|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Hoër Landbouskool Boland is die skool wat Suid-Afrika vanjaar by die Sanix Wêreld Rugby Jeug Uitnodigingstoernooi in Japan gaan verteenwoordig. Die groep van 26 vertrek vandag en sal van 27 April tot 6 Mei vyf uitklopwedstryde speel teen spanne van onder andere Australië, Nieu-Seeland, Ierland, Fidji en Japan. Paul Roos Gimnasium en Grey Kollege het in 2000 en 2001 hul beurt gekry om in dié o.18 toernooi te speel, met Grey wat verlede jaar die wenner was. Die top spanne in elke land word genooi om elke jaar deel te neem. Die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria en Grey Kollege in Bloemfontein is tans die eerste en tweede gekeurde rugbyskole in die land, maar was nie een beskikbaar vir die toernooi nie. Die Hoër Landbouskool was derde op die lys en kry dus die kans om hulself op die prestige toernooi te bewys. Boland het tot dusver goeie seges behaal oor Monument, Florida, Ermelo, Kearsney Kollege en Wynberg en is reg om hul merk in Japan te maak. |
|
|
|
|
DIE wedstryde van die eerste Kilotreads/Firestone Rugbydag wat Woensdag op Faurestraat Stadion in die Paarl gehou word, is verlede week bekend gemaak. Die 12 plaaslike spanne is vooraf in vier seksies verdeel voordat daar geloot is, sodat spanne wat in verskillende ligas speel, nou hul staal teen mekaar kan toets. Young Gardens wou nie aan die dag deelneem nie en is deur Allandale vervang. Tydens die byeenkoms het Leon van der Merwe, een van die organiseerders, bevestig dat bestuurslede en keurders (van sowel die senior- en die o.21 spanne) van die Westelike Provinsie Rugby-unie ook die toernooi sal bywoon. Gert Smal het ook toestemming gegee dat van die Stormers die dag kan bywoon. Ses WP skeidsregters van buite die Paarl-area sal blaas in die wedstryde wat elk 60 minute sal duur. Benewens die kans om deur die keurders raakgesien te word, is daar ook pryse op die spel vir spangees, die span wat die opwindendste rugby speel, en meeste drieë gedruk. Die program begin 10:00 met Albions t Violets, 11:15 Young Standards t Allandale, 12:30 Laer Paarl t Paarl Rugbyklub. Om 13:45 volg die verwelkoming van gaste, met 14:00 die toespraak deur WP Unie president gevolg deur trompoppies om 14:15. Om 14:30 speel Young Peoples t Paarl Rangers, 15:45 Mbekweni Black Vultures t Vineyards en 17:00 Windmeul United t Riverstones. Om 18:15 tree trompoppies op met die prysoorhandiging om 18:30. Verversings sal verkoop word. Toegang is R5 (R3 vir kinders bo 12 en studente, kinders o.12 gratis). Geen voertuie word binne die terrein toegelaat nie. |
|
|
|
|
BENEWENS 'n plek in die Vodacombeker eindstryd, sal die Boland Kavaliers Saterdag 'n punt wil bewys deur die Blou Bulle op Loftus te klop. Boland het jare laas die Ligbloues geklop en Saterdag is dus 'n wedstryd wat die Wynboere graag sal wil wen. Die Boland breier, Johann Lerm, is egter vol vertroue dat sy span welslae kan behaal. "Ons het onsself twee weke terug bewys toe ons Noordwes in Potchefstroom geklop het. So die kanse dat ons met 'n oorwinning van Loftus kan wegstap, is goed," sê hy. Hoewel Lerm tevrede is met sy span se goeie vertonings, is daar vandeesweek hard gewerk aan verdedi-ging, loskoptegniek en die losskrum om dié probleem-areas uit te stryk. Die staatmakers Dale Santon en Andries Human is terug op die veld nadat hulle Saterdag se wedstryd teen die Pumas op Wellington weens ligte beserings misgeloop het. Die woelwater-flank Dawid Hendricks wat Saterdag twee drieë gedruk het, het sy kakebeen gebreek en is vir die volgende ses weke uit. Hy word vervang deur Reginald Nutt. Ná sy 38-27 oorwinning oor die Pumas, lê Boland tweede op die Top Agt punteleer met 17 punte. Die Bulle is derde met 16 punte. |
|
|
|
|
IN 'n harde wedstryd waar Albions gelyk het of hulle vir Young Peoples hul eerste nederlaag van die seisoen kan toedien, is deur te veel foute en 'n gebrek aan afronding gekelder. Slordige hanteerwerk deur beide spanne het kort-kort die mooi hardlooprugby onderbreek en die druk van drieë baie moeilik gemaak. Albions het voortdurend sterk vertoon en goeie balbesit geniet. Peoples se verdediging was stewig en het min deurkomkans toegelaat. Senter Giezler Sitzer en heelagter Jacques Lategan het soos altyd goeie spel gelewer hoewel Albions die gevaarlike nommer 15 met valkoë dopgehou en geen beweegruimte gegee het nie. Vir Albions het John Adriaanse (senter) en stut Ronnie Lottering uitgeblink. Albions het eerste punte aangeteken ná 'n strafskop deur losskakel Mark Kruger. Peoples antwoord 'n ruk later met 'n strafskop deur Bernard Davids (8). Albions se volgende punte was danksy Kruger se lang uithalerstrafskop 'n meter binne Peoples se helfte. Rustyd breek aan met die telling op 6-3. In die tweede helfte het albei spanne verbete verdedig, maar Albions het die druk bly verhoog. 