safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 26 February 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 5 March  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Drome weg in vlamme

Malané Bosman

[ Top ]


TOEKOMSDROME, asook jare se handewerk, het in bondels swart rook verdwyn toe 'n industriële gebou in Wellington verlede week deur brand verwoes is.

Om 14:45 Donderdagmiddag het Elvis Ngantweni in die Welco werkswinkel sy hande met verfverdunner gewas. Toe hy daarna by 'n mede-arbeider verbystap waar hy met 'n sweismasjien werk, het sy arms en hande aan die brand geslaan.

Die brand het vinnig versprei. Binnemure van poli-sterien wat met sement oorgepleister is, het soos kaarte getuimel en vlamme het teen die plafon langs gehardloop.

Die Drakenstein brandweer kon nie verhoed dat die ses besighede erge brandskade, of rook- en waterskade opdoen nie.

wspuit2FC

STRAAL. 'n Brandweerman spuit smeulende dakpale nat in 'n gebou in Stasiestraat, Wellington, wat Donderdag deur brand verwoes is.

Die ingenieursonderneming Welco, is totaal verwoes. Koppe word bymekaar gesit oor hul toekoms.

Boland Mowers se jong eienaar, Niel Keyser, het alles verloor, maar begin weer met sy grassnyerbesigheid in die Hoofstraat.

Jacobs Ingenieurswese het die ergste van die brand vrygespring, en wag net vir kragaansluiting.

Die sapprodusent Fruitime het sy totale voorraad van honderde duisende rande wat in die verspreidingsdepot was, in vlamme sien verdwyn.

Die eienaars van die bekende Wellington Leather Novelties, Hans en June Smit, was met vakansie in Namibië toe die gebou afgebrand het. Hulle is eers Saterdag met hul terugkeer dié skoknuus meegedeel.

Die Smits is dankbaar dat die kantoor die brand gespaar is, al is die hele werkswinkel, leer en klaarvervaardigde artikels erg deur rook en water beskadig.

Werkers was hierdie week druk besig om op te ruim en te trek na hul nuwe adres in Versaillesstraat.

In John Hart's Workshop het John en sy vrou Maureen reeds Dinsdag weer die meganiese werkwinkel aan die gang gehad, al was dit onder 'n tydelike dak en met pikswart gebrande mure.

"Ons het nie 'n hyser nie, en geen kompressor nie, want ons het geen krag nie, maar ons is steeds oop vir besigheid," het die egpaar gesê.

"Dit is 'n nagmerrie, maar eintlik was ons nog gelukkig. Die brand het ons op ons knieë, maar van die ander huurders sal nie weer kan opstaan nie."

Die Harts het die nag ná die brand drie keer na die gebou gegaan om na hul ses aanloopkatte om te sien, nadat die diere verbouereerd weggehardloop het.

"Die brand het ontsettend vinnig versprei. Dit was vuurwarm en gevaarlik in die gebou, met chemiese dampe en mure wat val, maar die brandweer het hulle wonderlik van hul taak gekwyt.

"Die eienaar van die gebou, Herman Burger, is baie behulpsaam en ons sal nou almal ons lewens moet hervat."

* Fire has destroyed a building housing six businesses in Wellington.


Petrolene, Paulse in die hof

[ Top ]


TWEE keer is die saak teen Petrolene de Wet van Pniel reeds laat vaar, maar nou staan sy "finaal" tereg op die aanklag dat sy haar man byna vier jaar gelede laat vermoor het.

Die vrou van die welgestelde sakeman Deon de Wet wat in Mei 2000 in sy slaapkamer doodgeskiet is, sal op 8 Maart in die Kaapse Hooggeregshof verantwoording moet doen.

Die rugbyspeler Breyton Paulse is ook gedagvaar om in die hooggeregshof te getuig. Sedert die moord ontken Paulse gerugte dat hy en Petrolene de Wet 'n verhouding gehad het.Sy is intussen weer getroud en woon steeds in die moordhuis.

