|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
HOEWEL Wellington se eerste krieketspan die naweek op Stellenbosch met vyf paaltjies teen Maties verloor het, het hulle heelwat veggees getoon om nie met die vernedering van 'n groot loe-sing weg te stap nie. Dit het eers gelyk of Wellington 'n groot pak slae gaan kry, toe hulle vierde paaltjie kantel met die telling op 'n skrale 11. Maar hardnekkige kolfwerk deur Wicus van Lille (64) het die besoekers tot 150/7 gehelp. Dit was egter nooit genoeg teen die sterk Maties nie en hulle bereik die teiken in die 50ste boulbeurt. Joshua Swanepoel 2/31 en Piet Koen 2/28 was die beste boulers vir Wellington. Wellington II teken 224/8 in hul toegelate 60 boulbeurte aan teen Coronations. Louis Duvenage (88) en Steyn Basson (76) het waardevolle bydraes gelewer. Coronation het aanvanklik die teiken gejaag, maar aan die einde van die dag konserwatief gespeel vir 'n onbesliste uitslag. Hulle teken 197/7 in hul 60 beurte aan. C Davids het uitgeblink met 'n onoorwonne honderdtal. Vir Wellington het Jaco Conradie 2/35 en Patrick Jensen 2/23 met die bal moedig probeer. * Die eerste en derde spanne van Young Peoples kon Saterdag weens nat tuisblaaie nie hul wedstryde teen onderskeidelik Stellenbosch en Distrikte en Paarl Oos II speel nie. Die tweede span het egter speelkans gekry op Hermanus, maar 'n oorwinning deur hul vin-gers laat glip. Peoples struikel op 17/2, maar teken tog 237 almal uit aan ná goeie beurte deur Brendon Gabriels (58), Wade Anderson (43) en Ryan Carolissen (26). Frans-Loots van der Merwe (3/25) het vir Peoples met die bal uitgeblink, maar swak veldwerk insluitende ses verbroude vangskote het 'n onbesliste uitslag verseker. Peoples I speel Saterdag tuis teen Worcester United, Peoples II ook tuis teen Stellenbosch en Distrikte en die derde span weg teen Atlantis. Die klub hou môreaand 'n braai by die klubhuis in Daljosafat. * In Brackenfell was die tuisspan en Paarl in 'n tawwe stryd gewikkel. Die tuisspan het Paarl se totaal van 109 verbygesteek met nog drie paaltjies in die sak. Lionel Jansen 41 en A Adams 4/24 was die Paarl se twee uitblinkers. * Paarl-Oos (231/7) en Worcester United (170/7) se stryd op Worcester het onbeslis geeindig. Paarl-Oos se Butch Green (78) en Graig Abrahams (40) was die top lopiemakers, terwyl Justin Watts (3/49) goed met die bal vertoon het. |
|
|
|
|
HAAR buitengewone talent op die basketbalbaan het vir Jermaine Kermis 'n groot deur oopgemaak, met 'n paadjie wat al die pad na Amerika lei. Kermis sal eersdaags na Hudson, 'n buurstad van Cleveland in Ohio, vertrek waar sy moontlik die res van haar skoolloopbaan aan die Western Academy sal voltooi. Die 15-jarige basketbalster is 'n lid van die Whoop Squad basketbalklub in Paarl en sal haar maats by Klein Nederburg Sekondêr totsiens moet wuif wanneer sy na die VSA vertrek. Volgens Thierry Kita, direkteur van afrigting van die Wes-Kaapse Basketbalvereniging, hou hy al Jermaine se vordering vir die afgelope twee jaar dop. "Haar vertoning tydens die onlangse o.18 toernooi in Bloemfontein het weer bevestig hoe goed sy is. Sy is die talentvolste speler in haar ouderdomsgroep," het Kita gesê. Hy sê dat die Western Academy gereeld studente van regoor die wêreld inneem, maar nog nooit 'n kind van Afrika in hul skoolbanke gehad nie. "Die feit dat sy so goed is in basketbal beskou hulle as 'n bonus vir hulle," sê hy. 'n Besoek deur Andrew Miller, 'n gerespekteerde universiteits-basketbalafrigter in Amerika wat oefenklinieke in Suid-Afrika kom aanbied het, het die bande gesmee wat Jermaine se geleentheid moontlik gemaak het. "Miller het as fasiliteerder opgetree tussen die skool in Hudson en ons hier in Suid-Afrika," verduidelik Kita. Western Academy finansier Kermis se verblyf en skoolgelde en dit hang van haar af hoe lank sy daar wil studeer. "Ek sien baie uit na die uitdaging en sal graag my skoolloopbaan daar wil klaarmaak, maar as ek nie gelukkig is nie, kom ek terug," sê sy en loer groot-oog na haar ma, Hester. Kita sê dit is jammer dat net een speler kan gaan, aangesien die Whoop Squad se o.18 dogterspan - die span waarin Jermaine speel - oor soveel talentvolle spelers beskik. "Sy is egter die jongste en sal die meeste kan put uit die geleentheid om oorsee te speel en te studeer," het hy gesê. |
|
|
|
|
