safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 24 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 July  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Motoris se skaamtelose optrede skok

[ Top ]


EK skryf na aanleiding van "Diereliefhebber" se brief in Paarl Post van 10 Julie.

Hier in die Paarlse Hoofstraat, waar ek woon, is al so baie honde reg voor my deur raakgery of doodgery en nog nooit het iemand gestop nie.

Dié wat dood is, het ek begrawe en die beseerdes het ek probeer help.

'n Paar weke gelede, op 'n koue, winderige nag, ongeveer twaalfuur, was ek in die bad. Skielik was daar 'n slag en 'n vreeslike getjank.

Ek het uitgegaan en op die sypaadjie het 'n klein wit bondeltjie gelê.

Toe ek nader gaan, het sy probeer opstaan, maar haar ou lyfie was lam. Ek het haar huis toe geneem en warm toegemaak. Sy het die hele nag getjank en gekerm, maar ek kon nie eens vir haar 'n ou pilletjie inkry nie.

Vroeg die volgende oggend het ek haar na Markstraat se veeartse geneem. Ek het geweet as iemand nog iets vir haar kon doen, dan is dit hulle.

Sy het egter inwendig seergekry en is nog dieselfde dag dood.

Al was sy nie myne nie, het ek gehuil oor die onnodige dood van 'n onskuldige diertjie.

M van Wyk


Why are traffic regulations not enforced?

[ Top ]


MOST of us are unable to cope with the pressures and strain of life in the 21st century. This is underscored by the emergence of 'new' personality and behavioural disorders. 

While psychiatrists and psychologists are blaming incidences of things like road rage or our inability to cope with the strain of modern life, authorities also stand accused of their failure to serve. 

Coupled to slackness in law enforcement agencies is the atrocious condition of most South African roads and vehicles obviously non-roadworthy yet happily plying the highways and byways.

Among the traffic stressors are: drivers with severe driving impediments; determined and intentional transgressions; and dereliction of duty (traffic officials 'turning a blind eye').

The strain on the structural integrity of our vehicles is the numero uno reason why South Africans pay more for maintenance than any other developed country. 

Why are we suffering the authorities non-provision of services? Are we not entitled to enjoy stress-free driving experiences - paying through the nose as we are for petrol and other?

The authorities lack the muscle to enforce 'zero tolerance' of obvious and flagrant traffic violations. 

A German friend assures me most South African drivers' licences would be revoked and their vehicles impounded. 

Perhaps draconian enforcement of current traffic laws would beget a safer environment. 

But until then many of us will succumb to road rage - either as victim or as perpetrator and every incident is a finger pointing at the authorities' inability to protect the South African driver. 

B Britz


Waar is Klapmuts se gratis elektrisiteit?

[ Top ]


DIE gemeenskap van Klapmuts wil graag weet hoekom inwoners van dié dorp nie 20 gratis krageenhede per maand kry, soos op ander dorpe nie?

Die Klapmuts-gemeenskap voel dat ons verneuk word en dat ons voorreg van elektrisiteit deur andere benut word.

Ons wil ook weet:

* Hoekom is Klapmuts se beligting so swak?

* Hoekom moet ons self grafte grawe?

* Hoekom kry ons nie die eerste 100Kl water gratis soos op ander dorpe nie?

DR van Wyk, DH Mentoor

Pieter Loftus, skakelbeampte van Stellenbosch Munisipaliteit, reageer: Klapmuts kry elektrisiteit sowel as straatbeligting van Eskom.

Eskom gee nie afslag nie, maar Stellenbosch Munisipaliteit gee wel afslag op water en belasting.

Afslag word slegs aan persone gegee wat daarvoor kwalifiseer en is oor die algemeen heelwat meer as dié van Kaapstad en sommige dorpe.

Sowat 590 gesinne van die 850 gesinne in die nuwe huise op Klapmuts kwalifiseer reeds vir hierdie afslag nadat hulle aansoek gedoen het daarvoor.

Die begraafplaas is in private besit van 'n kerk en die arbeid vir die grawe en toegooi van grafte word nie verskaf nie.


