safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 24 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 July  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl



JONG MODELLE. Hulle is nog net twee jaartjies oud, maar Oyintanda Madlebe (links) en Corné Odendaal van Trompie Preprimêr het onlangs as modelle opgetree tydens 'n modeparade en oggendtee gehou in die stadsaal.
 

wmodels

Rubberbote vir Kansa

[ Top ]


DIE twaalfde agtereenvolgende Bergriviervaart ten bate van Kansa begin Woensdag in die Paarl.

Die Ou Mutual Gesondheidsorg/Comparex Africa Bergriviervaart vind vanjaar van 30 Julie tot 3 Augustus plaas.

Nege rubberbote met 26 vrywilligers sal Woensdag om 09:00 by die Markstraatbrug in die Paarl wegtrek om oor vier dae en 230 km geld vir Kansa in te samel.

Die spanne word die oggend om 10:00 deur Niamat Gamaldien, direkteur van die Kankervereniging, afgesit. Sy sal ook 'n krans in die Bergrivier neerlaat ter nagedagtenis van almal wat die afgelope jaar aan kanker gesterf het.

Sy sal bygestaan word deur die burgemeester van Drakenstein, raadsheer Herman Bailey, asook Zizwe Mango van Ou Mutual Gesondheidsorg.

Meer as R520 000 is reeds deur die jare só ingesamel en vanjaar is die mikpunt R150 000. Hiervan het die twee borge reeds R60 000 elk bewillig.

Bekendes wat vanjaar die vaart meemaak, is oud-Springbok rugbyspeler Schalk Burger, asook sakeman Johan Pauw van die Paarl.

Die Stormers rugbyspelers Daan Human, Adri Badenhorst, Tjoepie van den Heever en Hendrik Gerber sal die eerste dag by die spanne aansluit vir die eerste skof van 35 km na Zonquasdrif.

Captain Crime Stop sal soos gebruiklik geskenkpakkies aan leerders van skole wat langs die oewer van die Bergrivier geleë is, uitdeel.

Die organisasie Reach for a Dream sal die eerste maal in die bestaan van die projek 'n kind stuur om die eerste dag se skof van 35 kilometer mee te maak.


Fynbos-fantasie op Vrouedag

[ Top ]


DIE Paarl Blommeklub bied op Vrouedag (Saterdag 9 Augustus) 'n unieke demonstrasie deur nasionale demonstrateur, Emmie Pabst, in die saal van die NGK Drakenstein in Denneburg om 14:30.

Sy het al wêreldwyd haar slag met blommekuns beoefen en was een van die Wes-Kapenaars wat in 1999 die Wêreldskou te Durban bygewoon het. Sy is tans die presidente van die WKABR (WCAFA), voorsitter van die Kampsbaai Blommeklub en dien op demonstrasie- en beoordelaarspanele.

Tydens dié demonstrasie sal verrassende rangskikkings wat die vrou uitbeeld deur lede van die blommeklub gedoen word vir besigtiging.

Houers en rangskikverwante artikels sal by stalletjie te koop gebied word. Tee en aanverversings sal bedien word.

Vir navrae of kaartjies bel Bessie van Zyl by 872-6864/24 of Pieter Coetzee by 872-5171.

* Lede van die Paarlse Blommeklub vergader Dinsdag 5 Augustus om 19:00 in die Denneburg kerksaal ter voorbereiding van die dag.


Women's Day function

[ Top ]


THE Paarl District Gender Forum of the Department of Social Services will launch their Four Year Plan on Women's Day 9 August from 10:00 to 13:00 at Strauss Hall, Klein Drakenstein Road, Paarl East.

The proceedings will include a guest appearance by the Deputy Mayor of Drakenstein, Anthea Sheldon, an exhibition, performances by the Drakenstein Men's Choir, a dance group, drama group and solo artist as well as a fashion show. Lunch will also be served.

