safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 24 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 July  2003 at 17:00

Sport


wgrab

KOM HIER. Brendon April, vleuel van die Boland o.20 span word vasgevat deur 'n Luiperds- verdediger tydens hul wedstryd Vrydag op Wellington. Die Bolandse juniors het hul seisoen op 'n laagtepunt afgeskop nadat die hulle 24-22 verloor het.        Foto: Leon Steenkamp


Boland bowler capped

[ Top ]


AN injury has paved the way for the inclusion of Boland cricketer Vince Pennazza in the SA u.19 team.

The injury of the Easterns' fast bowler, Brandon Reddy, gave the lefthanded Boland speedster the chance he was waiting for.

Reddy suffered a stress facture to his fifth vertebra and was declared unfit to join his team mates on the tour to England.

It was a dream come true for Pennazza who was one of the shortlisted reserves for the touring team.

According to Vince's mother, Anna-rita, his nerves were already frayed when he got the call last Wednesday.

"He was totally ecstatic when he heard the news, saying, 'I can't believe I actually made the team'," says Anna-rita.

Ironically Vince told the team's coach, Dave Nosworthy that he would be "seeing him again" following a training camp where an initial squad of 24 aimed to impress the selectors earlier this year - and this has turned out to be true.

"He was excited when I spoke to him, but more importantly, he said he was proud to represent his country," Nosworthy said from Johannesburg while the SA players were playing the second of two intersquad warm-up matches on Monday. Seven players from the local cricket academy helped out to form two teams for the matches.

"On Saturday Vince only bowled six overs. He is a bit behind the rest of the team where training is concerned, but there's nothing wrong with his fitness.

"Although he hasn't taken any wickets yet, he is bowling very tightly and tidely. It's nice that he can perform in the middle again after the recent lay-off in the off season," Nosworthy said as Pennazza was bowling a spell in the second match.

"Vince is a great guy and he has fitted into the team nicely."

Pennazza is the only Boland player in the team of 15. He and provincial mate, Waylain September, were the only local players invited to the training camp.

Vince, who matriculated at Boys' High last year played for the Victorians at the University of Stellenbosch this season.

His inclusion gives Pennazza the chance to prove himself for selection in next year's u.19 World Cup team, a goal the Boland player set himself earlier this year.

"It definitely gives him an edge, hopefully he will play well over there. But the selectors will also be looking at the talent at the end of the year Coca-Cola weeks and see who is fit."

The SA team will play three tests and three One Day Internationals.


Eerste nederlaag vir Wellington

[ Top ]


DIE huidige voorloper in Boland se Superliga A1, Wellington Rugbyklub, het Saterdag sy onoorwonne status prysgegee nadat hulle op Pelikaanpark 50-34 teen Roses United verloor het.

Die tuisspan het van die staanspoor af hul stempel op die wedstryd afgedruk. Goeie spel in die vasteskrums en losgemaal asook doeltreffende verdediging en 'n aan-die-brand agterlyn was die wenresep wat Roses met rustyd 43-15 laat voorloop het.

Wellington was sonder agt van sy spelers wat almal by die Boland o.20-span betrokke is en daarby het die beseringspook ook 'n ronde deur die kamp gemaak.

Maar Roses was die span van die dag. Hul goeie spel en die oorvloed foute wat die besoekers gemaak het, het Wellington se lot verseël.

Wellington het egter hard teruggeveg in die tweede helfte en 19 punte aangeteken teenoor die sewe punte van Roses.

Die uitblinkers vir Roses was Virgil Frans (vleuel) en die SA o.21-speler Alshaun Bock (heelagter) wat albei twee drieë gedruk het, en voorlangs die twee flanke Richard Noemdoe en Ricardo Williams wat ook elkeen gedruk het.

Die wenspan se ander driedrukkers was Fernando Sauls (stut) en Henry Beukes (vleuel). Losskakel Warren Apollis het met ses doelskoppe geslaag, terwyl Bock ook met 'n skepskop suksesvol was.

Die besoekers se uitblinkers was Albertus Louw (slot) en Danie le Roux (slot)

Vir Wellington het Louw Schabordt, Jan Rautenbach, Le Roux en Louw (2). Nickus Berg het twee doelskoppe oorgesit.

Roses speel Saterdag tuis teen St Helenabaai, terwyl Wellington op hul tuisveld vir Brandvlei Perseverance aanvat.


Paarl Rangers val weer vas

[ Top ]


NA hul oortuigende oorwinning teen Lagunya kon Paarl Rangers Saterdag op hul tuisveld nie voortbou op hul goeie spel nie en moes hulle 11-8 die knie buig voor Hamediehs.

Rangers kon eenvoudig nie op dreef kom nie, moontlik weens die feit dat baie van hul gereelde spelers nie Saterdag beskikbaar was nie.

Die besoekers het rustyd 11-0 voorgeloop ná 'n drie en twee strafskoppe.

In die tweede helfte het Rangers se Mark Adams (skrumskakel) met 'n strafskop en Johannes van Reenen (agsteman) met 'n drie die besoekers se voorsprong laat krimp.

