|
DIE polisie gaan op Maandagoggend 27 Oktober die leerlinge van al ses plaasskole in Wellington betrek by 'n projek op die Hawequa Jeugterrein.
Ongeveer 1500 kinders en onderwysers sal betrokke wees by hierdie byeenkoms waar Captain Crime Stop besoek sal aflê.
Dit word aangebied deur die Landelike Beveiligingseenheid Wellington wat betrokke is by sosiale misdaadsvoorkomingsprojekte en praatjies by skole.
Daar sal ook sprekers wees van die Kinderbeskermingseenheid, die Dwelmtak en Brandweer om die kinders op hierdie onderskeie gebiede toe te spreek.
Hulle sal ook noodvoertuie soos 'n ambulans, brandweerwa en onlustevoertuie kan besigtig.
Die kinders sal elk 'n maaltyd en koeldrank ontvang, en moontlik 'n geskenkie. Finansiële steun is verkry vanaf Sanlam Investment Management, Ceres Fruit Juices en Davey's Busdienste (vervoer).
Vir navrae kontak inspekteur PD Novella by 872-2913. |