'n Albions skrum enkele meters van Peoples se doellyn het die skrumskakel, Faadil Moerat, kans gegee om om die kleinkant te breek en in die hoek te druk. Strafskoppe deur die plaasvervanger heelagter, Andrew Victor het Peoples se agterstand verminder. Maar dit was die pap hande van Albions se agter-spelers wat hul kanse op 'n oorwinning deur die vingers laat glip het. 'n Bal wat in Albions se kwartgebied tussen die skakelpaar op die grond gespat het, is blitsig deur Attie Pietersen opgeraap. Die Young Peoples kaptein het vir sy stut Diff Fredericks uitgegee wat oor die lyn geduik het vir Peoples se enigste en die gelykmakende drie. Die skopwerk van beide die stelskoppers sal meer aandag moet geniet, met meer as 20 punte wat in die water gegooi is weens verbroude skoppe. Peoples speel Saterdag op Gardens Park teen Hamlets. Albions speel op Faurestraat Stadion teen Elsiesrivier. |
|
|
|
|
DIE Paarliete het die naweek met groot genot toegekyk hoe Paarl Gimnasium se eerste rugbyspan met hul gerekende eweknieë van Paul Roos afreken. Gim het van die staanspoor af driftig aangeval en is beloon met 'n drie deur heelagter Hennie Daniller wat deur Etienne Duvenage (10) verdoel is. Halfpad deur die eerste helfte slaag Duvenage met 'n skepskop en kort voor rustyd vergroot hy Gim se voorsprong na 13 met 'n strafskop. Ná vier strafdoele in die tweede helfte het Paul Roos 13-12 in die Streeptruie se nek geblaas. 'n Mooi drie deur die vleuel Beau du Toit bring die telling op 18-12 met 20 minute speeltyd oor. 'n Strafdoel deur Duvenage en 'n drie deur Pieter Burger (flank) wat deur Duvenage verdoel is, verseker 'n oortuigende 28-12 oorwinning vir Gim. Die eerste, tweede, o.15A en o.14A spanne speel Saterdag teen toerspanne van Hoërskool Noord-Kaap, Kimberly. * Vyftien van Boland Landbouskool se rugbyspanne het Saterdag teen Wynberg Boys' High gespeel. Boland het tien van die wedstryde gewen, met een gelykop uitslag. Boland A het teen rustyd 15-8 voorgeloop en die wedstryd 32-15 gewen. Tobie Botes, Chris Buckle, Johan du Plessis, Hennie Zand-berg en Stephan Geldenhuys het drieë gedruk. Botes verdoel twee en teken 'n strafskop aan. * Nadat hulle vroeër die week Klein Nederburg met 50-3 geklop het, het Boishaai die naweek dit opgevolg met 'n 13-0 (6-0) oorwinning oor HTS Drostdy. Hoewel albei spanne uitste-kend verdedig het, het die Paarliete beter vaardighede ge-toon en meer gebiedsvoordeel geniet. Vleuel Terence Valentyn druk vir HJS. Luan Scheepers slaag met 'n doel- en strafskop en Danie van der Merwe met 'n strafskop. Teen Klein Nederburg het Andrew Heroldt (3), Christo Gerber (2), Hein Myburgh, Luan Scheepers en William Burnel gedruk, terwyl Scheepers met drie doelskoppe en Danie van der Merwe met twee doelskoppe geslaag het. |
|
|
|
|
THE Mountain Biking Provincial held on Sunday on Paarl mountain was a resounding success with 180 racing entrants across all categories. The demanding 6,2km course, built by local rider Pieter Rossouw and family together with the Paarl Mountain Biking Club at the Language Monument, was of international standard and tested all abilities in climbing, descending and technical aspects. Paarl riders achieved excellent results over numerous categories. Jacques Rossouw won the u.23 category with little competition - and reigned supreme overall in the Pro Elite category. Carel Smit won the u.19 category - and posted the fastest lap time of the day of just over 16 minutes. Dawie van Wyk crossed the finish line in seventh position, followed by Juan Pearson nineth and Craig Tong 14th. In the Sub Junior Boys category Christoff Smit and David Grobbelaar finished second and third. Pieter Rossouw (snr) finished eight in the Veteran Men's category, showing his mettle on home turf. Pieter (jnr), better known for his downhill skills, won the Fun Men category with flair. The event, organised by Marike Buys and the Paarl Mountain Biking Club was well supported by product sponsors as well as local Paarl businesses. The club is hoping to bid for one of the national legs in 2003. |
|
||||