|
|
 |
 |
|
Nuus - News |
 |
'Dis reg so' |
|
|
 |
"AL kan ek nie my seuntjie terugkry nie, boet Francois nou minstens vir sy dade. Hy verdien om lewenslank in die tronk te sit."
So sê Zelda April (23), wie se enigste kind voorverlede jaar 'n vlammedood gesterf het toe die kind se pa petrol oor hulle uitgegooi het in Suider-Paarl.
"Dis jammer daar is nie meer doodstraf nie," sê sy bitter, uitgeput na die lang hofsaak. Francois de Koker is in die |
|
|
 |
hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf asook 'n verdere 16 jaar gevonnis.
De Koker (24) is deur regter Siraj Desai skuldig bevind aan die moord op sy seun, Austin April (2).
Hy is ook skuldig bevind op drie aanklagte van poging tot moord op Zelda, haar ma, Rachel April, en haar ouma, Lea Titus.
Die aanklagte spruit uit gebeure op die nag van 6 Oktober 2001 by Oude Renbaan plaas.
Rachel onthou hoedat sy en haar dogter die Vrydagnag kort na middernag vlamme onder die voordeur sien lek het.
Sy het die deur oopgemaak en oor die vlamme gespring terwyl 'n man petrol oor haar gegooi het.
"Zelda met Austin in haar arms, en my ma, het agter uitgekom. Ek het met 'n tuinslang die vuur oor hulle probeer blus.
"Hulle was gillend vasgekeer in die toe agterplaas, omsingel deur vlamme.
"Vir Austin het ek in 'n kombers toegedraai, maar hy het daar onder sy gunsteling-boom gesterf."
De Koker het toegekyk sonder om te help.
Zelda en haar ouma, Lea, is meer as twee maande lank in die hospitaal vir ernstige brandwonde behandel.
Desai het in vonnisoplegging gesê De Koker se verweer dat hy baie emosioneel was ten tyde van die voorval nadat hy en Zelda stry gekry het en nie bedoel het om Austin te vermoor nie, is nie genoeg om te verhoed dat hy 'n lewenslange vonnis opgelê word nie.
"Al was lewenslange tronkstraf nie deur die wet voorgeskryf nie, sou ek in elk geval 'n soortgelyke vonnis opgelê het vir die beskuldigde se wreedaardige optrede," het hy gesê.
Die feit dat De Koker 'n groot kan van 25 liter petrol gekoop het, is bewys dat hy die misdaad goed beplan het, het Desai gesê.
"Nadat hy hulle aan die brand gesteek het, het hy teruggestaan en toegekyk terwyl hulle die ergste pyn denkbaar beleef het," het Desai gesê.
Volgens Desai oorskadu die belange van die gemeenskap in dié geval die persoonlike omstandighede van De Koker, omdat kinders die kwesbaarste lede van die samelewing is.
* The Paarl man who killed his young son by setting him alight with petrol, has been sentenced to life in prison.... |
 |
|
|
|
 |
Paarl Post staff tops |
|
|
 |
|
 |
THE Paarl Post excelled at the recent Sanlam Journalism Awards for community newspapers presented in Johannesburg.
Sports reporter Leon Steenkamp was adjudged Photographer of the Year for his portfolio of photographs of sports and other events.
He also won a second place for sports photography and came fourth in the category for sports reporting.
The Paarl Post advertising team also won a first prize (for promotional supplements), while Ilse Fourie was among the top ten with an individual advertisement as well.
Other awards snapped up by Paarl Post staffers were third place in business news (Anne Kruger) and third place in local government reporting (Malané Bosman). Susan Botha achieved a fourth place in this category.
More than 444 reporters from 147 community newspapers competed for the awards.
In the Cronwright competition for best layout and typography, Paarl Post (which won the trophy last year), was a very close first runner-up to the Natal paper South Coast Herald.
Paarl Post was also fourth in the category best front page.
Three Paarl Post reporters (Anne Kruger, Malané Bosman and Susan Botha) were listed among the top ten headline writers in the country. |
 |
|
 |
R2,8 m grondeise |
|
|
 |
|
 |
UITBETALINGS van R2,8 miljoen vir grondeise van oudinwoners van Simonsville in Simondium en die Hervorm Weldadig Genootskap in die Paarl word Saterdagoggend 10:30 in die saal van die St Stephen's Kerk in New Orleans, Paarl, oorhandig deur die Wes-Kaapse Grondeisekommissaris, Beverley Jansen.
Die mense van Simonsville, wat hul eiendom tydens die apartheidsjare verloor het, sal elkeen R59 512 ontvang ('n totaal van R2 023 440).
Die Weldadiggenootskap (wat 12 eiendomme in die Paarlse middedorp besit het) se 152 lede se uitbetalings is pro rata. Dit beloop 'n totale bedrag van R781 420.
Simonsville, oorspronklik die plaas Nieuwehoop van 10,6 hektaar, is in 1946 deur 'n sindikaat van 33 Simondium-plaaswerkers gekoop om hul eie huise op te bou.
Hulle het reeds op die erwe gewoon in tydelike huise, in afwagting van die oordrag van die grond op hul naam, toe die grond deur die Apartheidsregering onteien is. Die Laerskool Pierre Simond is later daar opgerig.
* Local land claimants are to receive payouts of R2,8 million during a ceremony in Paarl on Saturday. |
 |
|
 |
Man het koeël in sy kop |
|
|
 |
'n MAN van Paarl-Oos het verlede naweek besef wat dit is om die geluksgodin aan jou kant te hê.
Le-reagan Jantjies (20) van Blesbokstraat 4, en sy meisie was Sondagoggend omstreeks 03:45 oppad terug huis toe, toe daar eensklaps op hulle geskiet is.
