|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
THIS month might go down in history as the wettest January in the Paarl Valley in the last 75 years. So far 89mm of rain has been measured in Paarl, after downpours last Thursday in which rainfall of 25mm was measured. This is touching on the highest rainfall of 96mm for the month of January 1981. The rain last Thursday also proved too much for a giant oak tree in Berg Street, Paarl. At 04:30 it lost one heavy branch and minutes after the property owner had moved two of the family's cars out of the way, the rest of the tree toppled, flattening son Chris Pieters's brandnew Golf Chico. The disaster came in the wake of a municipal water pipe that had burst on another property in Berg Street during the rain storm two weeks ago. The owners were on holiday when they received the news that the water level in their lounge and most of the house was ankle deep. According to farmers, while last year produced the best table grape harvest in 15 years, this year the tables have been turned. Since the heavy rainstorm a fortnight ago, when 50mm of rain was measured on one day, chaos has reigned on grape farms. According to Laurent Borel-Saladin, chairman of the Berg River Table Grape Association, producers had already revised their crop estimate down to 9,7 million standard carton equivalents from pre-season estimates of 11,5 million. "The initial downward reduction was mainly due to downy mildew damage. Now even a smaller percentage will materialize," he said. Wine cellars in the Paarl and Wellington area have also started harvesting. At Simonsvlei Cellars winemaker Francois van Zyl said that their harvest started yesterday with Sauvignon Blanc grapes. "We are not in the full swing of things yet, but our quality looks quite good. We have experienced some problems with rot, but we should not have too much trouble, unless we receive more rain," he said. At Bovlei Cellars in Wellington winemaker Albertus Louw said that they had suffered major losses after the last rain. "We lost about 25% of the harvest, which is about 2000 tons down. We started pressing last Thursday and have produced about 30 tons so far," he said. According to forecasts from the Weather Office a sunny weekend is expected. For today a fine 30 degrees Celcius is predicted, with a scorching 36 for tomorrow. The weekend will see 30 degrees Celcius. |
|
|
|
|
PAARLSE speurders is op die spoor van ses mans en twee vroue van die Bloekombos plakkerskamp naby Kraaifontein wat Woensdag verlede week 'n boer en sy vrou op hul plaas in Dutoitskloof aangehou en beroof het. Twee van die mans het voorheen as seisoenwerkers op die groenteplaas Dekkersvallei gewerk. Een verdagte van Bloekombos is vandeesweek ondervra. Phillip Swart (40) en sy vrou Alta (36) was die aand om 21:30 besig om groente te pak in hul stoor op die plaas Dekkersvallei toe die gewapende aanvallers in 'n geel bakkie daar opgedaag het. Die egpaar is saam met hul tien werknemers beveel om plat te lê voordat Swart die mans na sy kantoor moes vergesel. Daar is sy beursie geroof. Die egpaar is toe gedwing om die rowers na hul woning te neem waar hulle moes hurk en aanskou hoe hul besittings uitgedra word. Terwyl hulle aangehou is met vuurwapens, het een van die mans Swart met 'n pistool teen die voorkop gemoker. Die huis is gestroop. 'n Vrieskas, mikrogolfoond en ander kombuisgereedskap, videomasjien, hoëtroustel, rekenaar, faksmasjien en ander elektriese apparaat is gebuit. Een van die mans het deurgaans handskoene aangehad terwyl twee ander hul gesigte met balaklavas verberg het. Mev Swart is aangesê om die egpaar se Mercedes Benz motor aan te skakel waarna die egpaar teruggeneem is na die stoor. Daar is hulle saam met die werknemers in 'n houer opgesluit. Swart het die deur oopgeskop en hulp ontbied kort nadat die verdagtes weg is. Die motor en 'n bakkie van die plaas is ná die rooftog in Bloekombos opgemerk. Volgehoue polisie-ondersoek het insp Victor Carolus na 'n verdagte in dié plakkerskamp gelei. Nog arrestasies word binnekort verwag. * Squatters attack vegetable farmer in Du Toit's Kloof. |
