ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Extra backpay for municipality not fair

[ Top ]


IS this a reasonable scenario? A motor vehicle is advertised for sale at a purchase price of R100. The vehicle is then sold and the money changes hands.

The seller then demands an extra R100 from the purchaser - because a mistake was made on the purchase price and the seller actually meant to advertise it at R200?

Last month, we received an overdue electricity account of over R1000 from the Drakenstein Municipality with pretty much the same scenario as above.

Since moving to Wellington two years ago, we have been buying our electricity via the internet (Easy Pay) to use in our pre-paid electricity meter.

Depending on how much electricity we need at the time, we go onto the Easy Pay system, purchase the necessary amount of electricity, get the relevant codes and enter that into our pre-paid meter.

The Drakenstein Municipality would have us pay over R1000 because "the Plessey System was not updated due to the fact that the system was not supposed to be in operation since January 2002" - but it HAS been in operation for a further 24 months - and therefore the pricing on the internet was incorrect!

In today's very stressful economic climate, budgeting for the numerous amenities and necessities for a family is difficult enough as it is, without having to be presented with an alleged debt dating back a full year.

Why has it taken this long to realise that there was a pricing error and why should we have to pay for the mistakes made by others?

I feel sure that we are not the only ones paying for this mistake - if there is anyone else in the same predicament, please contact me on 864-3339.

Tana Rivalland

The Drakenstein Municipal Manager, Jacques Carstens, replies: The Plessey System used by Wellington was amalgamated with the system used by Paarl two years ago.

Unfortunately the service provider of the site, Easypay, did not close the site nor did they change the rate at which the electricity was sold.

Drakenstein was unaware of this problem until the beginning of this year, when Easypay informed us.

Unfortunately this means that Plessey users enjoyed an unfair rebate on their electricity, while everyone else was paying the standard rate.

Our tariffs were published for objections, thus consumers cannot alleged that they were unaware of tariff increases.

We are legally obligated to enforce these backpayments.


Gemeenskapswerkers - ken hulle hieraan

[ Top ]


DAAR is min mense wat vrywillige hulp aan die gemeenskap verleen sonder dat hulle daarby baat.

Die meeste mense doen iets tot voordeel van hulself, hul kinders, familie of vriende. Die kanker van selfsugtigheid is wyd verspreid, tog styg die mooi en eerlikheid bo die lelike uit.

Weens die onlangse hartseer, pyn en bekommernis met die beëindiging van maatskaplike toelaes en die wagperiode tydens heraansoeke, kom die prag van 'n dame, ene Spasie Kika, soos 'n aronskelk deur 'n nikswerd swart moeras na vore tot hulp van haar gemeenskap.

Sy het haar beywer vir die aanstellings van meer staatsdokters en by die TC Newman hospitaal reggestaan om lede van die publiek te help met hul vorms.

Hierdie is beslis die leiers van formaat wat ons in ons gemeenskap benodig, maar hulle is baie dun gesaai. Tydens haar hulp by die hospitaal, was haar boodskap duidelik: geen baantjies vir boeties nie, jy wag jou beurt af!

En gepraat van baantjies vir boeties. Hierdie ondier het onlangs kop uitgesteek toe daar deur huurders tougestaan is om hul grondeise te dien.

Dis warm (35 grade) en oud en jonk staan van vroeg hul beurt en afwag. Binne die terrein van Bethel Kong Kerk hanteer twee vroue die papierwerk terwyl 'n derde dame orde by die deur hou. Sake verloop traag.

Telkemale kom iemand reguit na die dame by die deur waarna 'n boodskap na die dame in beheer gevoer word en sekere persone word ingelaat - tot benadeling van die res.

En as daar gekla word, word hulle tot stilte gemaan want die kerk staan op "heilige grond". Sy kan gaan leer by Spasie Kika.

Johnnie Mbabane


Ek stem nie in die
verkiesing nie

[ Top ]


EK is 'n pensionaris wat ook ongeskik verklaar is 'n hele paar jaar gelede.

