ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Naelskou voor wenstreep

[ Top ]


'n GROEP van 516 atlete het verlede Woensdag in ideale weersomstandighede voor die Paarl Stadsaal aangetree vir die jaarlikse 10km Aandwedloop.

Selfs meer atlete het vanjaar vir dié wedloop ingeskryf wat deur die Drakenstein Korrektiewe Dienste Atletiekklub gereël word.

'n Baie bekende gesig onder vanjaar se inskrywings was die dubbele Comrades-wenner en rekordhouer, Vladimir Kotov.

Kotov wat vir Mr Price hardloop, tesame met Castor Soul (Mr Price Celtics), Nkosana Mponeng (Wellington) en Dryja Marek (ind) het vroeg van die pak weggebreek en was by die 5km-merk reeds 'n minuut voor die res van die veld.

Mponeng en Soul het egter die pas aangedraai en vir Kotov en Marek in die

wwinFC

JUST IN TIME. Castor Soul of Mr Price Celtics grabs a split-second victory with Nkosana Mponeng of Wellington hot on his heels in the Drakenstein 10km Evening Race that was held last Wednesday. Soul won in 30:10 with Mponeng clocking the same time.

stof laat byt.
Met die afdraai in Faurestraat, op pad na die wenpaal, was dit 'n naelbyt-naelloop, maar Soul het genoeg in die tenk oorgehad om net voor Mponeng die wenstreep in 'n tyd van 30:10 oor te steek. Mponeng kort op sy hakke het dieselfde tyd geregistreer.

Kotov het 15 sekondes later in die derde plek klaargemaak, gevolg deur Marek in 30:32.

Kotov was dan ook die eerste mans-veteraan oor die wenstreep.

In die vroue-afdeling het Alae Brand van Harmony Gold in 37:03 gewen, met Francis Roman (UWK) tweede in 37:49 en Malana Uys van Durbanville vier sekondes later.

Mareé Burger (39:56) en Styntjies Prins (40:31), albei van Paarl Atletiekklub was onderskeidelik vierde en vyfde. Prins was ook die tweede vroue-veteraan wat die wedloop voltooi het.

Ander Paarl-atlete wat top posisies behaal het, was Frans Kotze wat 'n 40:19 gehardloop het en die derde mans-meester was en Faffa Joubert wat met 47:51 derde was in die grootmeester klas vir mans.

Die Drakenstein Korrektiewe Dienste Atletiekklub het om verskoning gevra vir die tekort aan bronsmedaljes vir al die atlete wat voor die afsnytyd klaargemaak het.

Dawid Strauss van Drakenstein AK het bevestig dat die 88 atlete wat nie medaljes ontvang het nie, se medaljes wel vandeesweek al aan hulle gestuur is.


Bergrivier maak skoonskip

[ Top ]


ALBEI die krieketspanne van Bergrivier Krieketklub is Saterdag as die wenners gekroon in onderskeidelik die Premier- en tweede ligas.

Die eerste span, wat reeds 'n geruime tyd verseker was van die Premierliga-titel, het Saterdag vir Citrusdal vroeg huis toe gestuur.

Die besoekers is vir 'n skrale 84 lopies uitgehaal.

Die wedstryd wat Bergrivier met agt paaltjies gewen het, was teen etenstyd reeds afgehandel. Waar Citrusdal 38 beurte nodig gehad het vir hul 84 lopies, het die tuisspan die teiken in slegs 14 beurte gehaal.

Lester Hendricks (4/24), André Abrahams (3/16) en Nathan Thomas (3/20) was die boulers wat die paaltjies laat kantel het.

Slegs Brian Theron (13) en Christo Louw (14) kon lopies vir die besoekers kry.

Waylon Libbie wat tot dusver al meer as 600 lopies geslaan het, het 'n haastige en onoorwonne 37 geslaan wat vyf grenshoue ingesluit het. Hy is bygestaan deur Marquin Julies (33 4x4, 6x1).

Bergrivier I se sege van vier paaltjies oor Spes Bona was Maandag die kersie op die koek vir dié span van Wellington.

Nie alleen is hulle reeds die ligawenners nie, maar dié seisoen is ook die suksesvolste wat die klub beleef het, sedert sy ontstaan.

Die eerste span het 26 wedstryde gespeel en slegs twee verloor, met geen onbesliste uitslag nie.

Spes Bona het 182/9 in hul 60 beurte aangeteken, met John Casper (42 4x3), Leon Arnold (36 4x6) en Craig Petersen (31 4x3) wat goed kolf.

Lincoln Dampies (3/39), Lester Hendricks (3/48) en Nathan Thomas (1/11) het paaltjies geneem.

Bergrivier het in die 42ste beurt die wenlopies geslaan met slegs ses paaltjies plat.

Marquin Julies (74nun 4x11), Waylon Libbie (31 4x1) en Westley Goetham (22 4x3) het met die kolf ingeklim.

Casper (2/35) en Hennie Pietersen (2/42) was Spes Bona se beste boulers.

Bergrivier II (325/7) se wedstryd Saterdag teen Korrektiewe Dienste (182/8) het onbeslis geëindig.

