|
|
 |
 |
|
Letters - Briewe |
 |
Paarl Mountain still a peaceful paradise? |
|
|
 |
|
 |
TAKE a scenic drive up to Mill Water Wild Flower Reserve on Paarl Mountain to enjoy the natural beauty of the gardens so thoughtfully and excellently designed by our Municipality.
The air is fresh, there is a panoramic view over the valley with breathtaking proteas and wild flowers.
But then the glorious peace is savagely shattered by the cacophany of loud thumping music emitted by two or three vehicles at the braai site.
This discordant racket that is mercilessly inflicted on every other person strolling through the gardens, drowns out the birdsong and chatter of insects and completely destroys what should be a restful sanctuary,
Sure, there is a sign "low noise zone", a symbol prohibiting the use of radios, but no one is enforcing it.
Surely nature is synonomous with peace and we need to be protected from those who deny others the right to enjoy the tranquil music of nature in a peaceful setting?
The two or three individuals who force that aggravating noise on everyone else are free to play their music at home.
I have a few suggestions: that signage is more emphatic, prohibiting music completely, that the braai area is closed off to vehicles, that spot fines are instituted and implemented and that a small fee be charged for the use of the braai area to cover the cost of employing an overseer.
Please Municipality, don't allow this desecration of our precious nature-lovers paradise.
Linda Caddick |
 |
|
 |
Wingerd uitgehaal |
|
|
 |
EK wil graag reageer op "Bekommerde Paarliet" se brief "Wingerde Uitgehaal" (Paarl Post, 17 Junie).
Sonder om 'n mening uit te spreek oor waarom wingerde uitgehaal word (dit kan eenvoudig wees vir vervangingsdoeleindes), wil ek tog vra of die skrywer glo dit is die plig van plaaseienaars om "ons pragtige groen dorp" te bewaar?
Ek vra dit veral in die lig van die berig, "Property Tax on Farms", wat bevestig dat dorpsplaaseienaars belas word teen meer as dubbeld die koers waarteen "buite-plase" belas word.
Om "Bekommerde Paarliet" aan te haal: "Hoe rym dit? Is dit geldgierigheid of wat? Ek vra maar net."
Baie bekommerde plaaseienaar |
 |
Landspoedrekord gebreek |
|
|
 |
EK het nog nooit gekla oor die toestand van die Paarl se Hoofstraat nie, want ek ry liewers oor berge en dale. Nou is die padoppervlak so gelyk dat almal 'n nuwe landspoedrekord wil opstel.
Stopstrate is net swaar op bande en ore soos die jaagduiwels spartel om op te styg. Dink net elke 100m vir 'n nuwe 0 tot 100km/h rekord.
Leer by ander. Somerset-Wes se Hoofstraat, met sy sirkels en platformpies (soos in ons eie Mollstraat) kalmeer die verkeer.
Veilig, sonder jaagduiwels sal toeriste en plaasli-kes die kans kry om ons pragtige geboue te bewonder sonder om uit die pad van die meteorietereën te bly.
Deesdae land motors selfs op stoepe!
Johan Beck |
 |
Wit olifant weier lisensies, nog nie op die been nie |
|
|
 |
|
 |
EK het met groot opgewondenheid in die Paarl Post verneem van die nuwe masjien wat die verkeers-toetsstasie in Daljosafat aangeskaf het.
Die foto was geneem by die amptelike ingebruikneming, het ek verstaan.
Wonderlik, nou kan jy jou foto's en jou vingerafdrukke net daar laat neem - alles met een masjien.
Die hele proses, wat normaalweg ure se toustanery gekos het, sou nou in tien minute afgehandel word.
Of so het die berig gelees.
Maar watter teleurstelling. Toe ek by die verkeersdepartement aankom - sonder foto's - is ek maar weer onverrigtersake daar weg.
Die masjien is 'n wit olifant. Dit kan nog nie gebruik word nie, want die personeel moet eers opgelei word.
En dan moet die sentrale rekenaar nog gekoppel word.
Wanneer? Nee, dit kan niemand sê nie.
So aan alle voornemende lisensie-uitnemers: onthou om julle foto's voor die tyd te laat neem en saam te dra. En maak julle reg vir die toustaan.
Niks het verander nie, behalwe dat daar 'n grote stuk nuwe tegnologie stom in 'n hoek staan.