Vrugtevervoerder Deon de Wet is in sy slaapkamer 15 keer op kort afstand geskiet. Meer as R40 000 het daardie nag uit 'n aktetas in die kombuis verdwyn.

Sy vrou, twee jong kinders en 'n huishulp was ook tydens die skietery in die dubbelverdieping-woning.

De Wet (34) is 'n week ná die moord op haar man in hegtenis geneem. Sy het twee mans, Ivan Benting en Sakkie November, betrek en beweer dat R33 000 aan Benting betaal is om die moord te pleeg.

De Wet het skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag en is op borgtog van R15 000 vrygelaat.

November het later staatsgetuie geword, maar is in Junie 2001 in sy voordeur in Cloetesville in 'n sluipmoordaanval dood. Hy is uit die derde verdieping van 'n woonstelgebou met 'n koeël in die hart getref.

De Wet en Benting het meermale in die streekhof in Stellenbosch verskyn, waar die saak herhaaldelik uitgestel is weens "onvoltooide ondersoekwerk" en omdat daar "geen klagstaat beskikbaar" was nie.

Die saak het uiteindelik op 26 November 2001 in die Kaapstadse Hooggeregshof gedien. Adjunk regterpresident Jeanette Traverso het egter beveel dat die saak van die hofrol geskrap word.

Die saak sou slegs weer op die rol geplaas kon word indien die direkteur van openbare vervolging sou beslis dat die ondersoek voltooi was en die saak dus gereed was vir verhoor.

Byna 'n jaar lank is geen vordering met die ondersoek gemaak nie, totdat die beskuldigdes weer op 21 Oktober 2002 voor die hof gedaag is.

Die saak is weer hehaaldelik uitgestel en uiteindelik op Junie 2003 deur regter Burton Fourie vir 'n tweede keer van die hofrol geskrap toe 'n regter nie vir die verhoor beskikbaar was nie.

Hy het ook beveel dat die staat De Wet se hofonkostes moes betaal.

In Desember is 'n finale uitstel tot 8 Maart verleen. Benting is gewaarsku om te sorg dat hy intussen 'n nuwe regsverteenwoordiger aanstel met wie hy tevrede is.

* The murder case against a widow from Pniel starts in Cape Town on 8 March.


Raadslid se vertoë misluk

[ Top ]


n MUNISIPALE raadslid van Drakenstein, Solomon (Billy) Ross, word in April verhoor op aanklagte van aanranding.

Vertoë aan die senior staatsaanklaer dat die saak teen hom teruggetrek word, het misluk.

Ross het gister by monde van sy regsverteenwoordiger, Christie Viviers, daarop aangedring dat klagtes van crimen injuria teen die klaer in die saak, sy buurman Nico van Zyl, ondersoek word.

Die Van Zyls sou rassistiese aanmerkings teenoor hom gemaak het tydens wat as "huismoles" by die La Uva munisipale woonstelle in Noorder-Paarl beskryf is, en wat glo tot die beweerde aanranding gelei het.

Ross, in inwoner van dié woonstelblok, is aanvanklik aangekla saam met Hyron Roberts (18), 'n vriend van Ross se dogter, nadat hulle in 'n onderonsie met die bure betrokke was.

Roberts het reeds 'n skulderkenningsboete van R200 betaal terwyl Ross besluit het om sy saak in die hof te stel. Die aanrandingsaak is tot 16 April uitgestel.

* Town councillor Solomon Ross will soon be tried on a charge of assault in the Paarl Magistrate's Court.


Stormy  council meeting

[ Top ]


TUESDAY'S stormy municipal council meeting in Drakenstein had a short agenda, but lasted more than an hour with various salvo's fired between opposing parties.

The meeting kicked off with a statement by the DA that the meeting was not legal according to the Rules of Order for Council and Committees.

According to rule 8.4, accepted by Council on 25 November, the Municipal Manager must give notice to the public of the day, time and venue of every meeting by publishing a notice in a local newspaper.

