|
Ou Mutual Paarl is tans besig om hul verkoopsmag in die area uit te brei en verlang die dienste van 'n
Persoonlike
Finansiële Adviseur
Sien jy elke uitdaging as 'n geleentheid? Elke probleem as 'n oplossing? Is jy gemotiveerd en vasbeslote om sukses te behaal? Indien wel, het jy die vernuf om 'n Ou Mutual Persoonlike Finansiële Adviseur te word!
Ons soek na mense wat van mense hou. Persone wat 'n aanleg het vir syfers, goed ingelig is, empatie het, en rekenaarvaardig is. Eie vervoer is noodsaaklik. Kandidate wat kan toon dat hulle professioneel genoeg is om met ons omvattende finansiële opleidingsprogram te begin.
Die suksesvolle kandidate sal opleiding en ondersteuning van hul bestuurders ontvang, asook 'n motortoelaag en ander fantastiese byvoordele benewens die vergoedingspakket.
Nou kan jy omblaai. Of jy kan jou CV aan ons stuur en die besonderhede hieronder gebruik om met ons in verbinding te tree.
Persoonlike Finansiële Adviseur
Maliney Ontong Posbus 28 Paarl, 7622 Tel: 870-2400 Faks: 872-3311 |