safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 24 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Kyk hoe word daar met ons geld gewerk

[ Top ]


EK het op Woensdag 4 September die vergadering van die Koöperatiewe Dienstekomitee van die Drakenstein munisipale raad bygewoon waar die Ouditverslag 2000-2001 bespreek was met 'n verteenwoordiger van die Ouditeur-Generaal.

Graag wil ek die volgende leemtes uitwys in die antwoorde van die huidige Hoof van Finansiële Dienste, Hennie Barnard.

Stelling: Uitstaande Debiteure styg met R5 651 855 (9,56%) na R64 742 852. Van hierdie uitstaande bedrag verteenwoordig R44 190 671 (68,26%) debiteure wat reeds op 30 Junie 2001 90 dae en langer uitstaande was. Geen voorsiening is vir Slegte Skulde gemaak nie.

Antwoord: R10 000 000 is voor begroot in 2001/2002. 'n Kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid is deur die Raad aanvaar en word streng toegepas. Twee addisionele personeellede is aangestel om die invorderingsproses te verbeter.

Geen syfers is ter tafel gelê of daar sukses behaal of enige verbetering was na die aanstelling van die ekstra personeel nie.

Stelling: Die Raad se bates wat op 30 Junie 2001 R488 594 012 beloop kon nie bevestig word nie aangesien die register slegs tot 30 Junie 2000 bygeskryf was.

Antwoord: Alle Vaste en Roerende Bates is tot 30 Junie 2002 te boek gestel en gebalanseer. 'n Opname is gedoen en 'n lys van Bates wat nie opgespoor kan word nie, sal binnekort aan die Raad voorgelê word.

Ek hoop die Belastingbetalers sal ook van die inligting voorsien word.

Krediteure: Altesame 23 gevalle van retensiegeld ten bedrae R423 202 word sedert 1998/1999 onverander in die Raad se boeke voortgedra en kry nie die nodige aandag nie.

Antwoord: Retensiegelde wat nie opgeëis is nie, is nou teruggeskryf en 'n nuwe stelsel is nou in plek geplaas.

Misdrywe statistiek: 'n Verslag van 87 insidente wat in Februarie 2002 aan die Raad voorgelê was, is tydens Ouditering (April 2002) nog onafgehandel. Die omvang van die moontlike verlies vir die Raad is egter onbekend.

Antwoord: Vanaf 1 Augustus 2002 is 'n risiko bestuursprogram in werking gestel om volledig verslag te doen oor hierdie tipe gebeure. Beweerde onregmatige magtiging en betaling van oortyd R4 000, diefstal uit Magasyn deur Sekuriteitswag R109 782, ongemagtigde betaling aan Akademie vir Wetenskap en Kuns R50 000, diefstal van kontant uit kluis in Mbekweni R9 804, diefstal van Verkeersmotor met 'n verlies van R1 000 nadat 'n versekeringseis ontvang is.

Graag wil ek ook die volgende leemtes uitwys soos vervat in die Ouditverslag:

1. Verskuldigde gelde van 292 amptenare ten tyde van Ouditeuring (Maart 2002 en Mei 2002 onderskeidelik) beloop R627 349 terwyl dié van 18 raadslede R87 795 beloop. Geen stappe is deur die Raad geneem in beide gevalle nie. Geen lys van die betrokkenes was ter tafel gelê nie.

2. "Equitable Shares" word aan twee Raadslede betaal. Die bedrag aan die betrokke raadslede betaal is onbekend. Daar blyk 'n leemte in die stelsel te wees.

3. Leemtes in interne nasiening en beheer blyk soos die R200 000 kleinkas wat nie voorgelê kon word nie, koepons by swembaddens word nie gereeld met kontant gerekonsilieer nie, ontvangste van buitekantore word nie deur 'n onafhanklike amptenaar gekontroleer nie, parkeergelde word slegs een keer per maand gedeponeer en oop sakke ongetelde geld lê in die kluis rond wat vir verskeie personeellede toeganklik is.

Belastingsbetalers moet kennis neem van hoe daar met hul geld gewerk word.

Gerard van der Vent


Eers werk en dan betaal - of andersom?

[ Top ]


EK verstaan Marthinus van Schalkwyk het vir die DA raadslede wat so pas na hom toe oorgeloop het, gevra  om op "dienslewering" en volhou-bare ontwikkeling te fokus.

