safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 26 February 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 5 March  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Protea-ryers wys hulle verdien plek

[ Top ]


DIE plaaslike jaers wat in die verskillende Suid-Afrikaanse fietsryspanne opgeneem is, het Vrydagaand tydens Rhadsport se baanbyeenkoms gewys dat hulle wel onder die beste jaers tel.

Dit was ook in die ope-afdeling duidelik dat die junior ryers vinnig besig is om hul regmatige plek in te neem.

Dit was ooglopend dat die nasionale ryers hulself druk om wedren-fiks te raak, met veral Bertram Siebritz van Rhadsport wat die baan aan die brand gery het.

Dié junior Protea-ryer het in die ope-afdeling die 800m en 30 ronde wedrenne gewen.

Met hul aggressiewe rystyl het nog twee nasionale ryers, Ivano Siebritz (ook 'n junior) en Durwin Benjamin (Elite-span),

wdurwin(BACKPAGE200%)

LIGSPOED. Durwin Benjamin van Rhadsport Fietsryklub jaag voor in die 30 ronde wedren tydens Vrydagaand se Rhadsport-byeen- koms. Agter ry Bertram Siebritz wat die wedren uiteindelik gewen het.

gewys dat hulle ook van groot waarde vir hul spanne gaan wees.

Byron Kulsen (Elite) en Ashley Kulsen (Federasie-span) het ook met gemak gejaag en het duidelik aan hul vorm gewerk vir die komende Drienasies-byeenkoms.

In die o.16 groep was dit weer eens Reniell Matthysen van Paarl Fietsryklub wat oorheers het deur aldrie wedrenne,  die 800m, 1500m en 10 ronde, te wen.

In die o.14 afdeling het Grant Stuurman die oog gevang, terwyl Dillion Overmeyer en Emile Jacobs in die o.10/o.12 afdeling uitgeblink het.


SA gholf-amateurs pak mekaar

[ Top ]


AS hy koelkop bly onder druk, behoort die Paarliet Dawie van der Walt Sondag af te slaan as een van die groot aanspraakmakers in Sanlam se Suid-Afrikaanse Amateur-gholfkampioenskappe.

Van der Walt is nommer nege op die Suid-Afrikaanse Gholfunie se jongste merietelys vir amateurs. Daarbenewens ken hy Boschenmeer soos die palm van sy hand.

Twee van sy mede-Paarliete, Freddie Steyn en Mark Mahoney, sal ook in aksie wees. Albei speel van 'n 1-voorgee terwyl Van der Walt 'n plus een is.

Altesaam 156 amateurs speel in wat allerweë beskou word as die stryd van die jongelinge. Sestien spelers is van oorsee - sewe van Engeland, vyf van Ierland, twee van Oostenryk en twee van Hong Kong.

As Van der Walt weer sy fenomenale spel soos in die onlangse Noordelik Ope kan opdis, sal hy moeilik gestuit word. In dié toernooi op Windsor Park in Johannesburg het hy in die eindronde vanuit 'n haglike posisie teruggeveg om uiteindelik te wen.

Die 20-jarige Paarliet se sterkste teenstand sal kom van Albert Pistorius, Matthew Kent, Grant Veenstra (aldrie van WP), Jaco Ahlers (Gauteng Noord), Jakobus Roos (Boland), Rossouw Loubser en die verdedigende kampioen, Anton Haig, albei van Sentraal Gauteng.

Daar word ook baie verwag van die Engelsman Gary Wolstenholm. Dié 42-jarige het in 1995 op Royal Porthcawl bekendheid verwerf toe hy vir Tiger Woods, die wêreld se voorste speler, in die enkelspel in die stryd om die Walkerbeker geklop het.

Vir Van der Walt was dit 'n rustige aanloop tot die toernooi. Hy het verlede Maandag tydens 'n fiksheidsoefening die ligamente in sy linkerenkel geskeur.

"Ek het 'n week laas 'n gholfstok in my hand gehad, maar behoort Donderdag (vandag) weer te kan oefen. My sportsielkundige het egter gesê dit is miskien 'n goeie ding dat ek vir 'n tydjie wegkom van die spel en weer honger is vir speel in die toernooi," het Dawie Maandag gesê.

Hy was verlede jaar tydens dié kompetisie sesde in die houespel en het in die kwarteindronde in die putjiespel uitgeval.

