|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
OP Saterdagaand 1 Junie om 20:30 was my vrou en tienjarige dogter betrokke in 'n botsing met 'n blou Skyline motor, wat teen 'n vreesaanjaende spoed sonder ligte gery en oor die middel van die straat gebars het. Met die botsing - op die hoek van Klein Drakensteinweg en Paulusstraat - het die bestuurder die sleutel uitgeruk en volgens ooggetuies vinnig in 'n wit Golf wat agter hom gery het, verdwyn. My vrou het wonderbaarlik slegs geringe nek- en skouerbeserings opgedoen en ons dogter was ongedeerd. Die polisie was die aand op die toneel, maar die volgende dag het ek by die polisiestasie verneem dat die saak nog nie in die register aangeteken was nie. Ek is meegedeel dat ek die saak by dieselfde polisieman wat op die toneel was, moes aanmeld. Hy was egter nie toe aan diens nie. Na herhaalde navrae, Maandag en Dinsdag, het my vrou die Woensdag by die aanklagkantoor die polisieman wat Saterdagaand aan diens was, 'n saaknommer ontvang van die polisieman wat Saterdagaand op die toneel was. Die nommer, het ons egter later verneem, behoort aan 'n ander botsing geval. Die Donderdag het 'n speurder ons gekontak en het ons 'n Masnommer gekry. Dis toe dat 'n polisie-dossier uiteindelik geopen is. By die ondersoek hou die eienaar van die Skyline vol dat hy nie bestuur het nie en dat die motor van hom gesteel is. Die diefstal is tot nou toe nog nie by die Polisie aangemeld nie. Die vraag is ook - sal 'n dief die motorsleutel by 'n botsing uittrek? Wat wil hy daarmee maak? Uit 'n anonieme oproep het ons verneem dat die verdagte wel die motor bestuur het, en dat hy gesê het dat hy nie bekommerd is nie, aangesien hy vriende in die polisie het en dat hy die motor, wat al twee jaar ongelisensieerd is, gaan verkoop. So ontdek ons toe dat die einste Skyline wel deur 'n polisieman van Paarl-Oos gekoop is. Dit laat 'n mens wonder wat nie nóg alles by ons Polisiediens aangaan nie. Die saak lyk maar donker, aangesien ons nou met meer as R30 000 se skade sit. Ons vra dus ooggetuies om na vore te kom om die bestuurder te identifiseer. Hul identiteite sal geheim gehou word. Daar was mense op Lappertstraat se stoep wat gesien het wat gebeur. Hulle kon ook gesien het hoe die bestuurder teruggekom het om sy radio uit die motor te haal. AC Adams Supt Lionel Carstens, Paarl-Oos stasiebevelvoerder, antwoord: Die skrywer sal gespreek word sodat die klagte ten opsigte van die swak diens ondersoek kan word. Die koop van die motor is 'n private aangeleentheid. Hierdie kantoor sal dit waardeer indien ooggetuies die ondersoekbeampte, insp Gavin Lombaard, by 807-4000 kontak. |
|
|
|
|
EK wil net graag die Paarl Polisietak bedank vir hul hulpvaardigheid en uitstekende diens wat hul my aangebied het. Ek het eers gedink ek was gelukkig om dié spesifieke dag die personeel aan te tref, maar die volgende dag met verskillende personeel was dit net so treffend. Ek wil pertinent die volgende persone bedank: konstabel Johannisen, wat uit sy pad uit gegaan het om my te help, sersant Damonse en inspekteur Williams wat my bygestaan het met die soektog na my gesteelde selfoon. Die bystand van die eienaars van Seven Eleven in Jan van Riebeeckweg, Danie en Ann, nogmaals dankie. Daar is tog nog mense wat omgee! Emmerencia vd Westhuizen |
|
|
|
|
GRAAG wil ek my dank uitspreek aan mense wat nog omgee: Ansie Truter van die kafeteria by die Afrikaanse Taalmonument en die Dierebeskermingsvereniging van Suider-Paarl. My twee worshondjies het by die Taalmonument verdwaal. Mev Truter het hulle gesien, vir hulle botterbroodjies en water gegee en hulle na die Dierebeskermingsvereniging geneem waar hulle 'n rustige beskermde nag deurgebring het. Baie, baie dankie vir goeie, opregte en eerbare mense! Anne-Marie Smit |