By 'n geskeduleerde werkwinkel vir alle raadslede insake die hersiening en evaluering van die Geïntegreerde Ontwikkeling Program (GOP) vir Drakenstein wat op Vrydag 18 Oktober plaasgevind het, was nie 'n enkele een van die oorlopers teenwoordig nie.

Mnr Van Schalkwyk het verder op Kimberley gesê dat daar na 'n stelsel van voorafbetaling van dienste gekyk moet word.

Dit blyk dat die oorlopers in Drakenstein eers wil weet hoeveel en waarvoor hulle betaal gaan word alvorens hulle aan die "werk" gaan spring.

Hul kiesers moet hierop let, met die oog op die 2004/5 verkiesings.

Raadslid James Solomon


Verkeersligkamera pla begrafnisgangers

[ Top ]


DIE verkeersowerhede het seker totaal vergeet van die dekades-oue gewoonte om verkeersligte en stoptekens te ignoreer wanneer dit moet meeding met respekte aan oorledenes.

Dis dan ook die rede vir die verkeersbeampte aan diens om die begrafnis-stoet voorkeur van beweging te gee.

Nadat verskeie vriende en familie begin kla het oor stewige verkeersboetes waar verkeersligkameras die "oortreders" op beeld vasgelê het, het ek bietjie ondersoek ingestel en gevind dat roubeklag nogal duur kan wees.

Die probleem is dat min van hierdie "oortreders" onthou dat daar 'n begrafnis op die oortredingsdatum was en dan maar hoes en betaal.

Seker omdat die boete maande na die "oortreding" gelewer word, want die wiele van die owerhede draai dalk stadiger as wat 'n begrafnis-stoet beweeg.

Dit kan seker nie te moeilik wees om vas te stel of die "oortredings" as gevolg van 'n begrafnis plaasgevind het nie.

My persoonlike raad aan hierdie "onskuldige oortreders" is om maar die program-blad van die begrafnis en enige ander bewysstukke te bewaar vir ingeval die boete in die pos aankom.

Indien sodanige bewysstukke nie voorhande is nie sal dit maar moeilik wees om die R300 boete vry te spring.

Miskien kan die begrafnisondernemers as deel van die diens waarvoor ten duurste betaal word, 'n kamera-bedekker by hierdie probleemkameras pos terwyl die stoet verby beweeg, of dalk weet ons verkeersowerhede van 'n manier om hierdie probleem te bowe te kom.

Ek sou baie graag wil weet hoeveel die owerhede reeds tot op datum uit "onskuldige" begrafnisgangers gemaak het en sou reken dat 'n terugbetaling 'n welkome meevaller sal wees met Kersfees hierdie jaar!

Abie Martin

Volgens 'n woordvoerder van die verkeersafdeling staan dit roubeklaers wat beboet is, vry om aansoek te doen om kwytskelding van die boete, met die nodige bewyse. - Red.


Om plaaslik te koop is die heel beste

[ Top ]


GRAAG vra ek dat ons plaaslike besighede moet ondersteun soos ons almal graag Suid-Afrikaans wil koop.

'n Goeie voorbeeld is die vleisbedryf - wat maar 'n wankelrige bestaan maak.

Daar is so baie onderwysers, huisvrouens en bosslagters wat in die bedryf inmeng deur vleis vir ten minste 14% BTW goedkoper te verkoop as die slaghuise.

Die vleis kom dikwels nie van plaaslike instansies af nie.

Asseblief mense, ondersteun plaaslike besighede.

Bekommerd


Editorial:

End of alliance?

[ Top ]


MANY disillusioned local voters have vowed never to vote again, following the defection of nearly half the current Drakenstein town council to other political parties.

When the original decision was taken to politicise municipal councils, fears were raised that merit would no longer inform decisionmaking - and in many cases this has proved to be true.

But no-one in his wildest dreams imagined that the will of the electorate would be cast to the winds so speedily, less than two years after the municipal election.

Now reality has dawned on voters: politicians (even at municipal level) take decisions as the party prescribes, and the party he or she picks will be the one which offers the best status and lining to the pocket.

In future, voters are likely to vote for candidates who show their true political colours up front, instead of joining opportunistic groupings without proven support, such as the Alliance for the Community (AFC), now disbanded.

Another lesson voters have learned, is that pre-election alliances (even between established parties) are to be avoided.

Whether the current co-operation between the NNP and the ANC will survive another election, must still be seen. And whether the NNP will survive at all in the shadow of its bigger brother, is also a matter of speculation.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za