|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE biblioteke in Drakenstein Munisipaliteit (Meulstraat, Drakenstein, Mbekweni, Jan van Riebeeckstraat, Vanwyksvlei, Gouda en Saron) gaan gedurende Maart alle laat biblioteekmateriaal boetevry terug ontvang ter viering van Nasionale Biblioteekweek. Biblioteekweek is vanjaar van 15 tot 19 Maart met die tema "Biblioteke in 'n dekade van demokrasie". Daar sal weer soos verlede jaar houers beskikbaar wees by Vee's Video, Centre Point en Food World in die Paarl, Max Supermark en die klinieke in Mbekweni, Newton Kliniek en Kwikspar in Vanwyksvlei en Shoprite op Wellington. Boeke kan in die houers geplaas word indien u nie by u biblioteek kan uitkom nie of gedurende die toe tye van die biblioteke. Die Biblioteekdiens nooi almal uit om weer 'n wettige biblioteekgebruiker te word en om al daardie biblioteekmateriaal wat al so lank by u huis (of die huise van vriende) rondlê, boetevry terug te neem gedurende Maart. |
|
|
|
|
AN all-new running/walking event through the vineyards and cellars on the outskirts of Stellenbosch, the De Vine Run, will be presented by the Devon Valley Vintners on Saturday 27 March at 07:30, starting at Oude Libertas. A swarming mass of 1500 runners will take part in a convivial running/walking event of 16km (10 miles) through the vineyards and cellars of Devon Hill, Clos Malverne, Middelvlei, SylvanVale, Louisvale and Meinert wines as well as the House of JC Le Roux. Whether it is a wig, tutu or convict stripes, a butterfly disguise or a nun on the run - participants are encouraged to bring the spirit of fancy dress along with their athletic prowess. The participating farms will refresh runners during their excursion with award-winning wines at various refreshment stations dotted along the course. Entry forms for the race are available at sports stores, running/walking clubs and wine outlets or online at www.jcleroux.co.za at R120 per person. The entry fee includes a T-shirt, JC Le Roux sparkling wine and a gift bag filled with exciting goodies. For more, contact Top Events at 511-7130. |
|
|
|
|
'n WêRELD van kaasgenot wag op besoekers by die 2004 SA Kaasfees wat plaasvind oor die ekstra lang naweek van 24 tot 27 April. Dit beloof 'n fynproewersfees van kaas, wyn, spys en pret by die historiese Bolandse plaas, Bien Donné. Die SA Kaasfees is 'n hoogtepunt op die Kaapse kalender en volgens die organiseerder, Agri-Expo, gaan volgende jaar se feestelikheid nog meer opwinding bring. Die terrein is heruitgelê om feesgangers meer ruimte te bied vir 'n genotvolle kaaservaring. 'n Rykdom van kase in alle vorms en groottes in die lugverkoelde Kaas Emporium en die splinternuwe Kaasmark, beloof 'n ontploffing op die smaaksintuie. Die Kaasmark is geskep om verdere interaksie met kaasmakers te bewerkstellig. Kaasfoendies kan daarna uitsien om hul aan die onlangs bekroonde 2004 SA kampioenkase en wenners van die Qualité gehaltemerk te verlustig. Die nuwe Markplein sal familie en vriende lok om te ontspan in 'n ruim omgewing waar goeie geselskap en uitmuntende produkte wat kaas komplementeer, geniet kan word. 'n Nuwe trekpleister is die Kaaswerkwinkel, waar kaasgeesdriftiges die geleentheid het om die eeue-oue kaasmaakkuns te aanskou, kaaskategorieë asook hul gebruike te leer ken en geniet - selfs met 'n skeutjie brandewyn. Die populêre Demonstrasiekombuis, Melkfabriek, Fynproewerslaan en Kinderspeelarea staan weer hul plek vol om tot die sukses van hierdie unieke geleentheid by te dra. Die hekke is tussen 10:00 en 18:00 op Saterdag 24 April, Sondag 25 April en Maandag 26 April oop en van 10:00 tot 16:00 op Dinsdag 27 April. Kaartjies vir die fees word beperk en is beskikbaar by Computicket, Paarl Toerisme en Franschhoek Toerisme teen 'n spesiale prys van R55 vanaf 1 Maart tot 23 April. Vanaf 24 April sal kaartjies by die hekke, Computicket en toerismekantore verkoop word teen R70. 'n Spesiale aanbod van R35 vir senior burgers geld slegs op Maandag 26 April. Navrae kan gerig word aan Agri-Expo by tel 975-4440/1/2/3 of e-pos cheese@agriexpo.co.za of besoek die webwerf www.cheesefestival.co.za |
|
|
|
|
ALFONS PRIMêR hou Saterdag 28 Februarie 'n motorskou vir fondsinsameling op die Boy Louw-sportvelde in die Paarl. Die hekke open om 09:00 en die pret hou tot laat aan. Toegang vir die dag is R10 (kinders o.13 R5). Verskeie motorklubs van die Wes-Kaap sal teenwoordig wees, soos Opel, BMW, TRD, Nismo, Ford, Smart Trucks, Honda, Xtreme, Phenomenal Bugs en Subaru. Verskeie ander motors sal ook te sien wees, soos die Ford Escort V6 (Sylvester). Hierdie is 'n familiedag met verskeie stalletjies en vermaak vir oud en jonk. Radio KC sal daar wees met omroepers soos Earl, Justine, Grant en Amanda. Almal is welkom. Daar is nog stalletjies beskikbaar by Deon Muller by 083-296-4603. |
||||||
|
||||||