|
|
 |
 |
|
Arts - Kunste |
 |
Paarlse musici by Kamermusiekfees |
|
|
 |
LEERDERS van die Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl sal aan 'n Internasionale Kamermusiekfees en slypskool vir strykers, blasers en klavier deelneem wat van 16 tot 25 Julie deur die Departement Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied word.
Dit is die eerste fees van sy soort in Suid-Afrika. Die hoofdoel van die fees by die Endlersaal is om musikale interaksie tussen talentvolle jong musici te bewerkstellig deur die vorming van verskeie ensembles.
Deelnemers tussen die ouderdomme van 12 en 28 word die geleentheid gebied om aan 17 konserte deel te neem, asook meestersklasse in kamermusiek te ontvang, aangebied deur Suid-Afrika se voorste spesialiste op dié terrein, sowel as dosente van buitelandse musiekskole.
Die Nasionale Kamermusiekkompetisie vir hoërskoolleerders, wat plaasvind van 16 tot 17 Julie, vorm ook deel van die fees. Die hoogtepunt van die fees is die |
|
|
 |
optrede van die Fees Simfonie-orkes, saamgestel uit die deelnemers en gedirigeer deur dr Jon Robertson van die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles.
Kamermusiekgroepe verbonde aan die musiekdepartemente van die Universiteite van die Vrystaat, Kaapstad en Pretoria, hoërskoolleerders asook ensembles van die Universiteite van Graz (Oostenryk), Zurich (Switserland) en Los Angeles sal deur die loop van die week optree.
Aandkonserte sal gelewer word deur nasionale en internasionale dosente. Verskeie lesings, almal oop vir die publiek, sal ook plaasvind.
'n Uitreikprogram vorm deel van die slypskool. Besoekende oorsese dosente en senior musiekstudente sal skole en musieksentrums in Idasvallei, Kayamandi en Paarl besoek.
Vir meer inligting, skakel 808-2335 of besoek die Departement Musiek se webwerf by www.sun.ac.za/music. Navrae kan ook per e-pos gerig word aan music@sun.ac.za.
Besprekings vir aandkonserte kan deur Computicket gemaak word. Toegang tot etensuurkonserte is gratis. |
 |
|
 |
Ou film draai in Paarl |
|
|
 |
|
 |
'n VIDEOVERTONING van 'Hans die Skipper' word op Donderdag 1 Julie by die Afrikaanse Taalmuseum se Taalkombuis in die Paarl aangebied.
Dit is gebaseer op 'n roman van DF Malherbe, wat deur die regisseur Bladon Peake tot draaiboek en rolprent verwerk is en in 1953 vervaardig is.
Daar sal twee vertonings plaasvind, om 10:00 vir 10:30, en om 18:30 vir 19:00. Leonie Ross, een van die akteurs, sal as spreker optree.
Die rolprent speel af op 'n klein vissersdorpie waar Hans met sy vrou en seun woon.
Hans wil dat sy seun ook visserman word, maar Johan wil nie op die dorpie bly nie.
Hoe die vader-seun-konflik opgelos word, is die hooftema van die rolprent.
Afrikaanse toneeltalent in die persone van André Huguenet, Wena Naudé, Gert van den Bergh, Leonie Ross, Elsa Fouché, Willie Herbst, Albie van der Byl, Frances Coertze, Johan Herbst en Johan Eloff is saamgetrek vir die maak van die rolprent.
Toegang is R10 (ligte verversings ingesluit). Bespreek voor 30 Junie by Malikah by 872-3441. |
 |
|
 |
'Onderweg' is in reiservaring |
|
|
 |
ONDERWEG met Marica Otto en Elna van der Merwe, wat op die onlangse Woordfees in Stellenbosch met 'n staande ovasie begroet is, is vanoggend om 10:30 vm te sien in die Paarlse Meulteater.
Dié topgehalte produksie is 'n vervolg op verlede jaar se 'Tussen die Liefde en die Leegte' waarin die mens se lewensreis "van die wieg na die graf" deur musiek en poësie uitgebeeld is.
In 'Onderweg' kan die publiek splinternuwe toonsettings van Elisabeth Eybers-verse hoor.
Die besonderse mezzo-sopraan, Marica Otto, sing verder ook liedere van Herman van Veen, Kurt Weil, Robert Schumann, Roelof Temmingh, Waldo Malan en Laurinda Hofmeyr.
