safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 23 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 31 Octcber  2003 at 17:00

Sport


Plekker kry lekker

[ Top ]


DIE Paarliet, Janos Plekker, het Saterdag die SA-rekordhouer Stephan Herholdt twee keer agtereenvolgens geklop tydens die Boland Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes se provinsiale fietsrykampioenskappe.

Plekker was in goeie vorm en het beide die 3000m individuele agtereenvolging, 1000m tydtoets en 200m "vlieënde wegspring" gewen met tye van 4:09:82, 1:18:65 en 13,96s.

Herholdt was ietwat stadiger in 4:11:17, 1:20:30 en 14,16s.

Plekker se tye was die vinnigste wat dié fietsrybyeenkoms nog opgelewer het. Hy het 20 sekondes afgekerf van die tyd wat hy verlede jaar opgestel het.

Plekker het in Mei verlede jaar na die Paarl getrek en sedertdien goed vertroud geraak met Faurestraat Stadion se baan. Hy het egter sy goeie tye aan die ideale weersomstandighede toegeskryf.

"Ek het Donderdag kom oefen en die

wvoorFC

UITHAAL. Janos Plekker haal uit tydens Saterdag se Boland Fietsrykam-pioenskappe vir gestremdes.

wind was nogal sterk, vandag is die weer perfek," het Janos, wat vir Rhadsport Fietsryklub ry, ná die wedrenne gesê.

Hy het vroeër vanjaar ook SA verteenwoordig in Praag tydens die Europese fietsrykampioenskappe vir gestremdes.

By die byeenkoms het Herholdt die SA rekords verbeter na 3:57:40 in die 3000m en 1:16:80 in die 1000m. Plekker moes egter met 'n sewende plek tevrede wees in albei die 1000m en 3000m.

"Ek en my afrigter het altwee 'n berekeningsfout gemaak rakende die ratsterkte waarop ek oefen wat vir my probleme tydens die kompetisie gegee het."

Hy is egter heel positief oor volgende jaar en sien daarna uit om weer vir die nasionale span te kwalifiseer.

Riaan Nel, huidige Wêreld- en Europese kampioen van die driewielfiets-padwedren, het ook Saterdag vir die pret met 'n tweewielfiets deelgeneem.


Zoeloe gee Boland pak

[ Top ]


DIE Boland krieketspan was die naweek in die Paarl aan die ontvangkant van 'n verwoestende Lance Klusener en het gevolglik hul seisoen met 'n tien-paaltjie-nederlaag teen Kwazulu-Natal begin.

Klusener het met sy 5/52 die Bolanders se eerste beurt in hul SuperSport vierdagwedstryd op 244 kortgeknip en onder meer die tuisspan se top-lopiemaker, Justin Ontong (66), se paaltjie laat kantel.

Benewens Ontong kon slegs Chad Baxter (36), Wallace Albertyn (30), Graeme Marais en kaptein Con de Lange (elk met 24) noemenswaardige tellings aanteken.

Hoewel die Dolfyne op 'n stadium 41/4 was, het 'n onoorwonne 152 van Duncan Brown die besoekers gehelp na 403 almal uit. Hy is goed bygestaan deur Imraan Khan (40), Hashim Amla (39) en Klusener (37).

Die Bolanders se kolflys in die tweede beurt lees soos 'n treurverhaal.

Hoewel Baxter op die finale dag goed geopen het met 49 en Gerhard Strydom, op nommer drie, dit goed ondersteun het met sy bydrae van 78, kon geen van die orige kolwers dubbelsyfer-tellings aanteken nie.

Klusener het amper 10 paaltjies vir die wedstryd ingeoes, met sy 4/40 in 32 beurte, 14 daarvan leeg. Ross Veenstra met 3/26 in 17 beurte het ook daartoe bygedra dat Boland slegs 182 op die bord kon sit.

Met slegs 'n tweedebeurtvoorsprong van 23 lopies was dit net nodig vir die openingspaar, Doug Watson (8) en Ahmed Amla (10), om voor die penne stelling in te neem.

'n Verder ses ekstra lopies deur die Bolandse boulers het Dale Benkenstein se span hul eerste oorwinning van die seisoen besorg.

Die Boland speel dié naweek teen Oostelike Provinsie in Port Elizabeth.


Paarl tops the log after triumph

[ Top ]


THE Paarl cricket team took an early lead on the log on Saturday when they beat nearest rivals Vredenburg/Saldanha by eight wickets in their Super League match on the West Coast.

