safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 24 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 31 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Stoomroller

Susan Botha

[ Top ]


wvegDIE Drakenstein stadsraadslede wat Dinsdag gaan vergader om nuwe ampsdraers te kies, gaan op heel verskillende stoele plaasneem as voorheen, met die ANC nou stewig in die saal.

Heelwat raadslede het nuwe bedmaats gevind nadat die politieke Cupido hulle met oorloop-pyltjies bygekom het.

Die groot verrassing het vandeesweek gekom met die aankondiging dat twee van die drie ACDP-lede in die party, Harlan Cloete en John Maralack, oorloop ANC toe.

Dié twee stoot die ANC-getalle nou op

KAPOKHENNE. Soos wafferse kapokhoenders het ondersteuners van die NNP en DA verlede week mekaar uitgedaag voor die DA se strategie-vergadering in die Huguenot gemeenskapsaal, Paarl. Foto: Susan Botha

na 27. Na verneem word, het heelwat oorlopers by die ANC aansoek gedoen, maar Cloete en Maralack is die enigste twee wat plaaslik aanvaar is.

"As Christen kan ek nie in 'n hoekie sit nie, ek moet my geloof prakties uitleef," het Cloete aan die Paarl Post gesê.

Hy sê die ANC laat die ruimte vir hom om sy Christelike beginsels uit te leef en hy glo hy kan nou meer vir sy kiesers beteken.

Intussen sit die ACDP nou met net twee lede - Martha Kearns, een van die oorspronklike drie musketiers, en André de Villiers (Noorder-Paarl) wat verlede week van die DA af oorgeloop het.

Die DA het nog elf raadslede oor, nadat Deon Swart en Danie Kotze ook nou by hul NNP-kamerade aangesluit het.

Die DA het reeds verlede Donderdag 'n openbare vergadering gehou met provinsiale leier Helen Zille en dr Kraai van Niekerk om plaaslike ondersteuners te bemoedig en strategieë te bespreek.

Dit bring die NNP se getalle nou op 17 te staan en die ANC/NNP-groep sit gemaklik in die oorwinnaarstoel met 44 raadslede.

Intussen het Herman Bailey daarop gewys dat hy nie van die AFC  na die NNP oorloop oor posisie nie, maar wel om deel te wees van die besluitnemingsmag.

Bailey sê hy is 'n gemeenskapsmens vir wie ontwikkeling belangrik is en hy glo hy kan 'n groter bydrae lewer binne 'n sterker groepering.

In terme van die ooreenkoms tussen die NNP en ANC gaan Bailey se huidige posisie as onderburgemeester, soos ook dié van speaker, na die ANC.

Die meeste oorlopers beweer dat hulle oorloop omdat samewerking beter is as konfrontasie om transformasie te bewerkstellig.

Dat posisie wel belangrik is vir sommige oorlopers, is nie te betwyfel nie. Met die burgemeesterspos wat onder meer aan die NNP beloof is, word daar die afgelope weke erg bespiegel oor moontlikhede vir eerste burger.

Op dié wenslysie pryk John Hendricks, André vd Spuy de Villiers, Bokkie Claasen, Bernardo Maralack, die huidige eerste burger Chris Leander en ook Bailey.

Die nuwe onderburgemeester sal waarskynlik Anthea Sheldon (ANC) wees, maar oor die nuwe speaker is niemand baie seker nie. Die name wat hier genoem word, is Pele Mgajo, Appollis Solomons en Arthob Petersen van die ANC.

Heelwat van die nuwe NNP-raadslede is hoopvol vir poste. Volgens gerugte is posisies in komitees aan verskeie oorlopers beloof. Daar sal nou vir Dinsdag gewag moet word om te sien wat daarvan realiseer.

Intussen is daar heelwat onsekerheid onder amptenare, veral dié in senior posisies, oor hulle status ná Dinsdag. In die Kaapse stadsraad het die ANC reeds aangedui dat daar koppe kan waai.

