|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
She was barely alive and was rushed to hospital, where she was put on life-support in intensive care. She was still in a semi-coma yesterday. Farm manager Darrel Laing made the gruesome discovery when he and two employees arrived on the farm shortly after six o'clock on Monday morning. The outside lights were still burning and there was no sign of a forced entry. Romang's two dogs were in the house - a young Golden Retriever who could not wait to be let out and an older crossbreed that cowered next to her master's body. The hidden safe had been forced open with an axe, but apart from cash, it is not known what has been taken. Policemen, the Klapmuts Farm Watch and tracker dogs combed the area and found a hammer at the farm entrance. It had presumably been used to smash the lock on the gate. Stunned members of the farming community and friends of the landscaper gathered around the house. During the three years he had lived on the farm, Romang had created a beautiful garden and entertained guests in a Swiss-style house restaurant. Romang, who spoke not only German and French, but English and Afrikaans fluently, once did flowers for actress Sophia Loren. He had no relatives in South Africa and his friends had to decide on the future of the dogs, two cats, caged rabbits and birds. "Walter was such a caring man," a friend said. "He always said he had but one fear - to be attacked. Now it has happened exactly the way he feared." The injured Fourie, a retired nursing sister who lives with her 83-year-old widowed mother in Kraaifontein, visited Romang most weekends. Shortly after the murder had been broadcast on the police radio, Fourie's stolen white Toyota Conquest was found abandoned at the taxi-rank in the Smartietown squatter area in Dal Josaphat. Witnesses said they had seen a man and a woman walk away from the car at 07:30 that morning. A thorough police search, with the aid of trackers, yielded nothing. A susbstantial reward has been offered for information leading to the arrest of the attackers. Contact insp Rogerio Carosini or Carl Loesch at 875-5555. A memorial service will be held today at 16:30 on the farm Nooitgedacht on the Stellenbosch/Klipheuwel Road. As soon as permission is granted from Switzerland, friends here would like to abide by Romang's wish, to be cremated and have his ashes strewn in the gardens of Koelenhof Winery which he had created. |
|
|
|
|
THUNDER and showers on Tuesday heralded the onset of the winter season in the Boland. Not only did the rain quench the dry earth of the Paarl Valley, but the thunder also scared some canine residents out of their wits. Among them were two maltese poodles who were found drenched and bewildered, apparently after fleeing from their home. They were taken to the Paarl Animal Hospital. According to Ronélle Killian, veterinary assistant, it is best to keep dogs inside during thunderstorms, close the curtains and play soft relaxing music to calm them down. Hypersensitive dogs can be given a light sedative. If the dogs are left outside, make sure that there are no openings through which they can escape. With the sun rising later and a bite in the air, overnight temperatures of as low as nine degrees have been measured, making 19 April the coldest night to date. The highest temperature measured this month was on 1 April with a scorching 34 degrees Celcius. Although the wintry conditions are making locals take out their duvets, electric blankets and winter woolies, the good news is that the colder weather will bring an end to the cricket plague infesting the Valley. Many are hopeful that the winter rains will soon wash away these chirruping menaces. A mild 24 degrees Celcius are forecast for today. |
|
|
|
|
