safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 24 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 July  2003 at 17:00

Arts - Kunste


Sanggroep presteer

[ Top ]


wmanneFCDIE plaaslike R&B groep, Unexpected, was die naaswenners van die Tygervalleisentrum se Cover Version-sangkompetisie wat deur Smarter Image aangebied word.

Die groep het pryse van R8000 gewen. Dis hul eerste kompetisie, maar sekerlik nie hul laaste nie, sê die manne.

Die lede van die sanggroep is Mark Albanie, Sidwill Beziek, Gavin Gabé, Aldrin Martin en Anwill van Wyk.

Sidwill het ook die tweede plek behaal in die solo-afdeling vir mans en pryse van R2000 losgeslaan.


Don't miss this

[ Top ]


THE Makendast Theatre Ensemble presents a exciting revival of Reza de Wet's text Crossing, known in Afrikaans as Drif.

The play about forbidden sexuality, shattered dreams and hidden wings will be presented in Stellenbosch at the Klein Libertas Theatre on Thursday 31 July, Friday 1 August and Saturday 2 August. It is a neo-absurdist transportation into the supernatural recesses of a story retold, relived many times before. These characters have certainly freed themselves from their maker's mind! The play stars Erica Wessels as Hermien, Leigh Graves as Sussie, André Weideman as Maestro and Jenny Stead as Ezmerelda.

Tickets are R30 at the door, R20 for students. Book at 883-8164 or phone 082-895-9037.


Groot makietie

[ Top ]


NOORDER-PAARL SEKONDêR vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Die Oudstudente-unie het 'n reeks interessante aktiwiteite gereël, bo en behalwe die program wat die skool self aanbied.

Op Vrydag 22 Augustus vind die Oudstudentedans plaas in die Huguenot-gemeenskapsaal. Die musiek word deur die Strand Combo verskaf en 'n beperkte getal kaartjies is nog beskikbaar.

In September word 'n saamtrek gereël waar oudstudente vereer sal word vir hul sport, kulturele en akademiese prestasie oor die afgelope 50 jaar.

Die feesprogram word afgesluit met 'n gesamentlike poging tussen oudstudente en die huidige skoolgemeenskap op Saterdag 1 November.

Belangstellende oudstudente kan skakel met Albert Kulsen (082-454-7363), Roland Bastian (862-2761), Davy Marquard (862-1802), Robbie Fortuin (862-5268) of Glen Samaai (862-9477).

Besonderhede oor die skool se program is beskikbaar by die skool (872-7061).


Wil jy skryf?

[ Top ]


Boland Skryfhuis, 'n uitbreiding van Pretoria Skryfhuis, bied nou 'n unieke kursus in die skryf van langwerk (roman/novelle) aan op Franschhoek.

Die kursus neem die student vanaf die konsepsie van die idee deur al die dissiplines en fases van skryf  tot by die afronding van die manuskrip.

Die student ontvang ook by voltooiing van die kursus drie gratis demonstrasieboeke, behoorlik gebind in volkleur sagtebandomslag.

"Ondervinding het ons geleer dat 'n kursus van hierdie aard nie in 'n klaskamersituasie of deur middel van korrespondensie aangebied kan word nie," sê Annami Simon, die aanbieder van die kursus in Franschhoek.

Boland Skryfhuis onderneem ook die gratis evaluasie van manuskripte. Annami kan geskakel word by 876-3321 of 083-402-7293.


Glansaand vir die Paarl

[ Top ]


DIE nuwe Rappin' Donkie CD, Turbo Donkie, gaan op Woensdag 3 September tydens 'n glansgeleentheid in die Huguenot gemeenskapsaal in die Paarl bekend gestel word.

Verlede jaar het meer as 500 mense die vrystelling van Ameen se vorige CD bygewoon.

Ameen Rappin' Donkie Levy se nuwe CD bevat twaalf snitte waarvan vier reeds baie gewild is onder die mense: Turbo Donkie, Wyn, Gooi kinders gooi en Die son.

Levy is ook baie opgewonde oor sy vriend Leonard Koza se nuwe boek, Die Gazoem vannie Township, wat dieselfde aand die lig sien.

Dit is sover bekend die eerste boek met township-stories wat in Afrikaans verskyn.

Die aand gaan opgevrolik word met 'n verskeidenheid kunstenaars, soos die groep Tjommies, die gewilde Leon Beukes, Fire Ball, Too Much, Annemarie Scott, die Sacred Five en die Endurance Brass Band.

Enigeen wat die show wil bywoon, kan Marie skakel by 862-1618 of 083-398-7718.


Digtersaand

[ Top ]


DIE Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl bied vanaand om 19:00 'n Ingrid Jonker-aand aan met Petrovna Metelerkamp en Braam de Vries.

Daar sal ook 'n videovertoning oor dié bekende digteres se lewe wees.

Kaartjies is R50 elk by Malikah, tel 872-3441.


Uitstalling

[ Top ]


'n UITSTALLING van die werk van Wellington kunstenaar Ronald M West (jnr) open môre om 19:00 in die Wellington museum.

Die museum is weeksdae en Saterdagoggende oop. Die uitstalling sluit op 8 Augustus. Navrae by die museum (873-4710).


Manchester girls at Barnyard

[ Top ]


THE Manchester Girls' Choir will be performing at the Barnyard Theatre at Bridge House School in Groot Drakenstein on Tuesday 29 July.

Manchester Girls' Choir enjoys a reputation as one of the leading Youth Choirs in the north west of England, providing opportunities for girls from the age of seven years through to adults.

The Choir has achieved many prizes in competition, at national and international festivals with notable success at the highest choral levels.

The choir gained awards at the 'Arezzo Choral Competition (Italy), Radio 3's 'Let The People Sing', BBC TV North West's 'A Grand Sing' and the coveted International Trophy at Llangollen International Musical Eisteddfod in the Ladies' Choir class and Youth Choir class.

Manchester Girls' Choir is supported by the Manchester City Council Education Music Service, regarded as one of the finest music education agencies in the UK.

For bookings, contact Robyn on 874-1505 or e-mail theatre@bridgehouse.org.za.


Christaline mik na die sterre

[ Top ]


NOG 'n talentvolle sanger van die Paarl, Christaline Dampies, is besig om geld in te samel vir die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat in Oktober in Los Angeles plaasvind.

Christaline het drie goue medaljes verwerf by die Suid-Afrikaanse finaal (vir R&B, Pop en Oorspronklike Liedjie).

Sy is 'n bekende naam in die Paarl en het onlangs die Tygervalleisentrum se Cover Version-sangkompetisie wat deur Smarter Image aangebied word, gewen.

Sy het ook twee silwer medaljes verwerf in Sanlamsentrum se Sang- en Danskompetisie.

Vroeër vanjaar was Christaline in die nuus toe sy 'n derde plek in Hansa Pilsener en Metro FM se liedjieskryfkompetisie behaal het. Die talentvolle meisie het ook al die KWV Talentkompetisie gewen.

Maar nou sit Christaline letterlik hande in die hare: sy het sowat R44 000 nodig vir die Wêreldkompetisie en sy en haar ouers werp alles in die stryd om dit bymekaar te skraap.

Op Vrydag 8 Augustus is daar 'n skemeronthaal ten bate van haar by Nelson's Creek. Kaartjies teen R60 is beskikbaar van haar ma, Sharon, by 082-965-9017 of 868-1833, of skakel Victor Titus by 869-8453.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]