He may depart from this requirement when time constraints make this impossible in respect of urgent meetings.

The ANC, and Arthob Petersen specifically, suggested that they proceed with the meeting.

"What makes it such a major prerequisite? It was a scheduled meeting and we were all timeously informed."

Municipal Manager Jacques Carstens insisted that the schedule of meetings for 2004 had been published in early December. However, he couldn't state a date or newspaper.

Deputy Mayor Anthea Sheldon requested that the administration adhere to legislation in the approved manner in future.

Carstens responded, saying that if one wanted to be technical, "the DA had a point".

After a five minute recess, the DA's Johan von Wielligh stated that they would attend the rest of the meeting, without prejudicing their rights.

Once order had apparently been seemingly restored, the meeting continued, but the stage was set for more squabbling.

The next argument was about a missing attendance list for the special meeting of the council to approve proposals for ward councils on 12 February.

Deetlefs du Toit (DA) in jest asked Speaker Killion Cekiso if the meeting "had been attended by ghosts".

Immediately the ruling ANC/NNP coalition reacted, with various speakers angrily asking that he leave the meeting.

Grace Claasen (NNP) said he was the "biggest ghost of all".

"This is nitpicking on technical issues and not helping in constructive decisionmaking on behalf of the community we claim to serve," said Petersen.

Rian Smuts (DA) objected to this explanation, which had been provided by the "new Speaker" (Petersen), instead of the Speaker (Killion Cekiso).

The Speaker reacted by saying that Petersen's explanation would suffice.

André de Villiers (ACDP) came out in support of the DA and pointed out that there was a code of conduct for the Speaker as well.

"The attendance register is very important. For instance, should a councillor not show up for three consecutive meetings, you should discipline him/her.

"A councillor also cannot make a proposal if he didn't attend the meeting. This is not nitpicking, sir!"

The meeting continued for just more than an hour, with only two points to consider in the open agenda and another two on the confidential agenda.

A frustrated councillor du Toit (DA) objected to the lack of items for discussion when he was denied the right to discuss the minutes of the Mayoral Committee.

He was told the minutes were only for information, upon which he wanted to know where he would have the right to comment on the decisions of the Mayor and his committee.

"We may attend the mayoral committee meetings, but are not allowed to speak, because we are not members.

"Here the items are only for information, so we must just accept what is decided," he said, adding that most matters were dealt with by the committee these days.

Mayor Herman Bailey reprimanded du Toit, pointing out that the mayoral committee was authorised to make the decisions.

"Councillor du Toit should trust us to make the right decisions," said Bailey solemnly.


Gestrand in pas

[ Top ]


DIE uitstappie van 'n ma en haar twee seuns het Vrydag in Dutoitskloof alles behalwe aangenaam geëindig.

Toe die vrou om 16:30, na 'n uur in die poele van die rivier by Lekkerwater na hul motor teruggekeer het, was dié spoorloos.

Die nagmerrie het darem 'n goeie nadraai gehad toe wakker polisiebeamptes van Franschhoek Saterdag die gesteelde rooi Toyota Corolla teen 'n roekelose spoed sien ry en  die voertuig van die pad gedwing het.

Twee van die insittendes het ontvlug, maar 'n derde  is aangekeer.

'n Rekenaartegnikus van Vrykyk stap nou maar, nadat sy tweede motor binne vyf dae voor sy huis in Vrykyk gesteel is.

Donderdagnag verlede week is 'n wit Mazda Midge voor die huis in Buitekantstraat gesteel.

Die motor was om 23:00 in die straat, maar 08:00 was dit skoonveld.

Chris Albertyn, 'n rekenaartegnikus, het Dinsdagaand nóg 'n motor van sy werkgewer voor sy voordeur geparkeer.

Kort voor 03:00 het inwoners gehoor hoe 'n 'n hond blaf, gesien hoe sekuriteitsligte aangaan, en gehoor hoe 'n motor aangesit word.

