safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 25 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 1 August 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


wsluysCELEBRATION. The completion of the upgrading of the headquarters of BoE Bank in Paarl was celebrated recently. It included a general revamp and conversion to open plan as well as refurbishing of all 11 floors. The project lasted a year and the building now boasts security control and a client reception area on the ground floor, a staff cafeteria and terrace on the fourth floor and a video conference centre on the tenth floor. At the function were (rear from left) Hans van der Sluys (building contractor), Andries Domburg (architect), Annemie Loubser (BoE Bank interior design co-ordinator), Jacques Wilkin (contract manager) and Arnold Bestbier (quantity surveyor). In front are Schalk Roux (general manager commercial operations at BoE Bank), Jason Gerber (construction foreman) and Gert Griessel (project manager for BoE Bank).


Ondersoek na N1 tolpad

Ken McIntyre

[ Top ]


DIE Boland Distriksmunisipaliteit gaan ondersoek instel na al die aspekte rondom die beoogde tolpaaie op die N1 en N2.

Veral die ekonomiese impak wat die tolplazas op inwoners van die Boland gaan maak, gaan onder die soeklig geplaas word. Raadslede het versoek dat die verslag teen die einde van Augustus voorgelê word.

Volgens raadslid JT Basson (DA) het rolspelers op 24 April tydens 'n vergadering op Caledon besluit om die bou van tolpaaie teen te staan weens die negatiewe impak wat dit op die streek gaan hê.

Die raad wou aanvanklik konsultante aangestel het om die ondersoek te doen, maar raadslid Anthea Sheldon (ANC) het teengeskop en gesê die distriksbestuurder, Kam Chetty, kan liewers in samewerking met plaaslike rade soos Drakenstein 'n verslag saamstel.

* Agt huise in Heidstraat, Paarl, wat aan die destydse Wynland Distrikraad behoort het, gaan aan die huisbewoners te koop aangebied word aangesien die huise te duur geword het om te onderhou. Elke huurder moes R1 639 bydra tot die totale koste van R9 313 vir hersonering en onderverdeling.

* 'n Konsultant gaan aangestel word om die distriksmunisipaliteit se rol by die bevordering van plaaslike toerisme te ondersoek.

Die konsultant moet vasstel of die raad betrokke gaan raak by die bevordering van toerisme deur plaaslike munisipaliteite of self toerisme gaan bevorder.

Raadsheer Norman Kahlberg het beswaar gemaak teen die besluit. Volgens hom kan die raad die koste van sowat R200 000 spaar deur self die ondersoek te doen.

"Ons streek is een van die mooiste in die land en dit moet aggressief bemark word. Dit word op die oomblik egter stuk-stuk gedoen en daar is oorvleueling tussen die Distriksmunisipaliteit en plaaslike rade."

Sy voorstel is egter nie gesteun nie.

* Die Distriksraad gaan nie 'n munisipale polisiemag stig nie, weens die koste. Daar gaan liewers gekyk word na die toekenning van fondse aan plaaslike munisipaliteite vir dié doel.

* Ondersoek gaan ingestel word na probleme met water by Windmeul Laerskool, wat glo 'n gesondheidsrisiko inhou.


Meeting to discuss transport plan

[ Top ]


THE second round of public meetings for the development of a transport master plan for Drakenstein will be held in the Huguenot Community Hall in Paarl on Wednesday evening at 19:00.

A similar meeting for Wellington will be held on Thursday evening 1 August at 19:00 at the Val du Charron Girls' School.

The same information will be presented at each meeting which will be a working session during which a project overview will be given and results to date demonstrated.

Members of the public who have registered as interested and affected parties are invited to attend the session, but must register by Friday 26 July to be able to participate.

To register, contact Deon du Plessis on tel 807-4703 (Drakenstein Municipality) or Paul Fourie on tel 421-6527 (Africon).

Parties invited to register include town councillors, taxi organisations, agriculture organisations, chambers of commerce, sakekamer, ratepayers' associations, tourism offices, transport companies and wineries.