In die Distriksraad is daar ook 'n heen-en-weer springery. Só het dr Norman Kahlberg (AFC) oorgeloop ACDP toe, terwyl Edmund Pheko (ACDP) nou op 'n ANC-stoel sit.

* The ANC is now firmly in control of the Drakenstein town council with 27 members, in co-operation with 17 NNP members.


Aanvalle op fietsryers

Malané Bosman

[ Top ]


VIER skoolseuns is Maandagmiddag in Noorder-Paarl met pangas aangehou en van hul fietse beroof.

Vriende van die  getraumatiseerde seuns het hulle na die voorval ondersteun, en van hul eie ondervindings met fietsrowers in die Paarl vertel.

Hierdie week was dit die aanval op die seuns in Langstraat en verlede week moes 'n seun sy fiets  afstaan toe hy op die hoek van Hoof- en Lady Greystraat met 'n skroewedraaier gedreig is.

Twee weke gelede kon 'n meisiestudent van Boland Kollege Paarl wegjaag toe twee jong mans haar fiets in Hospitaalstraat geëis het. Hulle het haar rugsak met selfoon gegryp.

Onlangs moes twee seuns ook trap vir hul lewe buite McDonalds en oorkant Kentucky onderskeidelik, toe gepoog is om hul fietse te roof.

"As ek net my fiets kan terugkry," sê een van die seuns wat naby die Langstraatbrug in Noorder-Paarl aangeval is.

"Ek werk ure aanmekaar in my pa se winkel en gebruik al my geld op my BMX en om vir my 'n bergfiets te bou.

Die vier seuns het om 18:00  aan 'n springbaan gebou naby die Langstraatbrug toe hulle aangeval is.

"Daar is baie mense wat daar verbyloop," het die seuns (15, 16 en 17 jaar oud) gister gesê.

"Hierdie vier ouens het ons dopgehou en toe nader gestaan en 'n sigaret gevra. Toe ons nie het nie, wou hulle geld hê. Hulle het skielik sulke lang pangas uitgepluk."

Een van die seuns het met sy fiets probeer wegkom, maar hy is met die panga teen die bors geslaan en gedwing om plat te sit.

"Hulle het ons deursoek en 'n selfoon, horlosie, ons handskoene en 'n rugsak met beenskutte en 'n fietspomp gevat.

"Hulle het ook ons grawe waarmee ons die baan bou, gevat.

"Toe moes ons net so bly sit totdat hulle weg is, of hulle skiet ons, het die leier van die groep gedreig."

Die rowers was Afrikaanssprekende swart en bruin mans van sowat 19 jaar oud. Die seuns onthou dat die leier 'n swart mussie, rooi en wit gestreepte hemp, wye donkerbruin broek met baie sakke, en werkstewels aangehad het.

Een van sy makkers was geklee in 'n blou hemp en 'n keppie laag oor sy gesig getrek, die ander in 'n ligkleurige hemp, halfmas broek en 'n wit hoedjie en die ander was geklee in donkerblou.

Die fietse is saam meer as R10 000 werd. Een is 'n rooi Trek bergfiets, die ander 'n wit Diamondback BMX met 'n swart agterkant, 'n swart Prostock Zchwinn BMX en  'n metaalblou Predator Zchwinn BMX vol plakkers.

"Sal almal tog net mooi kyk of hulle nie ons fietse sien nie," vra die seuns.

"Ons sal 'n beloning ook bymekaarmaak as ons net ons fietse weer kan kry."

Insp Ronel Richard  (807-4000) ondersoek die sake.

* Cyclists have been attacked and robbed in Paarl.


'Stand up against crime'

[ Top ]


wmarchONE of the biggest problems we are faced with as government in trying to break-up crime syndicates is the unwillingness by communities to get involved, says Leonard Ramatlakane, Western Cape Minister of Community Safety.

He spoke at an anti-crime march in Paarl on Saturday to focus community

MARCH. Officials of Correctional Services, police and traffic department as well as teachers and pupils from local schools participated in Saturday's anti-crime march.

attention on crime and crime prevention.

