safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 25 September 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 Oktober  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


Erfenisdag makietie

[ Top ]


DIE wamakerstradisie van die Paarl is gister (Erfenisdag) feestelik herdenk in Suider-Paarl.

Die fees op die oop terrein langs De Oude Renbaan het besoekers die geleentheid gegee om te ervaar hoe die vervaardiging van trekdierrytuie die nywerhede van die Paarl en die Drakenstein 'n eeu gelede oorheers het, en Saterdag van 11:00 maak hulle weer so.

Die fees word aangebied deur die De Poort projek wat 'n museumdorpie wil vestig by die ingang tot die Paarl.

Die dag het afgeskop met die vuur van die kanon teen Paarlberg en 'n straatresies. Daarna het 'n optog van

wvere

FEESTELIK. Gasant Cornelius (70) en sy kleinseun Gasant Maanie het deelgeneem aan die Erfenisdag-optog gister in die Paarlse Hoofstraat. Die perdekar is getrek deur hul Walliese ponie, Rommel, wat vir die geleentheid met volstruisvere getooi was.

outydse waens en perdekarre asook veteraanmotors aangekom, gelei deur die bokkiekar wat onlangs met die ou wapad deur die Karoo van Kimberley na Ceres gereis het.

Daar was ook perdry-items, ponieritte, perdekarritte, kaskenades, 'n poppespel, musiek, uitstallings van tradisionele handwerk en kosstalletjies.

In die ou tabakstoor in Tabakstraat is outydse ambagte soos kantwerk en houtwerk gedemonstreer. By die nabygeleë Clift werkswinkel kon mense die outydse smidswinkel met 'n ystersmid in aksie sien.

In die skuur op die plaas Schoongezicht (by die Bergrivier Boulevard kruising) was 'n hoefsmid in aksie en kon wyn en olyfolie geproe word.

Saterdag kan mense ook by die De Poort terrein van 11:00 sien hoe trekdiere ingespan word en trekspanne in aksie sien.

Daar sal kos- en handwerkstalletjies wees asook perdekarritte. Om 14:00 is daar 'n perdekar-dryfkompetisie.

Nader besonderhede kan verkry word van Frances Graves by 863-3902 of Johan van der Merwe by 082-879-1100.

* Heritage Day festivities in Paarl continue on Saturday.


Berg River clean up

[ Top ]


THE Phola Park Peace Committee in Mbekweni, in co-operation with the Drakenstein Municipality, organised a clean-up of the banks of the Berg River between the Lady Grey Street bridge and the Market Street weir  recently.

In addition to promoting safe recreational spaces this project also creates an awareness of the value of the river. 

The Phola Park Peace Committee contracted thirty community members to carry out the clean-up from 12:00 to 16:00. The Municipality supplied the bags and disposable gloves, and took the bags to the dump.

Peace Committees facilitate peacemaking on a daily basis in their communities. In addition they also seek to help solve broader underlying problems through peacebuilding. 

They do so by gathering community members to identify needs, priorities, solutions, and then finding local entrepreneurs who can implement the solutions. 

Peace Committees are paid for every peacemaking and peacebuilding gathering that is held in accordance with the agreed principles. 

The money in the pocket is matched by an equal amount that goes into the Peacebuilding Fund, which is then spent on community projects that address the root causes of problems such as the lack of safe recreational spaces.

Charmaine Manuel, who holds the Community Safety portfolio on the Drakenstein Council, said that they were happy to get partnerships going with sectors of the community such as the Peace Committees.

"If the community gets involved in this way in cleaning the environment, this partnership could go on to other initiatives, like working together on parks. Tourism and job creation are other positive spin-offs of making our town as attractive as it should be".

The Mbekweni Lonwabo Nederpark Peace Committee will be supporting the next step in the Berg River clean-up on Saturday, starting at the Long Street bridge. 

The clean-up continues over a series of Saturdays during September and October. Activities planned to accompany the clean-up includes a talent competition with prize money earmarked for the winning entry. 

For further information on Peace Committees contact the School of Government, University of the Western Cape, at 448-6582 or go to www.ideaswork.org.