|
|
|
|
'n MAN van Paarl-Oos het Saterdag in 'n dokter se spreekkamer inmekaar gesak en aan hoofbeserings gesterf terwyl 'n geneesheer hom behandel het. Pieter Scholtz (48) van Amstelhof het vroeër die dag van 'n motorfiets afgeval en het eers saam met meer as 50 ander slagoffers van geweldsbeserings by die Paarl Hospitaal gewag op behandeling. Scholtz het vroeër die dag saam met 'n vriend op 'n motorfiets in die buurt gery toe hulle vir 'n kind moes uitswaai en teen 'n stilstaande motor gebots het. Uit haar Kwikkiestraat 7 woning het Scholtz se vrou, Henretta, hierdie week hartseer vertel hoe haar man al die hele week graag op die motorfiets ry. "Die motorfiets het aan 'n vriend van een van my seuns behoort. Pieter wou graag op die motorfiets ry en hy het toe Saterdag sy kans gekry. "Skaars 50 treë van ons huis af het 'n kind voor die fiets ingehardloop en moes hulle uitswaai om 'n ongeluk te voorkom. Die fiets het teen 'n motor gebots. "Pieter se kop het teen die motor gestamp. Alhoewel hy 'n valhelm opgehad het, het hy nogtans hoof- en inwendige beserings opgedoen toe hy van die fiets afgeval het. Die bestuurder, Randall Adonis, is ook beseer," het sy vertel. Hulle is daarna Paarl Hospitaal toe, waar hulle vir sowat 30 minute gewag het by die besige ongevalle-afdeling. Daar is die naweek 408 pasiënte by die Paarl Hospitaal behandel. Net Saterdagaand moes die personeel 66 slagoffers van geweldsmisdade behandel terwyl 58 gewone siektes en 44 pediatriese noodgevalle ook aandag moes kry. Volgens die superintendent, dr Breslau Kruger, is Scholtz se naam 35 minutes na sy aankoms uitgeroep, maar was hy blykbaar reeds weg. Die gesin het intussen besluit om na 'n dokter se spreekkamer naby hul huis te gaan. "Daar het die dokter pas sy gebarste verhemelte toegewerk, toe my man skielik beswyk het. Dr David Julies het gesê die skedelbreuk wat Scholtz opgedoen het, het waarskynlik tot sy dood gelei. "Terwyl ek besig was met hom, het hy massiewe breinbloeding opgedoen. Om presies 21:30 het sy hart gaan staan," het hy gesê. "Die grootste probleem was sy hoofbesering. Selfs in die beste omstandighede is dit moeilik om sulke pasiënte deur te trek." Scholtz was 'n bekende by Rembrandt, waar hy vir 26 jaar lank gewerk het voordat hy afgetree het. Hy word Saterdag om 10:00 uit die Rooms Katolieke Kerk in Barbarossastraat begrawe, met 'n tuisdiens om 09:00. Scholtz laat benewens sy vrou ook drie seuns (Brandon, Meagan en Emileo), 'n dogter Quintalene en 'n kleinseun agter. * A Paarl man died in a doctor's surgery after a motorcycle accident. |
|
|
|
|
A HIGH profile delegation of the Italian Province of Padua, led by its president Vittorio Casarin, signed a twinning agreement with the Boland District Council on Friday. Said Boland District Mayor Clarence Johnson: "The district municipalities of Padua and Boland have agreed to promote relations at governmental, economic and civic level to the mutual benefit of the people of both districts. "Boland and the Padua province of Italy have a number of similarities. These are both largely agricultural regions, have deep cultural traditions, prestigious universities and most importantly great people. "The twinning agreement is designed to further better relationships that will be mutually beneficial. We hope to foster the developmental objectives of the Boland District through marketing the district, its people, natural resources and products." According to Johnson the agreement allows for the mutual promotion of the districts, access to markets and exchange of entrepreneurs and information. |