The march was part of Project Sunshine, organised by the Department of Correctional Services, the SAPS, traffic

department, Department of Education, Social Services, Municipality, Community Policing Forums and Unions.

Ramatlakane called upon the community to break the silence.

"If something happens next door, don't just close your ears and your eyes and say it is not my problem.

"You must begin to use your eyes, ears and mouths to protect your communities by feeding police with information they can act on to bring perpetrators of crime to book."

He said crime must be confronted collectively head-on, by government, business, communities, churches, CPF's, neighbourhood watches and other relevant structures. 

"Our communities live in bondage of fear, troubled by problems of violence, shootings, gangsterism, drug trafficking, etc.

"We are quite aware that research has indicated that crime syndicates are moving their operations to outlying areas of the Western Cape such as Paarl," he said and appealed to the community to join the endeavours of the government, to become part of the solution to the problems of crime.

"As the people that stay in the area, you will know which house sells drugs, you will know which youths engage in criminal elements - come forward with this information.   

"Indeed, it is my belief that the combination of efforts of concerned citizens such as yourselves, and the backing of civil society can pay substantial dividends.

"We need to neutralise the criminal elements within our communities that use communities to further their criminal activities."

Minister Ramatlakane said there are various ways to do this.

"Communities have the power to stand up and say no bail should be granted to criminals. Communities can approach Court Assessors, who are also members of our communities, to help them draw up affidavits and petition Magistrates to say this bad element, this criminal, cannot come back to our community.

"It is only once communities understand this power they have that there can be room for success."

He encouraged people to create safety zones in their areas, starting with their households.

"This can be done through door-to-door or street-to-street actions whereby community leaders and structures can sensitise the community about the extent and the nature of the crimes in their area, and what role they can play in eradicating crime.

"We can all take a vow that never again will we watch from the sidelines while our children are being abused.

"I am therefore asking each one of you to adopt a neighbour's child under the campaign 'Hands Off Our Children - My child is your child' campaign, as a small contribution towards nation-building and the revival of Ubuntu in our communities."

"Most families do not want to report child abuse because they believe it will embarrass them or drag their good family name through the mud if they do report these crimes - but this is unacceptable, the fact that it happened in a trusted family environment should be reason enough to make one report such an incident.

"We must restore the value systems in our areas. Moral renewal should pervade every aspect of our community life.

"Tell your child, when you live under my roof you will live by my rules.

"I urge you to support one another through an integrated, mobilised and committed civilian response to crime."


Tiener voor oor moord op boer

Malané Bosman

[ Top ]


OP 'n byl wat verlede jaar voor 'n arbeiderhuis op 'n Wellingtonse plaas gevind is, is 'n enkele haar van die vermoorde boer gevind.

Getuienis oor die dood van Ernst Neuschwander (83) in Januarie 2001 op Panorama, sy wingerdplaas aan die Hermonpad, word tans in die Kaapse Hooggeregshof aangehoor.

'n Plaaswerker wat kort voor die moord glo oor drankdiefstal aangespreek is, is in die beskuldigdebank.

Neuschwander het vroegaand in sy slaapkamer gesterf nadat hy met 'n skerp voorwerp in die nek gekap is.

Sy vrou, Trudie (81), 'n Alzheimer lyer, was ongedeerd en het blykbaar die nag ná die voorval verdwaas in die moordhuis rondgedwaal.

'n Werker het in die hof getuig dat hy onraad vermoed het toe hulle nie oudergewoonte die oggend met die blaas van 'n fluitjie geroep is om in te val nie.

Hy het 'n buurman, Robert King, in kennis gestel. Kort daarna is die liggaam ontdek.

Die slagoffer se seun, Bernard, het die 18-jarige verdagte in sy werkershuis sowat 100m van die hoofwoning aangehou en aan die polisie oorhandig.

Beslag is in die woning gelê op drank en 'n mes. Die byl het voor 'n ander werker se huis gelê.

