|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Herbs Aplenty vereniging bied op 1 en 8 Februarie Laventel-inligtingsdae by die Bien Donné werf in Groot Drakenstein aan. Alle aspekte van die kommersiële verbouing van hierdie kruid word gedek. Elmarie de Bruyn sal kultivar-identifikasie bespreek, Pieter-Sarel de Bruyn kyk na verbouingspraktyke en Faan Pienaar na stoom-distillasie. Kort lesings sal ook gegee word oor die medisinale waarde van laventel, die kullinêre gebruike daarvan asook laventel as sny- en gedroogde blomme. Elke kursusganger gaan die geleentheid kry om sy eie gerf laventel te sny, te sien hoe die olie gedistilleer word en met sy eie botteltjie laventel-olie huis toe gaan. Die koste per kursusganger is R250 (middagete ingesluit) en 'n maksimum van 70 gaste sal aanvaar word. Navrae by Elmarie de Bruyn, 874-1684. |
|
|
|
|
DIE Paarl-tak van die ATKV bied vanjaar vir die vyfde keer sy jaarlikse pret-treinrit aan as gesinsprojek op Saterdag 2 Maart. Vanjaar gaan hulle piekniek hou onder die koeltebome op die Worcesterse skouterrein. Die ATKV-bestuur sorg vir kole en roosters vir diegene wat wil braai en Koos Koegelenberg en sy maters sorg vir vrolike musiek deur die dag. Daar is ook geleentheid om (teen addisionele koste) die slangpark of die Kleinplasie Museum te besoek. Die Kleinplasie Restaurant bied ook heerlike etes (bespreking noodsaaklik). Treinkaartjies wat toegang tot die terrein, braaigeriewe en sekuriteit vir motors by Paarlstasie insluit, is R60. Kinders vyf jaar en jonger is gratis. Die trein vertrek 09:00 en daar sal 'n snoepwinkel op die trein wees. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom by Marianna Olivier (863-0345). |
|
|
|
|
AN open meeting for would-be slimmers will be held by Weigh-Less Health and Slimming Club at the Martha Hall in Wellington tomorrow at 09:00. There Leana Hardy, who lost 10,5 kilos, will be serving up a healthy dose of inspiration as she discusses how she did it. Normally exclusive to Weigh-Less members, visitors are invited to attend the Weigh-Less Group to find out more about the programme and receive a free goalweight assessment on arrival. The meeting will include an explanation of the eating plan and a motivational talk from the resident Group Leader, followed by Leana's testimonial. The eating plan is based on prudent dietary principles including foods from all major food groups, thus assisting members to form healthy eating habits. Thereby, any weight that comes off, should stay off! It also allows members to tailor-make their eating plan to suit their individual needs, taking cognisance of lifestyle, culture and social behaviour as well as food preferences. For enquiries phone 086-11-00-551 tollfree. |
|||
|
|||