safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 23 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 31 Octcber  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Breindrein breek nou ons
skole af

[ Top ]


ALMAL mor en kla oor die breindrein wat Suid-Afrika so wurg met begaafde beroepslui wat oorsee gaan, maar niemand kla oor dieselfde ding wat in ons gemeenskap plaasvind en vooruitgang strem nie.

'n Ander tipe breindrein vind in ons histories agtergeblewe gemeenskappe plaas. Begaafde, talentvolle leerders word uit skole in ons gemeenskappe gehou om sodoende die beeld van voormalige model C skole te bou ten koste van ons eie skole.

Dit is hoofsaaklik ons hooggeplaastes, staatsamptenare, opvoeders en suksesvolle sakemanne wat hul rykdomme en brood en botter in hierdie gemeenskappe verdien wat ons skole as minderwaardig beskou en wat leerders na dié skole stuur.

Dit gaan my verstand te bowe as ek besef dat diesulkes self hul suksesvolle opleiding by tradisionele agtergeblewe skole ontvang het. Hulle dien ook selde in die beheerliggame van hierdie skole om die demografie van die leerdertal te weerspieël.

As gevolg van hierdie tendens word ons skole afgebring tot ghettoskole waar A-kandidate 'n bedreigde spesie sal word en net leerders wat swaar trek, ekonomies asook akademies ingeskryf sal word.

Die goeie leerders sou 'n positiewer bydrae tot ons skole se beeld kon lewer en sal positiewe rolmodelle vir hul portuurgroepe kon wees.

Die finansiële bydrae van hierdie ouers sal ook help om tradisionele agtergeblewe skole beter te bedryf. Aluta Continua.

Willie Barends


Teenreaksie kan middedorp red

[ Top ]


EK stem saam met Judith dat optrede nodig is om die Paarlse middedorp te red (brief 16 Oktober). Niemand is meer lus om die middedorp te besoek nie weens die bedelaars en plunderaars.

Wie dra die skuld hiervoor? Al die ander mense wat dink hulle help die mensdom om diegene wat so bedel te ondersteun en geld te gee.

Hoekom dink julle is hulle nog op straat? Want hulle word betaal om daar te wees.

Hiermee doen ek 'n beroep op all die Paarliete: hou op om die mense te ondersteun. Gee eerder daardie 50c vir die instansies wat probeer om hulle van die straat af te hou en te help om iets van hulle self te maak, soos die nagskuiling.

Diegene wat so vriendelik geld uitdeel is die mense wat ons strate net onveiliger maak en misdaad vererger.

As hulle nie geld kry nie sal hulle terug moet gaan na hulle ouerhuise of gaan aanklop by 'n instansie waarvoor ons belasting betaal.

So Judith, hier het ek vir jou 'n oplossing of dalk die begin van 'n oplossing vir jou probleem.

Werk onder die delers om nie die stelers te ondersteun nie, maar eerder die steler se ondersteuning te ondersteun (die nagskuilings, hospice ensomeer).

Elaine  


What noise is this in Wellington?

[ Top ]


PLEASE can somebody tell me what is responsible for the whining/humming noise that is keeping us awake at night in Wellington.

For the last ten years we have been visiting for two months every year and never had any complaints until March/April this year when we suffered countless sleepless nights.

Either a new factory has gone up or an old one has new equipment, but it does not seem possible that the local residents must be expected to put up with it.

We are now permanent residents here and wonder if we have made a huge, expensive mistake. If anyone has any information, please phone 873-0912

M Kemp


Dit was mooi gebaar

[ Top ]


NA aanleiding van die brief "Winkel op Wellington stel erg teleur" (16 Oktober) is dit jammer dat mev Franken die twee ekstra pakke hoender beskou as omkoop.Ek beskou dit as 'n manier waarop mnr Bossi wou sê dit is jammer dat dit gebeur het, en daarvoor wou vergoed.

Kom Wellingtonnners, ons is maar almal net mense en ons sal foute maak. Net hieroor kan ons mos nie kwaad wees vir Pick 'n Pay nie.

Mariaan Walters


Motordiewe kopseer

[ Top ]


MENSE wat in die Paarl woon, maar in die Kaap werk en per trein reis, word telkens geruk deur motordiefstal by die Huguenotstasie. Hierdie pendelaars spandeer hul geld in die Paarl en bou daarmee die gemeenskap.

Maar daar is telkens 'n kollega wie se voertuig gesteel word, en waarvan net 'n doodsertifikaat na twee weke ontvang word.

Hierdie diewe weet nie wat 'n kettingreaksie so 'n verlies teweegbring nie, want hulle het geen gewete of menswaardigheid nie.

Baie van hierdie voertuie was toegerus met alarmstelsels, ratslotte en stuurwielslotte wat gekoop was met hard gespaarde geld of deur lenings by die bank te maak. Geen dop, geeen enjin, net niks.

Ons weet die polisie se moraal is laag oor die misdaad-statistieke, maar  waarom so min suksesse met opsporing van voertuie?

Wat is die voertuigdiefstal-statistiek vir voertuie teruggevind?

Hierdie diewe het baie tyd, maar dis ons sweet, dis ons bloed wat julle net vat. Die tyd sal kom...

Martin A September


Kliënt waardeer nie diens

[ Top ]


EK dink dit is jammer dat mev Franken (brief van 16 Oktober) na al die moeite wat die bestuurder van Pick 'n Pay Wellington gedoen het, nog steeds so bitter en ongelukkig is oor hulle kamstige swak diens. 

Ek dink dit is wonderlike diens as 'n winkelbestuurder die moeite doen om persoonlik na jou huis toe te kom en die produkte om te ruil.

Ek wil ook daarop wys dat die "verkoop teen" datum en die "beste voor" datum nie net op die produkte gedruk word, sodat die winkelpersoneel weet wanneer om dit van die rak te verwyder nie, dit word spesifiek daarop gedruk sodat kliënte, soos ek en jy, kan sien dit het al verval en dit in die eerste plek nie koop nie.

Ek is woonagtig in die Paarl, maar ry eenmaal 'n week Wellington toe vir my inkopies by Pick 'n Pay.

Daar is altyd parkering en geen karwagte en bedelaars wat 'n mens pla nie en die personeel by Pick 'n Pay is vriendelik en hulpvaardig.

Aan Mnr Bossi en sy personeel wil ek sê, vir een ongelukkige klient is daar honderde van ons wat baie gelukkig en tevrede is.  Dankie vir julle  puik diens.

A Smith


It's tough at the top

Editorial

[ Top ]


IT'S tough at the top - especially when you have a lot of friends clamouring for jobs.

This appears to be the crisis facing the ANC/NNP coalition in the Drakenstein Town Council.

With practically all the most senior (highly paid) posts in the Municipality still held by officials who were appointed when the DA was in power, they must be having a hard time finding lucrative jobs for their friends.

Perhaps that is why the ANC/NNP cannot bear to wait another three years until the five year contract of municipal manager Jacques Carstens expires.

Instead, they seem to be trying to get rid of him by accusing him of fraud over an amount of R8 626 that is allegedly "missing".

For of course it would be much cheaper to fire him, than to pay him a million rands in severance monies for early dismissal.

After all their careful planning, one wonders why the ruling coalition failed to realise that the "missing" money lies waiting in the coffers of the SA Revenue Service.

Or was it a matter of desperate steps in desperate times?

Don't forget there is an election pending - and the more friends you can provide with well-paid jobs, the more votes you can expect in your favour.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za