Kaartjies is by die deur beskikbaar. |
 |
Take picture of Wellington and win |
|
|
 |
THE Wellington Tourism Bureau is running a photographic competition with big prizes for all photography enthusiasts who take pictures of Wellington.
The winners of the competition "I dream of Wellington" will be announced in September (Tourism Month). All pictures must have been taken in Wellington with a Wellington theme.
There are three categories: Wellington people and animals, scenic Wellington and Wellington's heritage then and now. Black-and-white as well as colour prints A4 in size are welcome (not slides). Digital pics must be on a CD.
The entry fee is R1 per pic with a maximum of three entries per category.
The closing date is 20 August and winners will be announced on 13 September. |
 |
Kabaret oor die vrou |
|
|
 |
DIE Hoër Meisieskool Paarl bied vandag en môre "Hoesê, me.Vrou" aan, 'n kabaret oor die rol wat kommunikasie in 'n vrou se lewe speel.
Dit bevat lewendige en stylvolle danse, ou bekende liedjies soos 'New York, New York' (maar met 'n vertolking wat hoendervleis gee), minder bekendes, verwerkings en 'n paar splinternuwes.
Die vertonings, in die stadsaal, begin om 19:00.
Vanaand word dit in konsertstyl aangebied en kaartjies kos R30 (kinders R20).
Vrydagaand se kaartjies sluit 'n driegangmaaltyd, wyn en 'n program in en kos R100.
"Hoesê, me.Vrou" belowe om 'n koue Paarlse wintersaand vuurwarm te maak. Kaartjies en besprekings by die skool, 872-1730. |
 |
Triptiek 'n klankskildery |
|
|
 |
|
 |
DIE Alabama studentegeselskap van Potchefstroom is eersdaags in die Vallei. Hulle tree op 7 Julie in die ouditorium van die Paarl Polisiekollege op en die volgende aand is hulle in die Wellington stadsaal.
In hul nuwe opvoering, Triptiek 2004, word konsertgangers op 'n emosionele en soniese panorama geneem: van gewone, lekker ligte musiek tot uiters eksperimentele vertoonstukke.
Alabama se "Triptiek" het drie dele: in "Divertimento" word die bestaande Alabama styl gehandhaaf, in "Shema" word na 'n meer kontemporêre vokale styl gestreef, en in "Timbila" ontgin Alabama die rykdom van klank deur eksperimenteel sy horisonne te verbreed.
"Triptiek ontgin sanggewys die harmoniese rykdom wat daar in 'n kleiner vokale groep verskuil lê, en poog om dit op 'n wonderlike jong studente- en geestige manier aan die gehoor oor te dra," sê Pieter de Bruin, regisseur van Alabama.
Kaartjies vir die vertonings is teen R35 beskikbaar van Musiklood in die Paarl en André Gilliland Oogkundige (Markpleinsentrum) op Wellington. |
 |
|
 |
Talent, skill and controversy |
|
|
 |
|
 |
OFF AXIS, a special contemporary dance programme consisting of three dance pieces by three of South Africa's top award-winning choreographers including David Gouldie, Christopher Kindo and Robyn Orlin, will run at the Baxter Theatre from Tuesday to Saturday 3 July.
As the title Off Axis suggests, this season of contemporary work aims to invoke and deal with, contentious issues around sexuality, gender and the politics of the body, yet focuses on being entertaining, humorous and accessible.
David Gouldie begins with his Run For Cover piece, which wittily aims to combine moments of poignancy and humour with his unnerving blend of classical and physical theatre styles.
The 'circus-of-life' dance adventure looks at how we identify and stereotype ourselves in an evolving post-apartheid society.
Christopher Kindo, award-winning Capetonian choreographer introduces Black Tide - a work inspired by the notorious oil spill off the Cape coastline.
This work deals with not only environmental abuse, but also abuse often suffered by women who are subjected to stalking and voyeurism.
Robyn Orlin's that's the way the cookie crumbles is the final piece in Off Axis.
First performed in 1996, it has been reworked to include an all-male (rather than all-female) line-up and retitled: that's the way the cookie (is still) crumbl(ing)es.
Performances begin at 20:00. On Saturday 3 July there will be a matinée at 14:30 followed by the 20:00 nighttime finale. To book, call the Baxter Theatre on 685-7880 or Computicket on 083-915-8000. |
|
|
|
|
|
|