safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 24 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


Kommer oor Bainskloof

Malané Bosman

[ Top ]


wkloof43Terwyl Natuurbewaring 'n ontwikkeling van tot R20 000 vir Tweede Tol beplan, is die Vriende van Bainskloof besorg oor die totale agteruitgang van die natuur en die pas.

Die publiek is onbewus van die geskiedenis en botaniese rykdom van Bainskloof en besef nie hoe die pas verwaarloos nie, sê Sandra Steytler van Kaapstad.

Steytler, 'n natuurkenner, besoek al 25 jaar lank die berg wat oor Wellington waghou.

Verlede week is 'n loodskomitee in Wellington tot stand gebring sodat

fondse ingesamel kan word vir die bewaring asook die viering van die 150-jarige bestaan van die pas.

Dié mylpaal sal voorlopig volgende jaar op 13 en 14 September gevier word.

BRUG. By Tweede Tol in Bainskloof het vragmotors die kliprelings by Borcherd se brug weggery en moet dromme nou keer dat verkeer in die water beland.

Skole en organisasies word genooi om deel te hê aan 'n fietsren of halfmarathon.

Die volgende vergadering, waarby die publiek baie welkom is, word om 19:00 op 27 November in die Wellington museum gehou.

Bainskloofpas is in 1849 aangepak deur die Skot Andrew Geddes Bain, met die hulp van meer as 2000 gevangenes met handgereedskap.

Rotse is met buskruit uitmekaar geskiet. Bruggies is gebou en die gevangenes is die boukuns van sandsteen muurtjies, bygebring.

In 1853 was die 16km pas voltooi. In die volgende eeu is dit effe verbreed en geteer.

Enkele luiperds is tot onlangs in die pas opgemerk. Geelhout en berg sipres, wilde amandel, rooiels en wabome het tussen die fynbos gedy.

Maar die toestand het die afgelope jare totaal versleg, sê Steytler.

Borde wat aandui dat Bain se pas 'n nasionale gedenkwaardigheid en die berg 'n natuurreservaat is, verhoed nie misbruik en vandalisme nie.

"Swaar verkeer gebruik die pas, al is die draaitjies en bruggies ongeskik vir busse en lang voertuie.

"Die ou randstene word afgetrap of met sementkegels vervang, wit geverf of soos by Borcherdsbrug vervang met wit geverfde dromme, lang ysterpype en gestreepte plastieklint.

"Die teken buite Wellington wat aantoon dat 'geen swaar voertuie' toegelaat word nie en dat daar 'n hoogteperking van 3,87m is, word verontagsaam."

Onlangs weer het 'n vragmotor onder die oorfhoofse ketting met die hoogtebeperking deurgeskuif, verby die Nek gery waar hy sou kon omdraai, deurgedruk om die nou draaitjies, Bain se randstene afgekap, geskuur teen die unieke rotse, en onder Dacre se Preekstoel gaan vassit.

"Die waarskuwingstekens moet duideliker wees - in al die tale," meen Steytler.

"Daar moet beheer wees oor mense wat die rotse met grafitti ontsier, vullis uit hul motors gooi, kamp, vuurmaak en fynbos pluk."

Steytler is ontstoke oor die denneplantasie en die indringerplante wat nie behoorlik beheer word nie en die pas en Witterivier oorneem.

Rotskuns in Bainskloof word verwoes, soos Boesmantekeninge wat twee jaar gelede nog by Tweede Tol te sien was, maar vernietig is deur 'n gekontroleerde brand vanjaar.

"As niks anders werk nie, moet ons dalk die pas 'n tolpad maak," meen Steytler.

Daarmee saam beplan die Vriende van Bainskloof 'n sentrum vir besoekers met inligting oor die geskiedenis en omgewing, natuurbewaarder en begeleide staptogte.

Steytler sou graag klipwerkers uit Wellington wou oplei om die muurtjies en brûe te herstel. Sy is reeds in kontak met kenners in Skotland wat bereid is om te help.

Kontak Steytler by 797-8289 of sansteyt@iafrica.com.


Africon one of top 300 companies in SA

[ Top ]


AFRICON Engineering International was recently nominated as one of South Africa's top 300 companies as a result of its contribution to the growth of the economy and job creation by the Department of Trade and Industry.

At the helm of the company is former Paarl Boys' High pupil, CEO Dr Thys Cilliers.

Cilliers graduated from Paarl Boys' High in 1965 and after obtaining his Master's Degree and Doctorate he started his career with Africon in 1971. 

At the end of this year, he will retire as CEO of the group after a career with Africon of over 30 years.

Africon is a South African-based international consultancy which provides multi-disciplinary, professional services in engineering, infrastructure-related development and management.

The company is active in a number of industry sectors and has an established office network with 18 offices throughout South Africa and representation throughout Africa as well as the Middle East, Southeast Asia and Europe.

