|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
VANJAAR se Woordfees van 8 tot 14 Maart op Stellenbosch, word opgedra aan die bekende digter Elisabeth Eybers. Die tema van Woordfees 2004 is "formidabele vroue" en daarom maak dit sin dat die fees aan Elisabeth Eybers opgedra word. Sy was 'n vrou van eerstes: eerste Afrikaanse digteres wat 'n bundel publiseer en ook die eerste vrou wat die Hertzog-prys verower het. Verskeie plaaslike kunstenaars neem ook weer aan die program deel. Die bekende Johan Bakkes is Saterdag 13 en Sondag 14 Maart om 09:30 in "Bakkes in die Môre" by die Huis van JC le Roux. Die skryftalent en sinnigheid vir 'n goeie storie lê dik gesaai onder die hoogs uitsonderlike Bakkes-familie. Cas en Margaret Bakkes, hul seuns Christiaan, Johan en Marius Bakkes, asook haar neef, Hennie Aucamp, hou reünie met 'n vonkelstorie-ontbyt. * Paarliet Johann Nel tree op saam met Joanie Combrink en Susanne Beyers in 'n keuse uit die kortverhale van Hennie Aucamp op Saterdag 13 Maart om 18:00 in die HB Thom Teater. * Laurinda Hofmeyr van die Paarl verskaf die musiek vir die Baie Belangrike Boekebrekfis op Sondag 14 Maart om 11:00 in die Dorpstraat Teaterkafee. Bespreek by 886-6107. * Digters Leonard Koza, Susan Botha en Florence Ann Filton neem op Saterdag 13 Maart om 12:00 aan 'n program in die ou konservatorium deel, saam met Anthony Wilson. Vir telefoniese kredietkaart- en kontantbetalings skakel 808-2012 of 072-362-2972. (Maandae tot Vrydae, 09:00 - 17:00). Kaartjies is ook direk te koop by die Woordfees-kaartjiekantoor, ingang by 2de Vloer, Lettere A-gebou, h/v Merrimanlaan en Ryneveldstraat, Stellenbosch (Maandae tot Vrydae, 09:00 - 17:00). |
|
|
|
|
'n SANG- en musiekprogram word op Sondagaand 7 Maart om 19:00 in die Strooidakkerk in die Paarl aangebied vir die "Het Gesticht" Museumfonds. 'n Massakoor en die kerkkore van Immanuel, Huguenot VGK, Bethel Cong. en Drakenstein NGK ook optree. Ander kunstenaars is die Royal Stars blaasorkes, New Orleans Sekondêr koor en die Paarl Kamerkoor. Kaartjies is R10 (kinders R5) by Paarl Toerisme. Die "Het Gesticht"-kerkie in Hoofstraat is sedert 1814 deur slawe en ander werknemers gebruik. In 1842 is die Zionskerk in gebruik geneem en Het Gesticht het stelselmatig in onbruik verval. In 1965 is die gebou in die Junior Rapportryers se sorg geplaas en in 2000 verkoop die Strooidakkerk dit aan die Sendinggestig Trust wat dit as museum laat restoureer het. Dit is tans weer beskikbaar vir troues en ander seremonies (navrae by Paarl Toerisme 872-4842). |
|
|
|
|
DIE WATERWYSER, die Paarl Teaterklub se trefferproduksie, word op publieke aanvraag weer van 5 tot 13 Maart in die Ou Meulteater opgevoer. Dié produksie word beskou as derde beste uit die 26 amateurproduksies wat in 2003 in die Wes-Kaap opgevoer is. Die Waterwyser is geskryf deur Nico Lüwes en die regie is deur Pieter Strümpher. Veteraanaktrise Joey de Koker is weer in die hoofrol te sien as Ouma Driedoring. Ander rolle word vertolk deur Celia Kok (Anna), Anéne Loots (San), Freek Van Zyl (Willa Water), Willem Coetzee (Gert Laventel) en Marié Smidt (Nelia Konsert). Die Waterwyser speel gedurende 1933 (depressietyd) op 'n plaas af, doer ver in die Moordenaars K'roo, waar Ouma Driedoring en haar twee dogters (die weduwee Anna en die oujongnooi San) swoeg om te oorleef op Tweehasenmeteenslagraakgegooifontein. Hulle sit met 'n droë gat nadat die buurman (Gert Laventel) die aar afgeboor het, en hy nou 'n lekker nat gat het. Hy bied hulp aan, maar die vrouens laat kom maar eerder 'n Waterwyser om vir hulle te kom boor. By alles het Ouma Driedoring allerhande planne... onder meer om haar dogters getroud te sien. Hierdie uiters vermaaklike komedie is geskik vir die hele gesin, en in die intieme atmosfeer van die Ou Meulteater beloof dit weer eens om 'n onvergeetlike aand te wees. Daar is dié keer slegs sewe opvoerings en kaartjies, teen R25 elk, is beskikbaar by Print Right, Paarl (872-7209). |
|
|
|
|
DIZU PLAATJIES, former member of Amampondo marimba group, will perform music from his debut album titled Ibuyambo at the Oude Libertas Amphitheatre in Stellenbosch tonight and Saturday at 20:15. Ibuyambo, which means rebirth, will be performed in a show featuring traditional dance and costumes of the peoples of Southern Africa. Plaatjies will mix traditional African instruments and songs with his own original lyrics and melodies. This will create a neo-traditional blend of sounds on a musical journey through sub-Saharan Africa. Songs will be performed on animal horns, reed flutes, marimba, akadinda and the Ugandan harp. This accompanied by singing, dancing, tales, and history of the instruments by Plaatjies. The son of an African traditional healer, Dizu Plaaties grew up in the township of Langa in Cape Town. He led Amampondo in performance from busking as a band of drummers on the streets of Cape Town to concert stages throughout the world. Tickets cost R50.For bookings call 809-7380. |
|||||
|
|||||