|
'n GLANSGELEENTHEID spesiaal vir matriekmeisies (en hul ma's) word Saterdag 11 Mei in die Provence onthaalsaal op Wellington gehou van 16:30 tot 19:00.
Daar sal mode-ontwerpers, skoonheidskundiges en haarstiliste wonderlike idees gee vir die 2002 matriekafskeid. Plaaslike skoliere sal deelneem aan die mooimaaksessie rn modevertoning deur vyf ontwerpers.
Kaartjies is R50 by Provence (tel 864-1758 of 873-1340). |