DIE plaaswerker wat daarvan aangekla is dat hy in Januarie verlede jaar 'n wingerdboer van Wellington in sy plaashuis vermoor het, sal vry wees sodra hy borgtog van R1 500 betaal. Elton Smit (19) is die oggend dat Ernst Neuenschwander (83) se liggaam ontdek is, deur sy seun, Bernard, in 'n werkershuis 100 meter van die plaasopstal in hegtenis geneem. Die boer het in sy slaapkamer aan meswonde in die nek gesterf. Dit was dae nadat Neuenschwander 'n saak van diefstal van drank teen 'n werker van sy Panorama-plaas aanhangig gemaak het. Nadat die verdagte aan die polisie oorhandig is, is beslag gelê op drank en 'n mes, die moontlike moordwapen. Neuenschwander se vrou Trudie, 'n Alzheimer-lyer, is ses maande na die moord oorlede. Familielede was ontstoke toe die beskuldigde in Oktober verlede jaar op R600 borgtog vrygelaat is. "Die speurders het hul bes probeer om die vrylating te verhoed, maar tevergeefs," het 'n skoondogter gesê. "R600 is verskriklik min vir ons pa se lewe. Ons was vreesbevange toe die man op straat uit is, soveel so dat ons ander blyplek vir ons kinders gekry het smiddags ná skool." Verlede maand is Smit vir diefstal in Kaapstad in hegtenis geneem en is borgtog op R1 500 vasgestel. Hy bly in aanhouding totdat hy die borggeld kan betaal. Die moordsaak sou Maandag in die Kaapse Hooggeregshof begin, maar is weens 'n vol hofrol uitgestel tot 14 Oktober. * Tussen September 2000 en Maart 2001 was daar ses moorde en aanvalle op bejaarde plaasbewoners in die Vallei. Die twee mans wat verlede week skuldig bevind is aan die moord in Januarie 2001 op die egpaar Percy (68) en Loretta (58) van Zyl op hul plaas Hoopenberg by Klapmuts, word op 6 Mei gevonnis. * A farm worker suspected of killing his employer at Wellington, is on bail awaiting trial in the Supreme Court. |
|
|
|
|
Pieterse (bekend as Boeta Jo) is in Julie 1996 in die Wellingtonse landdroshof skuldig bevind aan bedrog van R938 nadat Abraham Jantjies van Mbekweni gekla het dat Pieterse nie vir hom die volle bedrag uitbetaal het van twee tjeks wat hy namens hom by 'n bank in Wellington gewissel het nie. Jantjies het glo nie 'n bankrekening gehad nie. Pieterse het ontken dat hy die tjeks namens Jantjies gewissel het. Hy het getuig dat Jantjies die tjeks, afkomstig van 'n assuransiemaatskappy nadat hy polisse afgekoop het, self in Kaapstad gewissel het in die teenwoordigheid van Pietersen en mederaadslid Appollis Solomons. Volgens Pieterse het Jantjies in die Kaapse banktak R200 elk aan Solomons en hom in kontant betaal as vergoeding vir hul hulp met 'n arbeidsaak nadat hy deur sy werkgewer ontslaan is. Solomons het Pieterse se weergawe in die hof gesteun, maar Pieterse is nogtans skuldig bevind. Hy is 'n boete van R3000 opgelê en moes R938 aan die klaer betaal. Pieterse het suksesvol teen die vonnis geappelleer nadat hy 'n beëdigde verklaring van 'n bankamptenaar ingedien het dat die tjeks wel in Kaapstad gewissel is. Die uitspraak en vonnis is in 1997 tersyde gestel deur die Hooggeregshof. Die Prokureur-generaal het egter opdrag gegee dat die saak terugverwys word na die Wellingtonse landdroshof om opnuut verhoor te word, omdat nuwe getuienis in die appèlsaak aangebied is. Landdros Francois Rossouw het Pieterse in Desember 1997 opnuut skuldig bevind, dié keer aan diefstal van R400, en hom gevonnis tot 'n boete van R2000. Hy moes die R400 aan Jantjies terugbetaal. Nadat Pieterse weer eens appèl aangeteken het, is hy op 12 April vanjaar in die Kaapse Hooggeregshof onskuldig bevind. Regters Hennie Nel en Essa Moosa het die landdros se bevinding as "vergesog" bestempel en hul skok uitgespreek daaroor dat die tyd van die Hooggeregshof met "beuselagtighede vermors" is. Adv William Fisher het vir Pietersen opgetree. * A former Wellington town councillor has won his appeal against a fraud conviction. |
|
|
|
|