|
|
|
|
A FINE example this week goes to the two men who came out in the pouring rain at 23:00 on 8 July to restore our electricity. I would like to thank the Municipality who sent our two heroes to work in Victoria Street, Paarl, up a pole, with a ladder and a spotlight. By 11:30 we had power! They refused a cup of coffee, so we couldn't say 'thank you' personally. We appreciate the service that we got. Suzanne von Klemperer |
|
|
|
|
EK maak daagliks gebruik van die R301, om presies te wees, soggens om 06:15. Op Woensdag 3 Julie het die bestuurder van 'n CJ Toyota soos 'n padvark my verbygesteek op 'n baie gevaarlike, nie-toelaatbare gedeelte. Jy het amper 'n helse ongeluk veroorsaak, want jy steek my verby, maar jy het nie seker gemaak van die twee aankomende voertuie nie. Indien minder mense soos jy bestuur, sal daar ook minder ongelukke wees. Neem ander padverbruikers ook in ag. Gatvol vir padvark |
|
|
|
|
AS jy vandag by vriende kuier, by 'n vergadering is of met twee of meer inwoners van Paarl in gesprek tree, dan word daar gesels oor die bedelaars in die dorp. Jy kan nêrens meer stop nie, dan storm hulle op jou af. As jy 'n parkeerplek sien en daar intrek moet jy hulle betaal, want hulle het mos vir jou gewys daar is 'n oop parkeerplek. Ons kan mos nie sien nie. Die nuwe straatbesigheid is nou motors was. Jy kan by geen winkel meer ingaan nie of hulle is daar. Baie winkels is ook ontoeganklik omdat straatverkopers die sypaadjies versper of die luidsprekers staan in die deur en daar word kompeteer wie die hardste kan raas. Ons gee almal fooitjies om van hulle ontslae te raak of omdat ons bang is hulle beskadig ons motors. So bevorder ons bedelary in die dorp en elke dag is daar nuwe bedelaars wat wil deel in die duisende rande wat per week in die Paarl se bedelbedryf ingepomp word. Baie van ons doen ons sake by winkelkomplekse in Kaapstad se noordelike voorstede waar ons rustig ons swaarverdiende salarisse kan spandeer en ons vrouens, kinders en motors veilig voel en is. Laasgenoemde is nie 'n oplossing nie, want ons verarm net ons eie gemeenskap wat op die langtermyn vir ons almal tot nadeel sal wees. Wat ons moet doen? Ons moet vir eens en altyd besluit genoeg is genoeg en optree. Ons hou die besighede aan die gang. Hulle kan nie bestaan sonder ons ondersteuning nie. Ek vra alle inwoners van die Paarl om van 1 September geen besighede te ondersteun as dit nie toeganklik is, ons nie ongestoord ons motors kan parkeer, en veilig ons aankope of besigheid kan doen nie. Verder vra ek dat almal van ons onmiddellik sal ophou om fooitjies aan die bedelaars te gee en so ophou om straatbedel te bevorder. Kom ons doen besigheid by besighede wat die belange van hul kliënte op die hart dra en omstandighede skep wat dit 'n plesier maak om daar besigheid te doen. Al moet ons 'n bietjie meer betaal by 'n ander winkel, kom ons doen dit. Dit is die prys wat ons dan betaal vir ons veiligheid en parkering - sonder om môre groot bedrae te betaal om krapmerke aan motors of pap wiele te laat herstel of die vernedering te deurstaan dat daar op jou vrou en dogter gevloek word omdat hulle nie fooitjies wou gee nie. Kom ons vat die eienaars van besigheidskomplekse en besighede aan. As hulle nie iets doen nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie. Hulle het een maand tyd om aandag aan die saak te gee. Mnr G. Vol |
|
|
|
|