|
|
|
|
A PAARL girl, Frances Strooh (10), was an active energetic child riding her bicycle without a care in the world, until she was recently diagnosed as being a Type 1 insulin dependent diabetic. She is one of probably hundreds young diabetes sufferers in the Paarl/Wellington area and one of thousands in South Africa, says Wellington athlete Andy Watts. "After hearing of Frances's illness I realised that diabetes does strike at any time and indiscriminately. It could just as well have been my own son or daughter," says Andy, formerly an active cricketer who is now a marathon runner for Wellington Athletics Club. He plans to run the London Marathon on 14 April and has pledged to raise 1500 pounds (R27 000) for the Juvenile Diabetic Research Centre (JDRF). The London Marathon is primarily a charity event in which 30,000 runners raised over 24 million pounds for various charities last year. Although the Juvenile Diabetic Research Centre (JDRF) is based in the UK, they are a part of an international team whose research benefits all insulin dependent diabetics throughout the world. He will be one of a team of 136 athletes from all over the world who are supporting the JDRF in their attempt to find a cure for Diabetes. "If I am to travel 9000 kms and run 42 kms in an event which is televised world wide and has over 30 000 runners, I would like to raise as much as possible," says Andy. "The challenge and satisfaction on completion is much greater, knowing that the event is not just about me and my own goals." Frances, a pupil at Courtrai Primary, is the daughter of Frans and Adri Strooh who are involved in the family business "The Potbelly Pantry" in Klapmuts. Donations to the Juvenile Diabetic Research Foundation can be paid into account number 62030613120 at the Wellington branch of First National Bank. For more information on the work of the JDRF visit the website www.jdrf.org.uk. Andy can be contacted at PO Box 503, Wellington 7654 or phone 873-1161 or 082-771-2606. |
|
|
|
|
MEER as 'n maand na die gru-ongeluk op die Wemmershoekpad, wat die lewe van sewe mense geëis het, is daar steeds geen verkeersteken wat motoriste van die verraderlike draai waarsku nie. Dit, ten spyte daarvan dat 'n boer in November 1999 die betrokke owerhede genader het om persoonlik die pad in die omgewing van Kliprug te besoek. Hy wou dat daar "ten minste 'n waarskuwingsteken" aangebring word. "Daar is absoluut niks gedoen nie," sê die boer, wat verkies om anoniem te bly. "En ná ons gesprek was daar nie net byna elke week 'n noodklop aan my deur van iemand wat beheer oor sy motor verloor het op dié stuk pad nie, maar was daar ook meer as een sterfgeval. "Nou, ná die laaste noodlottige ongeluk, sit verkeersbeamptes skielik daar met 'n laserkamera om motoriste wat te vinnig ry, te vang." En dit is so dat motoriste sekerlik te vinnig ry op die Wemmershoekpad, meen inwoners van die omgewing. Wanneer voertuie tussen die De Hoop-plaas en die E de Waal-saal kom, is daar 'n vals draai, diep holtes in die padoppervlak en 'n skerper draai waar die teerblad motors van die pad afgooi, sê diegene wat die pad gereeld