BY die onlangse seshoekige pro-vinsiale toernooi op Bramble Hill, Fancourt, het die Boland Gholfstigting se o.18 en o.16 spanne goed gevaar. Die o.18's onder leiding van Bertus Wessels (Hoër Landbouskool Boland) het naelskraap op die laaste dag 7-5 teen die OP verloor. Oorwinnings oor die Grens (11-1), Vrystaat (10-2), Noord-Kaap (10-2), Suid-Kaap (10-2) en die Westelike Provinsie (9½-2½) het die Bolanders egter van 'n tweede plek verseker. Wessels wat op nommer twee gespeel het, het slegs een uit tien van sy wedstryde verloor en is ook in die o.18 Suidelike provinsie se junior span ingesluit. In die o.16 afdeling was die Paarl goed verteenwoordig met Jacques Blaauw (Paarl Gimnasium), Henry van Waart en John Coetzer (albei van Boishaai) asook Trevor Mahoney (Wellington Primêr) wat deel van die span uitgemaak het. Hoewel die Paarliete goeie houe gespeel het, het die span in die vierde plek klaargemaak ná hulle naelskraapse nederlae op die laaste dag teen die OP en die uiteindelike wenners, Westelike Provinsie. Blaauw is in die Suidelike provinsie se o.16 span opgeneem. Die span wat die Boland aan die einde van die jaar op Maccauvlei in Vereeniging in die SA Junior Interprovinsiale toernooi gaan verteenwoordig, is ook bekend gemaak. Bertus Wessels is die enigste Paarliet wat in dié span opgeneem is. |
|
|
|
|
BOLAND KRIEKET in samewerking met MTN het onlangs 'n massa-krieketafrigtingsessie by BoE Park gehou waarby sowat 90 spelers van 18 MTN skole in die Boland betrek is. Volgens Morné Steyn, MTN-koördineerder, kan skole aansoek doen om 'n MTN-skool te raak. As die aansoek suksesvol is, ontvang die skool fondse en toerusting vir die ontwikkeling van krieket. Een skool word jaarliks by die lys van skole gevoeg. Krieketspelers van skole sover as Clanwilliam en Grabouw het die kliniek bygewoon. "Dit is die eerste massa-kliniek en van vandeesweek af sal daar elke week so 'n afrigtingskliniek êrens in die Boland aangebied word. "Krieketafrigters word ook uitgestuur na skole om spesialis-afrigting aan die skoolkinders te gee," verduidelik Steyn. Volgens hom is die doel van die massa-kliniek ook om talent onder die jong klomp te identifiseer. Vir meer inligting kan Boland Krieket by 862-4580 geskakel word. |
|
|
|
|
WHEN most teenagers venture out for a relaxing afternoon after a hard day at school, one student diligently goes in for a different kind of activity. Ryan Muller is not your average 17 year-old. He represented South Africa earlier this year in Korea and astounded martial arts experts from around the world with his Taekwondo prowess. Taekwondo is a Korean martial art that has seen a tremendous growth in popularity, particularly after its inclusion in the Olympic Games - first as a demonstration sport in 1988 and 1992 and finally as an official full medal sport of the 2000 Sydney Games. "We are working towards achieving this goal," said Ryan, a student at the Action Sports Taekwondo Club in Paarl and pupil at Noorder Paarl Secondary School. "Competing in the Games will be one of the highlights of my career." Ryan has been actively participating in Taekwondo since early childhood, training with the internationally respected and certified Master Instructor, JP Camara. Ryan unashamedly admits that Taekwondo is his life and JP agrees with his declaration of dedication to the sport. "He grew up in front of me and he is truly a gifted and hard working athlete. He lives Taekwondo and it has seen him reach great heights. "During the competition in Korea, Ryan attained a second and third place against his Korean counterparts and amidst students who have access to full time coaching and tutoring from Korean Masters," says JP. Ryan is also the first to admit that he has made tremendous sacrifices to reach the level of competitiveness. "You spend hours training. Some days you feel like you are on top of the world and other days, well, you just want to give up. "Through my Taekwondo training, I have learned to develop perseverance and the indomitable spirit which gets me through these rough patches. "Okay, sometimes it's also my stubbornness that just kicks in. All I know is this - Taekwondo has given me the will to learn and better myself." So many youths today turn to drugs, alcohol and gangsterism to fulfil their lives. Ryan is living proof that there is a better, healthier and much more fulfilling way out. Ryan's parents believe that the sport has founded his belief system and taught him right from wrong. According to Judith Muller, Ryan's mom, Taekwondo has helped Ryan become highly disciplined and has brought out the leadership qualities in him. "Taekwondo has had such a positive influence on Ryan and has helped shaped his character and personality in such a wonderful way. As parents, we are so proud of him." |
|
||||