The company's Western Cape offices are situated in Cape Town and Paarl.

Over the past half-a-century, Africon has been involved in an impressive array of projects. Amongst the prominent buildings and structures from the drawing boards of the company's engineers is, one of Paarl's most important landmarks, the Afrikaanse Taalmonument.

More recently, projects tackled by Africon in the Western Cape range from golf resorts such as Pearl Valley, Leopard Creek, Erinvale and De Zalze, casinos for Caledon and Mossel Bay to industrial projects such as mills, silos and bakeries. 

Says the manager of Africon's Paarl office, Coenie Fick, "Africon will continue its commitment towards service excellency, local growth and development, thus improving the quality of life of our country's single most valuable asset: its people".

Today, the combined expertise of more than 600 engineering and other professionals, technicians, training specialists, development planners and systems analysts enables Africon to provide a one-stop service on projects across a range of disciplines.


Veiling lok al meer

[ Top ]


DAAR is groot belangstelling in deelname aan die 29ste Nederburg Veiling aanstaande jaar, te oordeel aan die onlangse voorlegging vir keuring van bykans 300 wyne vanaf 104 wynmakerye.

Die Nederburg Vei-ling vind oor twee dae op 11 en 12 April 2003 plaas.

Waar die fokus op die Vrydag streng besigheid is, is daar gewoonlik spesiale wynpakkette te koop op Saterdag wat 'n glansryke sosiale geleentheid is, met die gasspreker se openingstoespraak, 'n liefdadigheidsveiling, 'n fynproewersmiddagete en die Nederburg Modeversameling op die program.

Volgens beoordelaars het die wyn op die keurings-wynproe 'n bestekopname van die Suid-Afrikaanse wynbedryf oor die laaste tien jaar gebied.

"Dit was 'n seldsame geleentheid om wyne van daardie ouderdom by 'n enkele wynproe te proe," volgens die Veilingbestuurder, Bennie Howard.

"Dit het die ontwikkeling en evolusie van rooi- wyne oor die laaste dekade getoon, waartydens daar meer vernuwing in die bedryf as ooit tevore was.

"Dit was as gevolg van die aanplanting van meer rooiwyn kultivars, die seleksie van virusvrye klone, beter loofbeheer, 'n meer wetenskaplike benadering tot aanplanting en skeppende wynmaakkuns.

"Wynmakers wil ook graag hul wyn op die Nederburg Veiling hê. Of hulle maak 'n spesiale wyn met die Nederburg Veiling in gedagte, of hulle hou 'n klein voorraad van 'n uitstekende wyn terug vir voorlegging aan die keuringspaneel.

Die keuringspaneel bestaan uit 60 wynmakers, wynkundiges, Kaapse Wynmeesters, wynadviseurs, wynbeoordelaars en die wynmakers wat by die 2002 Veiling betrokke was.

Hulle werk volgens streng vereistes: drie groepe wynproeërs neem deel aan 'n blinde wynproe om anonimiteit en onpartydigheid asook die integriteit van die keuringsproses te verseker - en elke wyn word twee keer deur verskillende groepe geproe.


Deurbraak by KWV

[ Top ]


'n DEURBRAAK is Maandag gemaak in die onderhandelinge tussen die groep aandeelhouers en die direksie van die KWV oor die voorgestelde herstrukturering toe daar oor belangrikste geskilpunte 'n vergelyk bereik is.

Die verfyning van voorstelle vir die herstrukturering van KWV Groep Beperk, wat tot gevolg sal hê dat KWV in twee afsonderlike bedryfsorganisasies, 'n maatskappy en 'n koöperasie verdeel, maak goeie vordering.

Verteenwoordigers van KWV en 'n groep van vyf minderheidsaandeelhouers het Maandag in beginsel ooreengekom dat die verdeling van KWV in 'n maatskappy en 'n koöperasie wat elkeen hulle rolle met geloofwaardigheid kan vervul die regte stap is vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynboubedryf en vir aandeelhouers.

Die verteenwoordigers is nou besig om die fyner besonderhede van die herstrukturering saam te beplan, waarna dit aan die onderskeie prinsipale, onder andere KWV se direksie, voorgelê sal word vir finale goedkeuring.

Die samesprekings geskied in goeie gees: "Ons is eenparig in ons strewe om die beste oplossing vir aandeelhouers en wynboere daar te stel", sê die beplanningspan se woordvoerder, Lourens Jonker. 

Paul Meaker, woordvoerder van die aandeelhouers, sê "Ons glo dit is 'n stap in die regte rigting ten einde te verseker dat die herstrukturering van KWV voortgaan. Dit is in die beste belang van die maatskappy, sy aandeelhouers, produsente en die wynbedryf in die algemeen."

Die beplanningsgroep sal die besonderhede van die finale plan, gegrond op beide partye se onlangse voorstelle, eers bekend maak nadat die prinsipale se goedkeuring vir die plan verkry is.