Die De Vries neefs, Morné (97 4x7, 6x4, 2/33) en Ashwill (81 4x6, 6x2, 4/52) was Bergrivier se uitblinkers.

D Harmse (2/59), B Anderson (2/69), Donovan Victor (51 4x8) en J Sproit (42 4x3) het goed vertoon vir die bewaarders.


Van der Walt aan die brand

[ Top ]


DIT sal nie te verregaande wees om nader te stap en te kyk of die gras swart geskroei is, as Dawie van der Walt (foto) by die gholfbaan afslaan nie - want die man is aan die brand.

Van der Walt wat onlangs as die houespelkampioen gekroon is tydens die Sanlam SA Amateur Gholfkampioenskappe wat in die Paarl gehou is, het Saterdag weer sukses op dié einste baan geproe.

Die Paarliet het met goeie rondes van 69 en 66 die vorige naweek, en tellings van 68 en 68 die naweek die Paarl Gholfklubtitel ook syne gemaak. Hy het die houespelkompetisie met 'n telling van 271, 17 onder baansyfer, gewen.

Van der Walt se naaste teenstander, Freddie Steyn (290) het 'n telling van twee bo baansyfer op sy telkaart ingevul, terwyl Jacques Blaauw (297) derde was.

Dit is nie die eerste keer dat hy dié klubkampioenskappe wen nie. Hy het in 2002 eerste gekom met 'n telling van -21.

Verlede jaar het hy die kampioenskap misgeloop aangesien die SA Amateurkampioenskappe op dieselfde tyd gehou is.

Asof die vyf bekers wat Dawie Saterdagaand by sy klub ontvang het nie genoeg was nie, het hy Maandag die Somerset-Wes Ope ook gewen. Sy rondetellings van 68 en 70 het hom 'n algehele agt onder baansyfer besorg op dié syfer 73 baan.

Nog 'n Paarliet, Mark Mahoney, het warm in Van der Walt se nek geblaas met tellings van 68 en 71 vir sy sewe onder baansyfer. Mahoney het nie in die Paarl gespeel nie, aangesien hy in Port Elizabeth aan die OP Ope deelgeneem het.

Van der Walt vertrek einde Mei na Skotland waar hy in die Britse Amateurkampioenskappe op St Andrews gaan deelneem.

"Ek het in matriek al junior toernooie in Engeland en Ierland gespeel, maar niks naastenby so groot so dié nie," vertel Van der Walt.

gholf speel," het Dawie gesê.


Paarl-Oos kolwers knak weer voor penne

[ Top ]


DIT was weer 'n treurige langnaweek vir Paarl-Oos Krieketklub.

Die eerste krieketspan kon nie welslae behaal in enige van die twee wedstryde wat hulle gespeel het nie.

Saterdag het die Paarliete op Stellenbosch met 64 lopies teen Stellenbosch/Distrikte vasgeval.

Die tuisspan het 162/10 in die laaste beurt aangeteken, met B Minnies (51) en S Cornelissen (30) aan die spits.

Dennis November (3/33 in 12bb 4 leeg), Elroy Abrahams (3/43 in 22bb 8 leeg) en Justin Watts (3/35 in 16bb) was die besoekers se beste boulers.

Paarl-Oos skraap slegs 98 lopies bymekaar voordat hulle in die 33ste beurt uitgehaal word.

Dirkie Pietersen (35) en Craig Abrahams (18) het die hoogste tellings aangeteken, met die res van die kolforde wat weens oorhaastigheid hul paaltjies weggegooi het.

Maandag kon Paarl-Oos slegs 'n onbesliste uitslag teen Maties I behaal.

Paarl-Oos hou Maties in toom en hulle is op 'n stadium op 74/6.

'n Vennootskap van 82 tussen die nommer agt en nege kolwers, Johan du Plessis (46) en Shaun Philips (36) het egter die studente gehelp na 190.

Elroy Abrahams (4/45 in 14bb 1 leeg), Craig Abrahams (3/34 in 15bb 5 leeg) en Hilroy Paulse (2/32 in 10bb 2 leeg) het met die bal uitgeblink.

Selfs 'n vennootskap van 91 tussen Garth Lewis (63) en Zynodien Fredericks (38) was nie genoeg om 'n sege vir Paarl-Oos te verseker nie.

Hoewel hulle op 'n stadium gemaklik op 116/3 was, het hulle slegs 185/9 aangeteken toe die beurt verstryk het.

Jackie Daniels (26 nun) het goed gekolf, terwyl Magnus van Rooyen (5/52 in 20bb) Maties se top bouler was.

Saterdag speel Paarl-Oos I hul laaste ligawedstryd tuis teen Brackenfell.


Paarl struikel oor laaste hekkie

[ Top ]


PAARL se Superliga krieketspan het gemengde welslae behaal die afgelope naweek toe hy vir Van der Stel met agt paaltjies geklop het, maar teen Coronations in 'n naelbyt-wedstryd vasgeval het.

Die manne van Paarl het Saterdag die loot gewen en die besoekers ingestuur om te gaan kolf.

