 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 25 November 2004
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
This site will be updated on 2 December 2004.
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
Letters - Briewe
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
My hart verlang na Wellington en Suid-Afrika
|
|
|
|
[ Top ]
|
|
|
|
|
|
|
AI, my hart het sommer kwaai verlang toe ek, soos dit nou al die afgelope jaar 'n gewoonte geraak het, op 'n Vrydag "blaai" deur
die Paarl Post se webwerf, net om te sien of daar nie dalk 'n brokkie nuus van my alma mater, die Kaapse Technikon: Wellington-Kampus in is nie.
Net na ons gradeplegtigheid einde verlede jaar, het ek op die ystervoël geklim en die bekende vir die onbekende verruil. Ja, ek is
ook een van die menigte wat Suid-Afrika 'n paar maande gelede verlaat het vir die land van rooi busse, "black cabs", die koninklike familie, David Beckham, koue, lang winters en ja... ponde.
Eerstens sien ek dit was weer Stokkiesdraaifees, en ek onthou nog hoe lekker ons verlede jaar saam met Kurt Darren gesing het! Ek
"blaai" toe so 'n bietjie verder, en hier kom ek op `n artikel af wat gaan oor die sosiale lewe van die KTWK-studente, en ek verlang.
Ek verlang na my vriende en die, goeie ou tye wat ons in Wellington gehad het. Ek wens ek kon net weer vir één dag 'n student op
kampus wees, net vir één dag weer saam met my vriendinne na 'n gesellige koffiewinkeltjie in Wellington, gaan dat ek wens ek net één pouse een van die kafeteria se lekker pasteie eet!
Ek mis die koshuislewe, Huis Bliss se onblusbare gees, en die eenheidsgevoel wat daar altyd onder ons klomp huismaats geheers het
en om Vrydae middae in die kar te klim en Dutoitskloof oor te ry huis toe vir 'n lekker naweek saam met my ouers.
In my geestesoog sien ek al hoe mooi lyk die koshuistuine dié tyd van die jaar. Maar net soos wat ek alles mis, is ek
dankbaar. Dankbaar vir vier wonderlike studentejare.
Ek is dankbaar vir elke vriend en vriendin wat ek op Wellington gemaak het. Die tye wat ons saam spandeer het, sal vir ewig in my
hart gekoester wees.
Londen is 'n regte klein Wellington, Sondae as ek in die SA Kerk sit en ek sien al die gesigte van oud-Wellington studente, raak ek
sommer trots!
Ek wens al die dosente en studente 'n welverdiende vakansie toe na 'n lang jaar! Groetnis uit 'n koue Londen!
Johnél le Roux
|
|
|
|
 |
|
 |
Dries van Niekerk was 'n man van integriteit
|
|
|
 |
TWEE weke gelede is daar berig dat mnr Dries van Heerden, hoof van Binnelandse Sake in Paarl, oorlede is. Dit was 'n fout,
aangesien sy van Van Niekerk is.
Dries van Niekerk was nie net hoof van die Paarl-kantoor van Binnelandse Sake nie, maar ook Areabestuurder van Paarl-Substreek, wat
die kantore van Malmesbury, Worcester en Caledon insluit.
Hierdie kantore lewer op hul beurt Binnelandse Sake dienste by plekke soos Stellenbosch, Somerset-Wes, Grabouw, Saldanha, Ceres en
Robertson.
Van Niekerk het nie net hierdie dienslewering op knap wyse bestuur nie, maar was bekend vir sy omvangryke kennis van byna elke
aspek van Binnelandse Sake.
Hy is van regoor die land gekontak - selfs van Hoofkantoor - om sy raad in te win.
Sy karaktereienskappe het onkreukbare integriteit, eerlikheid, medemenslikheid en 'n sin vir humor ingesluit.
Die personeel by Binnelandse Sake, Paarl, deel die gemis wat sy familie moet voel.
Juanita Britz
|
 |
Waar is die hulp?
|
|
|
 |
|
 |
EK is baie geskok en hartseer op die manier waarop ons fabriek Court Fabrics in die Paarl heeltemal gaan toemaak.