Hamediehs se verdediging hou egter en hulle beklink die oorwinning.

Albions het Saterdag in 'n misreën ook gesukkel om op Daljosafat aan die gang te kom in hul wedstryd teen Cape Town Harlequins.

Hoewel hulle teen rustyd 8-3 agter was, het die wedstryd in die tweede helfte in die tuisspan se guns begin draai.

Albions het aanmekaar aangeval deur oop hardlooprugby te speel en ook die swaar pak van Harlequins laat omdraai met slim, taktiese skoppe.

Albions teken in die tweede helfte 28 punte insluitende vier drieë aan, teenoor die besoekers se vyf vir 'n eindtelling van 31-13.

Voorlangs het die kaptein Roderick Allies (slot) en Brendon Hendricks (haker) goed gespeel, terwyl Courtney de Wee se oordeel op losskakel goud werd was.

Alvin Hugo (vleuel) se twee drieë het hom die speler van die wedstryd benoeming verkry.

Die senters Gaimian Poggenpoel en John Adriaanse het die ander drieë gedruk. Hugo het ook met vier doelskoppe en 'n strafskop geslaag. 


Eerste Kavalier soek groener weivelde

[ Top ]


BOLAND RUGBY het reeds die prys begin betaal vir sy relegasie na die eersteliga-kompetisie van die Curriebeker.

Andries Human (vaskopstut) het klaar na Pretoria vertrek om vir die res van die seisoen vir die Blou Bulle te speel.

Gerugte doen ook die ronde dat die SA o.21-vleuel, Alshaun Bock, mik na die Poemas terwyl Dawid Philander (vleuel) en Chris Potgieter (flank) wat dié seisoen die Kavaliers as kaptein gelei het, se koppe na die SWD Arende neig.

Volgens Hawies Fourie, afrigter van die Kavaliers, is slegs Human tot dusver van sy kontrak vrygestel.

"Die meeste van die spelers is tot aan die einde van die seisoen gekontrakteer en sommige van hulle selfs tot volgende seisoen," het Fourie gesê.

Volgens hom was die oordragkoste wat die Blou Bulle vir Human betaal het, te aanloklik vir Boland om te weier.

Boland se direksie, uitvoerende bestuur en afrigtingspan het gister op Citrusdal vergader om die seisoen tot op hede te evalueer en die beplanning vir die res van die seisoen te bespreek. Die beleid rondom spelers wat die Unie wil verlaat, sal ook bekyk word, het Fourie gesê.

"Dit is baie teleurstellend om nie vanjaar in die Curriebeker te speel nie, veral nadat ons goeie rugby in die uitspeelwedstryde gespeel het.

"Dit kon so maklik anders gewees het, maar 'n verkeerde beslissing hier en 'n gelykopuitslag daar het ons gekos, net soos dit seker heelwat ander spanne ook gekos het," het Fourie oor sy span se vertoning gesê.

Die Kavaliers kom op 2 Augustus in Springs in sy eerste wedstryd van die eersteliga-kompetisie teen die Valke te staan.


Peoples eindig gelykop teen Strand

[ Top ]


DIE eerste span van Young Peoples rugbyklub het Saterdag in die Strand met 'n erg gelapte span die moeilike Strand United tot 'n 26-26 gelykopuitslag gedwing. Die tuisspan was rustyd 20-12 voor.

Benewens beserings het die onttrekking van die vyf gereelde voorspelers en 'n agterspeler Peoples genoodsaak om byna sy hele tweedespan pak in te span.

Gevolglik het die Paarliete kwaai voorlangs gesukkel en min besit gekry.

Die besoekers se dissipline was ook nie op standaard nie en hulle het baie strafskoppe afgestaan wat hulle byna baie duur te staan gekom het.

Strand United se losskakel het 16 punte met die voet aangeteken. Dit was dan ook sy strafskop van die middellyn af in die doodsnikke van die wedstryd wat Peoples 'n oorwinning ontneem het.

Peoples se agterlyn was egter kookwater en het selfs sonder die sterk senter, Herbie Pietersen, kringe om hul teenstanders gehardloop.

Dit is jammer dat die agterlyn so min kwaliteit-bal ontvang het, aangesien Justin Fortuin (senter) en Jacques Lategan (vleuel) verwoestend was met die bal in die hand.

Fortuin (2), Lategan en Sam Titus het drieë gedruk. Melvyn Hermanus het drie doelskoppe behaal.

Young Gardens kon Saterdag net-net nie daarin slaag om Franschhoek, die huidige voorloper in die Premierliga B, op Gardens Park te klop nie.

Die manne van Gardens kon net hulself blameer vir die 5-3 nederlaag, aangesien hulle nie hul kanse gebruik het om punte op die bord te sit nie. Etlike strafskop-pogings binne trefafstand van die pale het misluk.

Vir Gardens het Chesley Theo met 'n skepdoel geslaag. Aubreyan Manuel het Franschhoek United se drie gedruk.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za