Hulle was op die hoek van Impalalaan en Ribbokstraat in Chicago toe drie mans vier skote op hulle geskiet het.
Twee van die patrone het Jantjies teen die kant van die kop getref, maar het nie sy skedelbeen binnegedring nie. Een het weggeskram en een het agter sy oor gaan vassit. |
 |
THE cool head of a Franschhoek farm manager ensured that he survived an armed robbery unscathed and had two of the culprits behind bars within an hour.
Malcolm Pemberton, manager of La Tramontane in Wemmershoek, arrived at the farm's office at around 13:30 on Friday afternoon to pay the wages.
Before he could sit down at his desk, three armed men barged through the door. After ripping out the telephone cord, the |
|
|
 |
assailants tied Pemberton's hands behind his back and threw him to the floor.
Pemberton remained calm, telling the men they could take whatever they wanted. The robbers fled on foot with his wallet, keys to all the buildings on the farm, and R4000 in wages.
"I managed to free myself within a couple of minutes, ran outside and called my men to follow them," Pemberton says.
Labourers working some 200m from the office followed the three men, who disappeared into the orchards, at a safe distance.
Meanwhile Pemberton ran to his house and called the police.
"Apparently the police were attending to an accident in Franschhoek, but they were here in the nick of time," Pemberton praised the men in blue.
It was easy pickings for the members of the Franschhoek and Groot Drakenstein SAPD when they arrived at the farm.
The workers could show them precisely where two of the armed men were hiding in the neighbouring Safcol forest and they were apprehended.
A 9mm pistol, Pemberton's wallet and R1920 of the cash was also confiscated.
In an attempt to find the third suspect, police called in the help of Franschhoek resident Mike Bosman of Champagne estate.
Bosman who owns a helicopter surveyed the surrounding area, but to no avail.
Said a relieved Pemberton, "I was very lucky that the ammunition didn't match the pistols, for I'm sure the robbers would have used them if they could."
It is the second time that this wine and fruit farm has fallen victim to wage robbers.
Last year burglars made off with the wages, but were arrested shortly after.
Sandile Nel (35) and Malusi Finlani (29), both of the Langrug informal settlement in Franschhoek, appeared in the Paarl Magistrate's Court on Monday. Both were denied bail. |
 |
|
 |
Moord minder, inbrake meer |
|
|
 |
|
 |
DIE amptelike misdaadstatistieke vir die Boland dui op 'n daling in die getal moorde, verkragtings, kapings en bankrooftogte sedert verlede jaar.
Daar is egter 'n toename in klagtes van kindermishandeling, poging tot moord en motordiefstal asook inbrake en rooftogte by huise.
Die daling in die polisiestatistiek oor moorde, verkragtings en motorkapings is in lyn met die nasionale neiging in misdaad.
Moordsyfers het met 10% in die Boland gedaal en daar was 'n effense afname in die aantal verkragtings aangemeld (0,4%), volgens die polisie.
Aanmeldings van kindermishandeling het met 41% toegeneem, en huisinbrake met 3,2% terwyl daar 'n aansienlike toename in rooftogte by huise in die Boland aangemeld is.
Aanrandings het met 4.1% toegeneem, en dwelmverwante misdade met 'n hele 8.9%.
Ganief Daniels, Boland-area kommissaris, sê hoewel moord en verkragting in die Boland effe afgeneem het, is geweldsmisdaad binne gesinsverband 'n groot bron van kommer en is dit baie moeilik vir die polisie om dié tipe van misdaad te beveg.
Die voorstede van Kaapstad is die voorlopers vir die getal moorde, met toenames van 6% en 5,6% onderskeidelik.
* Crime statistics indicate fewer murders, but more theft and robbery in the Boland. |
 |
|
 |
Ongeluk noodlottig |
|
|
 |
|
 |
DIE polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag teen 'n inwoner van Mbekweni, nadat 'n man dood en drie ernstig beseer is tydens 'n motorongeluk.
Die bestuurder van die wit Nissan bakkie beweer dat sy stuurwiel Vrydagoggend omstreeks 08:45 op die Swaelstertpad in Daljosafat gesluit het en dat hy die pad gevolglik verlaat het.
Die voertuig het deur 'n draadheining gebars en teen 'n kragpaal gebots.
Die bakkie met sy seswe insittendes, drie in die kajuit en drie agterop, was op pad na die Limietberg Natuurreservaat waar die mans werk.
Met die polisie se aankoms op die toneel was die bestuurder nie daar nie. Hy het egter later die middag by die Paarl Polisiestasie aangemeld.
Een man het op die toneel beswyk, nadat hy veelvoudige kop- en inwendige beserings opgedoen het. Van die ander insittendes is ook beseer.
* 'n Man van Paarl-Oos is dood nadat hy Sondagoggend omstreeks 01:30 met 'n mes gesteek is.
Mervin Wessels (25) was na bewering in Ameliastraat in 'n bakleiery betrokke toe hy aangeval is.
Wessels van Bonitastraat, Smartietown, is met twee meswonde in die maag en rug in die Paarl Hospitaal opgeneem en het 'n paar uur later gesterf.
S/insp Graham Adams het Maandag drie verdagtes in hegtenis geneem. Jowayne Stuurman (18), John Stevens (26) en 'n sestiennajrige het in die hof verskyn
* 'n Tienermeisie is Saterdagnag in 'n motorwrak verkrag deur 'n man wat haar van 'n kuierplek in Wellington agtervolg het.
Die sestienajrige meisie het saam met 'n vriendin gestap toe sy vasgegryp en in Sylvesterstraat na die wrak van 'n motor gesleep is waar sy gewurg en verkrag is. Insp Donwin Agenbagh (873-1141) ondersoek die saak. |
|
|
 |
|
 |
|