|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
Williams het sy vuurwapen uitgepluk, maar gemerk dat sy kollega in die sekuriteitsvoertuig aangehou word, ook met 'n aanvalswapen. "Ek kon hom nie in gevaar stel nie, toe maak ek die deure oop," het Williams gesê. Die rowers het ontvlug met trommels geld wat die oggend deur die sekuriteitsmanne by verskeie firmas gekollekteer is. Mbekweni-speurders insp Gerrit Boois en sers Jerome Steenkamp wat toevallig op die toneel afgekom het, kon onmiddellik die alarm wyd uitsaai om alle roetes uit die Paarl te blokkeer. Met die polisie kort op hul hakke, is die Toyota Corolla regoor die Paarl Post in Jan van Riebeeckweg gelaat en het sewe verdagtes in 'n wit Nyanga taxi verder gevlug. Polisievoertuie uit die Paarl, Klapmuts en Mbekweni het die net vinnig nouer getrek terwyl 'n polisiehelikopter ontbied is. Op die N1 regoor Simonsvlei het insp Boois en sers Steenkamp die taxi van die pad gedwing. Die verdagtes het in 'n sementsloot langs die pad skuiling gesoek en op die polisie begin skiet. Dit was eers toe insp Jacques Lume van die honde-eenheid tydens die oor-en-weer skietery 'n verdagte in die bobeen tref, dat die skote afgeneem het. Ses mans is in hegtenis geneem terwyl een van die rowers oor 'n heining rieme neergelê het in die rigting van die Ou Paarlpad. Op 'n kleinhoewe het hy 'n vrou wat by haar perde gestaan het, vasgegryp en geëis dat sy hom versteek. Inspekteurs Robert Muller en Pieter Maritz van die Openbare Orde Eenheid was kort op sy hakke. 'n Waarskuwingskoot het hom verder laat vlug. Insp Maritz het hom ingehardloop en geboei na die N1 teruggeneem. Teen dié tyd het die N1 gewemel van polisie- en verkeersbeamptes. Die linkerbaan is toegemaak en verstomde motoriste is verby die toneel gewuif. Daar was glimlagte toe beslag gelê is op 'n jaggeweer, haelgeweer, twee pistole, ammunisie en selfone. Vier geldtrommels is onoopgemaak in die taxi gekry. Terwyl die toneel gefynkam is, was niemand egter bewus van 'n verdere drama wat hom op die Agter-Paarlpad afgespeel het nie. 'n Boer wat in sy bakkie langs die R44 gesit het, het nooit kon droom dat hy skielik die slagoffer van 'n kaping sou word nie. 'n Uno paneelwa het by hom gestop en een van die insittendes het om aanwysings gevra. Toe hy weer sien, was 'n tweede man by, en is 'n AK-47 teen sy kop gedruk. Die mans het die wit Isuzu se sleutels, sy selfoon en beursie gevat en vyf geldtrommels uit die Uno agterop die bakkie gelaai. Die boer is op die sitplek tussen twee mans, wat met rewolwers gewapen was, ingedruk. 'n Derde rower het die buit met 'n AK-47 agterop die bakkie bewaak. "Ek het gedink ek sien my familie nooit weer nie," het die 50-jarige boer later die middag gesê. "Hulle het tot in 'n plakkerskamp naby die lughawe gery. Daar moes ek uitklim. Ek het meer as 'n kilometer gestap, niemand wou my optel nie." Daar is vasgestel dat die Uno in Bellville gesteel is. 'n Uitgebreide polisiesoektog het nog niks van die buit of die drie kapers opgelewer nie. Die Isuzu is Dinsdag in Nyanga opgespoor, met die wiele afgesteel. Coin sekuriteit kon gister nog nie bevestig hoeveel geld in die trommels was, of hoeveel gebuit is nie. Die gewonde rower word onder polisiebewaking in die Tygerberg Hospitaal behandel. Hy weier om met ondersoekers te praat. Behalwe die 42-jarige bestuurder van die taxi, ook lid van die bende, is die ander rowers in hul twintigerjare. Almal is van die Nyanga-omgewing. Hulle bly in aanhouding nadat hulle gister in die Paarl landdroshof verskyn het. Die ondersoek is in die hande van insp Randy Wessels (072-342-4744) van die Georganiseerde Misdaadeenheid in Kaapstad. * Seven robbers, part of a gang that pulled off a cash heist in Paarl, were arrested after a high-speed chase on the N1 |