Forensiese kenners het 'n bloedvlek en 'n enkele haar op die byl met die vermoorde boer verbind.

Die ondersoeker, speur-insp Karel Rossouw, het Maandag getuig oor die bekentenis wat deur die verdagte afgelê is.

Daar is oorspronklik gedink dat daar meer as een aanvaller kon wees, veral aangesien Neuschwander volgens die patoloog, "so sterk soos 'n 60-jarige" was.

Die vermeende moordenaar, Elton Smit (nou 19), is in Oktober verlede jaar tydens die voorlopige verhoor in die Wellingtonse landdroshof op borgtog van R600 vrygelaat.

Hy was vyf maande lank vry totdat hy weer op 'n aanklag van diefstal in hegtenis geneem is. Hy is borgtog van R1500 toegestaan, maar het dit nie betaal nie en het in aanhouding gebly.

Bernard en sy vrou Annelie was hewig ontsteld oor die vrylating.

Uit vrees vir hul jong kinders se lewens, moes die kinders smiddags na skool, terwyl hul ouers nog by die werk was, by ander mense oorbly.

Trudie Neuschwander is ses maande na haar man oorlede.

Benewens Bernard is daar nog 'n seun en dogter, asook sewe kleinkinders, wat hul oupa en toe hul ouma verloor het.

'n Bestuurder boer nou op Panorama totdat die familie die plaas kan verkoop.

 * A 19-year-old is appearing in the Cape Supreme Court charged with the murder of an elderly Wellington farmer.


Granny homeless

Susan Botha

[ Top ]


AT eighty years of age most people want to take life a little slower. This however, is not granny Annie Adonis of Silvertown in Mbekweni's fate.

At 82 years of age she will have to start all over again, after a fire destroyed all her worldly possessions on Sunday night.

Granny Adonis occupied one of the six shacks that were destroyed in the fire that started just after midnight. Her five grown-up grandchildren and three greatgrandchildren (aged 5, 9 and 12), were with her in the house.

Nearby lived Zodua Madadlela, her husband Steward, two children aged two and ten, and two other men.

None of the occupants were injured in the blaze, but they lost everything - furniture, clothes and food.

On Tuesday an 18-year old youth gave himself up to the SAPS. Simpiwe Matekana appeared in the Paarl magistrate's court yesterday on a charge of arson.

Anyone who wants to help the victims, can phone town councillor Charlotte Stemela at 083-967-0428.


Residents block road

[ Top ]


THE police are investigating a charge of malicious damage to property after residents from the Edube village in Mbekweni allegedly set fire to tyres and rubbish bins in Jan van Riebeeck Drive on Sunday night.

The residents now living in Edube, occupied the 181 newly built houses illegally in April 2000, before the beneficiaries for whom they were intended could move in.

After lengthy negotiations, a court order was obtained in November last year, and the occupiers evicted so that the beneficiaries could move in.

Within three days, however, the original occupants returned and the beneficiaries fled.

Since then the illegal residents have been petitioning the Municipality for water and electricity.

In July they agreed that a mediator help decide the matter.

On Sunday, however, about 600 residents and supporters held a meeting on the situation. It was decided to block the road on Wednesday to disturb traffic.

Shortly afterwards (on Sunday) a group moved to Jan van Riebeeck Road just opposite Edube and started obstructing traffic.

The fire department put out the flames and the police arrived on the scene.

According to Capt André Roziers, chief of Mbekweni Police, the crowd was well behaved.

No-one was injured and the police did not arrest anyone on the scene. The organisers of the blockade may, however, face charges.


Gemengde gevoelens oor oorlopery

[ Top ]


TERWYL stadsraadslede die afgelope twee weke links en regs oorgeloop het na die goedkeuring van die oorloopklousule, gons dit behoorlik op straat onder die kiesers.

Sommiges voel verraai deur die kandidate waarvoor hulle gestem het; ander gee weer nie 'n flenter om oor waar hulle kandidate hulle bevind nie.

