safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 25 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 2 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


Vang Kaasfees-gees

[ Top ]


wbok18KAASLIEFHEBBERS kan hul feesvere en smaakkliere regkry vir lekker kuier by die SA Kaasfees wat van môre tot Sondag op die historiese plaas Bien Donné naby die Paarl aangebied word.

Man en muis sal by dié geleentheid - die derde agtereenvolgende jaar dat dit aangebied word - aan die grootste versameling keurkase ooit kan knibbel.

Die créme de la créme van tradisionele Gouda, Cheddar, Camembert en Brie, tot nuwe soorte koei-, bok-, skaapmelk en organiese kase word in die Kaas

Emporium in 'n reuse lugverkoelde markiestent van 1 560 vierkante meter voorgesit.

By die swetterjoel stalletjies sal met die kaasmakers self - van die kleinste boetiekkaasmakers tot dié wat kase vir die land se vernaamste suiwelprodusente berei - gesels kan word.

Kaasliefhebbers sal ook die geleentheid

BOK-BOK STAAN STYF. Haar naam is Edelweiss (of C13 op die plaas se boeke), en sy is die kampioen Switserse Saanen melkbok van die Foxenburg Landgoed buite Wellington. Marianne Hemmes en haar kaasmaker, Willem Franse (saam met C13) werk oortyd om gereed te wees vir die SA Kaasfees dié naweek. Foto: Malané Bosman

kry om die pas bekroonde SA kampioenkase en gesogte Qualité-wenners by die fees te proe.

Boonop beloof die fees watertand peuselkos van olywe, brode en fynkosse wat daar geniet kan word.

Kaasdemonstrasies en -praatjies deur gunsteling kospersoonlikhede word aangebied.

By die kinderspeelarea sal vermaak vir kinders aangebied word sodat ouers hul gang kan gaan.

Die hekke is môre oop van 12:00 tot 18:00 en die ander twee dae van 10:00 tot 18:00. Kaartjies by Computicket, toerismekantore en die hek is R50 wat 'n wynproeglas en kaasproe insluit (senior burgers R40 en kinders onder 12 gratis).

* The SA Cheese Festival will be held at Bien Donné farm from tomorrow until Sunday.


Swop a Chomp to help children

[ Top ]


HELPING the underprivileged youth is a cause that the learners of La Rochelle High School see as a valid one to support and strengthen in order to progress as a nation.

This is why they have launched an initiative, "Swop-a-Chomp", in aid of Paarl's underprivileged youth.

This entails a form of community service in which each learner in the school will be equipped with a pre-determined supply of "Chomp" chocolates as well as a shopping trolley or a durable carrying bag.

Paarl will be divided into sections in which a certain number of the learners will be deployed and will roll this project out.

Armed with their trolleys and "Chomps", the learners will then visit the houses in their designated area, exchanging a "Chomp" for an item of food (a tin or packet of food).

The collected food items will then be packaged for underprivileged children of the community. The distribution will be handled by Elmarie Kotze of ACVV.

The learners of La Rochelle hope that they can rely on the support of the community to alleviate the plight of children. For more information, contact Jocelyn Hellig at 872-4367.


Groot fees in die Paarl

[ Top ]


DIE Paarl Moslem Jamaa en Stem van die Kaap radiostasie se jaarlikse Boland Fees vind die naweek op die Dalstadion plaas. Almal is welkom by die fees wat Vrydag om 16:30 begin en duur tot Sondag laat.

Daar sal soos gewoonlik lewendige vermaak wees, vuurwerkvertonings, radio-uitsendings en 'n honderd kos- en ander stalletjies om van te kies.

Vir die jongspan is daar spring-kastele en ook 'n tent waar karaoke en ander pret aangebied sal word. Saterdag is daar 'n talentkompetisie en kunstenaars kan 862-4885 skakel om in te skryf.

Vir die sportgeesdriftiges is daar atletiek en rugby Saterdag en krieket Saterdag en Sondag.

Toegang is R5 (kinders R3).


Winkels help armes

[ Top ]


DIE Haven Nagskuiling en die Paarlse Kinder- en Gesinsorg se nasorgsentrums is tot 'n groot mate aangewese op skenkings van kettingwinkels in die Paarl en elders.

Hierdie skenkings bestaan uit oorskotprodukte soos brood, groente en vrugte. Dit word elke dag deur die Haven se bakkie gekollekteer en in hul koelkamer gestoor.

Die Paarl Lions klub is die ontvanger van hierdie skenkings, wat die plig vir verdere verspreiding aan die Haven gedelegeer het.

Die Haven wil graag die produkte wat hulle soms nie alles self gebruik nie, op 'n regverdige manier onder die mense wat dit werklik nodig het, versprei.

Organisasies kan oorskotprodukte aanvra, maar moet die Haven voorsien van 'n briefhoof met die betrokke organisasie se naam, adres en telefoonnommer, insamelingsnommer, die name en adresse van bestuur, waar die verspreiding plaasvind en die naam van die gemagtigde persoon.

Raymond van Sitters, die bestuurslid wat gemoeid is met hierdie saak, sê dit het ongelukkig onder hulle aandag gekom dat produkte nie altyd die plek bereik waarvoor dit aangevra is nie.

"Ons wil tog  'n beroep op die publiek doen om ons eerder te help om die duisende honger mae te vul as om ook hierdie krummeltjie brood van die rykmanstafel van hul weg te neem.

"Kom kyk maar elke Maandag, Woensdag en Vrydag na die lang rye mense by die Haven wat wag vir 'n stukkie brood, party tevergeefs, en vra u dan self af of u nood groter as hulle s'n is."

Skakel die Haven vir 'n afspraak by 862-1812 voordat u 'n verteenwoordiger stuur.


Janjala sing gospel

[ Top ]


'n GOSPELKONSERT word Sondag om 19:00 by die Strauss-saal aangebied, ten bate van die sanger Jeff Janjala, wat tans 'n Bybelskoolstudent en gemeenskapswerker en betrokke is by die Shammah Faith Ministries, om sy CD te finansier.

Janjala was 13 jaar gelede die Paarl se trots toe hy die Kaapprovinsie verteenwoordig het by die "Shell Road to Fame" kompetisie en die eindronde gehaal het.

Hy sal al die liedjies sing wat hy self gekomponeer het.

Van die bekende liedjies sal wees "Everytime I fail the Lord" en "Hallelujah Road", wat ook die CD titel sal wees.

Gaskunstenaars wat gaan optree, is onder andere die Philadelphia Massakoor, Born Again, PCMC, Felicity Buffel, Bro Demo, René Arendse, Bridgette en Wilma Brooks.

Toegang is R10. Vir navrae, skakel pastoor Howard Garland by 862-0970 of Jeff Janjala by 862-9109.


Paarl Craft and Food Market moves

[ Top ]


THE Paarl Craft and Food Market has moved into town, and from this Saturday will be held at Eccentric Trading, opposite KWV in Main Street.

Yvette Frater and her family are the new organisers of the market on Main Road, with enough parking space and shade.

The biggest section of the venue is indoors, so whether it rains or pours, the market will be on.

The market, previously held at Simonsvlei, will still take place every last Saturday of the month from 09:00 to 14:00.

There will also be enough to eat and drink and buy - so don't miss it.

For enquires, contact Yvette at 863-3976 or Dan Frater (he is standing in for her for this coming market) at telephone 082-367-0231.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za