plan vorendag gekom wat deur Openbare Werke aanvaar is nie. - Malané Bosman |