safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 24 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 4 March 2005.

Sport


Wicked win for Willemse

[ Top ]


THE Paarl Rotary Club's annual road cycling race was again won by a CVT/CSC rider, even though he crossed the finish line in second place.

The 115km race had its share of controversy after the first rider to finish, was disqualified.

Arno Viljoen of Maties raced to the finish a good hundred paces before the leading bunch, claiming victory in

ALL OUT. Chris Willemse jnr grits his teeth as he sprints for the line, hot on his wheels are Konrad Wentzel and Konrad Siebrits.

dramatic fashion as he tugged and showed off the Matie colours of his jersey.

But even before Viljoen crossed the finish line, an official appeal had been lodged for the disqualification of the Matie rider.

After conferring with race commisaire Eddie Kulsen, Pedal Power officials denied Viljoen his victory by disqualifying him.

"I didn't see it myself as I was escorting the leading bunch, but officials on the route saw Viljoen holding onto a vehicle in order to catch up to the frontrunners, after being left behind with a flat tyre," Kulsen said after the race.

Having heard that the Matie rider was in the wrong the riders in the leading bunch didn't trouble themselves with chasing after Viljoen as he went all out for the finish with some 10km to go.

"We are in contact with the support vehicles and knew that he would be disqualified. So when he started sprinting for the finish line we just let him go," the official winner, Chris Willemse junior, said.

Willemse and runner-up Konrad Wentzel of team Richard Kane, were locked in a sprint for victory at the front of the bunch. He however edged out Wentzel crossing the line a split second earlier in a time of 2:57:42. Konrad Siebrits was third.

Willemse praised his CVT/CSC team mates for the effort.

"The guys did well, seeing as we were only four in the final leading bunch. There was some aggressive attacking all through the race, but we managed to get about five or six of our riders up front," said Willemse.

A group of eight riders pulled away from the rest of the field some 20km before Helshoogte. Wesley Cole, Jason Berry, Graig Butland and Willemse were doing their part for CVT/CSC, while two riders of both teams, GT and Richard Kane, were also in the mix.

Mechanical failure to the bike of Cole, winner of last year's event, put a spoke in the wheels of the CVT team.

"Wesley's bike broke down just before Helshoogte. As he is the sprinter in the team, he was the one to take it to the line," explained Willemse. "Jason Berry is the second fastest, but he wasn't feeling well after the rigorous climb of Helshoogte and it was decided that I should sprint for the finish.

"We were the underdogs in the climb, but we decided to play the waiting game and take it further from there." Willemse added.

"The two riders from Richard Kane tried to box me in as we approached the finish, but I got the perfect wheel and line to take the win. I'm very happy with the team's performance."

Martin Malan of Paarl Cycling Club won the junior category. Jennie Stenerhag was the first woman to finish, followed by Liza Serfontein and Cathy Carstens.

In die 55km mountain bike event Linus van Onselen reigned supreme, followed by Paarlite Jacques Rossouw second and Geddan Ruddock third. In the women's event Hannele Steyn-Kotze once again took the honours, followed by Joritha Prins and Lindsey Chicken.


Paarl-Oos spog met beste sege nog

[ Top ]


DIE eerste span van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag 'n hond uit 'n bos uit geboul om so hul beste oorwinning van die seisoen te behaal.

En dit was die ongelukkige manne van Worcester United wat op hul eie tuisveld aan die ontvang-kant was van die Paarliete se vernietigende vorm.

Hilroy Paules (3/25 in 12bb) en Elroy Abrahams (4/39 in 15bb) het die boulers op 'n streep terug pawiljoen toe gestuur, terwyl Waylin September (0/24 in 15bb) ook baie ekonomies geboul het.

Gevolglik kon die tuisspan slegs 119/9 in hul 60 boulbeurte aanteken.

Die besoekers behaal dié teiken met die grootste gemak én sonder die verlies van 'n paaltjie, danksy Elroy Abrahams (74nun 4x10, 6x2) en Manfred de Kock (29nun).

Dit was veral Abrahams wat die wilgerlat gelooi het en sy donder-houe was grotendeels die oorsaak dat hy vier keer misgevang is.

Paarl-Oos II (235) het ook vir Bergrivier II (190/10) met 45 lopies geklop het.

Kurt Julies (40 4x3), Tiaan Cloete (50 4x6), Werner Erasmus (38 6x3, 4x5), Wayne Minnies (33 4x3 en 3/36 in 11bb) en Justin Watts (4/60 in 14bb) het vir Paarl-Oos uitgeblink.

Lester Hendricks (100 4x17, 6x1 en 4/45) het moedig vir Bergrivier probeer.

Die derde span (256/9) klop Brackenfell (207) op Kraaifontein met 49 lopies.

Urchel Duminy (37), Garland Goliath (36), Gerswhin Davids (35) en Kyle Julies (34) het goeie bydraes met die kolf gelewer, terwyl Carlton Daniels (4/44) en Dale Uys (4/53) met die bal uitgeblink het.

Saterdag speel Paarl-Oos I en II (albei tuis) teen onderskeidelik Hermanus en Oostelikes en Paarl-Oos II weg teen Korrektiewe Dienste.


Boland Soccer's Super League take shape

[ Top ]


CONSISTENT good form during Saturday trials gave Green Hills United Football Club one of the coveted spots in the Boland Soccer Association's Super League.

The team from Groenheuwel edged out Athletico Football Club in the final, beating them 2-0 for the day's top of the log spot.

Although Athletico with 12 points had to play second fiddle to Green Hills (16 points) they did enough to ensure that they will also play in the Super League this season.