Ander meen alles gaan net om waar die meeste geld lê.

Sammy Nico van die Paarl meen dit is goed dat raadslede uiteindelik hul besluit geneem het oor waar hul lojaliteit nou eintlik lê.

"As raadslede nie nou oorloop nie, gaan die ANC nog vir die volgende tien jaar regeer en persoonlik sou ek 'n NNP-regering wou sien," meen hy.

Vir Anthony Engelbrecht van Smartietown laat dit egter 'n suur smaak in die mond.

"Vir die raadslede gaan dit alles net om geld. Hulle is net sigbaar in hul onderskeie wyke wanneer dit verkiesingstyd is. Ek weet nie eens wie my wyksraadslid is nie.

"Ek sal verkies dat die ANC aan bewind moet wees en dat daar 'n ANC burgemeester aan die stuur van sake is," het hy gesê.

Carlo Fourie vertrou nie die stand van sake nie.

"Waarom sal raadslede nou ewe skielik hul beginsels verander en na 'n ander party oorloop? Hulle het net leë beloftes aan hul kiesers gemaak en kies nou die hasepad.

"Verder doen hulle net besigheid met ryk ondernemings, maar het weinig met die jeug te doen, wat eintlik die toekoms van môre is."

Matthew van Rooyen van Klein Nederburg meen dat raadslede maar al agter die stroom aangaan.

"Dit wil voorkom asof die raadslede nie hul eie opinies het nie maar volg net die stroom.

"Dit pla my nie juis waar raadslede voel hulle die gelukkigste is nie, maar ek voel darem dat hulle hul kiesers in ag moet neem.

"Die kandidaat vir wie ek in die vorige verkiesing gestem het, is nog steeds by sy ou party," het hy gesê.

Dan is daar die anonieme kiesers wat meen dat die DA baie dinge aan baie mense belowe het, maar nie hul beloftes nagekom het nie.

"Waar aksies gewoonlik harder spreek as woorde, het die DA se woorde harder gespreek as hul aksies," het 'n 20-jarige kieser gesê.

Nog 'n anonieme kieser weet nie eens wie sy wyksraadslid is nie: "Ek is gekant teen die politieke oorlopery, want raadslede moet darem eers hul kiesers se belange in ag neem," was sy mening.

Nog 'n Paarliet..., Kelvin Adonis, meen dat kiesers se vertroue in hul raadslede beslis geskaad is.

"Die kiesers gaan beslis nie voordeel trek uit die nuwe samestelling van politieke partye in die raad nie.

"Dit gaan vir die raadslede wat oorgeloop het na ander partye net oor die aansien, terwyl daar verskriklik min vir die kiesers gedoen word.

"Ek dink ook met hierdie klugspel het heelparty kiesers eenvoudig belangstelling verloor in die politieke doen en late van hul dorp."

Richard Adonis het gesê dat die politieke skuiwe van die raadslede beslis net oor die geld en die magsposisies gaan.

"Die raadslede is bang dat hulle hul posisies gaan verloor, terwyl daar intussen baie min vir die kiesers gedoen word."

Vir Karin Etsebeth van Noorder-Paarl moes raadslede in die eerste plek aangesluit het by 'n party wat hulle gelukkig sou maak.

"Die raadslede weet nie wat hulle wil hê nie. Hoekom nou ewe skielik oorloop?

"Wat het gebeur dat die party waar hulle eerste was, nou skielik sy aantrekkingskrag verloor het?", wonder sy.

* Local residents have mixed feelings over the defection of town councillors of the Drakenstein Municipal Council.


Rowers vort met R41 000

[ Top ]


MEER as R41 000 is Maandag helder oordag buite 'n bank in die Paarlse middedorp geroof.

Die slagoffers, twee werknemers van 'n drankwinkel in Paarl-Oos, is om 10:15 op die parkeerterrein agter Eerste Nasionale Bank op die hoek van Hoof- en Lady Greystraat oorrompel.