Gesoek: hulp vir Hermon

[ Top ]


'n GROEPIE skoolkinders staan netjies ingeryg langs die pad, reg om die verkeer aan te durf.

Ons soek na Matla Ford se preprimêr? Ja, dit is daar oorkant die kerk. Dié kinders moes nou reeds die kerksaal ontruim vir die besoek.

Nou waarnatoe gaan julle nou? Ons is mos eintlik deel van Laerskool Rondeheuwel en daar word beduie na die geboue aan die oorkant van die pad.

Dit is die storie van Hermon. Netjies deur die Malmesbury/Riebeek-Kasteelpad verdeel in twee het die witmense aanvanklik aan die een kant gewoon en die bruinmense aan die ander kant.

Soos die jare aangestap het, het die grense ook vervaag, maar nie die probleme rondom dit nie.

Die voormalige 'wit' en 'bruin' laerskole is nou een, maar die geboue word deur twee paaie geskei.

Slaggate vorm 'n "verskoning" vir 'n straat na die kerk en preprimêre skooltjie.

Weerskante is bouvallige huise, sommige van baksteen, ander van sink en oral is daar hokke met varke en pluimvee. 'n Toneel van moedelose armoede.

Dan waai Matla Ford soos 'n vars briesie oor die groepie raadslede en ampsdraers van die DA wat gehoor het van haar nood.

Dié vrou het ses jaar gelede die nood van haar gemeenskap gesien en begin met Laggiesland, 'n heenkome vir kleuters en preprimêre leerders.

Sy kry geen staatshulp nie, net die twee leë klaskamers van die laerskool wat sy gebruik en 'n klompie stoeltjies en tafeltjies.

"Die res het ek maar so bymekaar -gemaak," glimlag sy en vertel van mense wat opvoedkundige speelgoed en ander hulpmiddels aandra.

Drakenstein Raadslid Clera Meyer, wat die besoek geïnisieer het, het onderneem om verf te soek om die klaskamers te verf, asook matte en kussings vir die kleingoed.

Boeke, tydskrifte, speelgoed en enige ander toerusting sal met ope arms verwelkom word.

Mense wat wil help, kan Matla Ford skakel by (022) 448-1706 of rdl Meyer by 082-459-8362 of 868-1873.

* A neglected Hermon preprimary school is in dire need of assistance.


Projek help straatkinders

[ Top ]


'n GEMEENSKAPSPROJEK wat ten doel het om straatkinders konstruktief besig te hou bedags en ook van kos en klere te voorsien, word reeds vir die afgelope paar maande suksesvol in Wellington bedryf. 

Tans woon sowat 10 tot 15 kinders die daaglikse programme by.

Soggens vroeg word die kinders ontvang waarna hulle hulle gaan was en ook hulle wasgoed doen. 

Daarna volg ontbyt en lewensvaardigheidsprogramme tot 13:00. Na die gebalanseerde middagmaal kry die kinders ook 'n toebroodjie vir die aand. 

Die programme het ten doel om die kinders onder andere aan 'n gedissiplineerde omgewing bloot te stel sodat hulle uiteindelik by pleegouers of by hulle eie ouers teruggeplaas kan word. 

Op die oomblik is die kinders besig om hulle eie wawielgroentetuin aan te lê sodat ma Koela Petersen, die tannie wat elke dag toesien dat hulle gesonde kos inkry, hulle groente in hulle eie tuin kan pluk  

Die publiek word versoek om nie geldelike bydraes aan die kinders te maak nie, maar eerder die donasies te skenk aan die projek. 

Die kerkkantoor by die NG Moederkerksaal is elke oggend oop en enige bydrae in die vorm van geld, klerasie of kos is baie welkom.


Church conference at College

[ Top ]


THE Police College auditorium in Paarl is once again avail-able for public use and on Sunday Kingdom Worship Ministries will host their third annual conference there.

According to Ian Ross, Chairperson of Kingdom Worship Ministries, people should first apply to use the hall by contacting Jackie van Rensburg at Department of Public Works in Cape Town.