|
|
||||||||||
|
Die vrou het die middag om 14:00 geld by die outobank buite Kwikspar in Hoofstraat getrek, toe die man 'n mes teen haar keel gedruk het. Sy het vir lewe en dood aan haar |
|
|
|
"Daar was oral mense, maar almal was bang vir die man wat met 'n mes aanhou steek het na die vrou," vertel hy. "Ek het 'n paar handboeie by 'n sekuriteitswag gegryp en die man bestorm." Die verdagte het die vrou gelos en die hasepad gekies. 'n Kilometer verder, halfpad met Langstraat af, het die posassistent, Richard Kapp, hulle met 'n motor ingehaal. "Toe Richard hom voorkeer, het die man oor 'n hoë hek in 'n agterplaas ingespring, binne in die bek van 'n waghond. "Die man het weer teruggeklouter, maar Richard het teen die hek vasgery en die man het weer ingeval. Die wolfhond het gebyt en die man het geskreeu dat die 'polisie moet kom help'." In die warboel, waartydens twee Jack Russell terriërs ook links en regs byte ingekry het, is Robert ook raakgehap. Hy het die man, 'n 19-jarige inwoner van Mbekweni, geboei en na die polisiestasie geneem. Daarna moes Robert ook buk, vir 'n inspuiting teen tetanus. "Ek het eers net 'n steekbrand gevoel, toe later die pyn," sê 'n tevrede Robert vandag. "Toe het die adrenalien gepomp, maar nou kan 'n mens glimlag: die mense noem my dan nou Robocop." * A man who tried to rob a woman at an ATM in Noorder Paarl, was apprehended with the help of a watchdog in whose yard the robber jumped. |
|
|
||||||||||
|
"ONS is Nasionaal en ons sal Nasionaal bly!" het Drakenstein raadslid Bokkie Claasen (DA) haarself verlede week dubbelsinnig uitgespreek oor die hele oorloop-debakel. Duideliker kon sy seker nie haar sentiment gestel het nie, maar 'n bietjie naaldsteek van omstanders toon gou dat hierdie 'n emosionele uitspraak is, eerder as 'n rasionele en deurdagte besluit om oor te loop. Raadslid Claasen is natuurlik nie alleen in hierdie bootjie nie. Onlangs is nog 'n DA-raadslid, wie se naam op verskeie van die sogenaamde "oorloop-lysies" verskyn, opgemerk waar hy middagete geniet en kopstukke gesels het met die plaaslike NNP-voorsitter. Oor bietjie meer as 'n week gaan die Grondwetlike Hof sit oor die veelbesproke oorloop-klousule, waarvolgens politici van party kan verwissel sonder dat die kieser enige insae hierin het. Tot dusver was spekulasie oor die oorloop-klousule bloot 'n polities-akademiese en, in baie gevalle, 'n fiskale oefening. Met die hofdatum voor die deur, begin raadslede dit nou aan hul gewetens voel. Sou hulle oorloop, kan dit in die praktyk beteken dat 'n raadslid een maand kan help om 'n besluit deur te voer, net om die volgende maand dit weer uit te stem van die oorkant van die vloer af. 'n Voorbeeld hiervan is die munisipale polisiemag, wat op die oomblik 'n baie aktuele saak in die Raad is. Raadslid Claasen was deel van die DA-meerderheid in die Drakenstein Raad wat onlangs besluit het om die opgeleide munisipale polisiemanne aan te stel, téén die uitspraak van Wes-Kaapse Minister van Veiligheid Leonard Ramatlakane. Sou sy (en ander raadslede) nou wel besluit om hul skrede na die NNP of die ANC te wend, kan dit die magsbalans in die Raad versteur en die hele kaartehuis inmekaar laat tuimel. Plaaslike ANC-lede het nog nooit 'n geheim daarvan gemaak dat hulle "om tegniese redes" gekant is teen 'n munisipale polisiemag nie en indien hulle in beheer is, sal die huidige besluit beslis omgekeer word. Dit sal beteken dat raadslid Claasen haarself in 'n baie ongemaklike posisie kan bevind. Veral in die lig van haar oproep verlede week in die Uitvoerende Komitee dat daar iets aan die geweldige bende-probleem in die dorp gedoen