Drakenstein Municipality appointed Africon Engineering International to develop a Transport Master Plan for the Drakenstein area of jurisdiction, focusing on Paarl and Wellington.

Phase 1 entails the development of a transportation demand model and implementation plan to investigate the perceived problem areas on the road network, for example areas where congestion is experienced during peak hours, and to identify potential solutions.

Various road network upgrades, to accommodate development, will also be tested.

In future, the Municipality will use the model as a tool to test the impact that any proposed development would have on traffic flows on the road network.


Land se bestes ding mee

[ Top ]


SUID-AFRIKA se jongwyne sê mekaar van 22 tot 26 Julie by Nederburg in die Paarl die stryd aan.

Altesaam 1 997 inskrywings is vanjaar van 167 produsente ontvang vir die SA Jongwynskou, gereël deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW).

Dié inskrywings, wat die keur van die 2002 oesjaar uit alle streke verteenwoordig, ding vir die eerste keer om 17 SA kampioenskapstrofeë mee.

Die aantal SA kampioene is vanjaar van vyf na 17 verhoog op versoek van wynmakers om die jongwynskou meer markgerig te maak.

Die kampioene sal in die volgende kategorieë bekroon word: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, ander wit kultivar, droë wit versnitwyn, soeterige witwyn, edellaatoeswyn, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, ander rooi kultivar, droë rooi versnit, port, dessertwyn en muskadel.

Dertien spesialis-panele van sewe beoordelaars elk - groepe wynmakers of ander wynkenners wat oor 'n besondere kennis van 'n spesifieke wynstyl beskik - sal die ingeskrewe jongwyne beoordeel.

Wynliefhebbers kan by die Paarl-streekskou op 16 Augustus 'n voorsmakie kry van uitblinkerwyne, alvorens die SANW die land se kampioen-jongwyne op Vrydag 23 Augustus tydens 'n galadinee op Nederburg aankondig word. Navrae by 807-3104.


Gemeenskap kry sê in hospitaal

[ Top ]


DIE Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het die eerste stap geneem om die Wet op Gesondheidsfasiliteitsrade wat op 1 Desember in werking getree het, te implimenteer, deur aan te kondig dat lede van die gemeenskap genomineer kan word om in die plaaslike hospitaalraad te dien. 

"Dit moedig gemeenskappe aan om op gestruktureerde wyse by die gesondheidsorgfasiliteite wat hulle dien betrokke te raak. Ons wil hê gemeenskappe moet trots wees op hul plaaslike hospitaal en daarvan die eienaars word," sê dr Krish Vallabhjee, Direkteur: Beleid en Beplanning van die Provinsiale Departement van Gesondheid.

Die Wet bevorder die betrokkenheid van gemeenskappe in gesondheidsfasiliteite, om te verseker dat die bestuur aan die gemeenskap verantwoording doen en aan hul behoeftes voldoen.

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid nooi lede van die publiek om lede vir die Paarl Hospitaalraad te nomineer. Ingevolge die Wet moet gemeenskapsverteenwoordigers minstens 50% van die die nuwe Raad uitmaak.

Die Raad sal ook bestaan uit mense met tegniese, sake of regskennis. Lede van die kliniese en nie-kliniese personeel sal ook tot die Raad aangewys word.

Lede van die Raad kan die versugtings en voorstelle van die gemeenskap aan die bestuurskorps oordra en aan gemeenskappe terugrapporteer oor vordering wat gemaak is om hul probleme aan te spreek.

Dit is belangrik om daarop te let dat Raadslede nie vergoed sal word nie, maar slegs 'n klein reistoelaag sal ontvang.

Gemeenskapsorganisasies word genooi om hul nominasies voor 30 Augustus op die voorgeskrewe vorms wat by Paarl Hospitaal verkrygbaar is, in te dien by dr Terence Carter, Privaatsak X14, Malmesbury 7299.

Vir navrae, skakel die Departement se regsverteenwoordiger Ashley Searle op 483-4054 of Paarl Hospitaal 872-1711.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za