All community members are welcome to attend the launch. Book before 23 July with M Benjamin, E Abrahams, C Rossi or J Blankenberg at 871-1682.


Big launch for project

[ Top ]


A BIG launch of the Pathisanani Project in Mbekweni, is to be held in the Mbekweni stadium on Saturday  at 10:00, with a number of gospel groups from as far as Khayelitsha performing.

Pathisanani means "all together" and is a new welfare project to which members contribute with R10 each month for the purchase of raw materials.

The project is Peninsula wide and encourages jobless men and women to do handicrafts to support themselves.

The project provides soup to the hungry and cares for HIV/Aids and TB patients when they can no longer care for themselves.

Sewing and knitting equipment and material as well as office equipment is required and all donations are welcome.

For enquiries, phone the office (868-2846) or Mvuyisi Mhkondweni (083-352-6359).


Weskus Blommetoer

[ Top ]


DIE Wellington ATKV-tak bied op Saterdag 6 September 'n blommetoer na die Weskus aan.

Die koste is R100 en kaartjies is beperk tot 120 persone. Kaartjies is te koop by Musiklood in die Paarl.

Twee busse vertrek om 07:00 vanaf die Protea bioskoop in Hoofstraat. Mense wat in Noorder-Paarl wil opklim, sal om 07:05 oorkant Tafelberg Meubileerders opgelaai word en Wellingtonners om 07:30 by Laerskool Hugo Rust se parkeerplek.

Die blommetoer sluit 'n besoek aan 'n wynkelder in, asook die bekende Duckkit Orgidieë Kwekery te Darling waar almal die geleentheid sal kry om die kwekerytonnels van binne te besoek.

Hierna vertrek die groep na Langebaan, waar die natuurskoon besigtig sal word en 'n heerlike Weskusete in die Hoedjiesbaai Hotel op Saldanha geniet sal word.

Vir nader besonderhede bel Marieta Hugo by 873-5000/082-578-2164, Johan Erasmus by 873-2074 of Spyker de Klerk by 082-820-4942.


Visit manor houses

[ Top ]


THE Drakenstein Heritage Foundation presents an outing to historic farms in the Paarl area on Saturday. The group departs from Church Square next to the Strooidak Church at 09:00.

First on the intinerary is the historic farm Simonsvlei, famous for a court case in which the son of the farm owner was hanged for murder after the death of a slave from flogging in the 1820s.

Another historic farm, Eenzaamheid in Agter Paarl which has two very old homesteads, will also be visited. Members and non-members are welcome. To book, phone Len Raymond (872-6092) or Ronel Knaggs (872-8219).


Sjampanje vir Vrouedag

[ Top ]


'n HEERLIKE sjampanje-ontbyt word vir Vrouedag, Saterdag 9 Augustus, beplan in die saal van die NG Kerk Suider-Paarl.

Die program word deur Devine Foods, die spyseniersafdeling van Piper's restaurant, aangebied en die opbrengs gaan na Kansa.

Kansa sorg vir 'n praatjie oor "Kanker en die Vrou". 'n Spreker sal ook gesels oor haarversorging.

Die oggend begin om 09:00 vir 09:30 en daar is talle geskenkbewyse te wen. Uitstallings van vroueprodukte sal ook die program aanvul.

Kaartjies is R70 elk by Sandra Beck 871-1835.


Boishaai Groot Brag in stadsaal

[ Top ]


DIE Jaarlikse Groot Brag Dinee van die Hoër Jongenskool, op die vooraand van Interskole, vind vanjaar plaas op Vrydag 1 Augustus om 19:00 in die Paarl Stadsaal.

Kaartjies is beskikbaar by die OSU kantoor (tel 872-2835) of De Jagers Uitrusters (tel 872-8521).

Alle oudstudente, ouers en Boishaai-ondersteuners is welkom.

Daar is geen gasspreker nie - kom kuier net lekker saam.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za