moet word. Gevra hoe sy die kloutjie by die oor bring, het raadslid Claasen ewe verbaas gevra: "Maar ons het mos 'n ooreenkoms?" Sy kon nie verduidelik van watter ooreenkoms sy praat nie. Is hierdie die ooreenkoms wat bepaal hoe posisies tussen die nuwe politieke vennote verdeel word, of is dit 'n heeltemal nuwe een waarvan niemand nog weet nie? Later het sy, ietwat verleë, gesê: "Lyk my 'n mens sal mooi moet dink oor die saak..." Terwyl raadslid Claasen, en 'n paar ander, aan die dink is, is daar nog 'n brokkie inligting wat hul denke kan stimuleer. Op 'n buurdorp het 'n raadslid 'n oorloopvorm geteken en dit is toe in sy nuwe tuisparty se kluis toegesluit. Intussen het hy van besluit verander, maar sy nuwe vriende weier toe om die vorm aan hom terug te gee. 'n Prokureur het voorgestel dat hy 'n interdik vra, wat natuurlik 'n duur saak kan word. 'n Ander alternatief is om sy bedanking per geregistreerde pos aan die nuwe party te stuur. Dit sal outomaties die oorloop-vorm kanselleer, was nog 'n regsmening. * Municipal councillors are increasingly losing sleep over the issues of defection and party loyalty. |
|
|
||||||||||
|
MET sy netjiese baadjie al wapperende het Bertie Koortzen van die Paarl Vrydag soos 'n wafferse "superman" in groen agter 'n bankrower aangevlieg. En hy het hom platgetrek, al moes hy langs die geriewe agter Pick 'n Pay van sy blink baadjie ontslae raak om beter te kan hardloop! Die personeel van AbsaBank in Hoofstraat het begin vermoed dat daar 'n sindikaat uit Johannesburg die Paarl ingevaar het. Hulle was gewapen met bankkaarte, pinnommers en identiteitsboekies wat bekom is deur kitsbankkliënte om die bos te lei en te beroof. Verlede week is dieselfde vyf mans gereeld op sekuriteitskameras in die Paarl afgeneem. Volgens die takbestuurder, Gabi Schietekat, is daar op 4 Julie 'n rekening oopgemaak en 'n tjek van R53 000 van die Departement van Vervoer inbetaal. "Die tjek was seker in die pos bekom, en die ID vervals, alhoewel dit alles eg gelyk het," sê Gabi. "Die tjek het die normale tien dae gelê en toe begin vyf mense uit dieselfde rekening, by verskillende banktakke en van verskillende tellers, geld trek. "Die mans het hul voorkoms, veral hulle haarstyle, bly verander." Vrydag verlede week, toe 'n man R12 900 wou trek, het die personeel onraad vermoed en die sekuriteitspersoneel gewaarsku. Die kliënt het besef hy word dopgehou en het die hasepad gekies, met Koortzen agterna. Kort op hulle hakke was 'n teller, Annemarie Bruwer, en agterna ook nog Adri van Zyl, van kliëntediens. Die vlugtende man is tot in Versterstraat agtervolg, waar hy eers oor 'n hek en toe oor 'n muur geklouter het. "En ek is agterna," vertel die vinnige vleuel van die Young Warriors rugbyklub beskeie. "Ons stoei toe eers 'n bietjie agter die muur, en daarna boei ek hom toe." Koortzen het die man tot by die bank teruggelei en daar aan die polisie oorhandig. Hy het sy naam aan die speurders gegee as "Fakude, beroepsdobbelaar van Soweto". * A member of a gang of fraudsters was apprehended. |
|
|
||||||||||
|
THE first day back at school after a long holiday was disrupted for pupils and teachers at Ihlumelo Junior Secondary School and other schools in Mbekweni when they joined a march to the local police station. They were dissatisfied because a burglary that had occurred at Ihlumelo over the holidays, had allegedly not been attended to by the police. Principal Vuyani Jabo said that this was the second time that the school building, merely six months old, had been vandalised by burglars. "When the caretaker came to the school on Saturday, he saw that there had been a burglary. The burglars gained access to the building by unscrewing the