Ook stom
'n Munisipale woordvoerder reageer: Die masjien is op 'n proeftydperk by die toetsstasie. Probleme word nou uitgeskakel en personeel opgelei. Binnekort sal die rekenaar parallel met die handstelsel gebruik word vir data, foto's en vingerafdrukke. Daar word verwag dat die nasionale departement van vervoer teen die einde van die jaar magtiging sal verleen vir die ingebruikneming, ná koppeling aan 'n sentrale rekenaar. |
 |
|
 |
Hoekom moet boere alleen hiervoor betaal? |
|
|
 |
|
 |
EK reageer graag op die brief deur "Bekommerde Paarliet" in die Paarl Post van 17 Junie oor die uitkap van wingerd vir huise.
Waarom het al die inwoners in die Paarl die reg om te maak met hul eiendom wat hul wil behalwe die boere wat derduisende rande aan eiendomsbelasting betaal en boonop sorg vir honderde families?
Die plaaseienaar in Napierstraat het miljoene vir sy grond betaal wat hy onmoontlik nie uit wingerdbou kan probeer verhaal nie. Dit is dus sy reg om inkomste uit 'n ander bron te realiseer.
Dis nie van geldgierigheid dat gedeeltes van die onwinsgewende wingerdgrond ontwikkel word vir behuising nie, maar wel ter wille van oorlewing - beide om die plase te kan bekom, en werk te voorsien aan die arbeiders.
Die tafeldruifbedryf in die Paarl wurg al etlike jare en dit is slegs deur alternatiewe inkomste-genererende pogings dat hulle tot 'n mate behoue sal kan bly.
Terselfdertyd voorsien hierdie ontwikkeling om die groot nood wat daar tans bestaan in die Paarl vir boupersele.
Huiseienaars is gedwonge om uit te wyk na Wellington, Franschhoek, Pearl Valley en Boschenmeer en met die hoë brandstofpryse word dit al hoe duurder om by hul werk en die kinders by die skole te kom.
Paarl is omring deur 'n rykdom van berge en bome. Verlustig uself eerder hierin eerder as om u blind te staar teen die wingerde. Ons dorp moet ontwikkel, ons besighede en nywerhede ly geweldig onder stagnasie van ons dorp. Die munisipale ekonomie vind bitter min baat by "toerisme" en "natuur- bewaringsbewuste mense".
Dis die inwoners wat die koffers vul, dus moet daar meer huise gebou word en is die enigste grond beskikbaar die dorpsplase wat nie meer 'n bestaan kan maak nie.
Let asseblief ook daarop dat wingerde nie noodwendig uitgehaal word vir behuising nie. Wingerdstokke moet elke 15 tot 20 jaar vervang word en weens die benarde tafeldruifbedryf tans, skakel baie boere oor na wynwingerd.
S Redelinghuys |
 |
|
|
Munisipale koffers bly droog |
 |
Editorial |
 |
|
|
 |
|
 |
IN die Drakensteingebied bly die munisipale koffers droog. Die skuld van die inwoners staan nou al op 'n reusagtige R112 miljoen.
Binnekort gaan die bom bars, want die infrastruktuur sal nie met die bevolkingsgroei kan tred hou nie.
Verlede week se oorstromings het getoon dat die waterpype en afvoerslote onvoldoende is, en nie aangepas is met die instroming van nuwe bewoners nie.
Die rede?
Daar is nie geld nie, want mense betaal nie vir die dienste (riolering, water en vullisverwydering) wat hulle gebruik nie.
Maar daar is altyd geld vir sigarette en drank, en soms selfs sommer vir televisie met 'n satellietskottel.
Dikwels staan daar langs die kleinste huisie die grootste blink motor - maar vir die plaaslike owerheid wat moet sorg dat die stormwater weggevoer word, die vullis verwyder word en die paaie gebou word, is daar nie geld nie.
Dan kla mense omdat hul huise onder water is. Daar is nie geld om die stormwaterpype te vergroot en die verstopte slote skoon te maak nie.
Die minste wat jy as huisbewoner kan doen, is om te sorg dat jou omgewing netjies is en die dreins skoon.
En dat jy die Munisipaliteit, op wie se nommer jy druk as die slote oorstroom en die vullis ophoop, niks skuld nie.
Die regering se verkiesingslagspreuk was 'n beter lewe vir almal, maar as ons nie vir dienste betaal nie, sal ons nooit uit die groef van ellende kom nie. |
 |
|
|