gebruik. "As die padoppervlak dan nie verander kan word nie, rig dan tog net waarskuwingstekens op," vra die boere. "Daar is sprake daarvan dat die bosse en bome op die draai, waarteen motoriste al verongeluk het, afgesaag gaan word. Maar dit alleen, sal nie die probleem oplos nie." Op 26 November 1999 het Grenville Lloyd, die seun van 'n bewaarder van Drakenstein Gevangenis, op die draai by die E de Waalsaal gesterf toe hy teen 'n boom vasgejaag het. Op 17 Desember verlede jaar het nog twee beamptes van dieselfde gevangenis in Wemmershoek, Braam Ellis en sy vrou Juanita, hul twee kindertjies en Ellis se tante, Rita Cilliers, skaars 500m daarvandaan gesterf. Ellis se moeder, Rouleen van Montagu, het Kersdag uit 'n koma ontwaak en is toe oor die dood van haar kinders ingelig. In die tweede motor betrokke in die kop-aan-kop botsing het twee besoekers aan die gevangenisrestaurant, Thobeka Johnson en Daphne Madikane van Mbekweni, gesterf. Die twee Johnson kinders wat agter in die motor was, is beseer. Ooggetuies van die botsing, of motoriste wat eerste op die toneel was, word versoek om die ondersoekbeampte, insp Selma Bredenhann (082-6959-193) te skakel. * Regular users of the Wemmershoek Road, where seven people died in a horror crash in December, have pleaded for road signs warning motorists of the dangerous stretch of road. |
|
|
|
|
EERSTEJAARS van Boland Kollege se Paarl kampus het die begin van hul studentejare met 'n opwindende week propvol aktiwiteite afgeskop. Nadat die registrasie afgehandel is, het die Studenteraad en huiskomitees van die koshuise die nuwelinge onder hul vlerk geneem en touwys gemaak sover dit die kampus- en kollegelewe betref. Na 'n amptelike verwelkoming deur die kampusdirekteur, Corrie Myburgh, het die eerstejaars deelgeneem aan 'n boeresportdag wat vir hulle gereël is en daarna is die dag behoorlik afgesluit met 'n eerstejaarbraai. "Die oriëntering het my gehelp om die opset hier en die ander eerstejaars beter te leer ken, en dit voel of die ys nou gebreek is," was Wilma Visagie, N4 student in Finansiële Bestuur, se reaksie. Habakuk, Christenvereniging van die kampus, het die eerstejaars op hulle beurt verwelkom met 'n spesiale gasspreker, 'n orkes en mimiekoptrede. 'n Eerstejaarsdans sal ook nog gereël word voordat daar in alle erns met die klasse begin sal word. Die Paarl kampus spog ook met uitstekende uitslae in die Desembereksamens en is baie tevrede met die aansienlike getal nuwe inskrywings in al die kursusse. Inskrywings kan nog steeds gedoen word en belangstellendes in die messel- en pleisterkuns kan ook nou inskryf. Met die deeltydse klasse wat oor twee weke begin, sien die Paarl kampus uit na 'n bedrywige jaar op alle gebiede. Vir nader besonderhede bel 872-9670 of faks 872-5944. |
|
|
|
|
'n VROU het wonderbaarlik die dood vrygespring toe sy buite Wellington byna onthoof en deur drie mans verkrag is. Die hawelose vrou (36) het 'n vriendin op 'n plaas by Malanstasie besoek toe sy die middag van 20 Desember deur die mans aangeval is. 'n Motoris wat die vrou struikelend langs die Hermonpad gesien het, het die Polisie verwittig. 'n Dokter het die aand bevind dat sy herhaaldelik verkrag en gesodomiseer is. Haar keel is met 'n stomp mes gesaag. Die vrou is intussen uit die Paarl Hospitaal ontslaan. Sy slaap nou saans onder 'n bos voor die Wellington polisiestasie. Drie mans van plase in die Hermon-omgewing, Adam Joseph (37), Peter Demas (19) en Martin Baardman (37), is in aanhouding. * A Wellington woman survived a gruesome attack. |
|
|
|
|