Die uiteindelike plan sal dan later vanjaar by die jaarvergaderings van KWV Groep se aandeelhouers en lede van KWV Koöperatief voorgelê word vir goedkeuring.

* The board of directors of KWV and shareholders opposing them, met this week to reach a compromise.


Net enkele eenhede oor

[ Top ]


DIE pragtige meenthuis-ontwikkeling Welgevonden in Suider-Paarl, 'n sekuriteitskompleks langs De Oude Renbaan, is besig om vinnig uit te verkoop. Daar is slegs 11 van die 41 eenhede nog beskikbaar.

Die ruim enkelverdiepinghuise met twee of drie slaapkamers verkoop vanaf R452 500 op eie titel en die koopprys sluit oordragkostes en BTW in. Erfgroottes wissel van 350 tot 500 vk meter in grootte.

Die huise spog met puik afwerking insluitend sier-kroonlyste, ruim ingeboude kaste, hoë kwaliteit teëls en krane. Daar kan gekies word uit nege verskillende ontwerpe.

Die badkamers is ruim en spog met baddens sowel as storte in alle gevalle. Alle eenhede het dubbelmotorhuise met elektroniese oopmakers en op elke agterstoep is 'n ingeboude braai.

Volgens die ontwikkelaar, Thinus Pretorius, is Welgevonden seker die mooiste kompleks in die Paarl, met sy netjiese tuine en puik afwerking.

Die huise word bemark deur alleenagent Homenet Caprop. Skakel 872-1487 vir navrae.

* Only 11 units are still available at the exclusive new Welgevonden complex in Suider Paarl.


Awards for concrete products

[ Top ]


PRECAST concrete manufacturer Klapmuts Concrete featured prominently in this year's Concrete Manufacturers' Association Awards for excellence.

During a ceremony held in Cape Town recently, Terraforce, using blocks from Klapmuts Concrete, was presented with an award for a Constantia project.

Deltacrest

A special commendation award was also presented to False Bay Bricks for a road paving project on an upmarket housing estate, Deltacrest Equestrian Estate in Groot Drakenstein.

Pavers

The Deltacrest development was based on the creation of a rustic and rural ambience and the driveway was to have been laid with sandstone chip.

However, this material was not sufficiently durable, and a light tan exposed aggregate paver laid in a herringbone pattern was used to achieve the desired rustic effect.

Charcoal slabs were used for the creation of patterns and road markings while the shoulders of the road were finished off in rough Paarl Granite type barrier kurbs. Inca Village Pavers were laid around the pedestrian and stable areas as well as the pool by Seymour Paving. 

Boschenmeer

Lafarge Roofing received a Concrete Roof Tile award for supplying Elite Farmhouse Terracotta tiles for the roofing of the Boschenmeer Golf Estate in Paarl.

The finish gave an earthy appearance and was maintenance-free, as stipulated by the architects, Robin Barnes, Jan Hanekom Partnership.

This was important as the architects wanted the overall style to be well integrated with the mountainous backdrop.

The judges commented that the use of the product was simple, effective and well proportioned.

The remainder of the professional team on the project comprised  Syfin Properties, designer, and main contractor, Reney Construction.

All CMA members must either hold an SABS mark or manufacture their products to specifications laid down by the CMA.


Klubs kompeteer

[ Top ]


DIE Blaauwklippen Versnitkompetisie is nou al 19 jaar aan die gang en vanjaar het 91 wynklubs landwyd, wat ongeveer 2000 Suid-Afrikaanse wynentoesiaste verteenwoordig, gekompeteer om die wenversnit te verskaf. Hulle moes die trilogie van Merlot uit die oorsprongsgebiede van Stellenbosch, Paarl en Wellington versny, terwyl 'n maksimum van 10% Cabernet Franc bygevoeg kon word. 

Nadat 'n paneel kenners die 91 inskrywings deur middel van 'n blinde proe beoordeel het, is die versnitte van vier wynklubs as die finaliste aangewys.

Verteenwoordigers van die vier wynklubs is na Stellenbosch gebring vir 'n feestelike noenmaal by Blaauwklippen se nuwe onthaalsentrum. Hier het die paneel die vier finalis wyne beoordeel om Suid-Afrika se wenversnit wat deur lede van 'n wynklub geskep is aan te wys.

Die wenner is die Grapes of Wrath Wynklub van Sandton in Gauteng. Hul wenresep is 'n versnit van 70% Merlot van Oorsprong Wellington; 15% Merlot van Oorsprong Paarl, 10% Merlot van Oorsprong Stellenbosch en 5% Cabernet Franc.

Die wenresep sal in die landgoed se vlagskipreeks vrygestel word as die Blaauwklippen Vineyard Selection 2001. Dit is te koop as "futures" (die wyn word gekoop terwyl dit nog in die vate verouder) en word in Augustus 2003 vrygestel.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za