Court Fabrics se werkers was soos een groot familie. Daar was pa's en ma's, seuns en dogters en self skoonseuns en -dogters, wat
jare diens gehad het.
Die donker wolk van werkloosheid hang ook swaar oor almal se koppe. Families gaan sukkel om kos op die tafel te sit, en sal dalk
nie eens geld vir die "krag in die boksie" hê nie.
Na wie toe kan ons draai vir hulp om die fabriek te red? Die meeste van die werkers behoort aan die unie en betaal hulle fondse
stiptelik, maar waar is die leiers wat nou moet nader kom om die werkers moed en advies te gee?
Die "shop stewards" doen hulle bes om die werkers te kalmeer en op hoogte van sake te hou.
Die kleurvolle advertensies in ons nuusblaaie van ons Provinsiale Premier en ons Toerismeleier lyk baie aantreklik en beloof baie,
maar draai die bladsy om - dan is dit 'n ander storie, van fabrieke, veral in die tekstielbedryf, wat toemaak. Die oorsaak sê hulle is die goedkoop invoere en die sterk rand.
Waarom kan ons provinsiale leiers nie vir ons kom help en advies nie? Nou sê ek: "Come to the rescue" van al die werkers in die
nuwe "Democracy".
Thumby
|
 |
|
 |
This was murder
|
|
|
 |
I WAS not only upset, but also really disgusted when I read about the sentence a criminal motorist received at the Magistrate's
Court in Wellington (Paarl Post 18 November).
The motorist ignored a stop sign and by doing so caused the death of a person. This to me is a criminal behavior and should be
severely punished.
The court firstly convicted him of culpable homicide. But what was the punishment meted out to him by the magistrate? A fine of R10
000 suspended for three years and a ban on driving for a year suspended for five years. N
ow I know that in this country a life is not worth very much, but this is an absolute travesty of justice.
The message for the motoring public is: just ignore any traffic signs even if by doing so you kill people, you will get off lightly.
F Wevelaar
|
 |
Besoedeling van Bergrivier skok
|
|
|
 |
|
 |
DIE onlangse berig oor die besoedeling van die Bergrivier en die aanloop daartoe behoort almal tot in hul fondamente te skok.
Die afgelope twee jaar waarsku die DA al dat daar nie genoeg begroot word vir infrastruktuur en veral riool- en
watersuiweringswerke nie.
Die burgemeesterskomitee se antwoord is om miljoene van die begroting te spandeer op hul eie skootrekenaars, 'n
burgemeestervoertuig, hul eie voltydse salarisse en voordele, luukse kantore en personeel om hul werk vir hulle te doen (want op enkele uitsonderings na is hulle selde indien ooit op kantoor), konsultante wat nie
verslae indien nie, oorsese reise en reistoelaes, en nog 'n ellelange lys van onnodige uitgawes.
Intussen is die ganse Drakenstein besig om stadig maar seker in die twak weg te sink.
Dit is duidelik: Die manier waarop die uitvoerende burge is meesterstelsel bedryf word en die ANC die Munisipaliteit bestuur, is
nie in belang van die publiek nie.
Belangrike sake soos die verwerking van riool en die besoedeling van die Bergrivier wat ernstige gesondheidsrisiko's en ekonomiese
gevolge vir die ganse landboubedryf in die streek inhou, is vir die afgelope 18 maande van die raadsagendas af weggehou.
Die ANC se misbruik van mag en die flagrante inmenging in die bestuur van die munisipaliteit stuur in alle opsigte op 'n ramp
af.
Die situasie het so handuit geruk dat die voltydse politieke portfoliohouers op die burgemeesterskomitee glo toestemming moet
verleen alvorens senior amptenare sake op agendas kan plaas.
Iets moet dringend gedoen word, want die publiek kan die twak nie meer vat nie.
Deetlefs du Toit (DA raadslid)
|
 |
|
 |
Is Municipality empowering?
|
|
|
 |
|
 |
I AM a building contractor, Illembe Builders.
The purpose of establishing this business was to assist the Municipality in promoting job creation and empowerment through economic
participation in mainstream business and local economic development.
When it comes to tendering for jobs that the Municipality provides for local contractors, they do not use the data base to
give all contractors a chance to utilise the empowerment programmes created by the Municipality.