DIE eienares van 'n plaas aan die Perdeskoen in Wellington is Saterdagoggend deur twee mans in haar slaapkamer aangeval. Die bejaarde Jeanne Malherbe van Bloublommetjieskloof het om 05:15 wakker geskrik van 'n flitslig in haar gesig. Twee mans, met sakke volgeprop met gesteelde ware in hul hande, het haar met die swaar sakke toegetakel. Malherbe het opgevlieg en die mans voor haar uitgejaag tot in die kombuis. In die kombuis het een van die mans 'n sakmes uitgepluk en haar 'n lang sny teen haar gesig toegedien. Bewoners van naburige huise het wakker geword en nader gestorm, waarop die aanvallers gevlug het met 'n radiokassetspeler, 'n koper ketel en klerasie. Die aanvallers het blykbaar deur 'n oop deur toegang tot die huis verkry. Speurders volg leidrade op, so ook in die 15 huisbrake wat die naweek by die polisie in Wellington aangemeld is. In 'n nagtelike operasie Dinsdag is 12 arrestasies gemaak en kon ses klagte van huisbraak opgelos word. Die ander aangehoudenes is verdagtes in meer as tien klagte van onder meer roof, verkragting en diefstal. * A Wellington woman was attacked in her farmhouse. |
|
|
|
|
ARMED robbers locked the employees of the Gatti's ice cream outlet in central Paarl in a coldroom on Monday morning before making off with thousands of rands. According to investigators the three robbers walked into the store at 09:45 and pointed a gun at the manager and assistants behind the counters. One man remained on guard at the door with a silver .38 special in his hand. His accomplices jumped over the counter and forced the employees into the walk-in refrigerator. They managed to free themselves after the robbers had disappeared with the takings. Paarl detective-insp Victor Carolus (807-4000) describes one of the suspects as "a very darkskinned man who speaks Afrikaans fluently". The robber is tall with a long face, and was wearing a brown woolen cap and brown jacket during the attack. The same men had been in the store on Saturday, when they purchased ice-suckers shortly before closing time. They remained outside for a while, loitering in the vicinity of their white Toyota bakkie. It is not the first time that Gatti's personnel have been held up in the Castle Street shop. In May last year they were also forced into the cold room when robbers struck. |
|
|
|
|
'n PA wat ná 'n vonnis vir verkragting uit die tronk vrygelaat is, het die naweek verdwyn nadat sy 13-jarige dogter weer verkrag is. Die meisie was vyf jaar oud toe sy deur haar pa verkrag is. Hy is skuldig bevind en tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Nadat hy op korrektiewe toesig vrygelaat is, het hy weer sy intrek geneem in dieselfde straat in die Groenheuwel HOP-huise by Fairyland, naby dié waar die meisie by haar tante woon. Die vrou het die naweek onraad vermoed en die kind uitgevra. Die meisie het erken dat sy vyf keer verkrag is sedert haar pa vrygelaat is. Die man is nog op vrye voet nadat hy op loop gesit het toe lede van die gemeenskap hom Saterdag wou bykom. * 'n Tienjarige meisie is Maandagmiddag net ná skool op pad na haar ouers se arbeiderhuis op 'n plaas in Noorder-Paarl verkrag. Die polisie is op die spoor van die verdagte, na bewering 'n werker van dieselfde plaas. * A man who served a prison term for raping his five-year-old daughter, has disappeared after the girl (now aged 13) was raped again. |
|
|
||||||||||||||||
|
"Ons as pendelaars tussen Wellington en Paarl is al moedeloos gekla oor die rondlooperdiere op die pad. Dit val net eenvoudig op dowe ore en almal trek hulle skouers op. "Die klaers gee maar later boedel oor," sê Robert Germishuys nadat sy vrou, Carika, en hul dogtertjie onlangs die jongste slagoffers van die beeste-probleem op die Paarl/Wellington pad geword het. Carika werk in die Paarl en hul agtjarige dogtertjie, Merike, gaan ook skool in die Paarl, met die gevolg dat hulle elke dag tussen die twee dorpe pendel. Hulle was die Maandag oppad Paarl toe, toe die ongeluk hul tref. "Ons het ongeveer 7:50 in die regterkantste baan gery, toe 'n bees ewe skielik besluit om die pad oor te steek. Ek was gelukkig genoeg om betyds te kon stop, maar 'n motoris het van agter in my vasgery. "My motor is afgeskryf as gevolg van sy modeljaar en die skade. Dit sit my finansieel geweldig terug. "Ek en my kind was albei vasgegordel en daar was geen ooglopende beserings nie, maar dit was 'n geweldige