|
modebylaag vir Rooi Rose gaan werk.
Sy was onlangs een van die finaliste in Rooi Rose se Superster Charlize Theron-kompetisie, en is baie opgewonde oor die nuwe kontrak.
"Van kleinsaf wou sy net model wees," vertel 'n trotse pa Ernestus en wys 'n kleintyd-foto van haar, opgetof, kompleet met ma se hoed en al.
Karlien Seegers het Februarie voltyds begin modelwerk doen by Storm Kaapstad, nadat sy vir 'n paar jaar by 'n ander agentskap was.
"Ek het nooit 'n kursus gedoen nie. Storm het my gewerf toe ek aan die Mej SA Tiener-kompetisie deelgeneem het."
Haar loopbaan gaan van krag tot krag.
Vroeër vanjaar was sy in Dubai vir 'n modelkontrak en het ook New York besoek om 'n wêreldwye televisie- en ander media-advertensie te skiet vir Emirates Air.
Karlien se groot liefde is fotografiese modelwerk: "Ek doen wel loopplankwerk, maar dit is nie my eerste keuse nie."
Sy het die afgelope tyd verskeie advertensies voltooi, onder meer vir Edgars, Fair Lady en Sarie, asook 'n onderklere-reeks vir Woolworths.
En na Brasilië?
"Dan kom ek eers weer huis toe," glimlag Karlien, "tot Maart - dan gaan ek Parys toe! Storm ruil my uit met 'n Franse model en ek gaan tydelik daar bly."
Karlien geniet haar oorsese besoeke, maar daar is maar altyd die verlange huis toe: "Ek mis my eie taal."
Dan is daar natuurlik die liefde ook: sy gaan reeds meer as drie jaar uit met Cobus van der Wal, 'n student in besigheidsbestuur aan Boland Kollege in die Paarl.
"Hy het vir my só baie beteken die afgelope tyd, hy is deel van die familie."
Want terwyl Karlien opgewonde uitbrei oor haar loopbaan, bly daar 'n effense skaduwee in haar oë: "Ek is bekommerd oor Seegie se vriende," kom dit dan uit.
"Ek wil vir hulle sê om vir mekaar uit te kyk en vir mekaar om te gee.
"Maar die belangrikste is dat hulle moet leer om te praat oor hulle probleme - ons weet tot vandag toe nog nie wat vir Seegie gepla het nie."
Haar stem bewe as sy sê: "Ek verlang so ongelooflik baie na hom. Alles het verander, die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie."
Op hierdie noot kom pa Ernestus in: "Ek wil graag vir jongmense sê dit is cool om te droom en uit te reik na jou drome, eerder as om toe te gee aan drukgroepe."
Ernestus en sy vrou, Annemarie, is self in die mediawêreld betrokke as kunsdirekteurs van veral buitelandse advertensies.
"Ek glo hulle werk het ook 'n invloed op my belangstellings gehad," sê Karlien.
"Ek sal graag wil verder studeer in regie en produksie van advertensies, maar ook films."
Ernestus voeg by: "Ons het altyd gedink Karlien woon op 'n planeet van haar eie, maar ons is baie trots op ons mooi dogter en veral op die manier waarop sy met haar voete vas op die aarde staan. Ek glo sy sal haar drome verwesenlik."
* A young Paarlite's modelling career is taking off, while she mourns her brother who died recently. |