"Ek sien baie uit na die toernooi en is lus vir speel," het hy gesê.

Dit is die eerste keer dat dié toernooi in die Boland gehou word en die eerste groot toernooi wat by die Paarl Gholfklub aangebied word sedert die aanbouing van die nuwe Boschenmeer klubhuis.

Die groep van 156 gholfspelers sal Sondag en Maandag 'n houespelkompetisie oor 18 putjies speel.

Die beste 64 dring deur na Dinsdag se houespel oor 36 putjies.

Woensdag speel die top 32 spelers in 'n putjiespel teen mekaar met die spelers wat van 33 tot 64 geplaas is, wat in die plaatkompetisie uitspeel.

In die middag sal die beste 16 spelers mekaar oor 18 putjies pak.

Donderdagoggend speel die top agt 'n putjiespel oor 18 gate en in die middag speel die beste vier spelers weer teen mekaar.

Vrydag sluit die toernooi af met die voorste twee spelers wat mekaar in 'n putjiespel oor 36 putjies die stryd aansê. Toegang vir toeskouers is gratis.


Ontong pak dalk tasse

[ Top ]


DIE sterkolwer van die Boland, Justin Ontong, sal heel moontlik volgende jaar vir die nuwe Wes-Kaapse krieketstreekspan, WP-Boland, verlore wees.

Ingevolge 'n besluit deur Krieket Suid-Afrika (KSA) om plaaslike krieket te herstruktureer met die oog op krag-teen-krag kompetisie, is die huidige elf provinsies deur ses streekspanne of franchises vervang.

Die WP en Boland het saamgesmelt, met die hoofkwartier wat in Nuweland gesetel sal wees.

Hoewel die Wes-Kaapse span asook die franchises in Bloemfontein en Kwazulu-Natal Ontong 'n kontrak aangebied het, blyk dit dat dié Paarliet met selfs 'n beter aanbod deur die Highveld Lions (Gauteng en Noordwes) na Johannesburg gelok is.

'n Huidige moratorium wat spelers en provinsies verhoed om kontrakte te teken, is tot einde vandeesmaand van krag.

Ingeligtes meen egter dat Ontong met die Gautengse streekspan sal teken sodra die moratorium opgehef word.

Ander Boland-spelers wat ook deur die WP-Boland kontrakte aangebied is, is die toporde-kolwer Henry Davids en naatbouler Jacques van Wyk.

'n Ingeligte van Boland Krieket, het ook onlangs aangedui dat dié streekspan dalk in die dienste van die Bolandse draaibalbouler Waylin September belang stel.

September is tans deel van die SA o.19 span wat in Bangladesh aan die Junior Wêreldbekertoernooi deelneem.

Volgens Boland se hoof-uitvoerende beampte, Pietie Williams, is daar nog onduidelikheid oor die kontraktering van spelers, met nuwe riglyne wat intussen in plek gestel is en ná die opheffing van die moratorium bespreek sal moet word.


Paarl walks over Maties

[ Top ]


THE Paarl Super League team showed that their first round win against Maties was no fluke when they scored a convincing two wicket victory over the students at the Parys cricket grounds on Saturday.

Sent in to bat, Maties could post only 143 against Alfredo Adams (3/31), Anwell Newman (2/34) and Dave Callaghan (2/37), who varied his pace cleverly to keep the visitors guessing.

Francois Geldenhuys (41) and Peter Laing (25) received little support in their attempts to boost their team's total.

The ever reliable Erasmus Hendrikse (80 not out) hit 12 fours and two sixes to take the match away from the visitors, well supported by Dave Callaghan (40) with five fours and one six.

Paarl II disappointed against Vredenburg/ Saldanha, whose score of 226 should have posed no threats to the log leaders.

N Simpson (48) and C Thomas (33) excelled with the bat against Paarl's Cameron Cupido (4/80), Basil Petersen (3/45) and Lyndon Fredericks (3/63).

Paarl captain Marco Walters (37), Brenton van Schoor (38) and Cameron Cupido (34) always had the home team in the driving seat, but the wheels came off in the last hour against K Daniels (5/87), as they were all out for 208.

Paarl III (221) went down by two wickets against Bergrivier II in Wellington on Sunday.

Paarl I play Worcester United on Saturday while Paarl II has a bye and Paarl III take on Paarl East II.