harde slag en 'n mens weet nie watter onderliggende beserings ons opgedoen het nie," vertel Carika. Sy het 'n pleidooi aan die Drakenstein munisipale bestuurder, Jacques Carstens, gedoen om daadwerklik iets aan dié probleem te doen. "Daar is al vir jare 'n probleem met beeste, varke en bokke wat byna daagliks los loop langs die pad sonder enige toesig. "Daar was ook al heelparty ongelukke aangemeld as gevolg van hierdie diere en Maandag was ek ook deel van die statistiek. "Dit kon net sowel 'n vragmotor gewees het wat agter my was, en ek en my kind sou albei dood gewees het. Sou daar dalk dan eers iets drasties aan die probleem gedoen gewees het? "Ek betaal my belasting maandeliks, my voertuie is gelisensieer en ek voel dat ek 'n reg het om op veilige paaie te bestuur. "Dit is nie vir my aanvaarbaar dat daar oor sulke ernstige voorvalle net skouers opgetrek kan word nie. Dit is immers teen die padverkeerswetgewing (Wet 93 van 1996) dat hierdie diere los mag loop." In 'n opvolg-skrywe aan die Munisipaliteit skryf sy: "Vanoggend (16/4) op pad werk toe was daar weer drie loslopende kalwers wat dit duidelik laat blyk dat hierdie ernstige probleem wat lewens kan eis, nog nie aangespreek is nie. Robert, 'n polisie-offisier en voorheen werksaam by die Paarl SAPD, sê dat hierdie probleem 'n hele aantal jare so voortsloer. Hy het al self, by meer as een geleentheid, die diere (terwyl aan diens) uit die pad verwyder. Hy doen beroep op almal wat sy sentiment deel en petisie wil ondersteun om hom te skakel by 082- 775-1039, te faks by 872-5462 of e-pos carika.germishuys@unigraincomm.co.za. Hy doen ook 'n ernstige beroep op pendelaars wat in ongelukke betrokke was agv die rondloperdiere, om hom te kontak, sodat die inligting aan die assuransiemaatskappye deurgegee kan word. * A Wellington couple is starting a petition to force the Drakenstein Municipality to act against the animals which wander onto the Paarl-Wellington road, causing frequent accidents. |
|
|
|
|
DIE spogplaas Parys in die Paarl word gelikwideer. Die vrou wat haarself "dokter" Valerie Butler noem, het die eiendom verlede jaar gekoop en binne drie maande 'n pad besaai met vernederde plaaswerkers, besigheidsmanne en polisiebeamptes gelaat. Die wingerdplaas van 57 hektaar is sedert 15 Maart, toe Butler sak en pak weg is, agter slot en grendel. Die wingerde is siek, die werf is verwaarloos en die plaasgereedskap is alles verkoop. Vandale het toegeslaan en ná 'n reeks inbrake het die sekuriteitswag, wat deur Butler aangestel is, spoorloos verdwyn. Intussen spartel die plaasarbeiders sonder 'n inkomste en nou ook sonder elektrisiteit, om kos op die tafel te sit. Nadat die bevel in die Kaapse Hooggeregshof toegestaan is, is die beslote korporasie wat die plaas gekoop het, onder voorlopige likwidasie. Die aansoek is namens die voormalige plaaseienaar, Jan Pretorius, gebring. Volgens sy regsverteenwoordiger, Anville van Wyk, word die datum vir die finale keerdatum vir die likwidasiebevel - nou vasgestel. Daarna sal die plaas opgeveil word. Onder Butler se slagoffers tel haar eertydse vriend Enno Stoltenberg. Hy het klagtes van bedrog en geldverduistering van honderde duisende rande teen haar aanhangig gemaak. Die plaasarbeiders is op 19 Februarie 'n maand kennis gegee en hul laaste lone betaal. Al bly hulle steeds op die plaas, leef die 60 siele van aalmoese. Saam met hulle het die voormalige plaasbestuurder, Edward Taylor wat kort voor die Nuwejaar weggejaag is, die saak by die Arbeidshof aangegee. Hulp het te laat gekom vir die bestuurder se waghond, Bruno, wat hy gedwonge moes agterlaat. Die hond moes weens verhongering uitgesit word. Butler het in die vier maande dat sy in die Paarl was, stry gekry met beamptes van die Munisipaliteit, Boland Distriksraad, wynkelders, verskaffers van oesmasjiene, gif en ander plaasbenodigdhede, motorhawens en vele ander instansies en individue. Sy het wyd vertel dat sy die plaas in 'n gesondheidsoord sou omskep. Pretorius is nog R3 miljoen van die