safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 23 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 31 Octcber  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


wtinyFC

SMALL BUT STANDING TALL. Tiffni, a two-year-old Chihuahua, won the Best of the Breed in the class for smoothcoat Chihuahuas during the Breede River Valley Club dog show. Seen with Tiffni is her proud owner, Trixie de Waal of Parow.                         


Vader Kersfees waag

[ Top ]


DIE Paarlse Liggiefees skop vanjaar weer vir die eerste keer in 'n hele paar jaar af met die verskyning van Vader Kersfees op die dak van die BoE Bank toringgebou.

Hy sal op Donderdagaand 4 Desember by die gebou abseil met 'n tou, waarna lekkers aan die kleinspan uitgedeel word.

Daarna sal die Burgemeester die feesliggies aanskakel en sal plaaslike sangers hul talent vertoon op die verhoog.

Daar is nog enkele stalletjies beskikbaar vir die driedaagse Liggiefees (4 tot 6 Desember).

Die pryse vir stalletjies wissel van R200 vir handvervaardigde produkte tot R280 vir verbruiksgoedere, R330 vir klaarbereide voedsel, R430 vir voedsel wat op die plek berei word en R500 vir woonwaens.

Daar is ook 'n paar gratis stalletjies vir welsynsorganisasies.

Doen aansoek by die Paarl Toerismeburo (tel 872-4842/872-9376).


Krisantekwekers nou nasionaal

[ Top ]


DIE eerste nasionale krisantevereniging is onlangs op Pniel gestig om na die belange van kwekers om te sien. Klubs van Wellington, Wolseley, Pniel, Stellenbosch en Worcester behoort aan die vereniging.

Die vereniging is 'n nie-winsgewende kultuurorganisasie wat dit ten doel het om na die beheer, administrasie, leiding en opleiding van krisantekwekers en die beoordeling van kompetisies om te sien.

Die vereniging het juis sy ontstaan gehad vanweë die groot gemeenskaplike leemtes wat daar was en om die kweek van krisante onder liefhebbers op 'n gesonde en aanvaarbare standaard te kry.  Hulle gaan ook nou saamwerk met ander kultuurorganisasies. 

Die amptelike bekendstelling van die vereniging is op 27 November in Worcester se stadsaal. By dié geleentheid sal die burgemeesters van al die betrokke dorpe wat aan die vereniging behoort, teenwoordig wees.

Die uitvoerende burgemeester van die Boland Distriksmunisipaliteit, Clarence Johnson, asook die Wes-Kaapse minister van sport, kultuur en ontpanning, Patrick Mckenzie, sal teenwoordig wees.

Klubs wat wil aansluit, kan die sekretaris, Michael le Cordeur van Wellington, kontak by 082-857-8067.


Elegante oggend vir vroue

[ Top ]


DIE Paarl Tuinbouvereniging bied op Donderdag 6 November 'n elegante oggend aan met "La Grange Flair" te La Grange, Franschhoek.

Die dag behels 'n tafeldekorasie-demonstrasie deur Charlotte Daneel (gasvrou) met La Grange se unieke dekor-items en beskikbare plantmateriaal.

Dit word gevolg deur 'n kaas- en wynproesessie, waarna 'n ligte middagete bedien word.

Daar is net 80 kaartjies beskikbaar vir hierdie eksklusiewe oggend teen R130 (nie-lede R140).

Bespreek by Wilna Rabe 863-1482 (082-779-3999), Trucia O'Grady 872-8101 (082-393-1840) of Lydia Corbett 872-5516 (082-776-4841).


Fun walk for Hospice

[ Top ]


THE annual fun walk in aid of Paarl Hospice takes place on Saturday.

The event starts at 08:00 at the Paarl Rugby Club, next to the Paarl Cricket Grounds in Market Street.

This year will see the usual 11km fun walk as well as an 8km Spring walk. Entrance fee for the fun walk is R15 and for the Spring walk R20.

Collect your entry form from the Paarl Hospice office in Breda Street and together with a postal order or cheque made payable to Paarl Hospice, posted to Paarl Hospice Family Walk, PO Box 6130, Paarl 7622.

The Hospice offices are open until 18:30 this week, to enable people to enter. Late entries will be accepted the morning of the walk at an additional R5 per entry.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za