Die twee rowers het deur die oop bestuurdersvenster geleun van die groen BMW waarin die geld vervoer is en die man agter die stuur met 'n gaspistool in sy gesig geskiet.

Die passasier is met 'n vuurwapen gedreig om die geld, R41 300, te oorhandig voordat die rowers te voet daarmee gevlug het.

Die verdagtes is beskryf as twee onbekende swart mans in hul laat twintigs. Een het 'n geel bofbalpet op sy kop gehad en die ander het 'n wit en swart hemp aangehad.

Die ondersoeker, speur-insp Johan Coetzee (807-4000), vra dat ooggetuies hom skakel, ook die vrou wat sekondes voor die aanval voor die BMW verbygestap het na haar motor.

* 'n Bouer van Johannesdal het derduisende rande skade gely toe inbrekers Sondag helder oordag sy huis gestroop het.

Henry Williams (55) en sy gesin was nie tuis toe 'n venster oopgebreek en die woning se deure deur die booswigte van binne oopgesluit is nie.

Toe die Williamse om 14:30 tuiskom, was die mikrogolfoond, drie televisiestelle, DSTV dekodeerder, DVD CD-speler, klerasie, beddegoed, twee Nokia selfone, 'n .38 rewolwer met meer as 200 rondtes, juweliersware, horlosies asook R2 900 kontant gesteel.

Skakel die ondersoekbeampte, insp Dirkie Adams (874-1016).

* Daar is helder oordag op Woensdag 2 Oktober ingebreek by 'n chalet op die terrein van die Franschhoek Mountain Manor. Skade is aangerig en juweliersware, drank, kos en 'n selfoon is gebuit. Die huisie word tans op langtermyn verhuur. Enigeen met inligting kan sersant Muller by 876-2626 kontak.

* Robbers stole R41 000 outside a Paarl bank.


Snuf in die neus oor rekenaars

[ Top ]


STUKKENDE glasdeure by 'n versekeraar in die Paarl was toe al die tyd 'n skyn-inbraak.

Die stelers van ses rekenaars van meer as R60 000 van Sentrasure op die hoek van Hoof- en Markstraat, het sonder dwang in die gebou gekom.

Speur-insp Jean Henning en Sentrasure-ondersoeker Leon Niemand het snuf in die neus gekry en spoor gevat na Hanoverpark waar die rekenaartoerusting teruggekry is.

Asraf Dassier (27) en Shahied Meyer (34), altwee van Hanoverpark, is in hegtenis geneem.

Dassier was skofleier vir 'n maatskappy wat die afgelope weke rekenaarkabels by die Sentrasuregebou geïnstalleer het.

Daar het oor 'n tydperk rekenaaronderdele verdwyn, ook voor die ontdekking van die "inbraak".

Daar is intussen vasgestel dat toegang tot die gebou die nag van 8 Oktober verkry is deur 'n geknoei met identifikasiekaarte.

Die ondersoekers het lont geruik oor die manier wat glasdeure voor die hysbak op die derde verdieping beskadig is en Dassier is ondervra.

Die assuransie-onderneming is in dieselfde gebou as die Boland-area polisiehoofkwartier. Hulle het die diefstal vrygespring.

Die saak is uitgestel tot 8 November. Die beskuldigdes is elk borgtog van R5000 toegestaan.

* 'n Man wat hom in 1998 as agent vir Courtrai Motors voorgedoen het, ene Barnard, ontglip steeds die polisie. Barnard is onlangs weer in die Paarl in 'n geel Mini opgemerk.

Hy het in 1998 wederregtelik R4000 gekollekteer by 'n skuldenaar van die motorhawe. Inligting oor waar hy hom bevind kan aan insp Gavin Lombaard (807-4000) gegee word.

* Computers stolen from a Paarl business were recovered from a home in Hanover Park.


Doodsmotor stroomop op N1

[ Top ]


'n MOTOR wat in die verkeerde rigting op die N1 by Klapmuts onderweg was, het verlede Saterdagaand in 'n doodsmotor verander.