verkooptransaksie kort. Butler spesialiseer glo in alternatiewe gesondheidsmetodes. Daar is nou sprake van ongerymdhede met die mediese toerusting wat sy glo sou invoer en versprei. Toe die Paarl Post verlede week Butler se selnommer geskakel het, het 'n vrou wat beweer het sy is Butler se suster, gesê: "The people in Paarl will feel the loss. Her good intentions turned into a nightmare." In hofstukke ter opponering van die likwidasie-aansoek het Butler aangevoer: "There is no need for any maintenance of farming activities, save to irrigate the vineyards if it does not rain sufficiently." Julian Adams, een van die gestrande plaaswerkers, kan gekontak word by 072-105-7023. Hulle sal graag wil werk vir 'n inkomste en wil 'n kragopwekker leen. * The provisional application for liquidation of the deserted farm Parys has been approved. |
|
|
|
|
A delegation invited to a meeting at the Paarl civic centre yesterday, didn't turn up. About 100 protesters, disappointed beneficiaries of the stalled Project 2 |
|
|
|
The Municipality closed the offices in Mbekweni in anticipation of any trouble and the protesters were confronted by closed gates. Khaya Mrali, municipal head of corporate services, spoke to them through the closed gates, but the angry mob accosted him and tried to attack him. The next morning the people returned and set fire to car tyres in front of the gates. Since then they gained access to the grounds and are continuing a sit-in in front of the offices. The Mbekweni offices are still closed, with personnel working either at the sports hall in the township or at the Paarl East housing office. The Municipality is still waiting for the Western Cape Minister of Housing, Nomatyala Hangana, to respond after a recent meeting, but they will now do their own planning to relaunch the project. |
|
|
|
|
'n DISPUUT oor twee poste by Drakenstein Munisipaliteit is Maandag onder jurisdiksie van die CCMA aangehoor, maar die partye kon nie versoen nie. Die saak sal nou na die Arbeidshof verwys word. Anthony Sauls, voormalige stadsklerk van Paarl, en Kevin Petersen van die finansiesdepartement, het die dispuut met betrekking tot onregverdige diskriminasie (Wet op Gelyke Indiensneming) by hul vakbond, SA Munisipale Werkers Unie (Samwu) aanhangig gemaak. Sauls se dispuut gaan nie oor 'n spesifieke departementspos nie, maar is in terme van 'n gelykwaardige senior amp. Petersen se dispuut is direk teen die hoof van finansies se pos. Instruksies is reeds deurgegee na die regspan wat die vakbond van die amptelike opinie voorsien het, wat 'n prima facie aanduiding gee tot 'n suksesvolle regsgeding. Samwu Drakenstein sê in 'n verklaring dat, hoewel die vakbond die beginsel in die Wet op Gelyke Indiensneming onderskryf, het hulle met sekere voorbehoude ingestem dat die poste intern geadverteer word. Die primêre aansoek is nou gefokus daarop om die proses van die hoofde-aanstelling ongeldig te verklaar en/of 'n verklarende bevel van die hof te verkry in terme van die Wet op Gelyke Indiensneming met betrekking tot ras wat die demografie van Drakenstein reflekteer. Die sekondêre aansoek voor die hof gaan oor die aanstellings. Nog 'n saak, dié van David Friedman teen die hoof van beplanning se pos, sal môre op Stellenbosch voor die bedingingsraad dien. |
|
|
|
|
DIT het Sondagmiddag drie sterk polisiemanne gekos om die man wat vermoedelik 'n skoolmeisie in die Paarlse Arboretum verkrag het, in hegtenis te neem. Die polisie, onder leiding van die ondersoekbeampte insp Anel Swanepoel, is om 17:30 na die opslaanhuis te Magnoliastraat 140, Paarl-Oos. Hulle het toegeslaan nadat 'n lid van die publiek met 'n Paarl Post berig oor die verkragting en beskrywing van die aanvaller, by die polisiestasie aangekom het. Die man is in die hut opgespoor. Die beskrywing het geklop, ook die drie gaatjies in die linkeroor. Hy was geklee in dieselfde vuil drafskoene en swart sweetpakbroek met wit strepe wat die 17-jarige slagoffer beskryf het. Toe Johannes Abrahams (24) die