Boland selectes first junior flyfishing team

[ Top ]


FOURTEEN keen youngsters tried out for the Boland junior flyfishing team that was selected at the Dewdale Trout Farm in Franschhoek on Saturday.

The team of six are captain, Chase Nicholson (13 years, Rondebosch Boys), Petrie Marais (14 years, Oakdale High), Aiden de Jager (8 years, Goodwood Park) and Michael McCourt (11), Christopher Norman (12) and Calvin Dendy Young (11) all three from Franschhoek and pupils at Bridge House.

The young anglers were evaluated by the captain of the Boland senior flyfishing team, Donovan Abrahams, Michael Grant also of the Boland team and Tom Sutcliffe, renowned flyfisherman and Boland coach.

The team who will compete at the national event in Natal in the April school holidays will also be coached by these three anglers as well as other members of the Boland senior team.

The Boland senior team came fifth at the recent national championships out of 14 teams, missing fourth place by a point and third by a further point.

"We are trying to promote the sport among youngster, people of colour and women," says Sutcliffe.

Flyfishing is the fastest growing sport in the world, says Sutcliffe, with literature regarding this sport exceeding that of any other sport tenfold. Sutcliffe himself has written four books on the sport.

"Our national side took part at the World Flyfishing Championships in Slovakia in September where they did extremely well, coming 10th overall.

"One of the SA anglers came second overall. That is like the Boland rugby team beating the All Blacks in Dunedin on a rainy day," says Sutcliffe.

The sport also has tremendous advantages for South African tourism.

"Eduardo Ferrero, captain of the Italian flyfishing team, and Pierre Luigi, former world champion, were in South Africa recently fishing the Elandspad and Smalblaar rivers.

"They describe the Boland as one of the most beautiful places in the world to fish," he says, adding that a group of American anglers as well as world class photographer Denver Brown will be visiting Paarl soon.

Although flyfishing is generally linked to catching trout, the sport has grown to include almost every possible species. The fastest growing disciplines of flyfishing in South Africa are saltwater fishing and fishing for indigenous Yellowfish in the Orange-Vaal riversystem.


Paarl-Oos smyt hul
kanse weg

[ Top ]


'n SWETTERJOEL verbroude vangkanse en kolfwerk teen 'n slakkepas het Saterdag op die New Orleans-velde die eerste krieketspan van Paarl-Oos se lot verseël teen 'n meer gemotiveerde Vredenburg/Saldanha.

Die besoekers was met die vyfde beurt in die moeilikheid op 15/3. Maar 'n uitmuntende vennootskap van 137 tussen die nommer een kolwer, Cliffie Vraagom (82) en die nommer vyf-kolwer, Manus Manas (65), het die besoekers na 211/7 gehelp na 60 beurte.

As een van die agt verbroude vangkanse egter benut was, sou die twee manne baie minder skade aangerig het.

Paarl-Oos se beste boulers was Dennis November (3/33 in 17bb, 7 leeg), Zynodien Fredericks (3/62 in 13bb, 1 leeg) en 'n ekonomiese sessie deur Craig Abrahams wat net 14 afgestaan het in sy nege boulbeurte waarvan vier leeg was.

Die tuisspan verloor hul eerste paaltjie op ses. Ná 10 beurte het hulle slegs 19 lopies op die bord gehad en kon nooit die tempo opskuif nie.

Paarl-Oos voltooi hul 60 beurte met slegs 122 lopies op die bord vir vier ligapunte, terwyl die besoekers 11 punte in hul sak sit.

Paarl-Oos II het teen Coronations II verloor.

M Robyn (3/38) en S Vermeulen (4/22) beperk Paarl-Oos tot 169 op Kylemore. W Pietersen (20) en G Isaacs (48nun) was die voorste lopiemakers.

M Engelbrecht (40nun) en Vermeulen (42) het Coronations die wedstryd help wen.

Die groot uitblinker van die dag was egter die bylopies wat tydens Paarl-Oos se beurt met 29 (21 daarvan wydlopers) geskitter het en in Coronations se beurt 'n allemintige 71 (46 daarvan wydlopers) opgestapel het.

Paarl-Oos se Andrew Apollis reken 'n gebrek aan skeidsregters, veral by die laer ligawedstryde, is die rede vir die groot getal wydlopers.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za