|
Hillcrest Primêr op Wellington, terwyl Zelrése (1999 se Dux-leerling en onderhoofmeisie van Hillcrest) nou met beskeidenheid die hoofmeisiebalkie dra by Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl.
Vir die trotse ouers van hierdie twee uitblinkers was dit 'n groot verrassing waarvoor hulle dankbaar is.
Carane Jones is 'n elektrisiën werksaam by Eskom se Koeberg-kernkragstasie, wat tans besig is met verdere studies.
Ma Brenda is 'n oud-onderwyseres wat meer as 14 jaar by St Albans op Wellington skool- gehou het.
Hulle is nie bietjie trots op hul twee talentvolle en bedrywige spruite nie.
Zelrése was so verbaas toe haar naam genoem word as hoofmeisie dat sy eers gedink het hulle praat nou van iemand anders.
Jo-Anne, Hillcrest Laer se sportvrou van 2003, is 'n kranige atleet en met haar rietskraal lyfie moet teenstanders in diskus, gewigstoot en netbal maar liefs opsy staan.
Altwee is lief vir lees en met hul ma en pa se aansporing verslind die tweetjies al wat boek is in die huis.
Vir die plat-op-die-aarde ouerpaar was die besluit dat Brenda die onderwys sou verlaat om die nodige tyd en aandag aan hul twee dogters te gee, nie maklik nie, maar as mens kyk na die positiewe gevolge wat dit opgelewer het, was dit meer as die moeite werd.
Op haar tyd bekend as 'n "kwaai juffrou" onder die leerders van St Albans het Brenda nou die tyd om haar twee spruite die ondersteuning, hulp en drukkies te gee waaroor hulle nie uitgepraat raak nie.
Vakansietyd kom ook vir die leiers en slimmes en wat doen hulle dan met hul swaarverdiende aspaartyd?
Jo-Anne is baie lief om te swem saam met haar maats en wanneer sy nie lees of saam met maats kuier nie kyk sy graag televisie, "maar nie te veel nie" laat ma van haar hoor.
Zelrése het 'n groot belangstelling in sterrekunde en toe pa op 'n besoek aan die VSA was, het hy vir haar 'n teleskoop saamgebring.
Nou kyk sy graag na die hemelruim en veral is dit die maan wat baie van haar aandag kry as sy dit nie met maats, lees en fliek deurbring nie.
Dié twee meisies op pad nie die sterre is beslis 'n spannetjie om op trots te wees.
Volgens die hoof van Hillcrest, Japie Adams, was Zelrése lid van 'n uitsonderlike senior klas in 1999. Cindy Prins is vanjaar hoofdogter by Bergrivier Hoërskool, en Janine Joseph en Stanley September is vanjaar se hoofleiers by Weltevrede Hoërskool.
* Wellington boasts two headgirls in one family |