VERLANG iemand na toentertyd se aan-aan speletjie? Of dalk wegkruipertjie? Moenie verlang nie, stap of stop net in die Paarlse middedorp. Daar, op elke parkeerarea, en buite elke inkopiesentrum, sal jy 'n hindernisbaan vind om baas te raak. Jy kan skaars uit jou motor klim, soos die bedelaars jou toesak. Jy kyk in die een droewige gesig na die ander vas. Dis pa's wat die dag nie 'n werkie kon kry nie, dis ma's wat 'n geleentheid terug na haar kindertjies moet kry; dis boeties met honger magies wat 'n geldjie vir 'n broodjie moet hê. Die oop hande en handjies baklei om jou trollie te stoot of om eerste by jou beursie te kom. Dis ook nie net jy wat gestamp en met wie gestry word nie, hulle baklei ook onder mekaar - partykeer die enigste tyd wat jy het om veilig uit die aan-aan-baan te kom. Dis beslis makliker om van die winkels af weg te bly. Dan voel jy immers nie skuldig oor die hardverdiende geldjies in jou beursie nie. Nie aan nie |
|
|
|
|
EK ry elke dag met die Bergrivier Boulevard by die Paarl Landdroshof verby en dan sien ek hierdie heerlike groot parkeerplek, vol van leegheid. Daar is bome vir skaduwee en afdakke teen wind en weer. Daar is veiligheidsheinings, seker teen lang vingers. Toe ek nou die dag by die aanklagkantoor moes wees, is daar geen parkering voor die polisiestasie nie. Ek ry toe maar verder en kan eers doer verby die begraafplaas 'n U-draai maak. (Moenie dit probeer doen by die eerste inrit nie, dan vang die verkeersmanne jou sommer so uit hul kantore). Weer terug, om die verkeersirkel en toe skerp tussen die hof en die polisiestasie in. Wag eers dat 'n groot tronkwa die prisoniers aflaai. Dalk kry ek nou parkering. Maar nee, dis propvol motors agter die hof. Dis prokureurs, polisiemanne en hofgangers - aangeklaagdes en ondersteuners - wat daar stilhou. Nou eers weer uit langs die rivierbrug en op in Markstraat. Daar kan ek darem tussen die dosyne ander motors op die gras parkeer. My skoene sak tot my enkels in die modder, maar ek het 'n staanplek. (Dis juis nou in die nat 'n geskarrel om 'n staanplekkie vir jou motor te kry, want daar is 'n olimpiese grootte modderbad in die middel van die terrein.) Ek kom wonder bo wonder veilig tussen die vragmotors en die ander verkeer tot op die middelmannetjie en weer oor die tweede stel bane tot in die polisiestasie. Wie is die 15 gelukkige mense wat op die parkeerplek mag stilhou waar al 50 motors wat in die modder staan, sal inpas? Êrens is iemand darem vrek selfsugtig. Sonder staanplek |
|
|
|
|
SINCE the movie "The Fast and the Furious", the number of cars driving over the speed limit has taken a giant leap. This led to nights where people race in public streets. I am an avid street racer fan and I think it should be allowed, but the police should close the street so that it can take place where no one can get hurt. Can't we just have a street which is quiet at night and where nobody lives nearby? This way nobody can get hurt and the police can inspect the cars to see if the cars are all legal. If we get the green light, then the number of cars racing on the streets through the town will decrease and the people that are unhappy, will get smaller by the day. So let us have our fun. Edmund Casseleggio |
|
|
|
|
IF I had my child to raise all over again, I'd finger-paint more and point the finger less. I'd do less correcting and more connecting. I'd take my eyes off my watch, and watch with my eyes. I would care to know less and know to care more. I'd take more hikes and fly more kites. I'd stop playing serious, and seriously play. I'd run through more fields and gaze at more stars. I'd do more hugging and less tugging. I would be firm and less often, and affirm much more. I'd build self-esteem first, and the house later. I'd teach less about the love of power, And much more about the power of love. Diane Loomans |