'n Ambulansman van Stellenbosch het gesterf en 'n polisieman is ernstig beseer toe hulle om 20:30 kop-aan-kop met die motor gebots het wat in die rigting van Kaapstad op die nasionale pad na die Paarl gery het.

Die bestuurder het uitgespring en ontvlug. Die twee ander insittendes, van Nyanga en Crossroads, is lig beseer.

Die ambulansman, Minezi Mayford Booi van Khayamandi, is op slag dood.

Die polisieman saam met wie Booi in die rigting van die Paarl onderweg was, insp Jan Mzimasi van die Cloetesville speurtak, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die motor het eers skrams geskuur teen 'n Nissan 4x4 wat van Houtbaai na die Paarl onderweg was, voordat dit teen die speurder se groen VW Golf gebots het.

Inligting oor die ongeluk of die bestuurder van die motor uit Crossroads, August Lewis, sal waardeer word deur speur insp Clifford Coetzee, Klapmuts 875-5555.

* 'n Ouerpaar en hul twee dogters het gesterf in 'n kop-aan-kop botsing op die Hermonpad Vrydagaand.

Die pa van die gesin van Kuilsrivier, Saul Booysen, sy vrou Johanna en hul dogters Janine (10) en Magnolia (12) het op slag gesterf.

'n Ouer dogter, Johanna Pietersen (17), ook van Kuilsrivier, het been- en borsbeserings opgedoen en word in Tygerberg Hospitaal behandel.

Die Booysens was Vrydag om 20:00 na Porterville onderweg toe die ongeluk op die pad regoor die Onverwacht plaas gebeur het.

Dit is die laaste in 'n reeks motorongelukke op dié besige pad met sy swak oppervlak. Daar is geen skouer aan die pad nie.

Die bestuurder van die vragmotor, Andrew Loggerenberg (33) van Knoopstraat, Wellington, het nek- en borsbeserings opgedoen.

* 'n Sesjarige meisie, Ronel Pearston van die plaas Welgemoed, het verlede week Woensdag op die Bergrivier plasepad onder 'n voertuig gesterf.

* A man died in a crash when he was hit by a car travelling in the wrong direction on the N1 at Klapmuts.


Wie se tuin die vuilste?

Malané Bosman

[ Top ]


DIE roostuin blom geurig, die grasperk is netjies gesny, die groentebedding is vol in drag en daar is nie 'n sprietjie onkruid nie.

Maar Alfred Jonck staan verslae. In sy hand hou hy 'n brief van die Drakenstein Munisipaliteit dat hy voor 15 November sy vuil tuin moet skoonmaak, of anders...

Doen hy dit nie, doen die munisipaliteit dit vir hom, en hy sal die rekening moet betaal.

"Dis die vierde jaar dat ons aangeskryf word," vertel die Paarlse ambulansman in sy netjiese tuin in Jason Adamsstraat 16, Paarl-Oos.

"Volgens die brief, gedateer 14 Oktober, het gesondheidinspekteurs die erf as 'n gevaar gesien.

"Die huis is op my vrou se naam en so moes sy vanjaar weer uit die werk bly omdat sy self die geregistreerde brief by die poskantoor moes gaan afhaal.

"En vir wat? Kyk net hoe pragtig is my tuin. En so lyk dit heel jaar, elke jaar."

Dit was verlede week. Hierdie week, na navraag by die munisipaliteit, is aan die Paarl Post meegedeel: "As daar 'n fout was, sal dit reggestel word."

En sowaar, gister kon die gesin met die mooi tuin weer glimlag.

"Dit was 'n administratiewe fout wat nou vir ewig reggemaak is," het 'n gesondheidsinspekteur gesê.

Intussen is inwoners van Wellington-Noord ontstoke oor 'n oorgroeide erf aan Yorkstraat wat deur die Departement van Justisie gebruik word vir behuising.