Put in to bat, the home team struggled against Clint Philander (2/21), who struck twice early on.

A tight line by the pacy Henley Julies, saw him conceding only 12 runs in nine overs, keeping up the pressure from one side to allow team mates Anwell Newman (3/34), Ultallyn Erenstzen (3/20) and Alfredo Adams (2/9) to pick up the spoils.

Mr Reliable, Erasmus Hendrickse (39 not out), anchored the innings, and allowed debutant Bobby Nicholson to put his weapon of mass destruction to good effect, hitting 40 not out from 43 balls which included six boundaries.

This victory makes Paarl the only unbeaten team on the log, 15 points ahead of Brackenfell, Easterns, Worcester United and Vredenburg/ Saldanha.

Paarl II went down with seven wickets against Young Peoples II, whose two other teams were made to eat humble pie at the Parys Grounds over the last two weeks. This was their first defeat and they now share the top spot with the winners.

Paarl's 205/10 in 59.3 overs was way below their potential, caused mainly by their failure to maintain an acceptable run rate in the first 30 overs.

Lindsay van der Berg made the top score for the home team with his second successive half century.

For the visitors, spinner Jarier Alexander (4/71) and David Gabriels (2/42) did the damage, while Bronwill Williams (100), Wade Anderson (31) and Grant Kuiler (62 not out) knocked off the required runs in 53.3 overs.

Paarl III (251/5) failed to capture the last wicket for a victory against Spes Bona (164/9). They secured 11 points in a winning draw, with the visitors settling for 4 points.

This team looks destined to make a strong impression this season, with debutant Kurt Martin (76) hitting four sixes in his 11 boundaries.

He shared a century partnership with Hamilton Pharaoh (59 not out), while Enrico Daniels (47) and Bradley Isaacs (39) also made useful contributions.

Bowlers Reginald Coetzee (2/27), Alvin Lewis (2/34) and Pharaoh (2/24) tried valiantly towards the end.

On Saturday Paarl I hosts Victorians, Paarl II hosts Stellenbosch Districts, Paarl III travel to Correctional Services, Paarl IV travel to Montagu, while Paarl V are home to face Coronations from Stellenbosch.


Peoples terug op wenpad

[ Top ]


YOUNG PEOPLES se derde span het Sondag op Daljosafat vir Worcester United se tweede span met nege paaltjies afgeransel. 

Die besoekers kolf eerste en teken 204/9 aan. Vir Peoples het Ryan Davids (3/8), Malcolm Wilson (3/42) en Marlin Carolissen (2/34) die kolwers kasty. 

Die tiere kolf sonder moeite en teken 207/1 in slegs 35 boulbeurte aan. Melvin Jackson (113) en Stanton Marinus (70 n.u.n.) kry lopies na willekeur.

Saterdag speel Peoples I weg teen Stellenbosch Distrikte, Peoples II tuis teen Maties III en Peoples III weg teen Spes Bona II.  Vervoer vertrek om 08:00 vanaf die Gemeenskapsaal.

* Op Maandag, 27 Oktober, word 'n vergadering om 19:30 in die Gemeenskapsaal vir alle lede gehou. Vir enige navrae kontak I Moffat by 084-662-1881.


Bergrivier kort uitklophou

[ Top ]


DIE eerste span van Bergrivier Krieketklub kon Saterdag nie daarin slaag om in sy premierliga wedstryd met Oostelikes af te reken nie.

Die wedstryd op Wellington het onbeslis geëindig, maar Bergrivier het wel die meerderheid punte verdien.

Die tuisspan se swak veldwerk en verkeerde aflosboulers het hul byna gekelder.

Bergrivier was vroeg in die moeilikheid toe sy eerste paaltjie kantel met slegs vier lopies op die telbord. 

Waylon Libbie (83, 8x4)) en West Goetham (42, 5x4) was die twee kolwers wat Bergrivier gered het.

Lincoln Dampies (36, 4x4) en Lester Hendricks (30, 4x4) was die ander kolwers wat goed gedoen het.

Bergrivier kon slegs 255/9 in hul kolfbeurt aanteken.

Oostelikes het erg gesukkel om lopies aan te teken en dit was vroeg duidelik dat hulle nie die lopies gaan jaag nie.

Winston Collins (43, 3x4) en Neville Visagie (51, 5x4) was al kolwers wat sukses kon behaal.

Ashwell de Vries (2/35), Dampies (2/39) en Jacob Adams (3/51) het Oostelikes beperk tot 194/8.

