safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 24 June 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 July  2004 at 17:30

Aida

People - Mense


From Russia for  love

Susan Botha

[ Top ]


AFTER three weeks Peet asked her to marry him and she never went back to Russia, except for a visit...

Thus started Margo Stepanenko's romantic South African tale.

Margo was born in the Ukraine and grew up in the city of Odessa, on the shore of the Black Sea. Her father was a colonel in the Russian military, now retired. She is a trained teacher who taught at the

wpeetFC

IN LOVE. Margo and her husband, Peet Neethling.

"Russians love to meet friends, usually over a meal and brandy or vodka. They talk a lot and enjoy music."

Furthermore, the physical features of her new countrymen also remind her of Russians.

"The Afrikaans people look very similar to Russians - the men are also big, like a cupboard."

Most of her friends are Afrikaans and while she is still shy to speak Afrikaans, she has no difficulty understanding the language.

Margo now also speaks good English - a subject she took in school but didn't learn to speak well.

"We lived in a cocoon on political level."

However, she worked for two years on a cruise ship as hostess, travelling the world and also improving her language skills.

Margo went to Russia two years ago to visit her father. "My mother died six years ago and my father has a heart problem, so it is not good for him to travel so far.

"I have no brother or sister. In the socialist system life was not so easy, so many people didn't have big families."

In the meantime she is enjoying her new country, family and friends.

"I am into art, while Peet is an outdoor person," she says about their compromises. Peet now visits art galleries, ballet, opera and music concerts with her.

"He introduced me to hiking, camping, rafting and horse-riding, and I enjoy it all!"

You can contact Margo at 084-580-2444.


Oud-Bok in skeihof

[ Top ]


DIE bekende Paarlse rugbyspeler, Tinus Linee (34), en sy vrou Hybré (29) se weë het na meer as tien jaar geskei. Die egpaar, wat in Denneburg woon, is onlangs amptelik geskei.

Linee werk by die WP Rugbyakademie en het op sy dag vir die WP en Suid-Afrika uitgedraf.

Volgens Hybré het die egpaar reeds aan die begin van die jaar besluit om te skei omdat daar "geen kommunikasie meer" in die huwelik was nie. Die egpaar het 'n tienjarige dogter.

Hulle is nou van bed en tafel geskei, maar woon steeds saam in hul woning, wat reeds verkoop is, omdat elkeen nog afsonderlike verblyf soek.

"Ons word nog dikwels saam gesien, omdat Tinus onlangs sy arm erg gesny het, en nie kan motorbestuur nie. Ek moet hom nou rondkarwei na die bank en sulke plekke.

"Maar ek wil nou my eie lewe begin lei, en wil nie hê mense moet my skeef aankyk as ek uitgaan nie. Daarom wil ek hê almal moet weet ons is nie meer getroud nie.

"Ek, my dogter en my ma (wat by ons bly) sal nou in 'n woonstel gaan bly."

Hybré bemark skoonheidsmiddels en sal dus slegs onderhoud vir hul dogter ontvang.

"Ek is steeds hartseer dat dinge nie uitgewerk het nie, maar ek is tevrede met my besluit om die huwelik te beëindig. Tinus het geen beswaar gehad nie," het Hybré aan die Paarl Post gesê.


Wellingtonse sportman sterf

[ Top ]


'n BEKENDE Wellingtonse sportman en pa van twee jong kinders het verlede week gesterf toe sy motor op die N1 teen 'n paal gebots het.

Phillip van der Merwe (38) van Stadsig was verlede Donderdag net na middernag op pad huis toe, toe hy in digte mis vermoedelik vir 'n voetganger uitgeswaai het.

Hy het by die afrit na Brackenfell beheer oor die motor verloor voordat die voertuig deur die middelmannetjie gebars, gerol en teen 'n paal vasgeslaan het. Hy het op slag gesterf, steeds vasgegordel en met die ontplooide lugkussing.

Van der Merwe was Wes-Kaapse versekeringsbestuurder van Standard Bank. Hy het in Kaapstad gewerk.

Hy en sy broer Martin was ook vennote in die Wellington en Stellenbosch takke van die skoenwinkel, Tekkietown.

Die ongeluk kom skaars ses maande ná die paddood van die bestuurder van Wellington se Tekkietown, Vicus van Lill.

Vicus (21), 'n oud-Hugenoter, is die seun van Phillip se suster Annette. Hy was op pad om in Upington 'n skoenwinkel te open toe hy net anderkant Brandvlei verongeluk het.

Phillip, ook 'n oud-Hugenoter, het as sportman uitgeblink, as rugby-heelagter vir Boland en Noord-Natal en Boland krieketspeler en nou op die veld vir die Wellington Dukes.

"Hy het geraak aan mense," het 'n familielid hierdie week gesê.

"En nie net omdat hy ses voet ses lank was nie, maar omdat hy so vir ander omgegee het."

Hy word oorleef deur sy vrou Dilize en sy kinders Ian (hierdie week 10) en dogtertjie Zana (4), sy broer Martin, en sy susters Marina Puchert van die Paarl, Erica Viljoen van Durban en Annette van Lill van Redelinghuys.

Die herdenkingsdiens is vandag om 11:00 in die NG Kerk Wellington-Oos.


Wynand Malan ter ruste

[ Top ]


DIE bekende oud-parlementslid van die Paarl, Wynand Malan (91) van die plaas Solomonsvlei, is Dinsdag begrawe.

Malan was 'n bekende plaaslike boer wat in 1958 tot die parlement verkies is vir die Nasionale Party en 25 jaar gedien het.

Sy opvolger, Giel Marherbe, het van Malan gesê: "Hy het hoë agting afgedwing en was 'n ware 'gentleman'. Hy was 'n behulpsame, gelowige persoon wat omgegee het vir sy kiesers.

"Jy kon staatmaak op hom. Hy was ook 'n goeie boer wat tafeldruifontwikkeling gedoen het en 'n puik Fries-kudde opgebou het."

Malan se vrou Elise het hom in 1996 ontval, waarna sy gesondheid agteruitgegaan het.

Hy is Saterdagoggend op die plaas oorlede waar hy sy hele lewe gewoon het.

Hy word oorleef deur sewe kinders, waaronder dr Esther Lategan van Stellenbosch en oud-atleet Danie wat op die familieplaas boer, asook 21 kleinkinders en sesagterkleinkinders.


En toe was daar nege

[ Top ]


DAAR is nog... Dit was die veearts se verbaasde woorde toe nege Engelse Bulhondjies onlangs by die Paarl Dierehospitaal met behulp van 'n keisersnee in die lewe gebring is.

Die Reinke gesin van St Francislaan in Noorder-Paarl is nie min trots op die nuwe toevoegings tot die gesin nie.

Louis Reinke vertel bulhonde kry gewoonlik maar vier tot vyf kleintjies, en nege is uitsonderlik.

Wat dit 'n klein wonderwerkie maak, is dat ma Bella kunsmatig geïnsemineer was. Volgens die veearts bied kunsmatige inseminasie gewoonweg net 'n 50% kans vir sukses.

Dit is die eerste kunsmatige inseminasie wat die veearts doen, wat soveel kleintjies opgelewer het.

Nou is dit natuurlik pajamadril vir die hele gesin.

Bulhonde is nie altyd goeie ma's nie en almal moet help keer dat Bella nie per ongeluk een van die kleingoed doodlê nie.

* A Paarl family could not believe their eyes when their bulldog had nine puppies after caesarian section.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]