safety gate at the rear and then breaking down the door. "One is tempted to think that the same people who committed the first robbery, are responsible for this burglary. "They tried to steal the copy machine, but apparently it became too heavy and they dropped it down the stairs. "It is not very nice to come back to school after the holidays and then find it in disarray," he said. "We are very unhappy that the Police did not respond to our call." The first break-in occurred during February this year. A computer and a laminator were stolen. "Crime is rampant in Mbekweni. We organised the march to put pressure on the police to put a stop to the crime." Yabo also added that it was a pity that they had to disrupt the pupils' first day of school, but that something had to be done to combat the ongoing crime. They presented a memorandum to the police during their march. A spokesperson at the Mbekweni police station said there was no record of a call on Saturday about a burglary at the school, but that the matter was being investigated. Two accused are still in custody for the burglary that occurred in February. |
|
|
|
|
THE 230 km Berg River boating event, which is held every year during National Cancer Awareness Week, starts in Paarl on Wednesday and finishes in Port Owen on Saturday 3 August. The event has been running for the past ten years, and has raised an accumulated R405 000 in aid of cancer. "We're aiming to beat last year's R100 000 achievement - which is phenomenal for a four-day event," says Attie Laubscher, co-ordinator of the event on behalf of Cansa. "That will push us well past the accumulated R500 000 mark." The eight two-man teams participating in the race are selected by the organisers, and play a key role in raising funds for the cause. Two sponsors, Comparex Africa Western Cape and Old Mutual Healthcare, will once again be sponsoring the Berg River Fundraising Project. "Cancer asks no questions. It has no respect for age, race, colour or creed - no one is immune from the disease," says Leon Avenant, regional chief executive of Comparex Africa Western Cape. "We all need to play a role in supporting cancer sufferers in their battle for good health - every one of us can make a difference." The event will be filmed by a full production team from the Police Video Unit and broadcast on e-TV and Old Mutual's World of Endurance. |
|
|
|
|
'n ONKLAAR motor wat van 'n sleeptou losgeruk het, het Sondagmiddag op die Ou Paarlpad die dood van 'n motorbestuurder gekos toe drie motors in mekaar vasgejaag het. Die oorledene, Samuel Krediet (37) van Hyacinthstraat 36, Groenheuwel, het die onklaar motor gesleep met sy boesemvriend, Abraham Davids van Irisstraat, Groenheuwel, agter die stuur. Die mans was van Klapmuts na die Paarl onderweg toe die touband regoor Simonsvlei Wynkelder losgewikkel het. Herman Basson van Kruisstraat, Noorder-Paarl, was met sy dogter Angie, 'n oud-Gimmie en nou eerstejaarstudent, op pad na Stellenbosch toe die twee motors buite beheer op hulle afgepyl het. Davids se Escort is skrams getref voordat die Bassons se wit BMW en die Mazda van Krediet teen mekaar opgefrommel is. Noodreddingswerkers het eers Basson se vasgeknypte regtervoet losgewikkel, maar moes lank swoeg om vir Angie uit die passasiersitplek te bevry. Kruideniersware, boeke en klere wat sy in die nuwe kwartaal sou gebruik, is intussen gehawend uit die motor gehaal. Angie het reeds die eerste van 'n reeks operasies ondergaan vir 'n vergruiste skouerknop, gebreekte regter-voorarm en gebreekte kakebeen. Haar pa ly steeds aan skok en pyn. Sy regterbo-arm is gebreek en hy moes steke aan sy kop kry. Davids is vir arm-, been- en nekbeserings behandel en die volgende oggend ontslaan. Krediet is op slag dood. Hy word oorleef deur sy vrou, Suzette en hul drie jong seuns, sy moeder, drie broers en 'n suster. Hy was 20 jaar lank werksaam by die KWV en sal onthou word as "die man wat altyd bereid was om te help". Die tuisdiens word Saterdag om 10:00 te Januariestraat 8, Kylemore, gehou en die roudiens om 11:00 in die Anglikaanse Kerk, Kylemore. * A Paarlite died when the car he was towing hit an oncoming car, causing a three-way collision. |