Bainskloofpas is glad nie so skoon nie

[ Top ]


ELKE Sondag tussen 08:00 en 09:00 stap ek uit Wellington na Eerste Tol of van Eerste Tol na Tweede Tol, gewapen met 'n swart sak en 'n wil om die pas skoon te maak sodat dit vir die dag 'n bietjie beter kan lyk vir die reisigers deur ons mooi natuur.

Soms stop motoriste, motorfietsryers en fietsryers by my en gesels dan land en sand asof ons ou vriende is. Ek deel altyd die bietjie wat ek weet oor ons pas en sy geskiedenis met almal wat belang stel.

Ek  kry ook baie navrae oor die gebied, staproetes en eetplekke.

Ek doen dit reeds vir drie maande en ek wil graag weet watter pas of watter deel van Bainskloofpas skoongemaak was deur die groep manne wie se foto so groot gepronk het in die Paarl Post, want die pas wat ek elke Sondag stap, is nog baie vuil.

Dan wil ek ook weet wie die Vriende van Bainskloof is, want ek sien nooit mense in die pas wat skoonmaak of iets doen vir die pas nie.

My naam is Lucas en my selnommer is 084-673-1233 en as die weer dit toelaat sal julle my sekerlik êrens in die pas raakloop tussen 08:00 en 12:00 op 'n Sondag.

Almal is welkom om saam te kom stap en veral die groep skoonmakers, hulle leier en ook die Vriende van Bainskloof. Wat ek geleer het in my lewe was: "Wees 'n groot doener en nie 'n groot prater".

Lucas


Misdaad in Suid-Afrika bekommer baie

[ Top ]


ONS woon in Amerika, naby Boston, en het onlangs Suid-Afrika besoek met 'n drieweke-vakansie. Dit was regtig lekker en dit was nie lekker om te groet nie. 

Weereens dankie aan Paarl Post vir julle wonderlike koerant op die web. Dis lekker om Afrikaans te lees en nuus uit jou tuisdorp te       kry.

Die Paarl is nog mooier as ooit te vore met so baie veranderings sedert ons drie jaar terug verhuis het. 

Suid-Afrika is eenvoudig die wonderlikste land, ons het omtrent trane afgevee terwyl ons daar was. Ons mis ons land en sy mense geweldig. 

Dis net jammer dat die geweldsyfer nie afgeneem het nie. Ons het so baie stories gehoor by vriende en familie van huisinbrake en ander misdaadprobleme. Dit is jammer. 

Hier in Amerika, net buite Boston, weet mense nie van diefwering en inbrake nie. Dit gebeur wel, maar dit is glad nie algemeen nie.

Marius Lategan


Vuil Wellington winkelkompleks is 'n doring in die vlees

[ Top ]


EK wil my ontevredenheid uitspreek oor die toestand buite die Weltevrede Kwik Spar in Wellington.

Die winkelkompleks word goed ondersteun deur die Van Wyksvlei gemeenskap, maar vandat die winkel bestaan, was daar nog nooit opgeruim of skoongemaak rondom die geboue nie.

Die gras staan 'n meter hoog en die plastieksakke, glas en papiere lê die hele wêreld vol.

Daar is ook 'n drankwinkel wat deel uitmaak van die kompleks.

Leë drankbottels wat die drankwinkel nie vir 'n deposito terug- neem nie, word sommer summier stukkend gegooi aan die agterkant van die gebou.

Nie net is dit ontsierlik nie, maar iemand kan ook met hul kaal voete daarin trap en hulself lelik beseer.

Sakke met huishoudelike vullis word ook nou daar gegooi, want niemand (nie eens die eienaars van die spesifieke gebou) gee aandag daaraan nie.

Ek wil net graag 'n versoek rig aan die eienaars om so bietjie rondom die gebou te loop om die haglike toestand te sien!

Voor die koms van die kompleks was dit nie die geval nie.

Die winkel is tot laat oop, maar is dit te veel gevra om julle buiteligte aan te skakel saans, sodat julle kliënte in veiligheid winkel toe kan kom en gaan?