Hereafter they must confirm an available date with the College and get this confirmation in writing, before a contract will be issued.

"We appreciate the College's willingness to accommodate us and are sure that we will have a very successful conference."

The theme for Sunday is "The Coming King" and is based on Revelations 19.

There are ten guest speakers and presenters of twelve workshops throughout the day covering leadership, relationship, musical & word worship, and dance & banner worship.

The main track includes keynote speakers Pastor Johan du Toit and Pastor Richard Mayberry, three worship sessions and a special banner procession.

The registration fee of R50 covers refreshments and access to three workshops. Registration discounts are available for groups of four or more, students and pensioners and there is no registration fee for pastors or wives.

Tapes and videos of all the sessions will be available for purchase as well as other resources.

For further details on registration, please contact Ilse at 863-1900 or by email at ilsekotze@myrealbox.com.


Craft fair

[ Top ]


A BIG hobbies, arts and crafts fair will be held in the Paarl town hall on 26 and 27 March next year under the auspices of the Rotary Club of Drakenstein.

Exhibitors will also be able to present demonstrations of their skills, like de-coupage, pottery, quilting, model air-planes, leatherwork, knifemaking, glass-blowing and cake icing.

Preference will be given to applicants that will give animated demonstrations of their skills.

Application forms are available from Gys Smit Pharmacy and Articles in Paarl. A deposit of R100 is required. For enquiries, phone Impie de Jager (872-3010) or Allison Graham 872-1418 (fax 872-9489).


Vroue en Stokkiesdraai

[ Top ]


DIE jaarlikse Stokkiesdraai-fees vind van 23 tot 26 Oktober plaas op Wellington en vanjaar is daar ook spesiale vermaak vir die dames.

Op 24 Oktober bied Woman's Value/Dit 'n grimeeroormaaksessie op Diemersfontein aan.

Platinum Hair & Beauty se grimeer- en haarkunstenaar-span (Elisma van Zyl en Elton Immelman) sal praktiese wenke en kundige advies gee.

Elton sal ook gaste se vrae oor hul hare beantwoord.

Gretha van Tubberg, Woman's Value se mode-en skoonheidsredakteur, sal wenke gee oor hoe om jou voorkoms suksesvol te verander en met min moeite jou klerekas regtig werkbaar en vleiend te maak.

Kaartjies is R150 elk en sluit versnaperinge, middagete en geskenkies in.

Kontak Reinette, 873-2671.

Sarie bied 'n 4x4 uitstappie uitsluitlik vir vroue aan  van Wellington tot bo-op Du Toitskloof en dan weer tot by die plaas Mineral Springs aan die voet van die pas, waar 'n kort hindernisroete gery kan word. 

Dit is 'n Graad 1 roete en sal dus selfs vir beginners moontlik wees om dit met sukses te ry. 

Die koste is R150 en sluit middagete in.

Slegs 15 voertuie sal toegelaat word. Navrae by Helene Beyers by 862-1488 of 083-679-4676.

Demonstrasie

Op 25 Oktober van 09:00 tot 11:00 bied Landbouweekblad 'n tafeldekdemonstrasie aan met Nelia Andrag, 'n bekende vryskut-stilis.

Kaartjies kos R75 en sluit ontbyt in (873-3988).


Stalletjies vir Liggiesfees

[ Top ]


PLAASLIKE inwoners wat stalletjies wil hê by die jaarlikse Liggiefees in die Paarl (4 tot 6 Desember) sal moet spring.

Daar is nog net 'n paar stalletjies oor, insluitend enkele gratis stalletjies vir welsynsorganisasies.

Vader Kersfees abseil vanjaar weer by BoE bank af om die verrigtinge saam met die Burgemeester, wat ook 'n waaghalsige aksie gaan uitvoer, te begin.

Die pryse vir stalletjies wissel van R200 vir handvervaardigde produkte tot R280 vir verbruiksgoedere, R330 vir klaarbereide voedsel, R430 vir voedsel wat op die plek berei word en R500 vir woonwaens.

Doen voor die einde van die maand aansoek by die Paarl Toerismeburo (tel 872-4842/872-9376). `


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za