Die tweede span het sy wedstryd teen Voorberg Korrektiewe Dienste op Porterville met vyf paaltjies gewen.

Die tuisspan is almal uit vir 'n skrale 73. Ryan Mouton (2/13), Rohan van Rooyen (2/12) en Sebastian Seale (1/21) was die boulers wat in die kol was.

Bergrivier het na slegs 13 boulbeurte 74/6 aangeteken, waarvan Morné de Vries 26 (34) gemoker het.

Hendricks (1/8), Mark Valentyn (1/9) en Fred Stevens (2/40) was die beste boulers.


Atlete vroeg reeds in
goeie vorm

[ Top ]


DIE atlete in die Boland is reeds in goeie vorm, daarvan getuig die indrukwekkende vertonings tydens die afgelope twee Saterdae se talentidentifiseringsbyeenkomste.

Atlete van so ver as Klawer en Strand het verlede Saterdag aan 'n streeksbyeenkoms op Daljosafat deelgeneem.

Boland Atletiek het Saterdag sy jaarlikse Voorseisoen-kampioenskappe gehou op Boland Park op Worcester.

Meer as 500 atlete het aan die baan- en velditems in die ouderdomsgroepe van 11 tot 19 jaar deelgeneem.

Die standaard was baie hoog met 35 atlete wat meer as 900 punte op die Absa Puntetabel kon aanteken. 'n Punt van 900 of meer beteken 'n moontlike posisie in die finaal by 'n SA Kampioenskappe.

Saterdag se top presteerder was die Paarliet Keenan Watson van New Orleans, wat met sy sprong van 7,09m in die verspring vir o.15 seuns, 1230 punte ingesamel het.

Watson het die vorige Saterdag die tweedebeste prestasie vir die seuns gelewer, met 'n sprong van 6,73m vir 1083 punte.

Dié dag se topprestasie is deur die Gimmie Louw Smit opgelewer, wat 'n tyd van 13s in die 100mH vir o.15 seuns afgelê het.

Smit het dan ook sy persoonlike beste tyd van 13,20s verbeter wat hy tydens die SA kampioenskappe in Bloemfontein se dun lug gehardloop het.

Ander presteerders was Muller Joubert van Hugenote met 'n gooi van 45,86m in die spiesgooi o.13 (1041 punte), nog 'n Gimmie Maurice Fisher (1,80m in die o.15 hoogspring vir 950 punte) en die Larrie Janita Stander (1,51m in die o.13 hoogspring vir 909 punte).

Jason Malgas ook van Gim het die 200m vir o.17 in 22,40s afgelê vir 909 punte. Nog 'n plaaslike o.15-atleet, Henrico Rooi, het die 3000m in 9:13,10 afgelê en so 937 punte gekry.

Saterdag se byeenkoms op Worcester het die atlete ook kans gegee om vir die Wes-Kaapse Voorseisoense Atletiekkampioenskappe te kwalifiseer wat Saterdag om 08:30 op Coetzenburg, Stellenbosch, sal plaasvind.

Die Boland Atletiekspan sal teen die Westelike Provinsie en Suid-Westelike Distrikte te staan kom.

Swak reëlings by die streeksbyeenkoms op Daljosafat, het heelwat atlete, ouers en afrigters dwars in die krop gesteek. So erg so, dat van die atlete nie aan Saterdag se byeenkoms op Worcester deelgeneem het nie.

Richard Stander, hoofuitvoerende beampte van Boland Atletiek, het 'n beroep op atlete en afrigters gedoen om hom met enige probleme te nader eerder as om van byeenkomste weg te bly.

"Ons wil 'n goeie diens aan die gemeenskap lewer. Daar sal soms foute wees, maar ons moet ons nie daaraan blind staar nie.

"Ons probeer om deur dié byeenkomste atlete te identifiseer wat nog nie in ons Sentrum vir Uitnemendheid opgeneem is nie.

"Dit is natuurlik hul keuse om deel te neem waar hulle wil, maar ons wil vir alle atlete geleenthede skep om hul deeglik vir volgende jaar se SA Kampioenskappe voor te berei," het Stander gesê.

Hy het bygevoeg dat Boland Atletiek 'n stel van ses afrigtingsboekies verkoop (teen R40 'n boekie) wat alles van afrigting, administrasie tot dieetkundigheid en beserings behandel.

Belangstellendes kan hom skakel by 072-347-8964 of 808-2946.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za