Hulle het met talle telefoonoproepe en per brief die hoof van die munisipale gesondheidsdienste versoek dat die eienaar van die erf aangespreek word.

Drosdy, ook bekend as die "landdroshuis", word nou bewoon deur Chris Abrahams, aanklaer in die Paarl landdroshof. Die eiendom behoort aan Openbare Werke.

Die deel voor die woning is skoon, maar die res van die reuse erf is oorgroei met grasse, onkruid en indringerplante.

"Laat die erf na wense skoonmaak en hou dit skoon.

"As medebelastingbetalers sorg ons dat ons huise se waarde nie ten gronde gaan nie.

"Ons versoek dat die saak onmiddellik aangespreek word," lui 'n petisie met handtekeninge.

Loretta Jordaan van Crispinstraat 16 meen die erf hou 'n brandgevaar in. Sade van onkruid en rommel bevuil die omgewing.

Rotte, slakke en slange teel daar aan, ander inwoners word 'n teiken vir misdaad met die oorgroeide erf in hul midde, en voornemende kopers word afgeskrik.

"Die Munisipaliteit is bewus van die rotplaag op die erf, en nou deel hulle kosteloos rotpille aan inwoners uit.

"Laat ons net ons erwe agteruitgaan, ontvang ons gou 'n aanmaning. Slaan jy nie ag nie, word die erf namens jou skoongemaak en word jou munisipale rekening gedebiteer."

Jordaan, wat 'n pragtuin tot op die sypaadjie gemaak het, sê: "Dit is verregaande dat inwoners goedkeuring van die Munisipaliteit moet verkry om hul huise te verfraai omdat dit 'n estetiese area is en dan word so iets oor die hoof gesien."


Verdagte geskiet

[ Top ]


'n BENDELID het verlede Woensdagaand met 'n skietwond in die kop gesterf terwyl die swaard van meer as een moordklag oor sy kop gehang   het.

Taswill Borrins (18) van Gemsbokwoonstelle, Chicago, is 'n verdagte in die moord op sy vriendin. Hy sou ook gister in die Paarl landdroshof teen 'n mede-bendelid getuig in 'n ander moordsaak.

Sy vriendin, Johanna Africa (16) van Springbokwoonstelle, het vroeër vandeesmaand gesterf. Haar nek is vermoedelik gebreek toe sy met 'n skerp voorwerp in die gesig gesteek is.

Borrins was sedert haar dood glo teruggetrokke en het ook teenoor 'n familielid erken dat hy ook nie goed voel om teen 'n vriend te getuig in die ander moordklag nie.

Hy was in sy moeder se opslaanhuis toe sy en haar vriend 'n skoot gehoor het. Die vrou het uitgehardloop om hulp te ontbied nadat sy haar seun met die kopwond ontdek het.

Borrins het in die ambulans op pad na die hospitaal gesterf.

Daar word vermoed dat Borrins selfmoord gepleeg het. Die vuurwapen het in die gemaal van mense wat op die toneel was, verdwyn.

Paarl-Oos speur-insp David Manuel (807-4000) ondersoek die voorval.

* 'n Tiener het in Paarl-Oos beswyk aan meswonde nadat hy tydens 'n sypaadjie-dobbelspel aangerand is.

Lorenso Abrahams (18) van Gemsbokwoonstelle het Vrydagnag om 01:00 by familie gekuier toe hulle in Hibiskusstraat gedobbel het.

Abrahams het na die aanranding sowat 50m gestrompel voordat hy beskwyk het. Paarl-Oos speur-insp Lidia du Plessis het Norman Swarts, Ashley Kulsen en Tony Olivier, drie 18-jariges van Hibiskusstraat, van moord aangekla.

* 'n Tiener van Hermon, Klaas Swart (17) van Kerkstraat, is Vrydagnag om 03:00 met 'n skietwond agter die oor deur personeel van die Paarl ambulansdiens behandel. Swart, wat tydens 'n beweerde stryery geskiet is, sterk in die Tygerberg Hospitaal aan.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za