Die motor, ook 'n wit Mazda Midge,  het in 'n doodloopstraat gery, is teen spoed agterruit, en het verdwyn.

Dit was eers die oggend om 08:00 dat Albertyn en die bure besef het sy tweede motor is gesteel.

Die eerste se tenk was vol, hierdie een darem net kwart, so die diewe is seker nie ver nie," het Albertyn gesê.

"Die slotte van hierdie Mazda is in Desember ook hier by die huis gebreek, maar toe is hy nie gesteel nie."


More power to Mbekweni

Malané Bosman

[ Top ]


MBEKWENI'S police station is soon to have its manpower as well the area under its jurisdiction, doubled.

"It is about time that Mbekweni police station reached its full potential," said area police commissioner Ganief Daniels.

The police station, which was newly erected and in use since 2002, is manned by a staff of 32.

Before the official opening of the station on April 1 by minister Leonard Ramatlakane, the contingent will increase by 26 constables now in training, three officers and four civilians.

Seven additional vehicles have also been allocated to Mbekweni.

The detective squad of eight, which is housed in a building adjacent to the police station, will be increased to 16 men and will become a "fully-fledged" detective branch.

The detectives, who currently have to make do with only a public telephone and no link to computers, should have a telephone system connected within days, Commissioner Daniels promised.

The area policed by the Mbekweni members has been enlarged to include Newton, the Roggeland farming area up to the Vlakkeland road, the Dal Josaphat traffic centre area up to Van der Stel Street and the OR township west of Mbekweni, up to May Avenue.

A jubilant Josephine Gravel, chairperson of the Mbekweni Community Police Forum, has eagerly been awaiting the announcement.

"I am so happy. The community is so happy," she said.

"All the years we battled with bad service. Even with the new building the police station was still just a satellite.

"Now that we have received the good news that Mbekweni will be a fully-fledged station, we are delighted.

"The inclusion of OR, with its many Xhosa-speaking residents, is very welcome.

"And the people of Newton are much relieved. They could always see the police station, but they could not use it.

"When a child was raped, they had to find a taxi and take the child all the way to Wellington police station.

"Now we all have our own proper police station."


Prop op sjebeens gesit

[ Top ]


DRIE beweerde dranksmokkelaars is in hegtenis geneem en meer as 500 liter drank is uit hul huise in Mbekweni gedra.

Beslag is verlede Saterdag ook gelê op 'n vrieskas, elektroniese toerusting, 'n elektriese saag en motorvellings wat moontlik gesteel kon wees.

Polisiebeamptes van Mbekweni en Area-Misdaadbekamping het aan die optrede deelgeneem.

'n Vrou is by haar woning in Silvertown in hegtenis geneem en van onwettige handel in drank aangekla.

Twee mans is onderskeidelik aangekeer by C-blok, Mbekweni, en 'n plakkerswoning in Nederpark aan Drommedarislaan.

"Ons sal graag dat die polisie optree teen sjebeens," het 'n lid van die publiek gesê.

"Ons seuns word buite die smokkelhuise vermoor en ons dogters word daar verkrag."

Skote

Wellingtonse polisie is verlede Saterdag deur 'n oproerige skare onder die klippe gesteek by 'n smokkelhuis in die New Rest woongebied.

Dié optrede by Ntlazanestraat 22 het gevolg op 'n inval die vorige aand toe polisie daar op 200 liter drank en 'n vuurwapen beslag gelê het.

Die huiseienaar is in hegtenis geneem op aanklag van onwettige handel in drank.

Toe die polisiebeamptes Saterdagaand weer voor die deur staan, het omstanders hulle onder die klippe gesteek.

Rubberkoeëls en bykomende ondersteuning van die Area-Misdaadbekampingseenheid, het die skare laat uitmekaarspat.

* Mbekweni and Wellington police are working around the clock to put the lid on shebeens.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za