|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n KOMPETISIE vir getroude vroue, geskeide vroue en weduwees, Mevrou Bolandvallei, gaan vanjaar die eerste keer aangebied word. Sophie Adams, 'n bekende in skoonheidskringe, is die organiseerder. "Ek doen gereeld praatjies rondom die huwelik en sien dikwels hoe getroude vroue sukkel met hul selfbeeld," vertel sy en voeg by sy glo die kompetisie kan baie hiermee help. Vroue met 'n rokgrootte van tussen 12 en 52 is welkom om deel te neem." Vroue tussen 25 en 65 jaar kan inskryf. Inskrywings is gratis en vroue moet 'n vollengte foto instuur met hul naam, van, adres en telefoonnommers daarop. Die sluitingsdatum is 30 November en 50 finaliste sal gekies word. Die wenner sal op 12 Desember om 19:00 by Club Niveau op Wellington gekroon word. Elke finalis sal vyf kaartjies (R50 elk) kry om te verkoop. Die opbrengs van die aand gaan vir Kansa en die Luthando tehuis vir verswakte pasiënte. Inskrywings kan gepos word aan Our Little People Crèche, Sipreslaan, Paarl 7646. |
|
|
|
|
'n SPLINTERNUWE kinderdrama met Christelike waardes vir die hele gesin, 'Ligvoets op die Smalle Weg', word vanaand en môreaand by Hoërskool Gimnasium opgevoer. Die musikale opvoering is van 19:00 tot 21:00 en is veral op kinders van laerskool-ouderdom gemik. Dit vertel die verhaal van twee tienjarige kinders wat die pad soek en 'n keuse tussen die breë en smal weg moet maak. Toegang is gratis vir kinders met vir volwassenes, maar vroegtydige bespreking en blokbesprekings is noodsaaklik. Skakel Joan Mouton by 863-3812 of Karen Terblanche by 863-2168. In die voorportaal is daar 'n kinderkuns-uitstalling asook kinderboeke en opvoedkundige materiaal. |
|
|
|
|
DIE gewilde produksie geskoei op prosawerke van PH Nortjé, "Wellington se Suiker", is op 29 en 30 Oktober in die Klein Libertas Teater op Stellenbosch te sien, dié keer onder die titel "My Voete loop na Wellington". Hierdie produksie was 'n hoogtepunt by die pas afgelope Stokkiesdraaifees op Wellington. Die humoristiese sketse van Nortjé is vir die verhoog verwerk deur Louis du Preez, ouddosent van OKB. In die produksie is die skrywer aan die woord en word die verteller deur drie verskillende akteurs vertolk. Chris Fourie is te sien as die ouer karakter terwyl Jano Roux en Johan Winckler (pop idol Heinz Winckler se broer) 'n jonger Nortjé vertolk. Aangesien die produksie so byval gevind het en PH Nortjé vanjaar deur die Rapportryers vereer is as Wellingtonner van die Jaar, het hulle besluit om twee verdere optredes te borg. Louis du Preez, voorheen vereer met dieselfde toekenning, het ook die regie van die produksie hanteer. Dit is heerlike, ligte vermaak vir die hele gesin en die produksie sal veral deur lesers van Nortjé se werk geniet kan word. Bespreek by 883-8164. |
|||
|
|||