|
DIE Hoër Landbouskool Boland hou die naweek oesfees op die skoolterrein.
Die fees open Vrydag om 17:00 met ligte etes, 'n kroeg, vlooimark en ekspo.
Daar is ook 'n musiekfees met Etha en Rooies om 17:30, Christo & Cobus om 19:30 en Anke om 21:00.
Saterdag begin die klasverkopings om 09:00 in die markiestent. Daar is 'n vleisverkoping in die klubhuis.
'n 'Brunch' is tot 11:30 in die nuwe konferensiesentrum beskikbaar.
Om 09:15 pak die o.13A-rugbyspan van Hugo Rust die bulletjies van Laerskool Eikestad.
Mica en San-Marie is om 10:00 in die musiektent, gevolg deur Nadia, Gemini en Christene.
Ook om 10:00, is daar 'n perdevertoning, gevolg deur 'n trekkeroptog en 'n hondevertoning (10:30).
HJS Paarl se o.19A-rugbyspan meet om 10:30 kragte met Charlie Hofmeyer.
Om 12:00 begin die veiling en om 13:30 sluit die program met die kragmeting van Boland Landbou se 0.19A-span teen Kearnsney Kollege. |