Die span van Van der Stel word beperk tot 167/10, danksy goeie boulwerk deur Rohan Goetham (2/29), Dave Callaghan (3/39) en Alfredo Adams (3/46).

Paarl se kolfbeurt het teen 'n vinnige tempo begin toe Bobby Nicholson 73 (4x13, 2x6) van 42 balle aangeteken het in 'n vennootskap van 80 lopies om die eerste paaltjie.

Paarl teken die wenlopies in die 36ste boulbeurt aan. Erasmus Hendrickse (35 4x7) en Dave Callaghan (40 4x5, 6x1) is die kolwers wat gesorg het dat die wedstryd vroeg afgehandel is.

Maandag het die manne van Paarl vir Coronations op Pniel besoek vir hul voorlaaste wedstryd van die seisoen.

Paarl word ingestuur om te kolf nadat Coronations die loot wen. Ná slegs 10 boulbeurte is Paarl op 60 lopies sonder die verlies van 'n paaltjie, met Bobby Nicholson 39 wat weer eens die boulers straf.

Paarl verloor in die volgende twee beurte twee vinnige paaltjies met die tellling op 60. Ná 'n goeie begin het die lopies egter opgedroog weens goeie boulwerk deur Robert Swiegelaar en Charlton Mentoor.

Dave Callaghan (73) en Lynal Jansen (29) sorg dat Paarl uiteindelik 209 lopies aanteken. Coronations teken die wenlopies in die laaste boulbeurt aan vir die verlies van sewe paaltjies.

Vir Coronations het Andrew Cyster (72), Justin November (41) en Russell Walker (46) goed gekolf.

Die Paarliete kan net hulself blameer vir die nederlaag aangesien hul kolfwerk en swak veldwerk hul in die steek gelaat het.

Die nederlaag het Paarl se kanse om onder die top drie spanne te eindig na eerskomende Saterdag se laaste wedstryd teen Hermanus op die Parysgronde, 'n erge knou toegedien.

Paarl II klop Coronations II Saterdag op die Parysgronde met vier paaltjies.

Vir die Paarliete het Morgan Adams 2/32, Cameron Cupido 2/32 en Allan Alexander 2/77 daartoe bygedra dat Coronations slegs 233 lopies kon aanteken.

Paarl behaal die wenlopies in die laaste boulbeurt van die wedstryd, danksy uitblink-beurte deur Rudy Andrews (82), Kurt Martin (59) en Utallyn Ernstzen (31nun).

Paarl II klop Wellington II (96) met sewe paaltjies in sy laaste wedstryd van die seisoen met Utallyn Ernstzen 5/40 wat verwoesting saai onder die kolwers van Wellington.


Boland Landbou laat toeskouers juig

[ Top ]


DIE tuisskare het Maandag twee redes gehad om te juig tydens Hoër Landbouskool Boland se Sentrasure Rugbydag.

Nie net het Boland Landbou aldrie sy wedstryde gewen nie, maar die gasheer-span is ook aangewys as die span wat die aanskoulikste rugby van die dag gespeel het.

Boland Landbou het Worcester Gimnasium in die eerste ronde met 10-0 geklop, en daarna vir Vishoek (10-0) en Paul Roos Gimnasium (5-0) laat les opsê.

Boland Landbou se harde, fisieke spel, veral op die verdediging, het gewys dat hulle vanjaar 'n span is wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie.

Ander plaaslike skole wat ook beïndruk het, was Hoër Jongenskool Paarl wat veral met hulle vinnige handspoed en blitsige snellers die skare op mooi rugby trakteer het.

HJS het vir Hoërskool Stellenbosch (20-0), Tygerberg (20-0) en HTS Bellville (25-0) oortuigend geklop en was ook die span wat die meeste drieë, 13 gedruk het.

Paarl Gim het ook in sy drie wedstryde oorheers en De Kuilen (25-0), Parel Vallei (15-0) en Montagu (15-0) geklop.

Paulus Joubert het vir De Villiers Graaf 10-5 geklop, maar 10-5 teen De Kuilen en 15-0 teen Worcester Gimnasium verloor.

Hoërskool Bergrivier het teen Hoërskool Strand (10-0) en Tygerberg (20-0) vasgeval, maar 'n goeie 10-0 oorwinning oor HTS Bellville behaal.


Sun shines bright for Sundowns

[ Top ]


THE team of Mbekweni Sundowns is still calling the shots at the top of the Castle Soccer League after a convincing 6-0 win over Nelsons in Mbekweni on Monday.

Sundowns were already comfortably in the lead at halftime when two strikes found home in the back of the net.

The three outstanding players who played the biggest role in the hometeam's success were Cecil Thompson in defence, midfielder Luvuyo Jalamba and striker Siyanda 'Wonderboy' Nodlayiya, who is only 16 years old.

Goals were scored by man of the match, striker Eric Maxamba who secured a hattrick, striker Mlulami Maqanda and midfielders Benjamin Makabani and Nodlayiya.

Sundowns play Aberdeen of Atlantis on Saturday.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]