|
|
|
|
EK was onlangs geskok deur die gedrag van 'n personeellid by die ongevalle-afdeling van die Paarl Hospitaal. Op Woensdagaand 17 Julie ongeveer 19:00 het ek my dogter na die Ongevalle-Afdeling in Hospitaalstraat geneem, omdat sy geweldige pyn ondervind en aanmekaar gebraak het. Ons het vermoed dis haar blindederm, maar was nie 100% seker nie. Ons het aanmekaar hulp gevra by die "staff", soos hulle haar noem, wat blootweg geweier het om hulp te verleen en ons onvriendelik laat verstaan het dat elkeen sy beurt moet afwag. As ons nie tevrede is nie, moet ons na Medi-Clinic toe gaan. Ek het haar met die grootste omsigtigheid en baie geduld na ongeveer twee ure probeer laat verstaan dat my kind nie 'n mediese fonds het nie, daarom is ons daar, en dat dit 'n noodgeval is - maar sonder welslae. Ek het later hulp gaan vra by die sekuriteit wat alles gade geslaan het, en sy het my aanbeveel om net regdeur te stap na die dokter. Die dokters was baie behulpsaam en het onmiddellik 'n blindederm-noodoperasie gereël wat toe uitgevoer is. Ek wil net graag weet wat sou gebeur het as ek nie betyds hulp vir haar gekry het nie? Wat van al die ander ongelukkige persone wat nie so gelukkig soos ons was om deur te glip nie? E van der Westhuizen Dr Breslau Kruger, Senior Mediese Superintendent van Paarl Hospitaal reageer: Dit is jammer dat die dame en haar dogter so 'n ondervinding in Ongevalle moes deurmaak. Somtyds gebeur dit dat personeel reëls tot die letter toepas, en nie die gegewe omstandighede in ag neem nie. Dit kan op sigself partykeer 'n moeilike besluit wees om te bepaal dat een pasiënt voor 'n ander pasiënt, wat lankal wag, gesien moet word. By Paarl Hospitaal word gedurig gepoog om die kwaliteit van dienste te verbeter en die wagtydperk vir alle pasiënte te verkort. Dit hang grotendeels af van hoe besig die Ongevalle afdeling is, en die aantal dokters beskikbaar. Ons moet ook besef dat in die Suid-Afrika van vandag almal op 'n gelyke voet behandel word. Ras en klas kan nie voorgetrek word as dit kom by behandeling van pasiënte in 'n publieke hospitaal nie. Pasiënte word ook gedurig daarop gewys dat daar klagte-en-gedagte bokse in elke afdeling is waar episodes soos dié aangemeld en opgevolg kan word. Pasiënte wat probleme ondervind by Paarl Hospitaal kan met my in verbinding tree sodat ons probleme kan aanspreek in ons strewe na verbetering van ons gesondheidsdienste. |
|
|
|||||||||||||
|
WAT kan ek tog doen? Deesdae is die antwoord hierop, in die Vallei in elk geval, jy kan opstaan en terugbaklei - dit is nou sover dit misdaad aangaan. Die Polisie het die afgelope tyd reeds hul stem dik gemaak en heelwat suksesse behaal. Dié week se aankeer van gewapende rowers was maar net die jongste in 'n reeks sake waar misdadigers lelik op hul neuse gekyk het. Wat die prentjie egter baie donker maak vir kriminele, is die publiek wat ook baie meer paraat en parmantig word. Daar word nie meer in radelose frustrasie gewag op oorwerkte polisiemanne om die skelms te kom vang nie. Nee, die manne (en vroue) sien kans om vermeende gelddiewe in te hardloop en plat te trek. Selfs gewapende grypdiewe word gekonfronteer, sonder dat omstanders hul eie veiligheid in ag neem. En as 'n hond of drie tande bysit, gaan niemand kla nie - selfs nie die "vryskut"-polisieman wat ook 'n byt weg het nie. Hierdie gees van omgee en betrokkenheid wat besig is om soos 'n griepvirus deur die Vallei te versprei, kan net goed wees vir die gemeenskap en die polisie. Terselfdertyd kan dié "helpende hand"-virus dodelik wees vir kriminele en help om ons omgewing te genees van misdadige elemente. |
|
||||