These two teams join Double V United (Paarl East) and Saints (Wellington), who have already secured a place in the league, to represent the Drakenstein Soccer Association in the Boland.

The four places in the Boland Premier League which were up for grabs for teams of Drakenstein are now filled by Paarl Pirates (12 points), Vivendi (9), Newtons (8) and Young Strikers (6).

The clubs of Uprising United and Weltevrede who finished with six points each, failed to clinch a spot in the Boland leagues and will thus compete in the local Drakenstein league.

The strikers of Green Hills, Gretchen Solomon (five) and Ricardo Booysen (four) were the leading goal scorers of the day.

Another player who also played well for Green Hills was Pedro Roberts, while Shaun Steenberg, Ronald Cupido, Ricardo Hendricks, Johan George and Rayno Solomon excelled for Athletico.

* The Boland Knock out Soccer Tournament takes place in Worcester on 15 March, followed by the Drakenstein Soccer Association's Easter Tournament from 26 to 28 March.


Boland ontwikkeling prestasie-tabelle

[ Top ]


VIR jare al wonder atlete, afrigters administrateurs en toeskouers hoe goed die prestasies van die atlete is wat voor hulle deelneem.

Boland Atletiek het oor die laaste paar jaar 'n stelsel ontwerp wat die prestasies van atlete objektief en akkuraat kan evalueer, en dit is nou makliker vir belangstellendes om vas te stel hoe goed atlete se prestasies is.

Die stelsel wat in tabelvorm beskikbaar is, word die Atletiek Prestasie Evalueringstabelle (APE-tabelle) genoem en omskep atlete se atletiekprestasies in 'n puntstelsel.

Dit stel die leser in staat om vas te stel of die prestasie van provinsiale of nasionale standaard is. 'n Atleet wat byvoorbeeld 'n prestasie lewer wat 900 punte meet op die APE-tabel behoort 'n medalje te kan wen op die SA Kampioenskappe.

Die APE-tabelle kan prestasies van alle atlete meet tussen die ouderdomme 6 tot 21 jaar in bykans alle items.

Die stelsel is so akkuraat dat dit ook gebruik kan word om tydens byeenkomste te bepaal watter prestasies die beste was.

Die Wes-Kaapse Departement van Sport het ook die APE-tabelle aangewys as die amptelike tabelle waarvolgens talentvolle atlete geïdentifiseer kan word.

Die APE-tabelle verskil van die Absa-tabelle deurdat laasgenoemde 'n aanduiding gee van internasionale standaarde. Die APE-tabelle sal vir 'n proeftydperk in die Wes-Kaap gebruik word, voordat dit landwyd in werking sal wees.


Wellington klap Oostelikes windvoos

[ Top ]


KRIEKETGEESDRIFTIGES kon Saterdag op Wellington met genot toekyk hoe die tuisspan 'n verspot maklike oorwinning oor Oostelikes behaal.

Dit was die derde keer in ses weke dat Wellington teen die span van Kraaifontein kragte gemeet het, en dit was dalk net die vertroudheid met hul spelpatroon wat Wellington van die nege paaltjie sege verseker het.

Ná 'n maklike oorwinning in die 45 beurt kompetisie het Wellington hul voorberei vir 'n verbete aanslag deur Oostelikes in die 60 beurt skild-kompetisie.

Oostelikes het egter weer eens sake vir Wellington vergemaklik.

Die besoekers kolf eerste en kom net nie aan die gang teen die geduldige en akkurate boulwerk van Wellington nie.

Swak houe-keuse het ook 'n groot aandeel daarin dat hulle uitgeboul word vir slegs 115 lopies.

Martin van der Merwe (4/23) en Warren Groeneveldt (2/8) was die boulers wat munt geslaan het uit die ongedissiplineerde kolfwerk.

Wellington ondervind min moeite om die telling te slaan met Jaco Conradie (41 4x3, 6x3) en Albert van der Merwe (51nun 4x7) wat die twee groot ysters voor die penne is. Wellington behaal 119 vir die verlies van slegs een paaltjie.

Swak lig het Sondag op Wellington die tweede span se sake teen Hermanus deurmekaargekrap.

Die tuisspan teken 'n formidabele telling van 273/7 aan.

Dennis Puchert wat slegs in sy tweede wedstryd vir Wellington speel het sonder seremonie onder die Hermanus-boulwerk ingeklim en 'n aanskoulike 113 gemoker wat 12 grenshoue en 'n ses ingesluit het. Hy is goed bygestaan deur Christian Laubscher wat met sy 58, insluitende sewe grenshoue, die veldwerkers na alle uithoeke van die veld gejaag het.

Hermanus begin goed en met die aanbreek van die tweede drink-pouse staan hulle op 150/4. Met nog 21 beurte oor kort hulle slegs 124 lopies. E Abels speel 'n kapteinsbeurt van 53 (4x5, 6x1), en word goed ondersteun deur M Robey (31 4x4) en R Huisamen (32 4x3).

Ná die breek, skrik Wellington skielik wakker en binnekort bevind Hermanus hulself op 170/9 met nog 10 beurte oor. Cedric Williams (4/14), kaptein vir die dag saai verwoesting onder die kolwers. Wellington word egter weerhou van 'n oorwinning toe die speler/skeidsregters van Hermanus om 18:20, ná 58 beurte besluit die wedstryd is verby en Hermanus van die veld lei. Geen argumente kon hul terugkry op die veld nie en Wellington word ontneem van die geleentheid om die laaste paaltjie plat te trek.

Saterdag speel Wellington I (tuis) en II (weg) teen Vredenburg/Saldanha.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]