handboeie sien, het hy dwarsdeur 'n glasruit geduik. Insp Jacques Mouton het hom aan die kraag gegryp terwyl inspekteurs Danie Viljoen en Cornel Swanepoel om die hut gehardloop en hom buite vasgevat het. Die man, met diep snywonde van die glasskerwe aan die voorarms, is na 'n struweling onder beheer gebring. Die werklose man se vriendin en dogtertjie was tydens die arrestasie saam met hom in die woning. Speurders volg leidrade op dat die verdagte moontlik met ander voorvalle van verkragting in die omgewing van die Arboretum en Paarl-Oos verbind sal kan word. Intussen het die polisie die publiek gemaan om nie alleen die Arboretum, die boomtuin op die wal van die Bergrivier, te besoek nie. *'n Werklose pa van Carterville is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy twee van sy stiefdogters gemolesteer het. Die man (48) is verlede jaar daarvan aangekla dat hy al drie sy stiefdogters - nou 18, 14 en 13 - sou verkrag het. Die meisies is jare gelede, ná die dood van hul moeder, in die sorg van 'n familielid geplaas. Die vrou wat hulle grootgemaak het, is getroud met die man wat nou gevonnis is. Nadat die seksuele aanrandings tydens 'n rusie in die gesin se woning verlede jaar op die lappe gekom het, is die man aangekla. Die sussies was toe nog nie daarvan bewus dat hulle almal misbruik is nie. Die oudste suster, wat glo op 13-jarige ouderdom gemolesteer is, het besluit om nie met die saak voort te gaan nie. Omdat die beweerde verkragtings soveel jare gelede plaasgevind het en daar geen fisiese getuienis meer was nie, is die klagtes verander na poging tot verkragting van die nou 13-jarige meisie en onsedelike aanranding van haar nou 14-jarige suster. Die stiefpa is gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir poging tot verkragting en twee jaar vir onsedelike aanranding. * A man has been arrested for raping a jogger in the Paarl Arboretum, while another Paarlite has been sentenced for raping his teenage stepdaughters. |
|
|
|
|
NADAT 23 gesinne se opslaanhuise Maandagaand 15 April tot die grond toe afgebrand het in die Langruggebied op Franschhoek, het 'n verdere vyf tuistes Saterdag afgebrand. Vroeër vanjaar het 34 tuistes afgebrand, wat die getal gesinne wat vanjaar skade gely het, op sowat 90 te staan bring. Die woongebied wat hoog teen 'n berghang geleë is met sowat 5000 Xhosasprekende inwoners, word ook in die winter deur stormwater geteister. Maatskaplike toestande is swak, maar tydens rampe spring gemeenskapswerkers in en probeer help. Franschhoekse besighede en inwoners gee mildelik donasies en Stellenbosch Munisipale Nooddienste en die Rooikruis reageer ook vinnig om te help sorg dat slagoffers nie te lank haweloos bly nie. Die rampe is egter te groot en kom te gereeld voor. Die owerhede sal dringend aandag aan 'n plaaslike brandbestrydingsdiens en ambulansdiens in Franschhoek moet skenk, asook welsynsdienste in die gebied, meen inwoners. Onsekerheid oor afwenteling van dienste van distriksrade na munisipaliteit verhoed tans enige stappe in dié verband, het 'n woordvoerder van Stellenbosch Munisipaliteit egter vandeesweek gesê. Freddie Fisher, voorsitter van die ANC in Wyk 1, het inwoners, organisasies en nooddienste wat weereens met groot deernis die nood van hulpbehoewendes verlig het, bedank. Hy het daarop gewys dat die spoed waarteen laekostebehuising opgerig word, versnel moet word. Gemeenskapswerkers werf tans materiaal sodat toekomstige rampe vinniger en beter die hoof gebied kan word. Hulle benodig komberse, matrasse, klere en nie-bederfbare kos (insluitend babakos). Boumateriaal soos spykers, bougereedskap, houtpale, planke, sinkplate, ou deurrame, vensterrame en rolle plastiek word ook gesoek. Mense wat kan help kan insp Myla Dyers 084-352-2158 of Sonja Roets 082-771-8847 skakel. Items sal gehaal word. Firmas wat reeds gehelp het, sluit in Mac Steel, Wemmershoek Saagmeule en Langeberg Foods. * A number of fires have hit the residents of the Langrug squatter area in Franschhoek. |
|||||
|
|||||