MET die betrokkenheid van die Klapmuts Wag in en om die dorp is misdaad in Desember goed in toom gehou. Volgens insp Conrad Loesch is dit veral veediefstal en die diefstal van kragkabels wat afgeneem het terwyl lede van die wag meer as 20 000km gedurende die maand afgelê het. Daar is een arrestasie gemaak op 'n moordklag en vier mans is in hegtenis geneem vir motordiefstal. 'n Man is gearresteer met 'n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit. Nege verdagte huisbrekers is in hegtenis geneem en nege persone is aangehou vir diefstal, ook waar kuikens gesteel is. Twee dronkbestuurders is in hegtenis geneem en vyf persone is aangehou vir dronkenskap. Twee mense is van betreding aangekla, drie vir aanranding, agt vir oproerige gedrag en een vir die rig van 'n vuurwapen. Beslag is gelê op twee gesteelde Isuzu bakkies, twee pistole, kragkabels en 'n vark. Ernstige misdaad het by Klapmuts met 19 persent gedaal teenoor verlede jaar terwyl geringe misdaad, soos dronkenskap, met 111 persent toegeneem het, sê insp Loesch. * Crime decreased with the aid of the Klapmuts Watch. |
|
|
|
|
Om die waarheid te sê, 'n besoek van 'n man of 'n vrou in blou is die hoogtepunt van sy dag. Want dit beteken 'n rit in 'n egte patrollievoertuig, 'n skuimbad by die polisiestasie en 'n lekker vet toebroodjie. Die polisiestasie (in 'n ou woonhuis op |
|
|
|
ondersoek en vir Christo vasgemaak aan 'n tafelpoot in sy ma se huis ontdek het. Eers is die moeder ingeroep, maar in plaas daarvan dat sy aangekla is, het die verduideliking die stasiebevelvoerder, insp Harriet Asia, so geraak dat sy na 'n ander uitweg gesoek het. Christo se moeder is 'n enkel-ouer en om te sorg vir kos op die tafel vir haar vier kinders, is sy verplig om lang dae te werk. Ander raad was daar nie met Christo nie. Sy moes hom vir sy eie veiligheid in die huis vashou. Toe insp Asia die eerste keer vir Christo na die polisiestasie gebring het, was hy so vuil, dat die badwater twee keer uitgetap moes word. Deesdae is die daaglikse besoek van die Polisie en een bad genoeg om Christo skoon - en borrelend van geluk - te kry. Hy gee ook nie eens meer om dat die nuwe grootmensvriende sy erg verbrande lyfie sien nie. Destyds is die wonde nie behoorlik behandel nie, en het sy linkerarm ongemaklik aan sy borskas vasgegroei. 'n Maatskaplike werker het vir die seun aansoek gedoen by die skool vir dowes op Worcester. * Klapmuts Police are taking care of a young boy. |
|
|
|
|
'n TIENER is die naweek deur vier mans verkrag nadat sy en haar vriend in Lantana deur bendelede aangeval is. Die seun is van sy skoene, langbroek en hemp beroof en halfnakend verwilder toe die mans die meisie op 'n oop veld langs Magnoliastraat vasgedruk het. Die meisie en haar vriend was die nag om halfeen van 'n smokkelhuis onderweg toe die voorval plaasgevind het. * Die 54-jarige stiefpa van 'n negejarige meisie is in aanhouding nadat hy die meisietjie einde verlede jaar glo by ses geleenthede verkrag het. Die man is aangekeer nadat die meisie 'n familielid in haar vertroue geneem en die verkragting op die lappe gekom het. * Bergu Naidoo (29) van New Orleans, Paarl-Oos, word aangehou nadat hy aangekla is van die verkragting van 'n sewejarige meisie in haar ouerhuis. Die beskuldigde het glo die nag nadat hy in die huis gekuier het, by haar in die bed geklim. * 'n Klag van onsedelike aanranding word ondersoek nadat die moeder van 'n babameisie van ses maande 'n man by haar dogtertjie ontdek het. Verskeie pornografiese tydskrifte het langs die kindjie op die bed gelê. Insp Mariffa Gordon (807-4000) meen ene Anwar Moses van Pienaarstraat 38, Paarl-Oos, kan haar met die ondersoek behulpsaam wees. |
|||||
|
|||||