|
|
|
|
'n DERTIGJARE man van Mbekweni, Malusi Botya van Huis K73, is Saterdag noodlottig met 'n mes in die hart gesteek, nadat hy in 'n stryery oor R10 betrokke geraak het. Simphiwe Zantsi (33) van Huis M147 het in die Paarlse Streekhof verskyn op 'n aanklag van moord. * In 'n ander voorval is Warren van Staden (19) van Mooivleistraat 19, Vanwyksvlei, Vrydagaand tydens 'n besoek aan 'n smokkelhuis noodlottig met 'n byl gekap. Nog twee omstanders is in die voorval beseer. Ryno Dreyden (18) het in die hof verskyn op 'n aanklag van moord. Insp Moos Klein by 873-1141 ondersoek. * Twee meisies is Vrydag in die vroeë oggendure verkrag in die omgewing van Carterville. Die een meisie (15 jaar oud) is in die omgewing van 'n smokkelkroeg verkrag om middernag. Bel ondersoekbeampte insp Niel de Lange by 873-1141 met inligting. Die ander meisie (18) van Carterville is in Colibristraat deur 'n onbekende man van agter vasgegryp en verkrag. Insp Moos Klein by 873-1141 ondersoek. Die Polisie het ouers gewaarsku om kennis te neem van waar hulle kinders hulle snags bevind. * Magdalena Lottering (50) van die Katryntjiesdrif vakansie-oord in Wellington het Vrydagaand vermis geraak, nadat sy en haar man vroeër die aand op die stoep gekuier het. Toe Lottering se dogter teen 22:00 na haar ma in die huis gesoek het, is daar bevind dat sy weg is. Magdalena se lyk is die volgende oggend om 07:00 in die Bergrivier gevind. 'n Geregtelike nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Insp Niel de Lange by 873-1141 ondersoek. * Two men died in separate violent incidents while a woman drowned at the weekend. |
|
|
|||||||||||||
|
DIE Boland Distriksmunisipaliteit het onlangs 'n helpende hand uitgesteek na die Sasko Sally Bakskool in die Paarl, met 'n skenking van R37 500 om kursusse te fasiliteer. Marietha Goliath en haar studente is ontsettend dankbaar vir die skenking, aangesien hulle fondse bitter nodig het. Die skool het in 1999 in Marietha se kombuis begin en is nou verbonde aan die Koinonia Gemeenskapsentrum in die Paarl. Toe die Nederlandse Ambassade te hore kom van Koinonia se goeie werk, het hulle as deel van hulle jeugontwikkelingsprogram aan die Bakskooltjie fondse gegee. Met die hulp van Sasko is die Sasko Sally Bakskool op 13 Julie 2001 amptelik geopen. Maar sedertdien het hierdie bron van befondsing opgedroog en het die bakskool dringend hulp nodig gehad. Marietha vertel dat die Bakskool veel meer doen as net minderbevoorregte jeugdiges 'n kans gee. Baie van haar studente is werklose vroue en mans wat 'n vaardigheid wil aanleer om hulle eie besighede te begin of werk in die bakbedryf los te slaan. Skenkings word gebruik om die kursus wat sewe tot agt weke duur, te befonds. Marietha maak gebruik van die Sasko Sally Kurrikulum wat talle bakresepte van koek tot pizza insluit. Daarby leer sy ook vir hulle om die koste van elke resep uit te werk sowel as bykomende resepte vir produkte wat maklik bemarkbaar is. Marietha sê dit is vir haar die belangrikste om haar studente te bemagtig. * A local baking school has benefited from a district council donation. |
|
|
|
|