Which contractors have benefited from these programme, and why do the same names often appear, while others never get a chance? Are
our officials objective or is there nepotism in favour of their friends?
Loyiso Felix Sibelekwana, Mbekweni
Since 1 November all contracting jobs are being advertised on a board at the Municipality, and it is up to contractors to tender for each job at a
viable price. Contractors must be registered with the National Home Builders Registration Council, have a clearance certificate from the SA Revenue Service, and have no arrears on their municipal account. - Editor
|
 |
|
 |
Maak liewer mooi
|
|
|
 |
AS belastingbetaler wil ek my kommer uitspreek oor Wellington se sypaadjies by Victoria Park.
Wellington kry baie besoekers wat proteas, gesondheidsprodukte en items by smouse koop, want omstandighede druk 'n mens soms strate
toe om te oorleef. Ek vra ter wille van straatverkopers: Herstel ons sypaadjies, randstene en die rusbank.
Twee verkeersbeamptes het gesé dat die plakkate en potte wat aan die bome hang afgehaal moet word, want die smouse en
buitelanders betaal nie belasting nie. Die plakkate en potte versier nogal die terrein, want dan sien die besoekers nie die Munisipaliteit se swakhede raak nie.
Vra maar net
|
 |
Pollution threat to farmers
|
|
|
 |
IT was with shock and dismay that I read the appalling report on the Berg River pollution threat to fruit exports.
Paarl farmers have repeatedly complained to the authorities about the shocking condition of the river, to no avail.
Paarl town-farm owners, especially those who have riparian rights, rely heavily on the Berg River for irrigation and are already
under enormous pressure due to their unprofitable seasonal time-slot, taxes, labour laws, exchange rates and high production costs.
They are hamstrung further from seeking relief through residential development due to nature and heritage conservationists and
possible tourism benefits.
Now this new threat of being banned from exporting their lifeline due to the severely polluted irrigation source. Paarl farmers
should be allowed to put their farms to more profitable use. This is too much!
Paarl farmer
|
 |
Is gras groener?
|
|
|
 |
EK bly nou al twee jaar in Engeland en het aan die begin gedink, 'ons is jonk en dis wonderlik, 'n nuwe land met soveel nuwe
kulture.'
Wel, soms raak jy moeg daarvoor en jy verlang na familie en vriende, 'n lekker braai en 'n stukkie egte Suid-Afrikaanse
biltong.
Nou lees ek elke week die Paarl Post op die internet, maar met al die geweld wonder ek of dit beter is in Engeland, óf in
Suid-Afrika. Ek wil regtig terugkom Paarl toe, maar sien ongelukkig nie kans daarvoor om my seun daar te laat grootword nie.
Frederik van Zyl
|
 |
|
 |
|
 |
DIT is weer daardie tyd van die jaar: oral begin 'n mens Kersversierings opmerk, vakansieplanne is aan die orde van die dag en die
eerste Kersliggies in Drakenstein word reeds môreaand aangeskakel.
Wellington verwag tot tienduisend besoekers môreaand vir hulle gesellige fees in die dorp se strate.
Ook die ander dorpe in Drakenstein skud hul vere reg vir dié groot feestelikheid.
Die matrieks is klaar met die skoolbanke en die res van die skoolbevolking het nog net 'n week oor voor die vakansie.
Dit is dus geen wonder dat almal deesdae makliker en breër glimlag nie.
Maar dit is ongelukkig ook die tyd dat motorongelukke en misdaad weer hoogty vier.
Maak dus maar seker dat u motor in 'n goeie, werkende toestand is voordat u die lang pad vat. En 'n goeie voorsorgmaatreël is maar
altyd om vir u mede-bestuurders ook te dink.
Misdaad is een van daardie euwels wat jouself, jou gesin, jou eiendom en wat nog meer kan raak.
Volg maar al die wenke wat die polisie gereeld uitgee, maar meer nog, wees ook hul oë en ore.
Die areakommissaris het onderneem om dié naweek te begin met verskerpte optrede in van ons probleemareas - al wat die gemeenskap
kan doen, is om die nodige inligting aan die polisie deur te gee en nie hul optredes belemmer nie.
|
 |
|
|
|