Hierdie brief het ek met die hulp van my seun geskryf omdat ons baie teleurgesteld is in die mense wat voordoen dat hulle ons arme Christelike mense verteenwoordig, maar gelyke tyd belieg en besteel.

Woensdag het die ANC 'n vergadering hier in Amstelhof gehad waar daar 'n groot trok met musiek en klomp mense dit bygewoon het, tot my skok was die hoofspreker 'n raadslid wat die mense toegespreek het.

Nou, hierdie raadslid belowe die mense allerhande dinge soos om hulle te help met "disability" gelde, kindersorg en huise.

Nou, hierdie persoon het my pad ook gekruis op 'n tyd omdat ek ook 'n probleem gehad het, maar tot my spyt het sy meer skade berokken as iets anders.

Ek wil weet of 'n mens hierdie mense moet betaal as hulle sê hulle gaan ons help in die naam van organisasie, of doen hulle dit vrywillig?

Nadat hierdie vrou my gehelp het, het sy meer as die helfte wat jy gekry het teruggevra omdat sy kwansuis ook 'n probleem het.

Maar sy het gesê dat sy dit sal teruggee, maar tot vandag toe het ek dit nog nie teruggekry nie.

Toe ons hierdie vrou sien met al die "hoë koppe", toe herinner dit my hoe sy my ingeloop het.

Hierdie bietjie geldjies wat ek gekry het, is nie baie nie maar dit kon my en my kleinkinders help om 'n bietjie kleertjies en kossies te koop. Maar omdat sy ons gehelp het, het ons gedink, dat ons haar ook moet help, want sy gaan mos die geld teruggee, en sy het net spoorloos verdwyn.

Die rede hoekom ons hierdie brief skryf het, is omdat ons al gekla het by mnr. Stanley, al verlede jaar, maar hy het ook nooit teruggekom nie, want dit lyk asof hulle kop in een mis is met mekaar.

Ek wil net die mense waarsku om versigtig te wees vir hierdie vrou, want sy sê alweer sy gaan mense help.

Ek wou graag gaan stem het, maar dink ek en my kinders sal wegbly van die stembus, want so onnosel is ek nie meer nie om vir iemand te vertrou en hulle vat die laaste bietjie wat 'n mens voor gesukkel het.

Baie bekommerde inwoner


'n Resep vir chaos

Editorial

[ Top ]


DIE hartklop van enige onderneming, van 'n doodgewone huishouding tot internasionale korporasies, is seer sekerlik gesonde finansies.

Volgens die ouditeur-generaal het Drakenstein Munisipaliteit rede om bekommerd te wees oor sy hartsake.

Daar is nie genoeg kontrole en beheer nie en dit veroorsaak allerlei probleme in die stelsel.

'n Mens sou dit kon vergelyk met jou eie hartklop. Slegte eetgewoontes, te min oefening en stres gaan beslis jou hart beïnvloed en uiteindelik jou lewensritme knou.

In finansiële terme is dit noodsaaklik dat genoeg amptenare opgelei en beskikbaar is om die werk te doen.

Hulle moet ook gevoed word met die nodige hulpbronne. Nie soos in Drakenstein waar politieke aanstellings soms voorkeur geniet, soos weer onlangs met die aankoop van rekenaars gebeur het nie.

Geen onderneming kan op die langtermyn bly voortbestaan as die nodige finansiële ondersteuning nie daar is nie.

Die ander groot leemte in Drakenstein, is die gebrek aan delegering.

Nie net maak dit die druk op top amptenare onhoudbaar nie, maar dit belemmer ook doeltreffende werksverrigting op ander vlakke.

Of ons dit nou wil weet of nie: die skrif is aan die muur as dit kom by Drakenstein se finansiële bestuur.

Ons sal óf ons prioriteite moet regstel, óf ons gaan sit met, in raadslid Arthob Petersen se woorde, "'n resep vir chaos".


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]