A MEDIATOR is to be appointed to mediate between the current illegal residents of the Edube housing development in Mbekweni, and the hostel residents for whom the houses were erected. The houses were illegally occupied by Mbekweni residents in April 2000, before the beneficiaries for whom they were intended could move in. In November 2001 a court order was obtained, and the occupiers evicted so that the beneficiaries could move in, but within three days the original occupants had returned and the beneficiaries fled. Since then the 181 houses remain illegally occupied by residents who pay no rent or services. They have no electricity, and obtain water from taps in the street. At a recent meeting at Drakenstein Municipality, the opposing groups agreed in principle on the appointment of a mediator. The appointment has not been made yet. According to Loyiso Sibelekwane, spokesman for the Edube occupants, Council should transfer the houses to the present occupants as they "have a right to housing under the Bill of Human Rights". "When Edube was erected, the stakeholders in Mbekweni were not consulted on who should get the houses. "People who were born in Mbekweni, should have the first right to any new houses erected here, not hostel dwellers from Transkei and elsewhere. "We are living in Edube and are prepared to pay for services, but the Council will not accept that we should get the houses. "Council should compile acceptable guidelines for the waiting list, and stick to them. "People who were on the waiting list for housing for many years, found houses allocated to hostel dwellers. "The Council should also promote the construction of more housing to cope with the huge backlog in Mbekweni. "The councillors have failed miserably in providing for Mbekweni residents, and should step down. We will start our own negotiations with the hostel residents." A spokesperson for Council said various meetings had been held with Edube residents, together with the relevant provincial officials, to reach an agreement on mediation. "Unlike the National Housing Policy, the criteria for the allocation of hostels do not take into account the date of application for housing, only the fact that the applicant is a South African citizen. "The person who has lived for the longest period of time in the hostel and was present at the time of the survey becomes the 'owner' of the building, which is being converted into a family housing. "The overflow of the hostels were to have been housed in the units built specially for them, now known as Edube village. "The houses do not 'belong' to the Municipality, but to the provincial government, for which the Municipality acts as housing agent." |
|
|
|
|
DIE Paarl polisiestasie aan die Bergrivier Boulevard word tans teen 'n koste van byna R7 miljoen opgeknap. Vir maande al trek polisiebeamptes heen en weer tussen verdiepings en verduur hulle - en die publiek wat besoek aflê - groot ongerief. Daar is egter nie klagtes nie, want teen die einde van die jaar behoort die werk afgehandel te wees en dan sal daar gespog word met netjiese kantore, 'n meer funksionele lykhuis, moderne aanhoudingselle en behoorlike stoorplek. Die polisie se vingerafdrukeenheid kan ook eersdaags van Suider-Paarl na die herboude polisiestasie skuif. Die nuwe outomatiese identifikasiestelsel vir vingerafdrukke (OVIS), sal dan deur Franse kenners geïnstalleer word. Die kleurskema in die gebou, met elke verdieping 'n subtiele skakering van pers, perske, groen of blou, het al menige wenkbrou laat lig. Die opgradering van die gemeenskapdienssentrum (aanklagkantoor) sal nog 'n maand duur, en daar word verwag dat probleme nog langer met die telefone ondervind sal word (807-4000 of 807-4009). * The Paarl police station is being revamped. |
|||||
|
|||||