safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 26 February 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 5 March  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Vacancies


KELNERS/KELNERINNE

word benodig vir besige restaurant in die Paarl.
Vorige ondervinding 'n vereiste.

Skakel 872-2222


BOLAND DRUKPERS

1. DEBITEURE/KREIDTEURE KLERK

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

1.1 Ten minste graad 12 met 'n rekenaarvaardigheidsdiploma.
1.2 Minstens 2 jaar praktiese ervaring in 'n Rekeninge-afdeling.
1.3 Kennis en ERVARING van Pastel-Premier.
1.4 Moet in spanverband kan saamwerk.

2. GTO - HEIDELBERG MASJIENOPERATEUR

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

2.1 Ten minste 5 jaar ervaring in die hantering van GTO - Heidelberg.
2.2 Moet bereid wees om skofte te werk.
2.3 Moet beskik oor sobere gewoontes.
2.4 Moet bereid wees om mede-werknemers op te lei.

3. NUTSMAND/TEGNIESE INSTANDHOUER

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

3.1 Moet beskik oor ervaring binne 'n tegniese instandhoudingsveld.
3.2 Moet beskik oor kennis en ervaring van gebou-instandhouding.
3.3 Moet bereid wees om soms na-ure te werk.
3.4 Moet oor sobere gewoontes beskik.
3.5 Moet beskik oor 'n geldige "skoon"-rybewys.

4. LEERLING VAKMAN: LITOGRAAF

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen.

4.1 Moet oor ten minste graad 12 met Wiskunde en Wetenskap of gelykwaardige kwalifikasie beskik.
4.2 Moet prakties aangelê wees.
4.3 Moet bereid wees om skofte te werk.
4.4 Moet bereid wees om te leer en hard te werk.
4.5 Moet in spanverband kan saamwerk.
4.6 Vorige ervaring in die Drukkersbedryf sal as 'n aanbeveling dien.

Aan die geskikte kandidate bied ons 'n onderhandelbare pakket. Indien u glo, dat u die suksesvolle kandidaat kan wees, faks asseblief 'n verkorte CV (3 bladsye) aan (021) 873-3889. Telefoniese navrae sal slegs deur LEON COETZEE by selnr: 082 893 2301, gedurende kantoorure, hanteer word.

Sluitingsdatum: 5 Maart 2004

(Indien u nie teen 19 Maart 2004 van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat u onsuksesvol was.


Steyn Coetzee Ing.
BOEKHOUDSTER

Ons benodig die dienste van 'n boekhoudster vir ons Prokureurspraktyk te Paarl.

Applikante moet ten volle tweetalig wees en beskik oor 'n senior sertifikaat, rekenaarvaardigheid (kennis van Winlaw, Microsoft Word en Excel sal 'n sterk aanbeveling wees), 'n vermoë om akkuraat te werk, 'n goeie aanvoeling en aanleg vir syferwerk en goeie kommunikasievaardigheid.

Aansoeke met volledige persoonlike- en loopbaanbesonderhede kan gepos of afgelewer word by Hoofstraat 205, Paarl, 7646 om ons te bereik nie later nie as 5 Maart 2004.


COCO COLA PENINSULA BEVERAGE CO (PTY) LTD

PERSONEELBEAMPTE
PAARL DEPOT

As 'n gevestigde markleier in die Wes-Kaapse Minerale Waterindustrie, bied ons 'n uitdagende werksgeleentheid aan 'n eerlike, dinamiese, self-gemotiveerde, verantwoordelike persoon by ons Administratiewe Departement, Paarl Depot.

Hooftake en verantwoordelikhede

- Ouditering en liassering van afwesigheids- en verlofdokumentasie
- Rapportering en beheer van Besering-aan-diens-sake
- Administrasie van tyd en aanwesigheid vir salarisse en lone
- Byhou van personeelrekords
- Oriëntasie en inlywing van nuwe personeel
-  Asook ander kantooradministrasietake relevant tot die personeelkantoor

Die posisie behels die volgende:

Sterk belangstelling in die personeel/menslike hulpbronne omgewing

- Administratiewe en inter-persoonlike verhoudingskennis
- Relevante ondervinding/kwalifikasies NOODSAAKLIK
- Geldige Kode EB bestuurderslisensie (PrDP voordelig)

Sluitingsdatum: 4 Maart 2004

CV's moet per hand vir aandag: Mnr J Nel,  by Peninsula Botteleringsmaatskappy, Zuidmeerstraat, Huguenot, Paarl, ingehandig word.


KEARLEY'S TRANSPORT (PTY) LTD

benodig die dienste van 'n
Vakleerling met Outo-Elektriese ondervinding.  

Mededingende pakket word aangebied.

Kontak M. Burmeister by (021) 864-9400 of by
082 5624 521 vir onderhoud.

Aansoekvorms is beskikbaar by"watchman" se kantoor.


PAUW GEDENK PRIMER
Wellington

Finansiële Beampte
Beheerliggaaampos

Jaarkontrak

Halfdagpos (09:00 - 12:00)

Salaris op aanvraag

* Rekenaarvaardig
* Kennis van MS Word en Excel
* Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies
* Volledige CV

Die Prinsipaal
Pauw Gedenk Primêr, Mellingstraat
WELLINGTON, 7655
Tel/Faks: (021) 873-2401

Sluitingsdatum vir aansoeke:
5 Maart 2004 om 13:00


Tydelike betrekking

GESOEK: HEKWAG / SEKURITEITSBEAMPTE

vir toegangsbeheer

VEREISTES:

Registrasie as sekuriteitsbeampte

(Kode C)

AANBEVELING:

Vorige ervaring as hekwag by skole of ander sentra.

SALARIS ONDERHANDELBAAR

Sluitingsdatum: 04/03/2004

Rig navrae aan die Prinsipaal by:
Tel: (021) 873-1068/9
Faks: (021) 873-4955


Voltydse Ontvangsdame

'n Tandheelkundige praktyk in die Paarl verlang 'n ontvangsdame.

Vereistes:

•Volledig tweetalig, vriendelik en moet met die publiek kan werk
•Rekenaarvaardigheid en ondervinding van administrasie essensieel

Aanvangsdatum: So spoedig moontlik

Rig aansoeke aan:   Die Adverteerder, DV
Posbus 248, Paarl, 7620


FABRIEKSBESTUURDER
Paarl

Produksie -gekoppelde pOs

Produksie/logistieke ondervinding:

Gemiddeld: R8 000 inkomste per maand.

Werksure: Maan - Sat

Stuur 2 blad CV aan (021) 872-0511

Aansoeke sluit Maandag 1 Maart.

Diensaanvaarding so gou moontlik.
Beskou u aansoek as onsuksesvol indien nie gekontak teen
5 Maart 2004.


REQUIRED

Paint Shop Preparation /

General Worker for an autobody repair shop

Minimum 3-5 years' experience.
References required.

Tel: 082 469 5531

BENODIG

Verfwinkel / Algemene Werker vir paneelklopwinkel

Minimum 3-5 jaar ervaring.

Verwysings benodig

Tel: 082 469 5531


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za