Of is ons maar net goed genoeg om julle te ondersteun?

Ek dink dat julle net die winkel bedryf om julself te verryk en absoluut geen belangstelling toon in julle kliënte se veiligheid en gesondheid nie.

Ek en die gemeenskap sal julle dophou en van tyd tot tyd opvolg en julle vermaan oor die toestand van julle plek, totdat julle besef dit is nodig om iemand aan te stel om permanent die plek skoon te hou (of is dit te veel gevra?)

Ontevrede inwoner


Dankie vir Verkeer se flinke diens

[ Top ]


SO dikwels lees ons berigte van mense wat hulle tuismaak waar dit nie mag nie - onder brûe en ander oop ruimtes. Hierdie tuismakery lei dikwels tot frustrasie van inwoners van die gebied.

So was dit ook die geval toe daar een oggend met dagbreek vasgestel is dat 'n groep hulle oornag aan die oostekant van die Markstraatbrug langs die Bergrivier in die Paarl ingegrawe het.

Ek het die Verkeersafdeling geskakel waar 'n vriendelike mnr Solly van der Heever my beloof het om dadelik aandag aan die probleem te skenk.

Die uitslag: 20 minute later is die ongewenstes deur die manne van die Verkeer en die SAPD verwyder en die plek opgeruim.

'n Handvol vere en pluime vir hierdie flinke diens. Laat die doemprofete kennis neem en ophou om die manne en vroue in uniform negatief te bejeën.

Kobus Bester


Dankie aan al die hulpvaardige omstanders

[ Top ]


MET hierdie brief wil ek net baie dankie sê aan die bedagsame pendelaars op die 16:10 trein vanaf Kaapstad na Wellington op Vrydag 11 Julie.

Terwyl ek probeer het om 'n venster in die kompartement oop te maak, het ek 'n spier in my rug verrek.

Dit was verskriklik pynlik en ek kon skaars beweeg.

Die omstanders, veral die Paarliete, het alles gedoen om my gemaklik te maak en te help.

Een man, wie se naam ek nie ken nie, het selfs vanaf sy selfoon die ambulans gekontak en aangebied om al my bagasie huis toe te neem en my vrou te verwittig van die voorval, wat hy ook dan gedoen het.

Op Bellville-stasie het die sekuriteitsbeamptes my van die trein gehelp en het die ambulans my daar kom haal.

Ek is hulle almal innig dankbaar.

Dankbare Paarliet


Redaksioneel:

Wie se skuld is dit?

[ Top ]


PRAAT ons van verkeersongelukke, word die vinger outomaties na bestuurders gerig - hulle is onverskillig, nalatig en onbekwaam.

In baie gevalle is dit ook waar, maar ons voetgangers moet ook 'n slag die spieël na hulself draai.

Ry net 'n slag deur die Paarlvallei en sien hoeveel mense steek die pad oor net waar hulle wil en sonder om links of regs te kyk vir 'n motor.

Net omdat jy jou kop wegdraai van die aankomende verkeer beteken nie jy kan nie raakgery word nie.

Hierdie slegte gewoontes word ook dikwels van kleins-af aan ons kinders oorgedra.

Baie grootmense redeneer dat hulle maar 'n oortreding kan begaan met 'n kind aan die hand, want hulle kan berekende kanse waag.

Wat hulle buite rekening laat, is dat daardie kind dieselfde kans gaan waag as hy alleen is - en dit kan noodlottige gevolge hê.

Nog 'n eindelose bron van frustrasie vir bestuurders, is voetgangers wat hulle nie steur aan verkeersligte nie.

Dit is sekerlik moeilik vir mense wat nog nooit self agter 'n stuurwiel gesit het nie, om die gevare van motors te besef.

Wat egter soos 'n paal bo water staan, is dat ons mense 'n groot gebrek het aan verkeersopvoeding. Daar moet werk van gemaak word om ons kinders padvaardig te maak om verdere padsterftes te vermy.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za